Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Re: "=?iso-8859-1?Q?Re=EBnerige?= oggend in Pennington" deur CHARL DURAND
Re: "=?iso-8859-1?Q?Re=EBnerige?= oggend in Pennington" deur CHARL DURAND [boodskap #47779] Di, 07 Augustus 2001 17:05
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Tosca wrote:

> Dit het ek werklik geniet!!

Ja, dis eienaardig hoe hierdie gedig mense tref. Omtrent elke keeras ek
dit plaas, maak iemand 'n aanmerking daaroor ( en ook oor
sommige van sy ander gedigte.) Ek kan nie besluit wat dit ánders
maak as baie van die ander gedigte wat geplaas word nie. Wat
het jou daarin aangetrek?

Gloudina

>
>
> Reënerige oggend in Pennington
> 'n lied vir gavin
>
> deur Charl Durand
>
> Indigo Girls in Gavin se sitkamer
> koffie op die veranda
> voor die reën
>
> druppels wat die see dof vee
>
> deel ons met mekaar die spoke in ons koppe
> wonder oor die eindelose suidkusweer
> ek vertel hom van Gauteng
> terwyl sy luister
> as sy praat klink sy opgewonde
>
> Gavin sê dis sy drome
> wat waar word
>
> ek het jou so lanklaas gesien
> tot die golwe dof grys
> jy lyk so legendaries
> soos my broer in 'n movie
> apostel wat met sy gees worstel
>
> maar Gavin sê dis sy drome
> wat waar word
>
> as ons hier bly sit vir 'n ewigheid
> sal die reen ophou? sal god neerkyk?
> sien dat ons mekaar oppas
> soos glaskinders,
> waardeur 'n lig skyn, so anders
>
> gavin, karin sê
> sy wil nog koffie hê.
Vorige onderwerp: "Gigue van die Rotvanger" deur ANTJIE KROG
Volgende onderwerp: "Son op jou tong" deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 14:51:00 MGT 2024