Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die nuwe SA
Re: Die nuwe SA [boodskap #50529 is 'n antwoord op boodskap #50433] Vr, 21 September 2001 13:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3BAB280D.2130602E@home.com...
> Sakkie wrote:
>
>> Party van jou sinne
>> is ietwat onsamehangend en dis verdomp moeilik om verstaan
>
> Ja, verdomp moeilik om verstaan, Sakkie.
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek
> se sinskonstruksie-komitee (Amanzimtoti-
> afdeling)

Bewys weer die ander punt in die [[knip]] gedeelte ná tannie G
Re: Vir ons vêr linkses. [boodskap #50530 is 'n antwoord op boodskap #50507] Vr, 21 September 2001 13:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Verdomp Ferdi, is jy nou soos 'n Foksterriërtjie wat 'n Great Dane teef wat
op hitte is rondjaag. Bespeur ek hier 'n onvermoë om die waarheid in die
gesig te kyk. 'n Wyse ou Engelsman by die WNNR het eendag vir my gesê:
"Austalians are very well balanced. They have a chip on each shoulder!!"
Elke keer as ek jou argumente lees, hoor ek vir Bev.

"Sakkie" skryf in boodskap news:3baaea47$0$229@hades.is.co.za...
> Geen antwoord nie? Miskien omdat dit effe ongemaklik is om die waarheid in
> die gesig te kyk. Ná Ferdi en gevolg.
>
> "Sakkie" wrote in message
> news:3baa07e7$0$226@hades.is.co.za...
>>
>> "Ferdi Greyling" wrote in message
>> news:3baffdd5.24162022@news.is.co.za...
>>> On Thu, 20 Sep 2001 12:29:59 +0200, "Wouter Plaasvark"
>>> wrote:
>>> bla-bla-bla
>>> - soos PlasVark se mense gedoen het met enigiemand wat nie met hulle
>>> saamgestem het nie.
>>>
>>
>> Nonsens Ferdi, daar was nie genoeg tronke nie. Ons het bomme gelaai met
>> spykers in hul kerke ontplof. Ons het landmyne op hul plaaspaaie geplant.
>> Ons het onder andere 'n kragtige bom met spitstyd in hul hoofstad ontplof
>> wat honderde mense beseer het, insluitend van ons eie mense. Ons het ons
>> eie mense vermoor deur motorbande vol brandstof oor hulle te trek en dit aan
>> die brand te steek. Ons vermoor hulle op hul plase veral die wat oud is nie
>> meer hulself goed kan oppas nie. Ons gooi ons stompies in mynskagte en word
>> heldinne. Die doel reinig mos die middele. Klink 'n paar hiervan vir jou
>> bekend Ferdi. Ek dink nie in hierdie land is 'n groep wat kan klipgooi nie.
>>
>> Dink jy die WVK is gestig om versoening te bereik. Dink weer boet. Dit is
>> geskep om nie hoef verantwoording te doen vir blatante moord en menseregte
>> skendings nie. AAN ALBEI KANTE. Jy moet wakker word outjie, voor jou
>> koffie heeltemal koud is.
>>
>
Re: Die nuwe SA [boodskap #50534 is 'n antwoord op boodskap #50517] Vr, 21 September 2001 14:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Lou, ek is nie hier in kompetisie met Gloudina nie.
Tussen ons twee ( en 'n klomp ander) kry die mense wat hier lees 'n baie
gebalanseerde idee van hoe die nuwe Suid-Afrikaners dink en doen en lekker
leef , en die Ou Brigade:))
Annette

