Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Re: "Reënerige oggend in Pennington" deur CHARL DURAND
Re: "Reënerige oggend in Pennington" deur CHARL DURAND [boodskap #47753] Di, 07 Augustus 2001 13:27 na volgende boodskap
Tosca  is tans af-lyn  Tosca
Boodskappe: 35
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
Dit het ek werklik geniet!!

skryf in boodskap news:3B6EFFB5.6710E525@home.com...
Reënerige oggend in Pennington
'n lied vir gavin

deur Charl Durand

Indigo Girls in Gavin se sitkamer
koffie op die veranda
voor die reën

druppels wat die see dof vee

deel ons met mekaar die spoke in ons koppe
wonder oor die eindelose suidkusweer
ek vertel hom van Gauteng
terwyl sy luister
as sy praat klink sy opgewonde

Gavin sê dis sy drome
wat waar word

ek het jou so lanklaas gesien
tot die golwe dof grys
jy lyk so legendaries
soos my broer in 'n movie
apostel wat met sy gees worstel

maar Gavin sê dis sy drome
wat waar word

as ons hier bly sit vir 'n ewigheid
sal die reen ophou? sal god neerkyk?
sien dat ons mekaar oppas
soos glaskinders,
waardeur 'n lig skyn, so anders

gavin, karin sê
sy wil nog koffie hê.
Re: "Reënerige oggend in Pennington" deur CHARL DURAND [boodskap #47827 is 'n antwoord op boodskap #47753] Wo, 08 Augustus 2001 14:23 Na vorige boodskap
Tosca  is tans af-lyn  Tosca
Boodskappe: 35
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
Ek dink dit was die nostalgiese gevoel wat dit in my losgemaak het. Asof ek
al self presies so 'n dag had meegemaakt....

Tosca

-------------------------------------------------------
Ja, dis eienaardig hoe hierdie gedig mense tref. Omtrent elke keeras ek
dit plaas, maak iemand 'n aanmerking daaroor ( en ook oor
sommige van sy ander gedigte.) Ek kan nie besluit wat dit ónders
maak as baie van die ander gedigte wat geplaas word nie. Wat
het jou daarin aangetrek?

Gloudina

>
>
> Reënerige oggend in Pennington
> 'n lied vir gavin
>
> deur Charl Durand
>
> Indigo Girls in Gavin se sitkamer
> koffie op die veranda
> voor die reën
>
> druppels wat die see dof vee
>
> deel ons met mekaar die spoke in ons koppe
> wonder oor die eindelose suidkusweer
> ek vertel hom van Gauteng
> terwyl sy luister
> as sy praat klink sy opgewonde
>
> Gavin sê dis sy drome
> wat waar word
>
> ek het jou so lanklaas gesien
> tot die golwe dof grys
> jy lyk so legendaries
> soos my broer in 'n movie
> apostel wat met sy gees worstel
>
> maar Gavin sê dis sy drome
> wat waar word
>
> as ons hier bly sit vir 'n ewigheid
> sal die reen ophou? sal god neerkyk?
> sien dat ons mekaar oppas
> soos glaskinders,
> waardeur 'n lig skyn, so anders
>
> gavin, karin sê
> sy wil nog koffie hê.
Vorige onderwerp: "Son op jou tong" deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: Renosterrympie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 16:00:17 MGT 2024