Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Geliefkoosde onderwerp???
Geliefkoosde onderwerp??? [boodskap #49428] Di, 04 September 2001 13:17 na volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
My geliefkoosde onderwerp(e) is natuurlik seks, onthou jy dit nog Dina, en
lekker eet en gesels saam met iemand wat ook lekker kan eet en gesels, en om
my kinders se doen en late dop te hou, hoe hulle besig is om te ontpop in
ongelooflike persoonlikhede.  Dit laat 'n ou besef dat jy iewers iets reg
gedoen het.  Die lys van my geliefkoosde onderwerpe is heeltemal te lank om
julle hier mee te vermaak.

Hoe Dina Rykheer haar eie geluk prysgegee het om iets na te streef waarvoor
sy nooit bedank sou word nie, ammuséér my nie eens nie.  As sy nou op haar
ouderdom nog in ons land was, was sy nou een van die "sagte" teikens wat
daagliks aangeval en vermoor word deur dieselfde mense wat sy so hard voor
geveg en letterlik alles voor opgeoffer het.  Ek wonder of die bedank
gedeelte nie dalk die wortel van die kwaad is nie.

Geliefkoosde onderwerp???  Ek wonder watse persoon probeer sy/haar bes om
die geliefkoosde onderwerp van bespreking te wees van iemand wat derduisende
kilometers vér sit en hom/haar nie eens ken nie.  Dit klink vir my effe
skeef.  Dis ook nie die eerste keer wat ek dit sien nie.  Ek dink Frikkie,
dit is mos Frikkie wat vir ons geskiedenis gegee het, het dit ook gehoor, en
Danielle op 'n stadium.  Ek sien 'n patroon hier, maar ek is nie 'n
sielkundige nie so ek hou maar my opinie vir myself.
Re: Geliefkoosde onderwerp??? [boodskap #49433 is 'n antwoord op boodskap #49428] Di, 04 September 2001 14:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Sakkie wrote:

> My geliefkoosde onderwerp(e) is natuurlik seks, onthou jy dit nog Dina,
>
> Hoe Dina Rykheer haar eie geluk prysgegee het om iets na te streef waarvoor
> sy nooit bedank sou word nie, ammuséér my nie eens nie.
>
> Geliefkoosde onderwerp??? Ek wonder watse persoon probeer sy/haar bes om
> die geliefkoosde onderwerp van bespreking te wees van iemand wat derduisende
> kilometers vêr sit en hom/haar nie eens ken nie. Dit klink vir my effe
> skeef.

So waarom, Sakkie, sit jy daar in Amanzimtoti oor my enkekkel?
Ek hou nie van daardie eerste sin wat jy aanhaal nie. Jy laat
dit klink of ek met jou seks gehad het.
Die tweede sin hierbo wat ek aanhaal uit jou pos, amuseer my.
(Onthou, amuseer word met een -m- gespel.) Dink jy ek het my
geluk prysgegee om "iets na te streef"? Wat dink jy het ek probeer
nastreef?
Ek dink, liewe Sakkie van Amanzimtoti, dat jy my weer op jou
kill file moet sit.

Tant Hessie van Umbumbulu se agterste Van Helsdingens
Re: Geliefkoosde onderwerp??? [boodskap #49434 is 'n antwoord op boodskap #49428] Di, 04 September 2001 15:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3B94E24D.6E2A24FF@home.com...
> So waarom, Sakkie, sit jy daar in Amanzimtoti oor my enkekkel?

Dis eintlik "en kekkel" Dina. Ek reageer op jou nonsens.

> Ek hou nie van daardie eerste sin wat jy aanhaal nie. Jy laat
> dit klink of ek met jou seks gehad het.

In jou drome, jy onthou seker nog dekades gelede se nattes, dit was nog voor
my geboorte!! Jy praat hier met dié toti van Amanzimtoti en dit word nie
gemors op arme siele soos jy nie.

> Die tweede sin hierbo wat ek aanhaal uit jou pos, amuseer my.
> (Onthou, amuseer word met een -m- gespel.)

Ek het gedink iemand sal my reg help. Dit is ook algemeen bekend dat ek nie
Afrikaanse onderrig gegee het nie, so ek voel nie te sleg nie. Een woord uit
245. As my somme nog reg is, is dit 99,6% korrek. Nie volmaak nie, maar my
onderwyser sou my 'n onderskeiding gegee het!!

> Dink jy ek het my
> geluk prysgegee om "iets na te streef"? Wat dink jy het ek probeer
> nastreef?

Nee jy het my Dina, deur jou waan van self-verheerliking, ouderwetse
kappiedraery, ens., ens. is dit heeltemal onmoontlik om te bepaal.

> Ek dink, liewe Sakkie van Amanzimtoti, dat jy my weer op jou
> kill file moet sit.

Moet nou nie 'n pretbederwer wees nie. Ek begin myself nou net geniet.

> Tant Hessie van Umbumbulu se agter(tangse??) Van Helsdingens
Vir Tannie Gloudina [boodskap #49483 is 'n antwoord op boodskap #49434] Wo, 05 September 2001 08:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Sakkie" skryf in boodskap news:3b94edaf$0$228@hades.is.co.za...
> [[[knip-knip]]]

Nog geen antwoord nie tannie. Ek moet sê meeste van wat ek geskryf het was
bietjie smaakloos en ongemanierd, maar nie ongevraagd nie so ek vra nie om
verskoning nie.
My ma was op 'n stadium betrokke in 'n argument met my dogter toe sy slegs
vyf jaar oud was. Na seker 'n uur se gekarring aan mekaar storm my ma baie
verontwaardig op my af: "Jy moet daai klein wysneus leer wat respek is!!"
My antwoord was eenvoudig: "Ma, gedra jouself soos dit 'n grootmens betaam
en daardie kind sal jou respekteer daarvoor. Is dit nie hoe jy my ook
grootgemaak het nie?" Van daardie dag af kom die twee baie goed oor die
weg.
Gaan sit dit in tannie se pyp..........
Re: Vir Tannie Gloudina [boodskap #49574 is 'n antwoord op boodskap #49483] Do, 06 September 2001 06:46 Na vorige boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Danielle" skryf in boodskap news:8dsdpt0chmn0occf748o7ht1en99f6m6ng@4ax.com...
>> Gaan sit dit in tannie se pyp..........
>
> Ek het dit nogal in my pyp ook gaan sit, en dit rook lekker, hoor.
> :-)))
>
Die dag se praktiese filosofie les. :-))))
Vorige onderwerp: ???????
Volgende onderwerp: Re: Skoonseuns
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 31 23:36:58 MGT 2024