--
>
> @home.com wrote:
>>
>> Lou wrote:
>>
>>> Ja hy leef net soos Eugene, Carel Boshoff en Gloudina nog in die ou SA.
>>
>> Jy weet, ou Lou, van wat ek van jou op hierdie
>> nuusgroep "gesien" het, het ek baie meer respek
>> vir Carel Boshoff as vir jou. (En ek kan amper
>> wed dat Carel Boshoff nie soos Annette haar,
>> en ander, se tyd mors deur neerhalende dinge
>> te sê van die swart burgers van sy land nie.)
>
> He he - jy is omtrent op 'n mission teen Annette - kry sy meer antwoorde
> op die nuusgroep as jy?
>
>> En, my liewe Lou, miskien lewe ek baie meer
>> midde-in die Nuwe Suid-Afrika as wat jy doen.
>
> Miskien? Ek en meeste ander op die nuusgroep dink nie so nie. Die
> virtuele SA wat in jou kop bestaan is ongelukkig dertig jaar na die tyd.
> Miskien moet ons jou die virtuele nuusgroep Rip van Winkel noem?
>
>
>> Mag ek jou weer daaraan herinner dat Pius
>> Langa, een van die leidende regters in die SA
>> Konstitusionele Hof ( en nou al die hoofregter?)
>> 'n student van my is.
>
> KADOEF!! Wat het gebeur - o - dis net weer iemand wat 'n naam gedrop
> het.
>
> Het jy al ooit vir 'n oomblik gestop en gewonder- en ek het jou dit al
> gevra - watter goed jy sou kon gedoen het as jy nie Kanada toegegaan het
> nie?
>
>
>> Ek, my liewe Lou, was een
>> van sy Afrikaanse onderwysers en, volgens een
>> van sy vriende, 'n belangrike invloed op sy lewe.
>
> Sien my vorige sin ... maar ek is bly vir jou part, dit is lekker om
> sulke terugvoer te kry.
>
>> Wat het jy al vir die "Nuwe Suid-Afrika" gedoen,
>> behalwe om smalende whitey opmerkings te maak,
>> nie net oor jou medeburgers wat nie volgens jou
>> smaak is nie, maar ook oor mense soos ek en
>> Ferdi, wat doodgeskreeu word deur joggies soos
>> jy.
>
> Hierdie is 'n oop nuusgroep - waar oop debatering nog moontlik is - dit
> is onmoontlik om iemand DOOD TE SKROU HIER! Gloudina - is jy nog daar -
> sorrie my caps lock het per ongeluk aangegaan. :)
>
> Maar ek is hier - ek is 'n Suid Afrikaner en trots daarop - ek betaal
> belasting ek werk en onstapn saam en ander Suid Afrikaners - ek sien die
> goeie dinge raak - maar ek sien ook die dinge raak wat nie reg is nie -
> en net soos jy jou kanadese regering mag kritiseer - net so mag ek ook
> my SA regering kritiseer. Jou probleem is dat jy alles steeds as Wit vs
> Swart sien ou Rip.
>
>> Deel van my is ingeploeg in die Nuwe SA. Ek
>> het deel daarin. En van wat ek kan onthou wat
>> Ferdi oor die jare op hierdie nuusgroep gesê het:
>> hy was verslaggewer gedurende die laaste dekades
>> van die apartheidsregime - hy het vergaderings van
>> swart vakbonde bygewoon, hy het begrafnisse
>> bygewoon, hy was by Bisho. Hy was verslaggewer
>> by die Trade Center toe hulle Kodesa- samesprekings
>> gevoer het. En hy is 'n trotse Afrikaner, wat in sy land
>> bly.
>
> Wat meer is as wat van jou kan gesê kan word ne?
>
>> Wat gee 'n joggie soos jy en sommige van die
>> ander op hierdie nuusgroep die reg om vir hom uit te
>> jou as iemand wat "van niks" weet nie? Vertel dit
>> asseblief vir my. As Ferdi goed genoeg is om vir 'n
>> Afrikaanse maatskappy te werk, wie gee vir jou die
>> reg om hom uit te snou vir alles wat sleg is. Dis mense
>> soos jy wat vir mense soos ek (en Gids blykbaar ook)
>> SIEK maak.
>>
>
> Waar het EK (hoofletters opsetlik) Ferdi uitgesnou vir alles wat sleg
> is? Kry tog net jou feite reg voor jy jou tikvingers in rat kry! Ek ken
> nogal 'n paar goeie beledingings maar het nog nooit enige aan Ferdi
> 'toegesnou' nie - en nou dat ek daaraan dink, ook nie aan jou nie -
> jammer sal probeer beter doen in die toekoms.
>
> Nota aan ander lesers:
> - hierdie is weereens een van Gloudina se verdagmakings tegnieke waar
> sy dinge aan 'n poster toedig waat hy nooit gesê het nie. Duidelik het
> sy moeite om te onderskei tussen waarheid en leuens.
>
> Net ter duidelik making om Gloudina se vergadmaking te beantwoord - ek
> het respek vir Ferdi se standpunt maar dit beteken nie dat ek noo
> dwendig met hom saamstem nie. Ek is ook seker dat hy is meer as mans
> genoeg om sy eie battles te fight.
Re: Vir ons vêr linkses. [boodskap #50535 is 'n antwoord op boodskap #50507] Vr, 21 September 2001 14:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Sakkie wrote:

> 'n Wyse ou Engelsman by die WNNR het eendag vir my gesê:
> "Austalians are very well balanced. They have a chip on each shoulder!!"

Dierbaarheid, Sakkie, so ek neem aan jy het by die
WNNR gewerk. Ek het kennis van die dinamiek van
die WNNR (toegegee van lank gelede) omdat my man
daar gewerk het. Ek wonder of jy vir my kan vertel
wat die "wyse ou Engelsman" by die WNNR gedoen
het? En hierdie ou Engelsman met sy snobistiese
hoity-toity opmerking oor Australiërs - die feit dat
jy dink dat hy 'n "wyse" ou Engelsman is, vertel meer
van jou en die hoity-toity ou Engelsman as oor die
Australiërs, wat sover dit my aangaan nogal 'n gebalanseerde
klomp is.

Gloudina
Re: Die nuwe SA [boodskap #50536 is 'n antwoord op boodskap #50433] Vr, 21 September 2001 14:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Of die een van Maaik en Jimmy op die polisiefiets.
Die voorste een trap en die agterste een draai sy vinger so bo sy kop en sê:
Blou,,,,, Blou,,,,,,,
Annette

wrote in message
> news:3baaecc8.764115@news.is.co.za...
>>
>>
>> Kom ons vat dit verder - ek daag julle uit om 'n grap ten koste van
>> wit Afrikaners te pos.
>>
> Ag, komaan, Ferdi! Het jy nog nooit enige van die Van der Merwe grappe
> gehoor nie? En moenie vir ou Jimmy en Mike Schutte vergeet nie - die twee
> het 'n werklik patetiese beelde geskep van 'n dom-onnosele wit Afrikaner.
> Soos toe hulle besluit het om 'n bus te steel om Strand toe te gaan. En
> Mike hou wag terwyl Jimmy die bus gaan steel. Twee ure later kom Jimmy al
> swetend en swetsend by Mike uit met die bus. Vra Mike hom wat de hel so
> lank gevat het. En ewe verontwaardig vertel Jimmy: "Ek moes mos al die
> ander blerrie busse uit die pad stoot om by die bus wat Strand toe gaan, uit
> te kom!"
>
Re: Die nuwe SA [boodskap #50537 is 'n antwoord op boodskap #50512] Vr, 21 September 2001 14:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling[0]  is tans af-lyn  Ferdi Greyling[0]
Boodskappe: 72
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Volle Lid
On Fri, 21 Sep 2001 09:52:13 +0200, "Kekkelbek" wrote:

Julle mans sal vele grappe, wat dames afmaak, kan vertel, maar
feitlik nie
> 'n grap wat 'n man afmaak nie...

Doodreg!

Maar as ek nou sou argumenteer dat mans werklik nie chauvinisties is
as hulle die vroue-grappe vertel nie en dat alles goeie en vriendelike
humor is bla bla bla dan is ek mos besig om vir myself te lieg.

