Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "plaasroman II" deur TOAST COETZER
"plaasroman II" deur TOAST COETZER [boodskap #52265] Wo, 24 Oktober 2001 02:18 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

plaasroman II
Toast Coetzer

wanneer hierdie rivier afkom in bruin desemberwater
bulder en grom oor klipplate deur matte en oor plate biesies
wanneer my koue wange 'n eensame vlek kapok laat smelt
onder ysreën en miswolke wat sny oor kootsmitshoek
wanneer die populierbos ritsel in geel en die klipgarage
rooi gloei op die werf in die oggend so teen tienuur
wanneer die agtertuin-irisse glimlag in pers en pienk en wit
en 'n jong tortelduif vasvlieg in die skoon sitkamerruit
wanneer die son sak oor die nekkies en iemand stof uitry
by elandsdrift en die swygende aalwyne vir my staan en kyk
soos ribbokke teen die hange van loskop deur 'n visier
dan vergewe niks my meer nie dan bloei my vingertoppe
en dit sypel weg in hierdie grond tussen die suurpolle
dan twyfel die son teen twee-uur en vrek skape op grenslyne
en diep in die nag kom knaag ystervarke aan die bene
van wat ek kan onthou en van wie ook al wonder daaroor
want as al wat ek het balklepdae en koeniebosstories is
windpompe wat droog hoes pypsuig aan hierdie bors van klip
en hierdie uitgestrekte vingers van die aangetaste klowe
dan kom god in 'n .357 wanneer die son swyg op 'n gesiglose dag
en hy vat wat syne was
Re: "plaasroman II" deur TOAST COETZER [boodskap #52268 is 'n antwoord op boodskap #52265] Wo, 24 Oktober 2001 07:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Levinia  is tans af-lyn  Levinia
Boodskappe: 2
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Junior Lid
Toast Coetzer skryfso 'n bietjie, maar is meestal 'n mean off-spinner tydens
die somer. In die winter bly hy binne en probeer nuwe dinge uitdink sodat
hy nie vrek van verveling nie. Dis ongelukkig waar dat hy in die kak band
"The Buckfever Underground" speel en dat sy eerste boek, Liefdesliedjies
vir die Regering, lankal reeds uit druk is. Hy's lief vir sy ma en sy pa en
neem gedurig foto's van honde en gras. Hy werk tans saam met sy girlfriend
aan n boek getiteld: "The Fucking Animal Kingdom." Hy het NIE cholera NIE!

skryf in boodskap news:3BD62552.493E7A4B@home.com...
plaasroman II
Toast Coetzer
Re: "plaasroman II" deur TOAST COETZER [boodskap #52276 is 'n antwoord op boodskap #52265] Wo, 24 Oktober 2001 11:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Levinia wrote:

> Toast Coetzer skryfso 'n bietjie
> In die winter bly hy binne en probeer nuwe dinge uitdink sodat
> hy nie vrek van verveling nie.

Vertel vir Toast hy moet bietjie vir Tant Hessie'n villanelle skryf. Tant Hessie
dink om 'n villanelle
te skryf is die toppunt van dig, en kan jou verseker
dat hy nie sal vrek van verveling nie. Tant Hessie
sal die volgende paar dae Afrikaanse villanelles
plaas, net om hom te stimuleer.

Tant Hessie van Helsdingen-Louw
Re: "plaasroman II" deur TOAST COETZER [boodskap #52360 is 'n antwoord op boodskap #52265] Vr, 26 Oktober 2001 11:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Piet Pompdonkie  is tans af-lyn  Piet Pompdonkie
Boodskappe: 126
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3BD6A8DE.FAC3FB0F@home.com...
Levinia wrote:

>> Toast Coetzer skryfso 'n bietjie
>> In die winter bly hy binne en probeer nuwe dinge uitdink sodat
>> hy nie vrek van verveling nie.

> Vertel vir Toast hy moet bietjie vir Tant Hessie
> 'n villanelle skryf. Tant Hessie dink om 'n villanelle
> te skryf is die toppunt van dig, en kan jou verseker
> dat hy nie sal vrek van verveling nie. Tant Hessie
> sal die volgende paar dae Afrikaanse villanelles
> plaas, net om hom te stimuleer.
>
> Tant Hessie van Helsdingen-Louw

Sjoe Tant Hessie maar jy is darem slim.
Maar sê my tog. Waddehel is 'n vilanelle?

My vriend Slappies Nel se stranthuis se naam is Vilanelle en ek het altyd
gedink dis maar 'n commin naam. Nou lyk dit my ek het ou Slappies onderskat,
hy is 'n diep seun en ek het dit nie gebesef nie. Sy girlfrind Vroetelfrien
onderskat hom nie, sy roep hom Stywes Nel.

Vertel tog tan hessie. Van die vilanelle

Vriendelik gegroet
Jou Pompdonkie

NS
Hulle roep my nie verniet Pompdonkie nie.
Vroetelfrien ook.
Re: "plaasroman II" deur TOAST COETZER [boodskap #52366 is 'n antwoord op boodskap #52265] Vr, 26 Oktober 2001 17:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Piet Pompdonkie wrote:

> Waddehel is 'n vilanelle?
>
> Slappies Nel se stranthuis se naam is Vilanelle
> Vertel tog tan hessie. Van die vilanelle

Tot tyd en wel jy "villanelle" kan spel,sê ek vir jou gaan na die hel.

