Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaanse betaalkanaal
Afrikaanse betaalkanaal [boodskap #5535] Di, 30 Januarie 1996 00:00
Charl Durand  is tans af-lyn  Charl Durand
Boodskappe: 55
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Ek verneem ou Christo Wiese en sy pelle beoog 'n afrikaanse betaalkanaal. Net
soos die ouens in die verlede Sanlam, AVBOB, ens ens op die been gebring het.

Dis hoogtyd dat die afrikaner ophou om te kerm oor hoeveel mini-minute
afrikaans hy op tv, in skole, en in die wagkamers van tandartse gaan
toegestaan word. Hou jou oe oop vir soortgelyke ventures.

Daai betaalkanaal is 'n moneyspinner. Hou 'n ogie oop vir afrikaanse
privaatskoolketting, die herlewing van die afrikaanse pers. Jy weet waar om
jou aandele te koop.

Kyk, die afrikaner het gekom uit die survivor-klas van europa. En sy soldate
was nog altyd die dapperste, sy politici die skelmste, en sy ekonome die mees
geslepe.

'n Meerderheidsregering gaan dit nie verander nie.

Wanneer gaan die omsendbriewe vir die herlewingsvergaderings van die broeders
en die rapporters begin aankom?

Skryf hierdie op die tafel van jou hart: Oor twintig jaar is die afrikaner
weer aan bewind.

(Hierdie is nie noodwendig 'n weerspieeling van my politieke oortuigings nie.
Maar wel 'n barometer van politieke sinisme.)


Werda, Charl
Vorige onderwerp: Afrikaans scheldwoord 'MOER' ???
Volgende onderwerp: Re: RP en die Broeders
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 23:44:37 MGT 2024