En as ek nog as "bewys" hiervan sou se " ek het die grap nou die dag
vir 'n vrou vertel en sy het ook gelag, en dit BEWYS dat dit geensins
chauvinisties om die grappe te vertel nie bla bla bla"
Re: Die nuwe SA [boodskap #50538 is 'n antwoord op boodskap #50520] Vr, 21 September 2001 15:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling[0]  is tans af-lyn  Ferdi Greyling[0]
Boodskappe: 72
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Volle Lid
On Fri, 21 Sep 2001 12:04:37 +0200, "Sakkie" wrote:

> Word groot Ferdi en haal af jou "ek-sien-net-rassiste" oogklappe. Jy is
> heeltemal te sensitief oor nonsens.

Raak ordentlik Sakkie. Rasisme is gevaarlik. Niemand gee om vir jou
nie, jy verdien dit dalk, maar rassistiese idiote - en jy lyk al meer
na een - berei groot seerky voor vir ander mense ook wat dit nie
verdien nie.

Wil jy plaasmoorde oplos? Dit gaan NOOIT gebeur as swartmense nie
oortuig raak dat witmense hulle werklik as gelyke mense met
menswaardigheid sien nie.
En solank gerieflike sitkamer-rasisme seevier onder die Afrikaners
gaan swartmense nie oortuig raak dat hulle werklik as menswaardig
gesien word nie.
Re: Die nuwe SA [boodskap #50539 is 'n antwoord op boodskap #50433] Vr, 21 September 2001 15:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling[0]  is tans af-lyn  Ferdi Greyling[0]
Boodskappe: 72
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Volle Lid
On Sat, 22 Sep 2001 07:27:06 +1000, "me & bobby magee" wrote:

Ag, komaan, Ferdi! Het jy nog nooit enige van die Van der Merwe
grappe
> gehoor nie? En moenie vir ou Jimmy en Mike Schutte vergeet nie - die twee
> het 'n werklik patetiese beelde geskep van 'n dom-onnosele wit Afrikaner.
> Soos toe hulle besluit het om 'n bus te steel om Strand toe te gaan. En
> Mike hou wag terwyl Jimmy die bus gaan steel. Twee ure later kom Jimmy al
> swetend en swetsend by Mike uit met die bus. Vra Mike hom wat de hel so
> lank gevat het. En ewe verontwaardig vertel Jimmy: "Ek moes mos al die
> ander blerrie busse uit die pad stoot om by die bus wat Strand toe gaan, uit
> te kom!"

Dis neerhalend van MIke Schutte en Jimmy Abbott. Nie van 'n ras nie.

Probeer die verskil raaksien.
Re: Die nuwe SA [boodskap #50540 is 'n antwoord op boodskap #50523] Vr, 21 September 2001 15:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling[0]  is tans af-lyn  Ferdi Greyling[0]
Boodskappe: 72
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Volle Lid
On Fri, 21 Sep 2001 12:30:04 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

> Wouter
> So jy raai en spekuleer net en bied dit dan as die waarheid aan.
> Soos in jou ander berigte.

Dis jou reaksie??!!
Dis van die punt af, onsamehangend en flou.

'n Flou Variasie van "jy lieg altyd - dis so omdat ek so se - en omdat
jy altyd lieg, lieg jy nou ook."

Jy verstaan nie veel nie, lyk dit.
Net nog 'n boepens in khaki.
Re: Vir ons vêr linkses. [boodskap #50541 is 'n antwoord op boodskap #50507] Vr, 21 September 2001 15:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3BAB4BF3.C9FF4E16@home.com...
Sakkie wrote:

> 'n Wyse ou Engelsman by die WNNR het eendag vir my gesê:
> "Austalians are very well balanced. They have a chip on each shoulder!!"

Dierbaarheid, Sakkie, so ek neem aan jy het by die
WNNR gewerk. Ek het kennis van die dinamiek van
die WNNR (toegegee van lank gelede) omdat my man
daar gewerk het. Ek wonder of jy vir my kan vertel
wat die "wyse ou Engelsman" by die WNNR gedoen
het? En hierdie ou Engelsman met sy snobistiese
hoity-toity opmerking oor Australiërs - die feit dat
jy dink dat hy 'n "wyse" ou Engelsman is, vertel meer
van jou en die hoity-toity ou Engelsman as oor die
Australiërs, wat sover dit my aangaan nogal 'n gebalanseerde
klomp is.
Gloudina

'Skuus tannie G, ek moes aanneem dat jy so sou reageer. Ek moes
verduidelik het dat tydens die gesprek drie Australiërs deel van die
gesprekgroep was, dat dit 'n tong in die kies opmerking was en dat die
Ausies net so hard saam gelag het as die res van ons. Al het hulle nie
Afrikaanse onderrig aan swart Suid-Afrika gegee nie, was hulle darem
intelligent genoeg om 'n grap te vat. Op daardie stadium was die betrokke
drie heelwat beter gekwalifiseer as enigeen van die res van ons so dit was
ook nie 'n geval van dat ons op hulle neergesien het en probeer verkleineer
het nie. Ek hoop die hele relaas sit bietjie lig op die onderwerp. Vir die
res van julle, 'skuus dat ek die bandwydte so opgebruik, probeer maar
geduldig wees.

Ek wag nog op Ferdi se antwoord, of gaan die tannie weer sy neusie kom
afvee. Ek wag nog dat een van ons vér linkses moet sê dat die ANC en/of sy
bondgenote nie ook moord gepleeg het en nie ook blatant menseregte geskend
het nie.
Re: Die nuwe SA [boodskap #50542 is 'n antwoord op boodskap #50538] Vr, 21 September 2001 15:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:3bac55b2.18273699@news.is.co.za...
> On Fri, 21 Sep 2001 12:04:37 +0200, "Sakkie"
> wrote:
>
>
> Jy is
>> heeltemal te sensitief oor nonsens.
>
> Raak ordentlik Sakkie.

