Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Suid-Afrika se krieketspan
Suid-Afrika se krieketspan [boodskap #55216] Di, 08 Januarie 2002 17:23
david  is tans af-lyn  david
Boodskappe: 35
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Volle Lid
Suid-Afrika se krieketspan, nasiebou-onthalwe tot 'n blommetjiespan, oftewel
dan die Proteas, herdoop, het nie te goed en ook nie te sleg gevaar nie,
hier verloor, daar gewen. Dit was totdat die heer Percy Sonn, president van
die Verenigde Krieketraad van Suid-Afrika, met transformasiewoede soos 'n
renoster met beslaande pote op die veld gestorm, die baanblad vertrap, die
kaptein gegaffel en die paaltjies uitmekaar geskop het. Figuurlik gesproke
natuurlik, want dit is die indruk wat sy sosialisties vertoornde aanval op
kaptein Shaun Pollock en die keurkomitee gewek het. Selfs die Aussies was
stomgeslaan by die aanskoue van soveel regstellende woede.

Die span se moraal was daarmee heen en die heer Sonn het die oorwinning as't
ware op 'n skinkbord aan die Aussies gegee. Die arme Justin Ontong se
selfbeeld is, so vermoed ons, so laag soos 'n speler s'n maar kan wees wat
deur sulke outoritêre optrede oop 'n span afgedwing is net omdat hy
nie-blank is en nadat 'n meer verdienstelike speler deur die keurkomitee bo
hom verkies was.

Soos op sovele ander terreine van die nasionale lewe gaan dit deesdae in
Suid-Afrika ook in sport nie langer om meriete nie, maar om die afdwing van
'n ideologiese program van nasiebou. Trouens, meriete staan in die pad van
die transformeerders en dien eerder om hulle bloeddruk op te jaag.

Nivellering, eendersmaking en wel met dwang en wetgewing is die modus
oprandi van die regeerders en hulle luitenante. Selfs op sportgebied.

Waar arrogante optrede soos dié van die heer Sonn die Boerevolk teen die
bors stuit en sy nekhare laat rys, moet ons die wil tot verset wat dit wek
verwelkom. Die laaste wat ons wil hê is dat ons volksgenote - in die woorde
van die digter - soos honde wat mak is na die sweep die hand lek wat geslaan
het.

Ons is egter ook realisties. Ons besef Suid-Afrika word deur 'n
verskeidenheid volke en volksgroepe bewoon en dat harmonie tussen hulle
noodsaaklik is. Selfs nadat die Boerevolk weer sy selfbeskikking en
geografiese soewereiniteit herwin het, sal daar steeds so 'n verskeidenheid
in die res van die land wees.

'n Volk is, breedgesproke, 'n betreklik homogene groep met 'n eie taal,
kultuur, waardestelsel, geskiedenis en dies smeer. 'n Nasie bestaan uit 'n
verskeidenheid volke en groepe, saamgebind deur 'n gemeenskaplike lojaliteit
aan die staat.

As dit die huidige regeerders erns is met nasiebou, dan is optrede soos dié
van mnr Sonn so teenproduktief soos maar kan kom. 'n Nasie word nie deur 'n
gedwonge proigram van bo af gebou nie. Waar dit wel plaasvind is dit 'n
langsame en natuurlike proses waar groepe deur gemeenskaplike belange gebind
word, soos byvoorbeeld in Switserland.

Dit wat elders in die wêreld gebeur leer dat daardie gemeenskaplike
lojaliteit bevorder word waar die sentrale regering simpatiek en
akkommoderend jeens die behoeftes, strewes, kultuur en selfbeskikking van die
samestellende minderhede van die bevolking staan. Waar sodanige
selfbeskikking-behoeftes onderdruk word en integrasie in groepe se kele
afgedruk word, ja ook op sportgebied, daar wek dit weerstand wat tot aktiewe
verset, selfs insurgensie en gewelddadige afskeiding lei.

Dalk moet iemand wat dit nog durf om nie politiek korrek te wees nie,
hierdie waarheid 'n keer in die Sonns van die land se kele afdruk. Einde. 3
Januarie 2002.
Vorige onderwerp: RASSISME FINALE SPYKER IN DOODKIS VAN SA KRIEKET
Volgende onderwerp: nogge groter grap antie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 16:43:53 MGT 2024