Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Aan Gids
Aan Gids [boodskap #50276] Di, 18 September 2001 06:36 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gits Gids! - dat jy nou soos 'n dief in die nag my inbring by 'n argument -
terwyl jy weet ek praat nie graag met jou nie. Baie stout van jou.
En onderduims ( Ontspan Gloudina, ons weet:)) )

Jy ken my selfs minder as wat ek jou ken - en dit is bitter min - dus kan ek
nie verstaan wat jou beweegrede was om my naam te noem in 'n sakie wat jy
met Lou wou uitklaar nie.
Net 2 goedjies wat ek wil meld - as jy die geduld sou hê om dit te lees.
1) As iemand so 'n beriggie uitdink, wag hy ( ja, hy) nie eers dat dit deur
Sanlam, Ou Mutual, en die Staatsdiens gaan nie, en dan na vriende en familie
nie, en dan eers oorsee nie.
Nee wat - ons weet mos - mens druk net daardie een ou knoppie, en al wat
mens is op jou adresboek kry sommer die boodskappie eerstehands.
2) Jy is welkom om jou operasielidteken vir my te kom wys wanneer jy hier
kom kuier:)))
Annette
Re: Aan Gids [boodskap #50287 is 'n antwoord op boodskap #50276] Di, 18 September 2001 07:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Oepsie - Ek wil nie jou lid sien nie!!
Litteken sal genoeg wees:))
Annette

--
92016.news.dfncis.de...
> Gits Gids! - dat jy nou soos 'n dief in die nag my inbring by 'n argument -
> terwyl jy weet ek praat nie graag met jou nie. Baie stout van jou.
> En onderduims ( Ontspan Gloudina, ons weet:)) )
>
> Jy ken my selfs minder as wat ek jou ken - en dit is bitter min - dus kan ek
> nie verstaan wat jou beweegrede was om my naam te noem in 'n sakie wat jy
> met Lou wou uitklaar nie.
> Net 2 goedjies wat ek wil meld - as jy die geduld sou hê om dit te lees.
> 1) As iemand so 'n beriggie uitdink, wag hy ( ja, hy) nie eers dat dit deur
> Sanlam, Ou Mutual, en die Staatsdiens gaan nie, en dan na vriende en familie
> nie, en dan eers oorsee nie.
> Nee wat - ons weet mos - mens druk net daardie een ou knoppie, en al wat
> mens is op jou adresboek kry sommer die boodskappie eerstehands.
> 2) Jy is welkom om jou operasielidteken vir my te kom wys wanneer jy hier
> kom kuier:)))
> Annette
>
Re: Aan Gids [boodskap #50321 is 'n antwoord op boodskap #50276] Di, 18 September 2001 17:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:9o6qk6$b6mce$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Gits Gids! - dat jy nou soos 'n dief in die nag my inbring by 'n argument -
> terwyl jy weet ek praat nie graag met jou nie. Baie stout van jou.
> En onderduims ( Ontspan Gloudina, ons weet:)) )
>
> Jy ken my selfs minder as wat ek jou ken - en dit is bitter min - dus kan ek
> nie verstaan wat jou beweegrede was om my naam te noem in 'n sakie wat jy
> met Lou wou uitklaar nie.

Ek het 'n hekel daaraan om myself te veel te herhaal, dan verwys ek dit maar
deur.

> Net 2 goedjies wat ek wil meld - as jy die geduld sou hê om dit te lees.

Ek het normaalweg die geduld.

> 1) As iemand so 'n beriggie uitdink, wag hy ( ja, hy) nie eers dat dit deur
> Sanlam, Ou Mutual, en die Staatsdiens gaan nie, en dan na vriende en familie
> nie, en dan eers oorsee nie.
> Nee wat - ons weet mos - mens druk net daardie een ou knoppie, en al wat
> mens is op jou adresboek kry sommer die boodskappie eerstehands.