Huh? Jammer, ek is bietjie vlak om daai een te vang.

> Rasisme is gevaarlik.

Tannie G, sê vir hom dis waar, want dit kan jou ore opneuk.

> Niemand gee om vir jou
> nie, jy verdien dit dalk, maar rassistiese idiote - en jy lyk al meer
> na een - berei groot seerky voor vir ander mense ook wat dit nie
> verdien nie.

Hier moet ek met jou saamstem. Ek is ook siek en sat vir al die rassistiese
opmerking wat ons elke tweede dag moet sluk uit die koerante en TV. Ek
wonder wanneer gaan iemand iets daaromtrent doen.

>
> Wil jy plaasmoorde oplos? Dit gaan NOOIT gebeur as swartmense nie
> oortuig raak dat witmense hulle werklik as gelyke mense met
> menswaardigheid sien nie.

Die doel reinig nog altyd die middele Ferdi. Dit tel net vir swart-op-wit
geweld en nie andersom nie, of lees ek jou verkeerd.

> En solank gerieflike sitkamer-rasisme seevier onder die Afrikaners
> gaan swartmense nie oortuig raak dat hulle werklik as menswaardig
> gesien word nie.

Wat het my harde hoëtroustel te doen met swartmense se menswaardigheid en
dit is seëvier Ferdi. Tannie G leer my ook mooi.
Re: Die nuwe SA [boodskap #50543 is 'n antwoord op boodskap #50539] Vr, 21 September 2001 15:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:3bad5682.18481634@news.is.co.za...
> On Sat, 22 Sep 2001 07:27:06 +1000, "me & bobby magee"
> wrote:
>
> > gehoor nie? En moenie vir ou Jimmy en Mike Schutte vergeet nie - die
twee
>> het 'n werklik patetiese beelde geskep van 'n dom-onnosele wit Afrikaner.
>> Soos toe hulle besluit het om 'n bus te steel om Strand toe te gaan. En
>> Mike hou wag terwyl Jimmy die bus gaan steel. Twee ure later kom Jimmy al
>> swetend en swetsend by Mike uit met die bus. Vra Mike hom wat de hel so
>> lank gevat het. En ewe verontwaardig vertel Jimmy: "Ek moes mos al die
>> ander blerrie busse uit die pad stoot om by die bus wat Strand toe gaan, uit
>> te kom!"
>
> Dis neerhalend van MIke Schutte en Jimmy Abbott. Nie van 'n ras nie.
>
> Probeer die verskil raaksien.
>

As daar nou gestaan het Jonas en Solomon sou jy heeltemal 'n ander deuntjie
gefluit het
Re: Die nuwe SA [boodskap #50544 is 'n antwoord op boodskap #50540] Vr, 21 September 2001 16:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter
> So jy raai en spekuleer net en bied dit dan as die waarheid aan.
> Soos in jou ander berigte.

Ferdi
Dis jou reaksie??!! Dis van die punt af, onsamehangend en flou.
'n Flou Variasie van "jy lieg altyd - dis so omdat ek so se - en omdat
jy altyd lieg, lieg jy nou ook."
Jy verstaan nie veel nie, lyk dit. Net nog 'n boepens in khaki.

Wouter
Tipiese rassistiese gedribbel. As jy geen argumente het nie, verloor
jy jou humeur en probeer 'n persoonlike aanval. Dis pateties, Ferdi...
Re: Vir ons vêr linkses. [boodskap #50546 is 'n antwoord op boodskap #50507] Vr, 21 September 2001 17:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Sakkie wrote:

> Ek moes
> verduidelik het dat tydens die gesprek drie Australiërs deel van die
> gesprekgroep was, dat dit 'n tong in die kies opmerking was en dat die
> Ausies net so hard saam gelag het as die res van ons.

O so, weer een van die stories waar die prooi van die witAfrikaner omie se
grappies ook "net so hard saam gelag
het as die res van ons." En dan wonder jy hoekom so baie
buitelanders sulke smalende opmerkings gemaak het oor
die wittes in SA, veral gedurende die ou bedeling

> Op daardie stadium was die betrokke
> drie heelwat beter gekwalifiseer as enigeen van die res van ons so dit was
> ook nie 'n geval van dat ons op hulle neergesien het en probeer verkleineer
> het nie.

So dit was nie 'n geval dat julle op hulle neergesien het nie?Julle vertel toe
sommer die grappies ten koste van die
Aussies, al het julle nie op hulle neergesien nie? Wereld,
ek wonder wat sou gebeur het as julle nou meer
gekwalifiseer as hulle was, en op hulle neergesien het as
gevolg daarvan en dan besluit het om oor te gaan tot die
vertel van grappies. Sien jy altyd neer op ander mense
as jy beter gekwalifiseer is as hulle?

Gloudina
Re: Vir ons vêr linkses. [boodskap #50547 is 'n antwoord op boodskap #50507] Vr, 21 September 2001 17:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Sakkie wrote:

> Ek wag nog dat een van ons vêr linkses moet sê dat die ANC en/of sy
> bondgenote nie ook moord gepleeg het en nie ook blatant menseregte geskend
> het nie.

Ek gee vereers aandag aan die woordjie "ook" wat jytweekeer in bostaande sinne
herhaal. Ek neem aan dat
jy verwys na die moorde wat gepleeg is en die mense-
regte wat geskend is deur jou regse geesgenote gedurende
die apartheidsjare, en dat jy dit as 'n gegewe in die
argument aanneem?
Ek wag op jou spesifieke antwoord op hierdie
spesifieke vraag. Dan kan ons verder praat.

