Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » nogge groter grap antie
nogge groter grap antie [boodskap #55143] Sa, 05 Januarie 2002 14:39 na volgende boodskap
hennerietjie  is tans af-lyn  hennerietjie
Boodskappe: 46
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Volle Lid
hellou my antie

ek is so bly antie laaik nie van sport nie want yntlik laaik ek dit ok
nie. viral nie as dit met polletiek gemieks word nie antie soos oom
hennerik vermoerd destyds by loskopdam.

ma' hille leer nie antie en so het ons soos te wagte goed op onsse
moere gekry by die ossies. my pa is besig om hom in brannewyn te
versyp antie want hy laaik niks van virloor teen die ossies nie. hy sê
hy wens kanada wil begin krieket speel lat ons weer 'n slag kan wen.

nou lom vannie oudspelers soos pet simkoks en fanie de willeers en sê
wat hille dink vannie moeilikheid in ons krieket. aikonna sê oom
inkonto belfôr wat ons beweerde minnister van sports is oom pet en oom
fanie mag nie oor krieket praat nie want hille is voor negentien vier
en neentag gebore en is prievislie edvaantheids antie daarom mag hille
niks sê nie.

oom inkont vegeet lat oom fanie in negentien twee en neentag man
alleen die ossies in die ynste sitnie op hille moer gegee het toe
ammal gedink het ons gaan virloor. en lat pet simkoks die gebraaide
hoener waamee die ossie skare hom gegooi het man alleen opgevreet het
en hille bekke stil gemaak het deer nekst te skree toe hy klaar is. my
pa sê ons kort silke vuur en mensvreters teen die ossies al is hille
ok prievislie disedvaantheids antie.

oom hansie vannie pênnelbieters sê hy weet nou hoe werk oom inkont se
kop want as 'n mens nie meer iets mag sê nie issit 'n sêd dag virrie
diemokresie. hy reken met die volgende verkiesing sal oom inkont sê
net die wat na negentien vier en negentag gebore is mag stem. my pa sê
hy moenie oom inkont gedagtes gee nie dit gaan erg genoeg in
simbabwie.

koebaai antie

hennerietjie (moenie vir antie met inkontigheid ophou nie)
Re: nogge groter grap antie [boodskap #55144 is 'n antwoord op boodskap #55143] Sa, 05 Januarie 2002 15:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

hennerietjie wrote:

hy sê
> hy wens kanada wil begin krieket speel lat ons weer 'n slag kan wen.

Nou speel jy darem nie krieket nie, Hennerietjie.
Jy vat darem nou vir ons Kanadese in die gesig. Of
ten minste, jou pa vat vir ons Kanadese in die gesig.
(Tannie weet natuurlik nie of ons hier in Kanada eens
'n krieketspan het nie. Sal moet uitvind.) Ons rugbyspan
is nou weliswaar daar om vir julle nou en dan te laat
wen, maar moenie jou hoenders tel voordat hulle uitgebroei
is nie.
Ek dink jy en jou pa moet óf uit die sportsbehepte
SA emigreer, óf jy moet vir jou pa oorreed om by die
AA aan te sluit. En hy moet vir hulle duidelik maak dat
hy ook aan sports verslaaf is. En hy moet vir hulle ook
verduidelik dat hy 'n gefrustreerde rugbyspeler is, wat
in sy jong dae vir sy provinsie gespeel het en nou sit
en tob oor elke foutjie wat die manne op die veld maak.
Vertel vir jou pa hy moet ophou fantaseer. Solank hy maar
net die regte moves maak in sy spreekkamer en wanneer hy
na die kinders se mangels kyk, dan is die kaap hollands.

Tannie Gloudina
Re: nogge groter grap antie [boodskap #55370 is 'n antwoord op boodskap #55143] Sa, 12 Januarie 2002 06:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hennerietjie,

Daar is nie 'n groot kans dat die Kanadese ooit hierdie rooinek sport sal
opneem nie. Dis net die Engelse kolonies wat hierdie game speel.

