Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Geen raad met Gloudina
Geen raad met Gloudina [boodskap #54224] So, 02 Desember 2001 10:48 na volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter
> Die probleem in Afrikaans is dat daar weinig verskil
> in die uitspraak van rat en rad sou wees, dis dus logies om die
> volksvreemde rad weg te gooi.

Gloudina
Jy maak aannames wat jy nie deurdink het nie.

Wouter
Nee, dis jy wat dit doen. Myne was behoorlik deurdag.

Gloudina
Om te wil beweer dat die -t- altyd wen in die
skryftaal in Afrikaans, mag tot 'n sekere mate
waar wees ( 'n grammatikale oorgangs-proses dus),

Wouter
Jy maak die bewering, nie ek nie. Jy lei blykbaar af dat
ek gesê het taal is logies, maar ek het dit nie gesê of
geïmpliseer nie, en dit is ook nie waar nie. Ek het bloot
gesê dat dit logies is om in Afrikaans 'n -at uitgang te
verkies. Nie dat dit deurgaans so is nie of dat dit in
soortgelyke gevalle so is of behoort te wees nie.

Gloudina
maar om , soos jou Afrikaanse juffrou-
outoriteit, vir my te gaan vertel dat ek nie 'n
"rad voor die oë" mag gebruik nie,

Wouter
Jy het my gevra om uit te vind, toe vra ek iemand wat
30 jaar gelede 'n M.A. in Afrikaans-Nederlands by US
behaal het.En wat vandag die nuwe geslag leer wat reg
is en wat nie. Moenie die boodskapper aanval as jy nie
van die deskundige se boodskap hou nie. Live with it.

Gloudina
Sy sou soos 'n domkop voel as haar studente haar voorbeeld
na voorbeeld uit die Afrikaanse letterkunde wys waar die
Afrikaanse skrywer "'n rad voor die oë draai" gebruik het.

Wouter
Nie as dit argaïese Afrikaans is nie. Jy sou eerder die domkop
wees oor jou ondeurdagte opmerking.

Gloudina
alhoewel ek dit in my Afrikaanse klas 'n paar dekades
gelede geleer het, is eintlik 'n swak begrip van
wat in Afrikaans bestaan.

Wouter
Kyk tannie G, los nou jou blerrie hardkoppigheid. Dis
vervelig om aanmekaar oor dieselfde trivium te redeneer.
Ek was 40 jaar gelede op hoërskool en ek het van rat geleer,
nie rad nie. Ook wanneer jy dit voor iemand se oë draai.
Ek het toevallig nog my ou flenter skoolwoordeboekie (Juta
1955) en hy dra ook net rat (maar ongelukkig geen idiome nie).

Dat rad in dié konteks toe nog bestaan het, glo ek jou.
Dat dit algemene gebruik was, is plein onwaar. Dit kon dalk 'n
streeksding gewees het, wie weet? Maar kom ons los nou die
silly argument, jy glo wat jy wil en die res van ons weet wat
vandag gangbare Afrikaans is en wat nie. Dis al waaroor my
opmerking gegaan het en jy is welkom om aan 'n argaïese
spelling vas te klou as jy te oud of verstok is om iets by te wil leer.

Jy gebruik hier gereeld woorde wat wel nog in woordeboeke
voorkom, maar wat in moderne Afrikaans deur baie mense as
vreemd of selfs Anglisities ervaar sal word. As jy my vra sal ek
dit vir jou uitwys wanneer jy dit doen. Jy moet aanvaar dat 'n taal,
veral 'n jong een soos Afrikaans, nie staties is nie en dat die
norme verander.