Gloudina
Re: Die nuwe SA [boodskap #50557 is 'n antwoord op boodskap #50510] Vr, 21 September 2001 21:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mafuta  is tans af-lyn  Mafuta
Boodskappe: 196
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:3baaecc8.764115@news.is.co.za...
>
>
> Kom ons vat dit verder - ek daag julle uit om 'n grap ten koste van
> wit Afrikaners te pos.
>
Ag, komaan, Ferdi! Het jy nog nooit enige van die Van der Merwe grappe
gehoor nie? En moenie vir ou Jimmy en Mike Schutte vergeet nie - die twee
het 'n werklik patetiese beelde geskep van 'n dom-onnosele wit Afrikaner.
Soos toe hulle besluit het om 'n bus te steel om Strand toe te gaan. En
Mike hou wag terwyl Jimmy die bus gaan steel. Twee ure later kom Jimmy al
swetend en swetsend by Mike uit met die bus. Vra Mike hom wat de hel so
lank gevat het. En ewe verontwaardig vertel Jimmy: "Ek moes mos al die
ander blerrie busse uit die pad stoot om by die bus wat Strand toe gaan, uit
te kom!"
Re: Die nuwe SA [boodskap #50561 is 'n antwoord op boodskap #50433] Vr, 21 September 2001 22:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pop  is tans af-lyn  pop
Boodskappe: 157
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Natuurlik kan jy sê wat jy sê, dit is jou reg.
Maar jy kan nie vir my sê hoe ek moet reageer
oor n sekerer persoon se pos nie. Ek kritiseer
jou nooit nie Gloudina, ek sal jou nou en dan
aansê as ek dink jy kom iemand te na, maar
oor jou opininies en denke het ek nog
nooit, en sal ook nooit vir jou teegaan nie, want
jy is geregtig om te dink soos jy dink.
Onthou, val die persoon se idees aan, maar nooit
die persoon self nie.

Pop

skryf in boodskap news:3BAA7225.8B32AAE8@home.com...
pop wrote:

> Dit is n ope forum hierdie

Presies. En dis natuurlik daarom wat ek ook
kan sê wat ek sê. En wees tog verseker, ek
weet presies wat ek doen. Daar is oorsake
en gevolge vir elke ding. As enigiemand, of
jy nou hulle pêl is of nie, weer een van hierdie
hooghartige en onheilige poste pos, dan weet
ons mos nou almal dat hulle moedswillig is, né?

Gloudina
Re: Die nuwe SA [boodskap #50563 is 'n antwoord op boodskap #50433] Vr, 21 September 2001 22:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pop  is tans af-lyn  pop
Boodskappe: 157
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Maak nie saak hoe goed of waar Ferdi se standpunte is nie.
As hy sulke taal besig, en so sloppy skryf en so tekere gaan
soos n histeriese teenager sal geen opgevoede mens hom
ernstig neem nie. En soos jy sê, hy het nogal goeie punte
soms, maar dit raak weg in die vieslike taalgebruik
en driftige aanvalle van sy woorde - hy moet leer
om homself te beteuel, dan sal mense luister.

Pop (saam met tant Hessie (as my agterryer :-))) ) op die spoor
na die waarheid)

skryf in boodskap news:3BAB2AE7.B7B3798F@home.com...
Lou wrote:

> Net ter duidelik making om Gloudina se vergadmaking te beantwoord - ek
> het respek vir Ferdi se standpunt maar dit beteken nie dat ek noo
> dwendig met hom saamstem nie. Ek is ook seker dat hy is meer as mans
> genoeg om sy eie battles te fight.

In die lig van jáár na jáár se keffertjie-aanvalle opFerdi, uiteindelik
praat
jy soos 'n man. Trek jy ook
die dinge terug wat jy oor die jare van Beeld gesê
het?

Gloudina
Re: Die nuwe SA [boodskap #50568 is 'n antwoord op boodskap #50433] Vr, 21 September 2001 23:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

pop wrote:

> Ek kritiseer
> jou nooit nie Gloudina

Ek wil nie verder met jou korrespondeer oor
hierdie situasie nie. Jy het aan die begin van jou
toetrede tot hierdie nuusgroep nog morele
invloed gehad omdat jy beswaar gemaak het
teen dinge wat buite die grens van menslikheid
gaan. Maar stadigaan het jy ook maar die
ouens gejoin wat neerhalend van die swart
meerderheid in SA praat. Jy het jou morele
mag en krag verloor. Veral nadat ek nou net
jou "oordeel" oor Ferdi se opmerkings gelees
het. As iemand soos jy nie kan "hoor" wat
daar in Ferdi se woorde van woede teen die ou
wit omies in khaki opgesluit is nie, dan verstaan
jy eenvoudig nie die dinamiek van vandag se
jong intellektuele Afrikaners se protes nie.
Ferdi veg 'n oorlog teen die Afrikaner wat nie
besef dat hulle met hulle ou grappies en hulle
opgepoftheid en hulle onvolwassenheid een van
die grootste gevare vir die Afrikanerdom is nie.
Hulle is besig om Afrikaners van binne af te
saboteer, om Afrikaners as groep onbelangrik
te maak. As dit is wat jy wil hê, gaan maar voort
om deur jou stilswye oor dinge deel van die
korrupsie te word.