Elk geval, wees bly jy is nie hier in Aus om die smaad te dra names die
Verlepte Blomme nie. Jy durf nie jou gesig by die local watergat te wys
sonder om ge-buldoze te word deur 'n koor van genoegdoening nie.

Maar my skouers is breed ... (hemel, ek skree nie eers meer vir die bokke /
blomme nie.)

Hantamkind.

"hennerietjie" skryf in boodskap news:3c370ef7.0@news1.mweb.co.za...
> ma' hille leer nie antie en so het ons soos te wagte goed op onsse
> moere gekry by die ossies. my pa is besig om hom in brannewyn te
> versyp antie want hy laaik niks van virloor teen die ossies nie. hy sê
> hy wens kanada wil begin krieket speel lat ons weer 'n slag kan wen.
>
Kanada en Krieket [boodskap #55372 is 'n antwoord op boodskap #55370] Sa, 12 Januarie 2002 12:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
hennerietjie
> hy wens kanada wil begin krieket speel lat ons weer 'n slag kan wen.

Hantamkind
Daar is nie 'n groot kans dat die Kanadese ooit hierdie rooinek sport sal
opneem nie. Dis net die Engelse kolonies wat hierdie game speel.

Wouter
Hulle speel dit al lankal. Kanada het reeds in die 70's aan die
wêreldbekertoernooi deelgeneem, maar daarna nie weer gekwalifiseer
nie. As ek reg onthou het die wêreldbeker se jongste kwalifiserende
toernooi 'n paar maande gelede in Kanada (Toronto?) plaasgevind.
Die kwalifiseerders daar was Namibië, Nederland en Kanada.
(Kanada het gekwalifiseer deur Skotland gemaklik in die
uitspeelrondte te klop, die wedstryd was op een van ons TV-kanale)

Kanada sal dus vanjaar weer aan die wêreldbekerkriekettoernooi
deelneem. Dalk speel ons nog teen hulle ....
Re: nogge groter grap antie [boodskap #55373 is 'n antwoord op boodskap #55370] Sa, 12 Januarie 2002 13:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Hantamkind wrote:

> Hennerietjie,
>
> Daar is nie 'n groot kans dat die Kanadese ooit hierdie rooinek sport sal
> opneem nie. Dis net die Engelse kolonies wat hierdie game speel.

En wat laat jou dink dat Kanada nie behoort aan die
groep van "Engelse kolonies" nie. Wêreld, ons het selfs
nog 'n Goewerneur-Generaal ( al is sy nou 'n vrou wat
in Hong Kong gebore is.)
So, dis darem snaaks dat krieket hier nie posgevat
het nie. Is dit omdat die klimaat hom nie daartoe leen
nie? Is dit omdat die Amerikaanse bofbal eintlik taamlik
na aan krieket is en dus die plek daarvan ingeneem het?
Speel lande op die vasteland van Europa krieket?
Die eerste en enigste krieketwedstryd wat ek in
Kanada gesien het, was baie lank gelede, toe ons iemand
besoek het wat by die SA High Commission gewerk het, en
hy ons geneem het na 'n wedstryd waar hulle gespeel het
saam of teen ( ek kan nie meer onthou nie) Indiërs en
Pakistanis.

Gloudina
Re: Kanada en Krieket [boodskap #55374 is 'n antwoord op boodskap #55372] Sa, 12 Januarie 2002 13:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Wouter
> Hulle speel dit al lankal. Kanada het reeds in die 70's aan die
> wêreldbekertoernooi deelgeneem, maar daarna nie weer gekwalifiseer
> nie. As ek reg onthou het die wêreldbeker se jongste kwalifiserende
> toernooi 'n paar maande gelede in Kanada (Toronto?) plaasgevind.
> Die kwalifiseerders daar was Namibië, Nederland en Kanada.
> (Kanada het gekwalifiseer deur Skotland gemaklik in die
> uitspeelrondte te klop, die wedstryd was op een van ons TV-kanale)

Wel, wel, wel, Wouter. Wie sou dit nou ooit
kon dink? Ek sal vir Hennerietjie se pa daarvan
moet vertel. Die vraag is - teen wie het hulle
gespeel as Kanada en Namibië kan wen? Ek sou
gedink het Skotland sou 'n sterk span gehad het.
Ek dink nie ek het al ooit krieket hier op
ons sportkanale gesien nie. Rugby het hulle wel
elke Sondagoggend van tien tot twaalf uur.