Die ding is dat al die mense in die adresboek maar te gretig is om dit aan
te stuur - sonder om te bevestig. Ons Afrikaners is te gou om alles wat
iemand anders vertel op te vreet vir soetkoek - veral as dit gaan oor hoe
die land agteruitgaan. Die angsaanjaende ding is dat die meedoen net so veel
bydra aan verval as die fisieke dade van misbruik, wanbestuur, nalatigheid
of moedswilligheid (werklik of gefabriseer) waaroor geskryf of verwys word.
Ek kry byna daagliks mail in my inboks van een of ander "goedbedoelende"
Afrikaner wat my probeer oortuig dat SA slegter aan toe is as verlede jaar
toe ek daar was. Die argumente word dan gebruik om my te probeer om tog nie
terug te kom nie, want dit is "baie beter in die buiteland". As ek die
bronne nagaan wat aangehaal word of die statistiek nagaan waarna verwys word,
is dit egter 90% op fabels en waninterpretasie baseer.

> 2) Jy is welkom om jou operasielidteken vir my te kom wys wanneer jy hier
> kom kuier:)))

O jinne. Watter een van hulle?

-Gids-
Re: Aan Gids [boodskap #50328 is 'n antwoord op boodskap #50321] Di, 18 September 2001 20:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
>>
>> Jy ken my selfs minder as wat ek jou ken - en dit is bitter min - dus kan ek
>> nie verstaan wat jou beweegrede was om my naam te noem in 'n sakie wat jy
>> met Lou wou uitklaar nie.
>
> Ek het 'n hekel daaraan om myself te veel te herhaal, dan verwys ek dit maar
> deur.
Ek weet nog steeds nie wat jou probleem is om my in te sleep nie - en nogal
met iets wat ek glad nie gesê het nie - en buitendien is hekel 'n edele
stokperdjie;))
>
>
> Die ding is dat al die mense in die adresboek maar te gretig is om dit aan
> te stuur - sonder om te bevestig. Ons Afrikaners is te gou om alles wat
> iemand anders vertel op te vreet vir soetkoek - veral as dit gaan oor hoe
> die land agteruitgaan.
Maar Gids - dus juis waaroor Lou ongelukkig is - jou veralgemening
As jy kyk, sal jy sien dat ons baie gou hier opgemerk het dat die berig 'n
gekskeerdery was - nog voordat dit in die koerant was.
Ek het ook nog geen van die e-posse gekry wat jy vermeld nie.- jy moet
inderdaad 'n rare vriendekring hê:))

Die angsaanjaende ding is dat die meedoen net so veel
> bydra aan verval as die fisieke dade van misbruik, wanbestuur, nalatigheid
> of moedswilligheid (werklik of gefabriseer) waaroor geskryf of verwys word.
> Ek kry byna daagliks mail in my inboks van een of ander "goedbedoelende"
> Afrikaner wat my probeer oortuig dat SA slegter aan toe is as verlede jaar
> toe ek daar was. Die argumente word dan gebruik om my te probeer om tog nie
> terug te kom nie, want dit is "baie beter in die buiteland". As ek die
> bronne nagaan wat aangehaal word of die statistiek nagaan waarna verwys word,
> is dit egter 90% op fabels en waninterpretasie baseer.
Okie Dokie - ek is nog steeds in 'n goeie bui, en DD kruip nog weg - as
daardie sogenaamde vrinne weer vir jou e-posse stuur wat jy nie kan hanteer
nie - stuur dit deur aan my - sodat ek daardie bitterbekke kan regruk.
>
>> 2) Jy is welkom om jou operasielidteken vir my te kom wys wanneer jy hier
>> kom kuier:)))
>
> O jinne. Watter een van hulle?
Die labotomie:)))
Annette

