Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Griekwa Psalms CD
Griekwa Psalms CD [boodskap #55220] Di, 08 Januarie 2002 18:14 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Diegene van julle daar ver wat koudkry en of verlang - die CD van Randall
Wicomb se toonsettings van die Griekwapsalms is nou beskikbaar.
Lekker liedjies jong, mens se voete trap sommer stof:)))
Mooi woorde ook.

Een van die dae sal ek in alle ernstigheid kan sê ek het gedans toe die
Onse Vader gespeel is;))))

Elk geval - die wat wil kan vir my 'n e-pos stuur, en ek sal die CD aan
julle kan pos.
Dit is my liefdesdaad vir julle mense hier ( en my goeie daad vir hierdie
dekade:)) ) - julle betaal slegs vir die CD en die posgeld. Ek vra niks vir
my moeite, verdriet en geduld om dit gepos te kry nie:))
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Rooiwyn syper:))
Re: Griekwa Psalms CD [boodskap #55248 is 'n antwoord op boodskap #55220] Wo, 09 Januarie 2002 11:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Annette. ann...@ctnet.co.za
> Rooiwyn syper:))
>

Het jy toe daai Middelvlei in die hande gekry? Ek het die anderdag vir my
'n hele boks gekoop. Jy weet, een van daai "Aan: Pa, Van: Pa"
Re: Griekwa Psalms CD [boodskap #55252 is 'n antwoord op boodskap #55248] Wo, 09 Januarie 2002 16:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sakkie - nog nie - ek moet nog eers 'n kol hier leegdrink om plek te maak
vir 'n bottel of ses:)))
Annette

Sakkie skryf in boodskap news:3c3c2913$0$233@hades.is.co.za...
>
>> Annette. ann...@ctnet.co.za
>> Rooiwyn syper:))
>>
>
> Het jy toe daai Middelvlei in die hande gekry? Ek het die anderdag vir my
> 'n hele boks gekoop. Jy weet, een van daai "Aan: Pa, Van: Pa"
>
Re: Griekwa Psalms CD [boodskap #55258 is 'n antwoord op boodskap #55220] Do, 10 Januarie 2002 02:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tjaart  Riekert  is tans af-lyn  Tjaart Riekert
Boodskappe: 38
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Volle Lid
Ek het nie heeltemal 'n oor vir Randall Wicomb nie, maar so paar jaar
gelede, ongeveer 1990, het Anton Goosen, Lukas Maree en andere (ek kan nie
die dames onthou nie), bymekaargekom en hulself "Die Kommissie van
Ondersoek" genoem. Die musiek waarmee hulle vorendag gekom het was vir my
baie mooi, maar die kasset waarop ek die musiek gehad het, het nie langer as
'n jaar gehou nie en ek het ook nie daarna weer probeer om die album in die
hande te kry nie.
Wat ek nou eintlik probeer sê is: as jy nou miskien so in jou omswerwinge
terloops op daardie CD afkom en moontlik vir my kan laat kry, dan gaan dit
voorwaar 'n heerlike warm dag hier in Dublin wees!

Patricia

"Annette" skryf in boodskap news:a1fd48$q8tp6$3@ID-92016.news.dfncis.de...
> Diegene van julle daar ver wat koudkry en of verlang - die CD van Randall
> Wicomb se toonsettings van die Griekwapsalms is nou beskikbaar.
> Lekker liedjies jong, mens se voete trap sommer stof:)))
> Mooi woorde ook.
>
> Een van die dae sal ek in alle ernstigheid kan sê ek het gedans toe die
> Onse Vader gespeel is;))))
>
> Elk geval - die wat wil kan vir my 'n e-pos stuur, en ek sal die CD aan
> julle kan pos.
> Dit is my liefdesdaad vir julle mense hier ( en my goeie daad vir hierdie
> dekade:)) ) - julle betaal slegs vir die CD en die posgeld. Ek vra niks vir
> my moeite, verdriet en geduld om dit gepos te kry nie:))
> --
> Groetnis,
> Annette. ann...@ctnet.co.za
> Rooiwyn syper:))
>
Re: Griekwa Psalms CD [boodskap #55367 is 'n antwoord op boodskap #55258] Sa, 12 Januarie 2002 05:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ai Patricia,

Hy en Coba sing darem die Duitswes wals so pragtig ... dans met die rooirok,
die hartlam van my. Ek kan nie help om uit volle bors saam te sing met die
refrein nie. Al moet die arme hond en kat agterna de-stress behandling kry.

Hantamkind.

"Patricia" skryf in boodskap news:T27%7.25230$8s4.122117@news.indigo.ie...

> Ek het nie heeltemal 'n oor vir Randall Wicomb nie
Re: Griekwa Psalms CD [boodskap #55400 is 'n antwoord op boodskap #55367] So, 13 Januarie 2002 23:20 Na vorige boodskap
Tjaart  Riekert  is tans af-lyn  Tjaart Riekert
Boodskappe: 38
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Volle Lid
Ek sal toegee, dit is 'n pragtige lied en ek kan onthou hoe lekker 'n mens
ook kan dans daarop, maar dis net so hier en daar van sy liedjies waarvan ek
hou, ek sal ongelukkig nie na 'n hele cd vol kan luister nie, miskien as dit
'n compilation (wat is dit in afr?) is met ander kunstenaars ook dan sal ek
dit oorweeg....

"Hantamkind" skryf in boodskap news:WWP%7.70133$HW3.63596@newsfeeds.bigpond.com...
> Ai Patricia,
>
> Hy en Coba sing darem die Duitswes wals so pragtig ... dans met die rooirok,
> die hartlam van my. Ek kan nie help om uit volle bors saam te sing met die
> refrein nie. Al moet die arme hond en kat agterna de-stress behandling kry.
>
> Hantamkind.
>
> "Patricia" wrote in message
> news:T27%7.25230$8s4.122117@news.indigo.ie...
>
>> Ek het nie heeltemal 'n oor vir Randall Wicomb nie
>
Vorige onderwerp: Verkeersboetes en ander soortgelyke snot
Volgende onderwerp: Engelse Sout
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 13:19:01 MGT 2024