Gloudina
Re: Die ......... [boodskap #50578 is 'n antwoord op boodskap #50543] Sa, 22 September 2001 08:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Sakkie:
: As daar nou gestaan het Jonas en Solomon sou jy heeltemal 'n
ander deuntjie
: gefluit het
~~~~~~~~~~~~~~~~~~
skerp Sakkie, baie skerp
--
Re: Die nuwe SA [boodskap #50583 is 'n antwoord op boodskap #50433] Sa, 22 September 2001 12:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

me & bobby magee wrote:

> Jinne, en hier het ek nog altyd gedink 'n grap is maar net om oor te lag, en
> moet nou nie juis ontleed word nie. Ag nou ja, leer ook elke dag iets
> nuuts..

Ja-nee, so stadigaan word mens meer volwasseen savvy, nè?

Die Ruiter in die Dag

> .
Re: Die nuwe SA [boodskap #50601 is 'n antwoord op boodskap #50539] So, 23 September 2001 00:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mafuta  is tans af-lyn  Mafuta
Boodskappe: 196
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:3bad5682.18481634@news.is.co.za...
> On Sat, 22 Sep 2001 07:27:06 +1000, "me & bobby magee"

> Dis neerhalend van MIke Schutte en Jimmy Abbott. Nie van 'n ras nie.
>
> Probeer die verskil raaksien.

Ahhh - en hulle is nie wit nie? En wanneer met hulle gebrek aan
intelligensie gespot word, dan is dit nie 'n gespot met die intellek van wit
Afrikaners nie? So wanneer mens 'n grap maak oor 'n swart lugwaardin, is
dit nie miskien neerhalend oor lugwaardinne nie, maar wel definitief teenoor
die swartmense? Sien jy die verskil?

Jinne, en hier het ek nog altyd gedink 'n grap is maar net om oor te lag, en
moet nou nie juis ontleed word nie. Ag nou ja, leer ook elke dag iets
nuuts...
Re: Die nuwe SA [boodskap #50604 is 'n antwoord op boodskap #50433] So, 23 September 2001 06:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3BABD392.D5E10EF4@home.com...
Re: Die nuwe SA [boodskap #50608 is 'n antwoord op boodskap #50543] So, 23 September 2001 12:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
askme  is tans af-lyn  askme
Boodskappe: 11
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Junior Lid
On Fri, 21 Sep 2001 17:55:10 +0200, "Sakkie" wrote:

> As daar nou gestaan het Jonas en Solomon sou jy heeltemal 'n ander
deuntjie gefluit het

Maar daar het nie, jou aap.
Re: Die nuwe SA [boodskap #50609 is 'n antwoord op boodskap #50601] So, 23 September 2001 12:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
askme  is tans af-lyn  askme
Boodskappe: 11
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Junior Lid
On Sun, 23 Sep 2001 10:07:11 +1000, "me & bobby magee" wrote:

intelligensie gespot word, dan is dit nie 'n gespot met die intellek van wit[/color]
> Afrikaners nie? So wanneer mens 'n grap maak oor 'n swart lugwaardin, is
> dit nie miskien neerhalend oor lugwaardinne nie, maar wel definitief teenoor
> die swartmense? Sien jy die verskil?
>
> Jinne, en hier het ek nog altyd gedink 'n grap is maar net om oor te lag, en
> moet nou nie juis ontleed word nie. Ag nou ja, leer ook elke dag iets
> nuuts...

Ek glo dat jy gereeld nuwe goed leer.
Jy leer waarskynlik dieselfde goed oor en oor ook.
Re: Die nuwe SA [boodskap #50610 is 'n antwoord op boodskap #50433] So, 23 September 2001 12:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Kobus Pietersen wrote:

> <@home.com> wrote
> <Ferdi veg 'n oorlog teen die Afrikaner wat nie
> <besef dat hulle met hulle ou grappies en hulle
> <opgepoftheid en hulle onvolwassenheid een van
> <die grootste gevare vir die Afrikanerdom is nie.
>
> <Hulle is besig om Afrikaners van binne af te
> <saboteer, om Afrikaners as groep onbelangrik
> <te maak.
>
> Tot op 'n mooi dag wanneer jou afstammelinge hier met 'n skip aan wal gaan
> en die hele Afrikanerdom red, of hoe? Maar dan weer het jy ook gedink die
> hele land sal in duie stort as jy en jou eggenoot die land verlaat. Mense op
> hierdie ng. is intussen nog vas onder die indruk dat jy die land vir
> politieke redes verlaat het.
> Vertel bietjie die waarheid, jou huigelaar.
>
> Ook hoogdrawend die uwe.

Aai rêst maai kys,

Tante Koba se man, wat op die stoep sit.
Re: Die nuwe SA [boodskap #50621 is 'n antwoord op boodskap #50433] So, 23 September 2001 16:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3BADD954.93C9F4A2@home.com...

> Aai rêst maai kys,

Stêrkys of soetkys?
Re: Die nuwe SA [boodskap #50669 is 'n antwoord op boodskap #50543] Ma, 24 September 2001 18:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sakkie - ons kan baie geld maak - al wat ons doen is om al die Maaik en
Jimmy grappies te verander na Brad en Riaad, of na Solly en Klaus dan het
ons genoeg materiaal vir 'n boek.
Die boek sal lei tot rassistiese aantygings, maar wat - enige advertensie is
goed;))
Annette

>> wrote:
>>
>> grappe
>>> gehoor nie? En moenie vir ou Jimmy en Mike Schutte vergeet nie - die twee
>>> het 'n werklik patetiese beelde geskep van 'n dom-onnosele wit Afrikaner.
>>> Soos toe hulle besluit het om 'n bus te steel om Strand toe te gaan. En
>>> Mike hou wag terwyl Jimmy die bus gaan steel. Twee ure later kom Jimmy al
>>> swetend en swetsend by Mike uit met die bus. Vra Mike hom wat de hel so
>>> lank gevat het. En ewe verontwaardig vertel Jimmy: "Ek moes mos al die
