Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die bottels lyk dan dieselfde
Die bottels lyk dan dieselfde [boodskap #50922] So, 30 September 2001 19:10 na volgende boodskap
Grahame  is tans af-lyn  Grahame
Boodskappe: 131
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Senior Lid
Die Tannie is so heilig op haar 23 roosbome maar wie moet dit versorg en
snoei en spuit?

Nou is daar al klaar luise op die goed en sy neul al van 1 September dat ek
hulle moet spuit. Ek spuit dit toe en twee dae later het al die nuwe
uitloopsels gemuteer! Ek het haar oortuig dat ek miskien die gifstof te
sterk aangemaak het maar sê nie vir haar dat ek per ongeluk onkruiddoder op
hulle gespuit het nie.

Buurman met sy groot bek noem toe dat dit moontlik die werk van onkruiddoder
is maar die Tannie sê ek is darem nie so stupid nie. Maar die saadjie is
geplant!!!!!!!

Daar verspreek ek my vanmiddag toe ons na die progressiewe degenerasie van
die bome kyk: "Ek wonder of daar nie 'n teengif vir die onkruiddoder is
nie."

"Vir die wat?" vra sy en weer, "vir die WAT!!!?" En weer herhaal sy "VIR
DIE WAT!!!?"

Ek slaap vanaand buite met my computer en al. Sal later 'n bietjie met die
roosbome gaan praat om hulle op te beur.

Die lewe is so verdomp onregverdig.
Re: Die bottels lyk dan dieselfde [boodskap #50925 is 'n antwoord op boodskap #50922] So, 30 September 2001 19:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Grahame" schreef...

> Die lewe is so verdomp onregverdig.

Inderdaad!

Dankie, jou storie het my doen besef dat vandag nie 'n totale ramp was nie,
dit kan altyd erger ....

Groete,
Arthur
Re: Die bottels lyk dan dieselfde [boodskap #50947 is 'n antwoord op boodskap #50922] Ma, 01 Oktober 2001 12:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Grahame wrote:
>
> Nou is daar al klaar luise op die goed en sy neul al van 1 September dat ek
> hulle moet spuit. Ek spuit dit toe en twee dae later het al die nuwe
> uitloopsels gemuteer! Ek het haar oortuig dat ek miskien die gifstof te
> sterk aangemaak het maar sê nie vir haar dat ek per ongeluk onkruiddoder op
> hulle gespuit het nie.

Stuur bietjie die naam aan - my buurman het 'n ^%*&% se blackwattle in
sy tuin - maar ek soek sterk goed!!!
Re: Die bottels lyk dan dieselfde [boodskap #51058 is 'n antwoord op boodskap #50947] Wo, 03 Oktober 2001 17:49 Na vorige boodskap
Grahame  is tans af-lyn  Grahame
Boodskappe: 131
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Senior Lid
Lou skryf in boodskap news:3BB85D7D.94E888BC@lous.zzn.com...
>
>
> Grahame wrote:
>>
>
> Stuur bietjie die naam aan - my buurman het 'n ^%*&% se blackwattle in
> sy tuin - maar ek soek sterk goed!!!

Moet nie spot nie - hierdie is 'n baie teerpunt in ons huishouding. Uit die
23 roosbome het 16 se blare nou die pragtigste herfskleur.
Grahame
Vorige onderwerp: Ons hou konsert
Volgende onderwerp: Re: meeting people from South African
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 05 06:22:45 MGT 2024