>
Re: Aan Gids [boodskap #50350 is 'n antwoord op boodskap #50328] Wo, 19 September 2001 07:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Annette wrote:
>
>>>
>>> Jy ken my selfs minder as wat ek jou ken - en dit is bitter min - dus kan ek
>>> nie verstaan wat jou beweegrede was om my naam te noem in 'n sakie wat jy
>>> met Lou wou uitklaar nie.
>>
>> Ek het 'n hekel daaraan om myself te veel te herhaal, dan verwys ek dit maar
>> deur.
> Ek weet nog steeds nie wat jou probleem is om my in te sleep nie - en nogal
> met iets wat ek glad nie gesê het nie - en buitendien is hekel 'n edele
> stokperdjie;))
>>
>>
>> Die ding is dat al die mense in die adresboek maar te gretig is om dit aan
>> te stuur - sonder om te bevestig. Ons Afrikaners is te gou om alles wat
>> iemand anders vertel op te vreet vir soetkoek - veral as dit gaan oor hoe
>> die land agteruitgaan.
> Maar Gids - dus juis waaroor Lou ongelukkig is - jou veralgemening
> As jy kyk, sal jy sien dat ons baie gou hier opgemerk het dat die berig 'n
> gekskeerdery was - nog voordat dit in die koerant was.
> Ek het ook nog geen van die e-posse gekry wat jy vermeld nie.- jy moet
> inderdaad 'n rare vriendekring hê:))
>
> Die angsaanjaende ding is dat die meedoen net so veel
>> bydra aan verval as die fisieke dade van misbruik, wanbestuur, nalatigheid
>> of moedswilligheid (werklik of gefabriseer) waaroor geskryf of verwys word.
>> Ek kry byna daagliks mail in my inboks van een of ander "goedbedoelende"
>> Afrikaner wat my probeer oortuig dat SA slegter aan toe is as verlede jaar
>> toe ek daar was. Die argumente word dan gebruik om my te probeer om tog nie
>> terug te kom nie, want dit is "baie beter in die buiteland". As ek die
>> bronne nagaan wat aangehaal word of die statistiek nagaan waarna verwys word,
>> is dit egter 90% op fabels en waninterpretasie baseer.
> Okie Dokie - ek is nog steeds in 'n goeie bui, en DD kruip nog weg - as
> daardie sogenaamde vrinne weer vir jou e-posse stuur wat jy nie kan hanteer
> nie - stuur dit deur aan my - sodat ek daardie bitterbekke kan regruk.

Hoekom pos jy nie sommer die ou goedjies hier nie Gids ... ek daag jou
uit!

>>> 2) Jy is welkom om jou operasielidteken vir my te kom wys wanneer jy hier
>>> kom kuier:)))
>>
>> O jinne. Watter een van hulle?
> Die labotomie:)))

Bietjie stadig Gids - jy'y in daai een ingeloop met jou ken.
Re: Aan Gids [boodskap #50352 is 'n antwoord op boodskap #50321] Wo, 19 September 2001 07:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gids wrote:
>> Ons Afrikaners is te gou om alles wat
> iemand anders vertel op te vreet vir soetkoek - veral as dit gaan oor hoe
> die land agteruitgaan. Die angsaanjaende ding is dat die meedoen net so veel
> bydra aan verval as die fisieke dade van misbruik, wanbestuur, nalatigheid
> of moedswilligheid (werklik of gefabriseer) waaroor geskryf of verwys word.
> Ek kry byna daagliks mail in my inboks van een of ander "goedbedoelende"
> Afrikaner wat my probeer oortuig dat SA slegter aan toe is as verlede jaar
> toe ek daar was. Die argumente word dan gebruik om my te probeer om tog nie
> terug te kom nie, want dit is "baie beter in die buiteland". As ek die
> bronne nagaan wat aangehaal word of die statistiek nagaan waarna verwys word,
> is dit egter 90% op fabels en waninterpretasie baseer.
>

Drie HOERAS vir Gids- dit is nie meer DIE afrikaner nie dis nou ONS
afrikaners.