Tant Hessie die rymelaar

>
Re: "plaasroman II" deur TOAST COETZER [boodskap #52376 is 'n antwoord op boodskap #52265] Vr, 26 Oktober 2001 21:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Piet Pompdonkie  is tans af-lyn  Piet Pompdonkie
Boodskappe: 126
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3BD9A200.E133D161@home.com...
> Piet Pompdonkie wrote:

>> Waddehel is 'n vilanelle?

>> Slappies Nel se stranthuis se naam is Vilanelle
>> Vertel tog tan hessie. Van die vilanelle

> Tot tyd en wel jy "villanelle" kan spel,
> sê ek vir jou gaan na die hel.
>
> Tant Hessie die rymelaar
>

Nou kyk nou net hierrie antie is kwaai, net toe ek dink sy wil my traai
Sy bietch oor hoe spel ek Villa Nel, ek vra net warrit is waddehel
Antie antie wassit wat jou so pla, Pomdonkie kan dit gou wegjae
En antie is ook nie al wat rym, antie rym maar goor dis 'n kraai-ieng shym

Piet Pompdronkie
NS: Sal antie my nou traai, ek kan villanelle spel en die mense
roep my nie verniet pompdonkie nie.
Vroetel Frien roep my ook pompdonkie
Vir die pompdonkie [boodskap #52378 is 'n antwoord op boodskap #52376] Vr, 26 Oktober 2001 21:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Danielle  is tans af-lyn  Danielle
Boodskappe: 157
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 26 Oct 2001 23:17:25 +0200, "Piet Pompdonkie"
wrote:

> Nou kyk nou net hierrie antie is kwaai, net toe ek dink sy wil my traai
> Sy bietch oor hoe spel ek Villa Nel, ek vra net warrit is waddehel

Wou net DANKIE sê, want jy het my lekker laat lag. Dit was baie
depressing om deur al die ander strooi te lees wat skielik die plek
vervuil het. Nou gaan ek lekker naweek hou. :-)

. --, . -- ,
( ( \.---./ ) )
'.__/o o\__.'
{= ^ =}
> ' <
/ \
/ / \ \
/ / | |\ \
"' \ / '"_.-~^`'-.
\ _ /--' `
streepmuis)( )(___
Re: "plaasroman II" deur TOAST COETZER [boodskap #52381 is 'n antwoord op boodskap #52265] Vr, 26 Oktober 2001 21:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Piet Pompdonkie wrote:

> Pomdonkie

> Pompdronkie
>

Make up your mind.

Tant Hessie von Freud
Re: "plaasroman II" deur TOAST COETZER [boodskap #52469 is 'n antwoord op boodskap #52265] So, 28 Oktober 2001 20:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Piet Pompdonkie  is tans af-lyn  Piet Pompdonkie
Boodskappe: 126
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Piet Pompdonkie wrote:
>> Pomdonkie
>> Pompdronkie


> Make up your mind.
>
> Tant Hessie von Freud

Maarhoebedoelieaantiehanou?
Daardie was laat op 'n Vrydagaand geskrif, dan issie Pompdonkie gewoolik 'n
pompdronkie. Dis mossie 'n skanne nie? Of hoe my ant Hessie van die Vreugd?

Issie tannie nou moerig omlat ek nie lekker spel nie?
Of omlat ek beter kan rym as antie?

Onthou net, hulle roep my nie verniet pompdonkie nie
En ek het niks van daai heng-aps wat antie namens Frikkie oor wharrie nie,
hoor

Moet ek vir antie nog 'n rym gooi?

Van antie se geliefde pompdonkie
NS Vroetelfrien roep my na die naweek sommer net Pompie
Re: "plaasroman II" deur TOAST COETZER [boodskap #52473 is 'n antwoord op boodskap #52265] So, 28 Oktober 2001 22:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Piet Pompdonkie wrote:

> En ek het niks van daai heng-aps wat antie namens Frikkie oor wharrie nie,
> hoor
>
> Moet ek vir antie nog 'n rym gooi?
>

Hi, Thys.

Hessie Poirot-Watson
Re: "plaasroman II" deur TOAST COETZER [boodskap #52476 is 'n antwoord op boodskap #52265] So, 28 Oktober 2001 23:16 Na vorige boodskap
Piet Pompdonkie  is tans af-lyn  Piet Pompdonkie
Boodskappe: 126
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3BDC81B7.73001C2@home.com...
Piet Pompdonkie wrote:

>> En ek het niks van daai heng-aps wat antie namens Frikkie oor wharrie nie,
>> hoor

>> Moet ek vir antie nog 'n rym gooi?


> Hi, Thys.
>
> Hessie Poirot-Watson

Ou Thysie hysie tuissie :-)

Pompie Doodle
Vorige onderwerp: terug uit Mechelen
Volgende onderwerp: Dubbel antwoorde en posstukke
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 02:50:39 MGT 2024