>>> ander blerrie busse uit die pad stoot om by die bus wat Strand toe gaan, uit
>>> te kom!"
>>
>> Dis neerhalend van MIke Schutte en Jimmy Abbott. Nie van 'n ras nie.
>>
>> Probeer die verskil raaksien.
>>
>
> As daar nou gestaan het Jonas en Solomon sou jy heeltemal 'n ander deuntjie
> gefluit het
>
Re: Die nuwe SA [boodskap #50671 is 'n antwoord op boodskap #50601] Ma, 24 September 2001 18:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ontspan me - ons lag lekker vir wat snaaks is - daar is net 'n paar mense
wat te sensitief vir woorde is;))
Annette

--
.za> wrote in message
> news:3bad5682.18481634@news.is.co.za...
>> On Sat, 22 Sep 2001 07:27:06 +1000, "me & bobby magee"
>
>> Dis neerhalend van MIke Schutte en Jimmy Abbott. Nie van 'n ras nie.
>>
>> Probeer die verskil raaksien.
>
> Ahhh - en hulle is nie wit nie? En wanneer met hulle gebrek aan
> intelligensie gespot word, dan is dit nie 'n gespot met die intellek van wit
> Afrikaners nie? So wanneer mens 'n grap maak oor 'n swart lugwaardin, is
> dit nie miskien neerhalend oor lugwaardinne nie, maar wel definitief teenoor
> die swartmense? Sien jy die verskil?
>
> Jinne, en hier het ek nog altyd gedink 'n grap is maar net om oor te lag, en
> moet nou nie juis ontleed word nie. Ag nou ja, leer ook elke dag iets
> nuuts...
>
Re: Vir ons vêr linkses. [boodskap #50689 is 'n antwoord op boodskap #50507] Di, 25 September 2001 06:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina:
[[knip 'n klomp twak uit]]Sien jy altyd neer op ander mense
as jy beter gekwalifiseer is as hulle?

Sakkie:
Nee tannie G, sit is 'n siekte waaraan jy ly, en dit op mense wat jy DINK
minder as jy gekwalifiseer is. Gaan lees 'n paar van jou hoi-poloi
opmerkings van so 'n week of wat gelede. As dit nie neerhalend en
neersienend is nie, soek ek my skoolgeld terug.
Re: Vir ons vêr linkses. [boodskap #50690 is 'n antwoord op boodskap #50507] Di, 25 September 2001 06:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina:
Ek wag op jou spesifieke antwoord op hierdie
spesifieke vraag. Dan kan ons verder praat.

Sakkie:
Haai tannie G, ek sien jou taalkennis het bietjie afgestomp daar in Kanada.
Watter deel van "ook" verstaan jy nie. Natuurlik is daar bloed op die
vorige regering se hande. Nie een van ons het dit nog ooit ontken nie. Nie
waarvan ek weet nie in elk geval. Die enigste verskil tussen die nuwe en
die ou regerings is dat die een uitgegooi is as gevolg daarvan en die ander
in beheer gesit is ten spyte daarvan.
Re: Die nuwe SA [boodskap #50691 is 'n antwoord op boodskap #50608] Di, 25 September 2001 06:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" skryf in boodskap news:3bb5d6a1.8536812@news.telkomsa.net...
> On Fri, 21 Sep 2001 17:55:10 +0200, "Sakkie"
> wrote:
>
[color=blue]>
Re: Die nuwe SA [boodskap #50692 is 'n antwoord op boodskap #50669] Di, 25 September 2001 06:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dit het merriete Annette, ek hou daarvan. :-)))))

"Annette" skryf in boodskap news:9onthg$efk2c$3@ID-92016.news.dfncis.de...
> Sakkie - ons kan baie geld maak - al wat ons doen is om al die Maaik en
> Jimmy grappies te verander na Brad en Riaad, of na Solly en Klaus dan het
> ons genoeg materiaal vir 'n boek.
> Die boek sal lei tot rassistiese aantygings, maar wat - enige advertensie is
> goed;))
> Annette
>
>
>>> wrote:
>>>
>>> > grappe
>>>> gehoor nie? En moenie vir ou Jimmy en Mike Schutte vergeet nie - die twee
>>>> het 'n werklik patetiese beelde geskep van 'n dom-onnosele wit Afrikaner.
>>>> Soos toe hulle besluit het om 'n bus te steel om Strand toe te gaan. En
>>>> Mike hou wag terwyl Jimmy die bus gaan steel. Twee ure later kom Jimmy al
>>>> swetend en swetsend by Mike uit met die bus. Vra Mike hom wat de hel so
>>>> lank gevat het. En ewe verontwaardig vertel Jimmy: "Ek moes mos al die
>>>> ander blerrie busse uit die pad stoot om by die bus wat Strand toe gaan, uit
>>>> te kom!"
>>>
>>> Dis neerhalend van MIke Schutte en Jimmy Abbott. Nie van 'n ras nie.
>>>
>>> Probeer die verskil raaksien.
>>>
>>
>> As daar nou gestaan het Jonas en Solomon sou jy heeltemal 'n ander deuntjie
>> gefluit het
>>
>
Re: Die nuwe SA [boodskap #50695 is 'n antwoord op boodskap #50433] Di, 25 September 2001 06:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Tsk Tsk! Ek het niks terug getrek nie - probeer asb stadig lees - lees
hard vir jouself as dit sal help - vra iemand wat Afrikaans kan praat om
vir jou te verduidelik wat ek skryf - oeps sorry - vergeet jy ken nie
meer so iemand nie - gebruik 'n woordeboek. As ek dink dat Ferdi bollie
skryf dan kan ek hom daaroor aanvat ... teenoorgesteld van jou wat
gewoonlik bollie skryf :)

Wat sou ek teen die Beeld gesê het - of is dit weer een van jou smeer
veldtogte ? Hier wys dit weer - jy't iets getik - dit is Bollie - my
vorige punt bewys. I rest my case.

Swak redenasie taktiek Gloudina ... ek verwag beter van jou - probeer
weer.

@home.com wrote:
>
> Lou wrote:
>
>> Net ter duidelik making om Gloudina se vergadmaking te beantwoord - ek
>> het respek vir Ferdi se standpunt maar dit beteken nie dat ek noo
>> dwendig met hom saamstem nie. Ek is ook seker dat hy is meer as mans
>> genoeg om sy eie battles te fight.
>
> In die lig van jáár na jáár se keffertjie-aanvalle opFerdi, uiteindelik praat