Aanvaar ook dat jy te lank hier weg is om oor rad tegelyk
teen hedendaagse woordeboeke, aktiewe taalgebruikers en
deskundige opinies te wil stry. Dinge verander, ons taal ook.
Live with it.
Re: Geen raad met Gloudina [boodskap #54226 is 'n antwoord op boodskap #54224] So, 02 Desember 2001 14:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek sê nog steeds Gloudina was plein te lui om op die regte plek in die
woordeboek te gaan kyk.
Sjeim.
Annette

Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3c0a06ad.0@news1.mweb.co.za...
> Wouter
>> Die probleem in Afrikaans is dat daar weinig verskil
>> in die uitspraak van rat en rad sou wees, dis dus logies om die
>> volksvreemde rad weg te gooi.
>
> Gloudina
> Jy maak aannames wat jy nie deurdink het nie.
>
> Wouter
> Nee, dis jy wat dit doen. Myne was behoorlik deurdag.
>
> Gloudina
> Om te wil beweer dat die -t- altyd wen in die
> skryftaal in Afrikaans, mag tot 'n sekere mate
> waar wees ( 'n grammatikale oorgangs-proses dus),
>
> Wouter
> Jy maak die bewering, nie ek nie. Jy lei blykbaar af dat
> ek gesê het taal is logies, maar ek het dit nie gesê of
> geïmpliseer nie, en dit is ook nie waar nie. Ek het bloot
> gesê dat dit logies is om in Afrikaans 'n -at uitgang te
> verkies. Nie dat dit deurgaans so is nie of dat dit in
> soortgelyke gevalle so is of behoort te wees nie.
>
> Gloudina
> maar om , soos jou Afrikaanse juffrou-
> outoriteit, vir my te gaan vertel dat ek nie 'n
> "rad voor die oë" mag gebruik nie,
>
> Wouter
> Jy het my gevra om uit te vind, toe vra ek iemand wat
> 30 jaar gelede 'n M.A. in Afrikaans-Nederlands by US
> behaal het.En wat vandag die nuwe geslag leer wat reg
> is en wat nie. Moenie die boodskapper aanval as jy nie
> van die deskundige se boodskap hou nie. Live with it.
>
> Gloudina
> Sy sou soos 'n domkop voel as haar studente haar voorbeeld
> na voorbeeld uit die Afrikaanse letterkunde wys waar die
> Afrikaanse skrywer "'n rad voor die oë draai" gebruik het.
>
> Wouter
> Nie as dit argaïese Afrikaans is nie. Jy sou eerder die domkop
> wees oor jou ondeurdagte opmerking.
>
> Gloudina
> alhoewel ek dit in my Afrikaanse klas 'n paar dekades
> gelede geleer het, is eintlik 'n swak begrip van
> wat in Afrikaans bestaan.
>
> Wouter
> Kyk tannie G, los nou jou blerrie hardkoppigheid. Dis
> vervelig om aanmekaar oor dieselfde trivium te redeneer.
> Ek was 40 jaar gelede op hoërskool en ek het van rat geleer,
> nie rad nie. Ook wanneer jy dit voor iemand se oë draai.
> Ek het toevallig nog my ou flenter skoolwoordeboekie (Juta
> 1955) en hy dra ook net rat (maar ongelukkig geen idiome nie).
>
> Dat rad in dié konteks toe nog bestaan het, glo ek jou.
> Dat dit algemene gebruik was, is plein onwaar. Dit kon dalk 'n
> streeksding gewees het, wie weet? Maar kom ons los nou die
> silly argument, jy glo wat jy wil en die res van ons weet wat
> vandag gangbare Afrikaans is en wat nie. Dis al waaroor my
> opmerking gegaan het en jy is welkom om aan 'n argaïese
> spelling vas te klou as jy te oud of verstok is om iets by te wil leer.
>
> Jy gebruik hier gereeld woorde wat wel nog in woordeboeke
> voorkom, maar wat in moderne Afrikaans deur baie mense as
> vreemd of selfs Anglisities ervaar sal word. As jy my vra sal ek
> dit vir jou uitwys wanneer jy dit doen. Jy moet aanvaar dat 'n taal,
> veral 'n jong een soos Afrikaans, nie staties is nie en dat die
> norme verander.
>
> Aanvaar ook dat jy te lank hier weg is om oor rad tegelyk
> teen hedendaagse woordeboeke, aktiewe taalgebruikers en
> deskundige opinies te wil stry. Dinge verander, ons taal ook.
> Live with it.
>
Re: Geen raad met Gloudina [boodskap #54228 is 'n antwoord op boodskap #54224] So, 02 Desember 2001 15:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Wouter
> dis dus logies om die
>> volksvreemde rad weg te gooi.
>
> Wouter
> . Jy lei blykbaar af dat
> ek gesê het taal is logies, maar ek het dit nie gesê of
> geïmpliseer nie, en dit is ook nie waar nie. Ek het bloot
> gesê dat dit logies is om in Afrikaans 'n -at uitgang te
> verkies. Nie dat dit deurgaans so is nie of dat dit in
> soortgelyke gevalle so is of behoort te wees nie.
>