Seker jy het 'n paar engels sprekende vriende ou Gids, hulle doen
presies dieselfde - stuur ongestubstansieerde berigte aan ... lyk vir
my dat dit menslik is en nie 'n kenteken van die afrikaner nie. Kyk
byvoorbeeld na urban legends - dis 'n werelddwye verskynsel - nie net
onder afrikaners nie.
Re: Aan Gids [boodskap #50360 is 'n antwoord op boodskap #50352] Wo, 19 September 2001 09:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Lou" skryf in boodskap news:3BA8462D.387A7F3A@lous.zzn.com...
>
>
> Gids wrote:
>>> Ons Afrikaners is te gou om alles wat........[[[knip]]]
> ... lyk vir
> my dat dit menslik is en nie 'n kenteken van die afrikaner nie. Kyk
> byvoorbeeld na urban legends - dis 'n werelddwye verskynsel - nie net
> onder afrikaners nie.

As 'n nasie is ons almal maar geneig om pessimisties te wees en te
kritiseer.(Ek koes al klaar oor die veralgemening, iemand gaan my uittrap)
Miskien is dit 350 jaar se onderdrukking. Eers deur die Hollanders, toe die
Engelse, daarna die NP en nou die ANC. Behalwe vir die kort bestaan van die
Vrystaat en Transvaalse Republieke was Afrikaners nog nooit werklik 'n vrye
nasie nie.
Re: Aan Gids [boodskap #50415 is 'n antwoord op boodskap #50360] Do, 20 September 2001 03:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek weet darem nie Sakkie - wat van die arme snare daar in Orania? Hulle glo
mos vas hulle is vry:))
Annette

message news:3ba86712$0$236@hades.is.co.za...
>
> "Lou" wrote in message
> news:3BA8462D.387A7F3A@lous.zzn.com...
>>
>>
>> Gids wrote:
>>>> Ons Afrikaners is te gou om alles wat........[[[knip]]]
>> ... lyk vir
>> my dat dit menslik is en nie 'n kenteken van die afrikaner nie. Kyk
>> byvoorbeeld na urban legends - dis 'n werelddwye verskynsel - nie net
>> onder afrikaners nie.
>
> As 'n nasie is ons almal maar geneig om pessimisties te wees en te
> kritiseer.(Ek koes al klaar oor die veralgemening, iemand gaan my uittrap)
> Miskien is dit 350 jaar se onderdrukking. Eers deur die Hollanders, toe die
> Engelse, daarna die NP en nou die ANC. Behalwe vir die kort bestaan van die
> Vrystaat en Transvaalse Republieke was Afrikaners nog nooit werklik 'n vrye
> nasie nie.
>
Re: Aan Gids [boodskap #50431 is 'n antwoord op boodskap #50415] Do, 20 September 2001 07:26 Na vorige boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek kry net die arme kinder jammer wat onder sulke omstandighede moet
grootword.

"Annette" skryf in boodskap news:9obris$c78se$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek weet darem nie Sakkie - wat van die arme snare daar in Orania? Hulle glo
> mos vas hulle is vry:))
> Annette
>
>
> message news:3ba86712$0$236@hades.is.co.za...
>>
>> "Lou" wrote in message
>> news:3BA8462D.387A7F3A@lous.zzn.com...
>>>
>>>
>>> Gids wrote:
>>>> > Ons Afrikaners is te gou om alles wat........[[[knip]]]
>>> ... lyk vir
>>> my dat dit menslik is en nie 'n kenteken van die afrikaner nie. Kyk
>>> byvoorbeeld na urban legends - dis 'n werelddwye verskynsel - nie net
>>> onder afrikaners nie.
>>
>> As 'n nasie is ons almal maar geneig om pessimisties te wees en te
>> kritiseer.(Ek koes al klaar oor die veralgemening, iemand gaan my uittrap)
>> Miskien is dit 350 jaar se onderdrukking. Eers deur die Hollanders, toe
> die
>> Engelse, daarna die NP en nou die ANC. Behalwe vir die kort bestaan van
> die
>> Vrystaat en Transvaalse Republieke was Afrikaners nog nooit werklik 'n
> vrye
>> nasie nie.
>>
>
Vorige onderwerp: Niesberig: Daars iets aan't gebeur in PTA
Volgende onderwerp: Vouter jou stoute bakouter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 19:05:05 MGT 2024