> jy soos 'n man. Trek jy ook
> die dinge terug wat jy oor die jare van Beeld gesê
> het?
>
> Gloudina
Re: Die nuwe SA [boodskap #50697 is 'n antwoord op boodskap #50534] Di, 25 September 2001 06:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Annette wrote:
>
> Lou, ek is nie hier in kompetisie met Gloudina nie.

Jy dink miskien nie so nie ... weetie vannie anner partie nie.
Re: Die nuwe SA [boodskap #50712 is 'n antwoord op boodskap #50544] Di, 25 September 2001 12:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling[0]  is tans af-lyn  Ferdi Greyling[0]
Boodskappe: 72
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Volle Lid
Vryf jou boepens en gooi nog 'n brannwyn en coke, Wouter.
Dan vertel jy nog 'n ou grappie oor die "Groenewalds" vir jou
maatjies.....

On Fri, 21 Sep 2001 18:38:49 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

> > So jy raai en spekuleer net en bied dit dan as die waarheid aan.
>> Soos in jou ander berigte.
>
> Ferdi
> Dis jou reaksie??!! Dis van die punt af, onsamehangend en flou.
> 'n Flou Variasie van "jy lieg altyd - dis so omdat ek so se - en omdat
> jy altyd lieg, lieg jy nou ook."
> Jy verstaan nie veel nie, lyk dit. Net nog 'n boepens in khaki.
>
> Wouter
> Tipiese rassistiese gedribbel. As jy geen argumente het nie, verloor
> jy jou humeur en probeer 'n persoonlike aanval. Dis pateties, Ferdi...
>
Re: Die nuwe SA [boodskap #50719 is 'n antwoord op boodskap #50697] Di, 25 September 2001 13:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ooooooo!!!!!! Jy meen sy wil baklei an staan met vuiste gebal, terwyl ek ewe
rustig sit en wyn drink en lag en gesels?:)))
Wat sal ek nou sê? As sy wil baklei moet sy maar so sê - nie slinkse skimpe
gooi nie.
Annette

> Annette wrote:
>>
>> Lou, ek is nie hier in kompetisie met Gloudina nie.
>
> Jy dink miskien nie so nie ... weetie vannie anner partie nie.
Re: Die nuwe SA [boodskap #50720 is 'n antwoord op boodskap #50692] Di, 25 September 2001 13:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dis miskien 'n dol idee wat iemand gaan opraap:))
Ons sal moet gou spring!:))
Annette

...
> Dit het merriete Annette, ek hou daarvan. :-)))))
>
> "Annette" wrote in message
> news:9onthg$efk2c$3@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Sakkie - ons kan baie geld maak - al wat ons doen is om al die Maaik en
>> Jimmy grappies te verander na Brad en Riaad, of na Solly en Klaus dan het
>> ons genoeg materiaal vir 'n boek.
>> Die boek sal lei tot rassistiese aantygings, maar wat - enige advertensie is
>> goed;))
>> Annette
>>
>>
>>>> wrote:
>>>>
>>>> >> grappe
>>>> >gehoor nie? En moenie vir ou Jimmy en Mike Schutte vergeet nie - die twee
>>>> >het 'n werklik patetiese beelde geskep van 'n dom-onnosele wit Afrikaner.
>>>> >Soos toe hulle besluit het om 'n bus te steel om Strand toe te gaan. En
>>>> >Mike hou wag terwyl Jimmy die bus gaan steel. Twee ure later kom Jimmy al
>>>> >swetend en swetsend by Mike uit met die bus. Vra Mike hom wat de hel so
>>>> >lank gevat het. En ewe verontwaardig vertel Jimmy: "Ek moes mos al die
>>>> >ander blerrie busse uit die pad stoot om by die bus wat Strand toe gaan, uit
>>>> >te kom!"
>>>>
>>>> Dis neerhalend van MIke Schutte en Jimmy Abbott. Nie van 'n ras nie.
>>>>
>>>> Probeer die verskil raaksien.
>>>>
>>>
>>> As daar nou gestaan het Jonas en Solomon sou jy heeltemal 'n ander deuntjie
>>> gefluit het
>>>
>>
>
Re: Die nuwe SA [boodskap #50738 is 'n antwoord op boodskap #50433] Di, 25 September 2001 22:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter
> Tipiese rassistiese gedribbel. As jy geen argumente het nie, verloor
> jy jou humeur en probeer 'n persoonlike aanval. Dis pateties, Ferdi...

Ferdi
Vryf jou boepens en gooi nog 'n brannwyn en coke, Wouter.
Dan vertel jy nog 'n ou grappie oor die "Groenewalds" vir jou
maatjies.....

Wouter
Kom reg Ferdi, jy kan nie eers brandewyn spel nie en dan wil
jy dit vir my voorskryf. En dis Geldenhuys en nie Groenewald
nie, bobbejaan.

Maar die heel grootste grap bly Greyling.

Sou dit deel van Beeld se regstellende aksie wees om
analfabetiese mense in diens te hou?
Re: Die nuwe SA [boodskap #50769 is 'n antwoord op boodskap #50433] Wo, 26 September 2001 11:29 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek moet kapsie maak. Ek dink nie Beeld ken die kant van Ferdi wat ons ken
nie. Dit moet net so wees anders sou hulle nie toegelaat het dat hy
enigiets te doen het met wat in hul koerant staan nie.

"Danielle" skryf in boodskap news:us22rtkirhoo8m1d9cmsu2fm7tdl9c1qqe@4ax.com...
> On Wed, 26 Sep 2001 00:54:03 +0200, "Wouter Plaasvark"
> wrote:
>
>> Wouter
>> Maar die heel grootste grap bly Greyling.
>> Sou dit deel van Beeld se regstellende aksie wees om
>> analfabetiese mense in diens te hou?
>
> Ek moet sê dat ek alle respek vir Beeld verloor het, nadat ek "Ferdi"
> leer ken het op die nuusgroepe. Sy geskrewe laat my altyd dink aan
> Thomas White wat gesê het: "Language is a powerful tool in the hands
> of the learned, and a disaster in the making for the untrained."
>
Vorige onderwerp: Disgrace/Coetzee
Volgende onderwerp: : Afghan-American speaks
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 00:01:50 MGT 2024