Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » EITEMAL "Drinklied"
EITEMAL "Drinklied" [boodskap #5202] Sa, 13 Januarie 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
DRINKLIED
Eitemal

Nog 'n skuinse grappie, kerels,
Nog 'n glasie wyn,
En die gore werklikhede
Sal in mis verdwyn.

Vonkelwyn en skaterlaggies
Sprinkel oor ons leed,
Tot ons al die muf miserie
Om ons heen vergeet.

Styf gearm huis toe slinger
Onder singlawaai,
Wyl die dronk ou wereld om ons
Rondomtalie draai.
Vorige onderwerp: Aan Hollanders/Nederlanders
Volgende onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5521] Re: AFRIKAANS:5471] Joop is te
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 07:12:01 MGT 2024