Ons stem basies saam. Behalwe dat ek nie dink dis
"logies" om die -at uitgang in Afrikaans te verkies nie.
Wat nader aan die waarheid is, is dat wanneer daar
nie 'n betekenisverskil tussen die twee woorde is wat
foneties dieselfde klink nie ( raad/raat, rad/rat, rand/
rant ens.) mens dan geneig is om die -t- aan die einde
te verkies bo die -d-. Dis wat in die geval van "rat
voor die oë draai" besig is om te gebeur. Maar om
nou die spelling "rad" uit die hand uit as 'n spelfout
te gaan bestempel, beskou ek as effens hooghartig
van die Afrikaanse onderwyseres wat jy aangehaal
het, en ek twyfel of in die taallaboratoriums van die
US se Afrikaans-Nederlandse departement, dit
as sodanig bestempel sal word. 'n Goeie leier sou
dit as 'n "taal-verskynsel" behandel. In my eerstejaar
moes ons elke week vyf sulke "taalverskynsels"
vind en analiseer. Ek hoop hulle doen nou nog sulke
grondige studies van die taal daar in Stellenbosch.

Gloudina
Re: Geen raad met Gloudina [boodskap #54229 is 'n antwoord op boodskap #54224] So, 02 Desember 2001 15:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Dat rad in dié konteks toe nog bestaan het, glo ek jou.
> Dat dit algemene gebruik was, is plein onwaar. Dit kon dalk 'n
> streeksding gewees het, wie weet? Maar kom ons los nou die
> silly argument, jy glo wat jy wil en die res van ons weet wat
> vandag gangbare Afrikaans is en wat nie. Dis al waaroor my
> opmerking gegaan het en jy is welkom om aan 'n argaïese
> spelling vas te klou as jy te oud of verstok is om iets by te wil leer.
>
>
> Aanvaar ook dat jy te lank hier weg is om oor rad tegelyk
> teen hedendaagse woordeboeke, aktiewe taalgebruikers en
> deskundige opinies te wil stry. Dinge verander, ons taal ook.
> Live with it.

Dit was nie 'n streeksding nie. My man en ek kom van tweeverskillende dele
van die ou Kaapprovinsie vandaan, en ons
het dié spelling albei op skool geleer.In ons versamelings
van idiome en idiomatiese uitdrukkings.
Het Hilda nie ook uit HAT aangehaal dat die woord nog in
Afrikaans bestaan nie, alhoewel dit as argaies bestempel word.
En ek wil vir jou daarop wys dat dit jy is wat my Afrikaanse
spelling aangeval het toe ek die uitdrukking "rad voor die oë draai"
gebruik het. Dis nie ek wat vir jou aangeval het oor die
spelling "rat" nie. Dis jy wat my aangeval het. Live with it.

Gloudina
Re: Geen raad met Gloudina [boodskap #54236 is 'n antwoord op boodskap #54224] So, 02 Desember 2001 20:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina
Het Hilda nie ook uit HAT aangehaal dat die woord nog in
Afrikaans bestaan nie, alhoewel dit as argaies bestempel word.

