Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Jy sê vir My: "Ou boetie..." deur C. LOUIS LEIPOLDT
Jy sê vir My: "Ou boetie..." deur C. LOUIS LEIPOLDT [boodskap #47433] So, 29 Julie 2001 14:28
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Jy sê vir My: "Ou boetie…"
C. Louis Leipoldt

Jy sê vir my: "Ou boetie, wat moveer jou?
Dink jy die mense lees jou versies? Glo
Ons het nog ander goed om oor te babbel
En hou nie van slampampertjies hier bo."

Nou goed, ou boet; ek skrywe nie vir jou nie.
Die windswael sing - nou, waarvoor moet hy sing?
Vir jou en my? Nee, wragtie, vir homselwe -
Net om hy iets moet sê - iets, iets, moet bring!

En ek ook, soos 'n windswael, maak my versies
Nie maar vir jou - nee, glad nie; want ek weet
Jy hou mos nie van versies - jy wat trots is
Omdat jy dink jy het die wysheid beet.

Ek sing net vir myself; uit puur verstrooiing
Maak ek slampamperliedjies net soos dié:
'n Mens moet huil of lag, moet loop of stil sit,
En ek moet versies maak of praat met…. wie?
Vorige onderwerp: "Kanniebos" deur DONALD RIEKERT
Volgende onderwerp: "Blommekykers" deur GEORGE WEIDEMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 09:11:24 MGT 2024