Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Perskes
Perskes [boodskap #54399] Do, 06 Desember 2001 08:07 na volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Iewers hier onder het Annette en Thys die lof van perskes besing, dalk
omdat ek vroeer genoem het dat deesdae se taaipitperskes smaakloos is.
Koop toe op hulle aanbeveling vir my laasweek 'n plat boksie
geelperskes. Mooi, maar met die tekstuur van rou pampoen en 'n
perskegeur en -smaak wat mens nou nie eintlik kan agterkom nie. En
hulle is ryp. Dit sal die Kapenaars seker groot plesier verskaf om te
hoor die goed se naam is Transvalia.

Iets anders: Lees gister 'n koerantberig op die Net oor 'n persoon in
Israel wat navorsing doen op knoffel om te sien wat dit bevat wat maak
dat luise van jou afval. Dit sluit af deur te noem dat daai persoon
elke oggend knoffel eet.
Met Yoghurt! Good grief.

Groete, Drom
Re: Perskes [boodskap #54403 is 'n antwoord op boodskap #54399] Do, 06 Desember 2001 08:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Knoffel en ek kom al 'n lang pad saam - dit smaak mos lekker met alles,
behalwe waatlemoen:)))
Annette

Drom skryf in boodskap news:1e507c17.0112060007.5ddcf75e@posting.google.com...
> Iewers hier onder het Annette en Thys die lof van perskes besing, dalk
> omdat ek vroeer genoem het dat deesdae se taaipitperskes smaakloos is.
> Koop toe op hulle aanbeveling vir my laasweek 'n plat boksie
> geelperskes. Mooi, maar met die tekstuur van rou pampoen en 'n
> perskegeur en -smaak wat mens nou nie eintlik kan agterkom nie. En
> hulle is ryp. Dit sal die Kapenaars seker groot plesier verskaf om te
> hoor die goed se naam is Transvalia.
>
> Iets anders: Lees gister 'n koerantberig op die Net oor 'n persoon in
> Israel wat navorsing doen op knoffel om te sien wat dit bevat wat maak
> dat luise van jou afval. Dit sluit af deur te noem dat daai persoon
> elke oggend knoffel eet.
> Met Yoghurt! Good grief.
>
> Groete, Drom
Re: Perskes [boodskap #54404 is 'n antwoord op boodskap #54399] Do, 06 Desember 2001 08:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Drom, dit sal jou leer om perskes van die verkeerde kol af te koop. Kry nou
'n paar lekker perskes van Ceres af, dan gesels ons saam:))
Annette

Drom skryf in boodskap news:1e507c17.0112060007.5ddcf75e@posting.google.com...
> Iewers hier onder het Annette en Thys die lof van perskes besing, dalk
> omdat ek vroeer genoem het dat deesdae se taaipitperskes smaakloos is.
> Koop toe op hulle aanbeveling vir my laasweek 'n plat boksie
> geelperskes. Mooi, maar met die tekstuur van rou pampoen en 'n
> perskegeur en -smaak wat mens nou nie eintlik kan agterkom nie. En
> hulle is ryp. Dit sal die Kapenaars seker groot plesier verskaf om te
> hoor die goed se naam is Transvalia.
>
> Iets anders: Lees gister 'n koerantberig op die Net oor 'n persoon in
> Israel wat navorsing doen op knoffel om te sien wat dit bevat wat maak
> dat luise van jou afval. Dit sluit af deur te noem dat daai persoon
> elke oggend knoffel eet.
> Met Yoghurt! Good grief.
>
> Groete, Drom
Knoffel Perskes [boodskap #54407 is 'n antwoord op boodskap #54404] Do, 06 Desember 2001 11:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Drom (Of is dit nou al Trom om by Annedde aan de pas?)

Deesdae se vrugte word maar so verbou: Pomp hul;le op met water sodat hulle
mooi grootte kan hê en dan lyk hulle mos so sappig, Lekker waterperskes!
Ga, ek het ook gisteraand so een geëet: Sommer net na niks gemsaak nie. Die
boer het seker nie gehoor van kunsmis met 'n hoër potas inhoud nie. Potas
(Kalium vir G in K) is die elemant wat vrugkwaliteit verbeter. Smaak en
kleur. Maar as jy dit dan "oppomp" (niks se donkiestreke nie) met water dan
sal dit ook maar so smaak: Waterig... En so saai..

Maar liewer dit as yoghurt met knoffel!!! Hel Ga!!!

Thys oppie Bos wat nog nie die rad gevang het nie...
Re: Knoffel Perskes [boodskap #54420 is 'n antwoord op boodskap #54407] Do, 06 Desember 2001 17:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Thys de Wet" skryf in boodskap news:...
> Drom (Of is dit nou al Trom om by Annedde aan de pas?)

Gelukkig beteken die twee dieselfde, dink ek.

En ja, mens kry daai soort van ding. So 10 jaar gelede het die
sitrusboere hier by ons 'n nuwe nartjie begin produseer. Die skil is
groen al is die sakie nou al ryp. Die eerste twee jaar was daai die
lekkerste goed wat jy aan kan dink. Daarna? Smaaklose kakkies, want
nou maak hulle mos geld. My wyfiemens se hoeka vir my sy het nou die
aand na 'n program op TV gekyk waar gese is dat die mense na wie ons
uitvoer kla oor die smaakloosheid van die SA vrugte. As hulle nou
hulle eie ou keeltjies wil afsny moet hulle maar ne.

Kalium = smaak? Iets wat ek nie geweet het nie.

Groete, Drom
Re: Perskes [boodskap #54423 is 'n antwoord op boodskap #54399] Do, 06 Desember 2001 19:06 Na vorige boodskap
Kekkel  is tans af-lyn  Kekkel
Boodskappe: 12
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Junior Lid
Die joghurt is miskien al manier hoe hy die knoffel kan inkry. ;)) Gelukkig
het ek nie 'n probleem met knoffel nie, veral nie as daar so 'n slakkie of 6
by is nie.

Ek het altyd gewonder waarom ek nie luise het nie, nou weet ek ;)

Drom wrote in message ...
> Iewers hier onder het Annette en Thys die lof van perskes besing, dalk
> omdat ek vroeer genoem het dat deesdae se taaipitperskes smaakloos is.
> Koop toe op hulle aanbeveling vir my laasweek 'n plat boksie
> geelperskes. Mooi, maar met die tekstuur van rou pampoen en 'n
> perskegeur en -smaak wat mens nou nie eintlik kan agterkom nie. En
> hulle is ryp. Dit sal die Kapenaars seker groot plesier verskaf om te
> hoor die goed se naam is Transvalia.
>
> Iets anders: Lees gister 'n koerantberig op die Net oor 'n persoon in
> Israel wat navorsing doen op knoffel om te sien wat dit bevat wat maak
> dat luise van jou afval. Dit sluit af deur te noem dat daai persoon
> elke oggend knoffel eet.
> Met Yoghurt! Good grief.
>
> Groete, Drom
Vorige onderwerp: Spoedgrens
Volgende onderwerp: Ik begin te begryp wat in SA gebeur.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 10:43:17 MGT 2024