Gloudina
Re: Kanada en Krieket [boodskap #55386 is 'n antwoord op boodskap #55374] So, 13 Januarie 2002 13:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter : ......toernooi 'n paar maande gelede in Toronto....
> Die kwalifiseerders daar was Namibië, Nederland en Kanada.
> (Kanada het gekwalifiseer deur Skotland gemaklik in die
> uitspeelrondte te klop)

Gloudina
Wel, wel, wel, Wouter. Wie sou dit nou ooit
kon dink? Ek sal vir Hennerietjie se pa daarvan
moet vertel. Die vraag is - teen wie het hulle
gespeel as Kanada en Namibië kan wen? Ek sou
gedink het Skotland sou 'n sterk span gehad het.

Wouter
Daar was iets soos 30 lande wat deelgeneem het, natuurlik nie
die gevestigde krieketlande nie, hulle kwalifiseer outomaties.
Ek het 'n berig oor die wedstryd opgespoor, ek plak dit heel onder in.

Maar meer interessant, ek sien dat Kanada en SA in dieselfde
poel geloot is vir die komende wêreldbekerreeks in SA.
Kanada speel op 27 Februarie 2003 teen SA in Oos Londen.
Hier is 'n uittreksel uit die berig:

World Cup 2003

THE West Indies have been chosen to play the opening match of the 2003 World
Cup against hosts South Africa because of what the tournament's executive
director Ali Bacher termed their "tremendous impact" on world cricket.

The day/night match would be staged at Newlands in Cape Town on February 9.

The West Indies and South Africa have been placed in pool B along with Sri
Lanka, New Zealand, Bangladesh, Kenya and Canada, one of the three ICC
associates' qualifiers. Australia, Pakistan, India, England, Zimbabwe and
the two other ICC qualifiers, the Netherlands and Namibia, are in pool A.

