Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Titanic en WTC ...
Titanic en WTC ... [boodskap #50699] Di, 25 September 2001 07:02 na volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
'n Interessante bespreking op BBC gisteraand rakende die groot impak van die
WTC-terreur op die vertroue van lugreisigers en die gepaardgaande dramatiese
afname in getalle.
Nou wonder ek - wat was die impak van die Titanic op die reisigers van
daardie jare?
Wie het toegang tot ou koerantdatabasisse?
Re: Titanic en WTC ... [boodskap #50703 is 'n antwoord op boodskap #50699] Di, 25 September 2001 09:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek het net die volgende aand terug gevlieg Durban toe van Johannesburg af en
ek was nie juis gepla nie. Bygesê dit is nie in die VSA nie. Al wat my
gepla het was dat al die vlugte met omtrent 'n uur en 'n half vertraag was
as gevolg van veiligheidsmaatreels.

"Jonas" skryf in boodskap news:9opa81$84$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> 'n Interessante bespreking op BBC gisteraand rakende die groot impak van die
> WTC-terreur op die vertroue van lugreisigers en die gepaardgaande dramatiese
> afname in getalle.
> Nou wonder ek - wat was die impak van die Titanic op die reisigers van
> daardie jare?
> Wie het toegang tot ou koerantdatabasisse?
>
Re: Titanic en WTC ... [boodskap #50705 is 'n antwoord op boodskap #50703] Di, 25 September 2001 11:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Praat gisteraand met iemand in Engeland - die lughawens daar is maar
stillerig.
Ons kan mos nou geld maak uit die spulletjie - 'n advertensieveldtog loods
met die opskrif - Onthou die goeie ou dae? kom na SA en besigtig besige
lughawens:))
Laat my terugdink aan Bloemfontein - toentertyd - toe ons Sondagmiddag
uitgery het na die lughawe om die enkle Boeing /Viscount te kon sien
opstyg;))
Annette

...
> Ek het net die volgende aand terug gevlieg Durban toe van Johannesburg af en
> ek was nie juis gepla nie. Bygesê dit is nie in die VSA nie. Al wat my
> gepla het was dat al die vlugte met omtrent 'n uur en 'n half vertraag was
> as gevolg van veiligheidsmaatreels.
>
> "Jonas" wrote in message
> news:9opa81$84$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> 'n Interessante bespreking op BBC gisteraand rakende die groot impak van
> die
>> WTC-terreur op die vertroue van lugreisigers en die gepaardgaande
> dramatiese
>> afname in getalle.
>> Nou wonder ek - wat was die impak van die Titanic op die reisigers van
>> daardie jare?
>> Wie het toegang tot ou koerantdatabasisse?
>>
>
Re: Titanic en WTC ... [boodskap #50715 is 'n antwoord op boodskap #50699] Di, 25 September 2001 12:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jonas, ek het nie die program gesien nie, maar ek kan maar net dink dat die
impak toentertyd minder was as die vlieënde publiek van vandag.
MInder bote toe as vliegtuie vandag.
Minder mense wat gevaar het as lugreisigers vandag.
En sulke groot bote vaar mos nie binnelands nie:))
Ons is seker maar gelukkig hier - want die mense daar in Engeland is regtig
bang om nou te vlieg.
Dit het natuurlik 'n enorme ons toeristeseisoen.
Ek weet van 'n hele aantal mense wat besluit het om nie nou hiernatoe te kom
nie - mense wat al 9 maande gelede plek vir verblyf bespreek en deposito's
betaal het.
Annette

--
rakende die groot impak van die
> WTC-terreur op die vertroue van lugreisigers en die gepaardgaande dramatiese
> afname in getalle.
> Nou wonder ek - wat was die impak van die Titanic op die reisigers van
> daardie jare?
> Wie het toegang tot ou koerantdatabasisse?
>
Re: Titanic en WTC ... [boodskap #50721 is 'n antwoord op boodskap #50715] Di, 25 September 2001 14:11 Na vorige boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette - ek het 'n suster indie buiteland (Noord Amerika). Wanneer hulle
hier op besoek is meen sy ons is ietwat behep met sekuriteit. Ek verlustig
my nie daarin nie, maar, nou is dit seker hulle beurt wat ons al baie lankal
proe. (Onthou jy die deursoekings by elke inkopiesentrum?)
Ek dink daardie ervarings het ons slegs voorberei vir die kriminaliteit wat
tans hoogty vier ...

"Annette" skryf in boodskap news:9oq0i8$enc7a$3@ID-92016.news.dfncis.de...
> Jonas, ek het nie die program gesien nie, maar ek kan maar net dink dat die
> impak toentertyd minder was as die vlieënde publiek van vandag.
> MInder bote toe as vliegtuie vandag.
> Minder mense wat gevaar het as lugreisigers vandag.
> En sulke groot bote vaar mos nie binnelands nie:))
> Ons is seker maar gelukkig hier - want die mense daar in Engeland is regtig
> bang om nou te vlieg.
> Dit het natuurlik 'n enorme ons toeristeseisoen.
> Ek weet van 'n hele aantal mense wat besluit het om nie nou hiernatoe te kom
> nie - mense wat al 9 maande gelede plek vir verblyf bespreek en deposito's
> betaal het.
> Annette
>
>
> --
> rakende die groot impak van die
>> WTC-terreur op die vertroue van lugreisigers en die gepaardgaande
> dramatiese
>> afname in getalle.
>> Nou wonder ek - wat was die impak van die Titanic op die reisigers van
>> daardie jare?
>> Wie het toegang tot ou koerantdatabasisse?
>>
>
Vorige onderwerp: Die Encore
Volgende onderwerp: Oeps!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 00:14:04 MGT 2024