Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Verantwoordelikheid
Verantwoordelikheid [boodskap #45572] So, 01 Julie 2001 18:15
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Enigiemand hier wat vanaand se Carte Blanche program gesien het oor melk?
Die mees onstellende gedeelte vir my was dat tot by die hoogste gesag - Die
departement van Gesondheid - niemand bereid was om te verklaar dat dit hulle
verantwoordelikheid is om te sorg dat al die melk wat ons op ons rakke kry
voldoen aan die neergelegde riglyne nie.

Die mense in die departement het die titels en kry die salarisse - dus die
minste wat hulle kan doen is om te verklaar dat dit hulle
verantwoordelikheid is - en positiewe bewys lewer dat hulle wel optree.

Is dit nie miskien 'n deel van ons probleem hier tans nie - en waarom ons
nie die verwagte ekonomiese inspuiting kry wat ons almal so nodig het nie -
Sommige politici en staatsamptenare wat weier om enige verantwoordelikheid
te aanvaar saam met die titels en die salarisse wat hulle ontvang.

As 'n deeg bo koudkry, kan dit nie rys nie.
Annette
Vorige onderwerp: maak dalk maklik geld!!
Volgende onderwerp: Antjie en Sampie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 29 11:56:19 MGT 2024