FIXTURES FOR 2003 WORLD CUP

Pool A - Australia, Pakistan, India, England, Zimbabwe, Netherlands, Namibia

Preliminary round:
Feb 10 - Zimbabwe v Namibia, Harare
Feb 11 - Australia v Pakistan, Johannesburg
Feb 12 - India v Netherlands, Paarl
Feb 13 - Zimbabwe v England, Harare
Feb 15 - Australia v India, Centurion
Feb 16 - England v Netherlands, East London
Feb 16 - Pakistan v Namibia, Kimberley
Feb 19 - England v Namibia, Port Elizabeth
Feb 19 - Zimbabwe v India, Harare
Feb 20 - Australia v Netherlands, Potchefstroom
Feb 22 - England v Pakistan, Cape Town
Feb 23 - India v Namibia, Pietermaritzburg
Feb 24 - Zimbabwe v Australia, Bulawayo
Feb 25 - Pakistan v Netherlands, Paarl
Feb 26 - England v India, Durban
Feb 27 - Australia v Namibia, Potchefstroom
Feb 28 - Zimbabwe v Netherlands, Bulawayo
Mar 1 - Pakistan v India, Centurion
Mar 2 - Australia v England, Port Elizabeth
Mar 3 - Namibia v Netherlands, Bloemfontein
Mar 4 - Zimbabwe v Pakistan, Bulawayo
- - - -
Pool B - South Africa, Sri Lanka, West Indies, New Zealand, Bangladesh,
Kenya, Canada.
Preliminary round:
Feb 9 - South Africa v West Indies, Cape Town
Feb 10 - Sri Lanka v New Zealand, Bloemfontein
Feb 11 - Bangladesh v Canada, Durban
Feb 12 - South Africa v Kenya, Potchefstroom
Feb 13 - West Indies v New Zealand, Port Elizabeth
Feb 14 - Sri Lanka v Bangladesh, Pietermaritzburg
Feb 15 - Kenya v Canada, Cape Town
Feb 16 - South Africa v New Zealand, Johannesburg
Feb 18 - West Indies v Bangladesh, Benoni
Feb 19 - Sri Lanka v Canada, Paarl
Feb 21 - New Zealand v Kenya, Nairobi
Feb 22 - South Africa v Bangladesh, Bloemfontein
Feb 23 - West Indies v Canada, Centurion
Feb 24 - Sri Lanka v Kenya, Nairobi
Feb 26 - New Zealand v Bangladesh, Kimberley
Feb 27 - South Africa v Canada, East London *************
Feb 28 - Sri Lanka v West Indies, Cape Town
Mar 1 - Kenya v Bangladesh, Johannesburg
Mar 3 - New Zealand v Canada, Benoni
Mar 3 - South Africa v Sri Lanka, Durban
Mar 4 - West Indies v Kenya, Kimberley
- - - -
SUPER SIX ROUND
Mar 7 - 1-Pool A v 1-Pool B, Centurion
Mar 7 - 2-Pool A v 2-Pool B, Cape Town
Mar 8 - 3-Pool A v 3-Pool B, Bloemfontein
Mar 10 - 2-Pool A v 1-Pool B, Johannesburg
Mar 11 - 1-Pool A v 3-Pool B, Port Elizabeth
Mar 12 - 3-Pool A v 2-Pool B, Bloemfontein
Mar 14 - 2-Pool A v 3-Pool B, Centurion.
Mar 15 - 3-Pool A v 1-Pool B, East London
Mar 15 - 1-Pool A v 2-Pool B, Durban
SEMI-FINALS
Mar 18: 1-Super Six v 4-Super Six, Port Elizabeth
Mar 20: 2-Super Six v 3-Super Six, Durban
FINAL
Mar 23 - Johannesburg

=================================

Kanada @ Skotland 17 Juli 2001 in Toronto

AWESOME TRIUMPH FOR MEN OF THE MAPLE LEAF

Canada is a land of many races, many ethnic groups and therefore many
languages. But it took local captain Joe Harris just one word to sum up his
reaction to his team's emotional five wicket victory over Scotland in the
World Cup Qualifying Final here in Toronto and everyone still knew what he
meant.
"Awesome."

Canada's history already includes participation in one World Cup, of course.
But that was a long 22 years ago and cricket in this country has not touched
the same heights since. Until today.

This was a dominant performance, set up through the early stages by the
accurate bowling of Sanjay Thuraisingham (5/25) and a cast of three
hard-working spin bowlers as they joined to restrict the Scots to a modest
176/9. It was then sealed, ultimately with more than ten overs to spare, by
means of a solid and consistent effort from the Canadian upper and middle
order batsmen.

Jubilation for Canada, desolation for Scotland. It was another interesting
day - the last - at this 2001 ICC Trophy tournament

http://statserver.cricket.org/link_to_database/ARCHIVE/WORLD _CUPS/ICCT2001/S
CORECARDS/FINALS/CAN_SCOT_ICCT-CONS_17JUL2001_LIVE_MR.html
Re: Kanada en Krieket [boodskap #55387 is 'n antwoord op boodskap #55386] So, 13 Januarie 2002 14:12 Na vorige boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek sien dat "Herman" vir Kanada as die 23ste krieketland
uit 90 beskou. Sy ranglys is by:
http://gallery.uunet.be/hermandw/cricket/world.html

Volgens die Calgary & District Cricket League se webblad
http://www.cricket.ab.ca/ bestaan hulle al sedet 1908
en was die Toronto-toernooi in Julie 2001 die grootste
kriekettoernooi in die wêreld

Hulle het ook reeds in 1932 in Australië getoer. Krieket is
nie baie bekend in Kanada nie, maar dis reeds lankal daar.
Wouter
Vorige onderwerp: Suid-Afrika se krieketspan
Volgende onderwerp: Krieket
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 10:18:22 MGT 2024