Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " 'n Paternoster vir Suid-Afrika" deur LINA SPIES
" 'n Paternoster vir Suid-Afrika" deur LINA SPIES [boodskap #19334] Di, 24 November 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
'N PATERNOSTER VIR SUID-AFRIKA
Lina Spies

Here, laat die name geheilig word
van al die kinders van die land -

van hulle
wat modderkoekies gebak het uit sy aarde,
dassies skrikgemaak het in sy klowe,
wol getrap het in sy krale.

Ek het asemloos toegekyk:
swart bolywe geboë oor magtelose diere
en skerp skêre wat my laat wag het,
bang vir die glip-slag, die bloed, die pyn.
Maar die swart versigtige hande
het selde dieper as die wit geknip
en ek kon die lootjies uitdeel
want die arbeider was sy loon waardig
volgens die aantal wat hy vrygemaak het
om ligvoets teen die somerheuwels uit te wei.

Maar die bale is lankal toegewerk en weggestuur,
die wololie van my voete afgewas,
my bene nie meer lam getrap nie.

Vergewe ons, die vergeetagtiges, die uitgerustes,
soos ons hulle vergewe, die luidrugtiges
wat nooit binne die kraal was nie,
wat nooit rietperd gery
en kaalvoet geloop het nie,

en Here, sien ons hande aan:
Kyk, om my wit pols is 'n armband van gras;
my donker speelmaat het dit kunstig gevleg
soos ek nooit kon nie....

Aan U behoort die land
en die son
en die skape van sy weiding

Gee ons liefdevolle hande, Heer,
en sny U self versigtig aan die belemmerende kleed
dat daar nie onnodig bloed verspil nie

en deel U self die lootjies uit
Re: " 'n Paternoster vir Suid-Afrika" deur LINA SPIES [boodskap #50412 is 'n antwoord op boodskap #19334] Do, 20 September 2001 01:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pop  is tans af-lyn  pop
Boodskappe: 157
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek het as skoolkind n bundel van Lina gehad, en het haar
amper meer geniet as vir Antjie, en met my onlangse
besoeke aan Kaapstad kon ek nerens n bundel
van haar opspoor om te koop nie.

Pop

skryf in boodskap news:3BA903D3.2763EC5C@home.com...
'N PATERNOSTER VIR SUID-AFRIKA
Lina Spies

Here, laat die name geheilig word
van al die kinders van die land -

van hulle
wat modderkoekies gebak het uit sy aarde,
dassies skrikgemaak het in sy klowe,
wol getrap het in sy krale.

Ek het asemloos toegekyk:
swart bolywe geboë oor magtelose diere
en skerp skêre wat my laat wag het,
bang vir die glip-slag, die bloed, die pyn.
Maar die swart versigtige hande
het selde dieper as die wit geknip
en ek kon die lootjies uitdeel
want die arbeider was sy loon waardig
volgens die aantal wat hy vrygemaak het
om ligvoets teen die somerheuwels uit te wei.

Maar die bale is lankal toegewerk en weggestuur,
die wololie van my voete afgewas,
my bene nie meer lam getrap nie.

Vergewe ons, die vergeetagtiges, die uitgerustes,
soos ons hulle vergewe, die luidrugtiges
wat nooit binne die kraal was nie,
wat nooit rietperd gery
en kaalvoet geloop het nie,

en Here, sien ons hande aan:
Kyk, om my wit pols is 'n armband van gras;
my donker speelmaat het dit kunstig gevleg
soos ek nooit kon nie....

Aan U behoort die land
en die son
en die skape van sy weiding

Gee ons liefdevolle hande, Heer,
en sny U self versigtig aan die belemmerende kleed
dat daar nie onnodig bloed verspil nie

en deel U self die lootjies uit
Re: " 'n Paternoster vir Suid-Afrika" deur LINA SPIES [boodskap #50445 is 'n antwoord op boodskap #19334] Do, 20 September 2001 09:59 Na vorige boodskap
Mafuta  is tans af-lyn  Mafuta
Boodskappe: 196
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Een van my gunsteling lektrises op universiteit, en een van my gunsteling
gedigte van alle tyd. Wonderlike talent - ek onthou hoe diep sy geraak was
deur haar vriendin, en mede-lektrise Annette Snyman, se dood in 'n
motorongeluk as gevolg van 'n dronkbestuurder wat in haar vasgery het. En
ek onthou my frustrasie en woede om in die volgende dag se Burger op die
hoofblad die troufoto van Chris Heunis se seun te sien, en geen melding van
ons geliefde lektrise se dood nie.

skryf in boodskap news:3BA903D3.2763EC5C@home.com...
'N PATERNOSTER VIR SUID-AFRIKA
Lina Spies

Here, laat die name geheilig word
van al die kinders van die land -

van hulle
wat modderkoekies gebak het uit sy aarde,
dassies skrikgemaak het in sy klowe,
wol getrap het in sy krale.

Ek het asemloos toegekyk:
swart bolywe geboë oor magtelose diere
en skerp skêre wat my laat wag het,
bang vir die glip-slag, die bloed, die pyn.
Maar die swart versigtige hande
het selde dieper as die wit geknip
en ek kon die lootjies uitdeel
want die arbeider was sy loon waardig
volgens die aantal wat hy vrygemaak het
om ligvoets teen die somerheuwels uit te wei.

Maar die bale is lankal toegewerk en weggestuur,
die wololie van my voete afgewas,
my bene nie meer lam getrap nie.

Vergewe ons, die vergeetagtiges, die uitgerustes,
soos ons hulle vergewe, die luidrugtiges
wat nooit binne die kraal was nie,
wat nooit rietperd gery
en kaalvoet geloop het nie,

en Here, sien ons hande aan:
Kyk, om my wit pols is 'n armband van gras;
my donker speelmaat het dit kunstig gevleg
soos ek nooit kon nie....

Aan U behoort die land
en die son
en die skape van sy weiding

Gee ons liefdevolle hande, Heer,
en sny U self versigtig aan die belemmerende kleed
dat daar nie onnodig bloed verspil nie

en deel U self die lootjies uit
Vorige onderwerp: "Hooglied" deur LINA SPIES
Volgende onderwerp: "Hooglied vir die Oorlewende" deur LINA SPIES
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 09:39:00 MGT 2024