Wouter
Ek het dit tog ook bevestig. Dit kom voor in argaïese uitdrukkings
soos "galg en rad aanmekaar praat"

Gloudina
En ek wil vir jou daarop wys dat dit jy is wat my Afrikaanse
spelling aangeval het toe ek die uitdrukking "rad voor die oë draai"
gebruik het. Dis nie ek wat vir jou aangeval het oor die
spelling "rat" nie. Dis jy wat my aangeval het. Live with it.

Wouter
Ek leef maklik en lekker, dankie.

Maar ek het jou nie aangeval nie, my volle aanvanklike bydrae
was 'n vraag "Net soos 'n rat en 'n rad?". Na aanleiding van jou
opmerking oor vinkel en koljander. Ek het dus gevra of jy dink
die twee woorde is ook eenders. Die res van my opmerkings
was in reaksie op wat jy verder geskryf het. Laasgenoemde
het wel na 'n aanval gelyk.

In die proses het ek geleer dat "rad" vroeër in Afrikaans
bestaan het. Maar lyk my jy het niks geleer nie. Daarmee
moet jy leef.
Re: Geen raad met Gloudina [boodskap #54237 is 'n antwoord op boodskap #54224] So, 02 Desember 2001 22:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> In die proses het ek geleer dat "rad" vroeër in Afrikaans
> bestaan het.

I rest my case.

Gloudina
Re: Geen raad met Gloudina [boodskap #54253 is 'n antwoord op boodskap #54224] Ma, 03 Desember 2001 11:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
wat is die meervoudsvorm van jou 'rad'?

skryf in boodskap news:3C0AA96D.6E4360EF@home.com...
Wouter Plaasvark wrote:

> In die proses het ek geleer dat "rad" vroeër in Afrikaans
> bestaan het.

I rest my case.

Gloudina
Re: Geen raad met Gloudina [boodskap #54265 is 'n antwoord op boodskap #54224] Ma, 03 Desember 2001 13:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter:
> In die proses het ek geleer dat "rad" vroeër in Afrikaans
> bestaan het. Maar lyk my jy het niks geleer nie.

Gloudina:
I rest my case.

Wouter:
And so do I
Re: Geen raad met Gloudina [boodskap #54269 is 'n antwoord op boodskap #54224] Ma, 03 Desember 2001 14:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Kekkelbek wrote:

> wat is die meervoudsvorm van jou 'rad'?
>

Soos vantevore gesê, Kekkel, dit sal seker
"radde" moes wees (die Nederlanders sê
"raderen" as ek reg onthou wat Arthur of
Hilda gesê het.) Ons gebruik egter nie meer
"rad" vir hierdie ding waarna verwys word as
'n rad nie. As ons na die verskynsel in
moderne Afrikaans sal wil verwys, dink
ek ons sal die term "martelwiel" gebruik.

Gloudina
Re: Geen raad met Gloudina [boodskap #54281 is 'n antwoord op boodskap #54224] Di, 04 Desember 2001 06:15 Na vorige boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dankie. Ek kon die woord wel in my oudste woordeboeke vind. Hulle verwys
onmiddelik na rat.

skryf in boodskap news:3C0B8A08.7930021F@home.com...
Kekkelbek wrote:

> wat is die meervoudsvorm van jou 'rad'?
>

Soos vantevore gesê, Kekkel, dit sal seker
"radde" moes wees (die Nederlanders sê
"raderen" as ek reg onthou wat Arthur of
Hilda gesê het.) Ons gebruik egter nie meer
"rad" vir hierdie ding waarna verwys word as
'n rad nie. As ons na die verskynsel in
moderne Afrikaans sal wil verwys, dink
ek ons sal die term "martelwiel" gebruik.

Gloudina
Vorige onderwerp: Poslyste
Volgende onderwerp: ...en Annette...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 17:08:30 MGT 2024