Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Burger Wynfees
Burger Wynfees [boodskap #52800] Sa, 03 November 2001 06:17 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hierdie jaar van 6 - 9 November by Canal Walk.
Ek sal maar die nodige opoffering vir die groep doen en soveel as moontlik
gaan proe, en dan 'n watertand verslag skryf.:))
Gister en vandag wynproe by die Tuinesentrum.
Nuwe wyn wat ek nog moet proe is Audacia- glo tussen Stellenbosch en
Somerset Wes.
Wat my al klaar die harnas ingejaag het, is dat selfs hul pamflet net in
Engels is.
Klaar besluit - Audacia gaan nie vandag geproe word nie.

Dus mense - ek sê nou hier - as ek gaan wynproe en die mense kan nie met my
Afrikaans praat nie, of hulle het nie eers 'n pamflet in Afrikaans nie - ek
sal eintlik 'n Afrikaanse brosjure verkies- dan gaan ek nie hulle wyne proe
nie.
Annette
Re: Burger Wynfees [boodskap #52823 is 'n antwoord op boodskap #52800] Sa, 03 November 2001 15:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Liezl  is tans af-lyn  Liezl
Boodskappe: 27
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Junior Lid
Ag nee Annette!
Moet nou nie dat jou principals jou uit wyn uit doen nie! Maak seker
hulle weet dat jy niks van hulle pamflet hou nie, 'but don't cut your
nose to spite your face Hen' soos hulle hier sou se.

Vertel vir my van al die wyne wanneer jy terug kom asseblief. Tensy ek
deur die ore wil betaal hier moet ek maar drink wat die Supermarkte in
London kies. So laat maar weet sodat ek 'n boks of twee kan laat kom.

Groete
LL
Re: Burger Wynfees [boodskap #52826 is 'n antwoord op boodskap #52823] Sa, 03 November 2001 16:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
O nee - moenie bang wees dat ek niks sal kan proe nie;))
Verlede jaar kon ek net 53 van die 105 stalletjies proe, aangesien ek die
designated driver was:))))
Ek sal dus ook verslag doen van die wyne wat ek nie geproe het nie - agv die
engelse-keel-afdruk- storie.
Annette

in message news:1b25448e.0111030749.2885c719@posting.google.com...
> Ag nee Annette!
> Moet nou nie dat jou principals jou uit wyn uit doen nie! Maak seker
> hulle weet dat jy niks van hulle pamflet hou nie, 'but don't cut your
> nose to spite your face Hen' soos hulle hier sou se.
>
> Vertel vir my van al die wyne wanneer jy terug kom asseblief. Tensy ek
> deur die ore wil betaal hier moet ek maar drink wat die Supermarkte in
> London kies. So laat maar weet sodat ek 'n boks of twee kan laat kom.
>
> Groete
> LL
Re: Burger Wynfees [boodskap #53114 is 'n antwoord op boodskap #52826] Do, 08 November 2001 12:20 Na vorige boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Verlede jaar kon ek net 53 van die 105 stalletjies proe, aangesien ek die
> designated driver was:))))
> Annette
>

So OK, ek is nie 'n wynboffin nie, maar was al eenkeer by 'n
proe-aand. As een van 'n paar studente wat aandraers en oopmakers was.
Dis mos nou skink, kyk, snuif, proe, uitpoeg, dan 'n koekie eet. As jy
53 wyne geproe het, hoeveel koekies het jy geeet? :)))

Drom

Terloops, ons het ook darem later die aand proekans gekry en het ons
nie geproe nie! Teen toemaaktyd toe sit twee van ons saam met
Bloemfontein se bugermeester in sy ampsmotor en kopstukke gesels
terwyl die eerste dame buite wag om in te klim.
Vorige onderwerp: AWB
Volgende onderwerp: Limeriek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 23:45:56 MGT 2024