Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Hooglied" deur LINA SPIES
"Hooglied" deur LINA SPIES [boodskap #50414] Do, 20 September 2001 02:48
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com


HOOGLIED
Lina Spies

Ek is 'n afgesnyde koringland
met net 'n paar gerwe langs die kant,
‘n geplukte wingerd met net 'n paar trosse
vir die vreemdeling
die arm verbyganger
die nie-grondbesitter.

Ek het my aan jou gegee
vir die trapvloer en die wynpers
en nou gee ek jou die brood terug
om daaraan te stik
en die volle beker wyn
dat dit mag smaak presies net soos asyn.

Ek is bruin soos Salomo se Sulamutiese
omdat ek woon by die tente van Kedar,
'n Bedoeïn is
'n woestyn-mens
'n nie-gevestigde.

Net: jy is geen Salomo nie,
jy besit nòg die wysheid nòg die koningskap,
omdat jy my nie meer bring in die wynhuis nie.

Sou jy dit doen,
sal ek weer vol in die aar staan
en die plukkers versamel onder my donker, uitgeswelde trosse
soos die jaloerse dogters van Jerusalem.
Vorige onderwerp: " 'n Paternoster vir Suid-Afrika" deur LINA SPIES
Volgende onderwerp: " 'n Paternoster vir Suid-Afrika" deur LINA SPIES
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 13:59:18 MGT 2024