Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Antjie en Sampie
Antjie en Sampie [boodskap #45520] Sa, 30 Junie 2001 07:56 na volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Oor Antjie
Antjie Krog het haar geloofwaardigheid taamlik ondermyn toe sy vir die SABC
verslag gedoen het (as Antjie Samuels) oor die WVK. Ek is onseker hieroor,
maar dink sy het terselfdertyd 'n aanstelling by die WVK gehad. Haar baie
eensydige beriggewing het myns insiens die waarde wat die WVK by veral
blankes kon gehad het, verminder. Baie blankes het gedurende die
WVK-sittings vir die eerste keer gehoor watter tipe onregte daar in die
apartheidsjare gepleeg is, dit was myns insiens 'n belangrike stap in die
proses om begrip te verhoog en om los te kom van die verlede. Maar Antjie
het die proses beduiwel met skuins kommentaar, terwyl die verrigtinge beter
vir hulleself kon gepraat het. Vandag beskou baie mense haar as 'n goeie
skrywer/digter, maar vir die res nie iemand om ernstig op te neem nie. Dis
ook my opinie.

Oor Sampie
Ek ken hom van my kinderdae. Hy is een van daardie interessante vrydenkende
ekonome, soos Brian Kantor. Albei word as mavericks beskou, maar ook na
mense na wie jy kan luister, omdat hulle oor ander dinge en ook anders dink
as hoofstroom-ekonome. Maar nie een van hulle is bekend daarvoor dat hulle
betroubare gevolgtrekkings maak nie, die lekkerte van hulle argumente lê in
die journey en nie in die destination nie, want hulle afleidings is minder
wetenskaplik as wat hulle dinkprosesse innovatief is.

Gelukkig of ongelukkig bepaal Sampie hom nie net by die ekonomie nie. Hy het
van sy vroeë dae baie linkse politieke kommentaar gelewer, wat hom'baie
ongewild gemaak het by die establishment. Familiebande het die spanning
vererger, dis nie belangrik nie, maar interessant. Antjie spel natuurlik sy
van verkeerd, hy is Terreblanche en nie Terblanche nie. Sy broer, Mof
Terreblanche is 'n persoonlike vriend van FW en was 'n bekende in die
sakewêreld en in Broederkringe. Maar hy het ook nog interessanter familie in
Eugene, van AWB- en Jani Allen-faam. Is nie seker of hulle kleinneefs is of
wat nie, maar ek het iemand persoonlik geken wat bereid is om te erken dat
sy familie van albei is :-)

Oor Sampie se WVK-voorlegging
Ek het dit destyds bestudeer. Dit is 'n dokument van ongeveer 20 bladsye,
wat hy namens homself opgestel het. Dit gaan grootliks oor dinge wat in die
1920's en 1930's gebeur het. Oor die myne, die blanke unies (volgens hom was
hulle kommunisties) en 'n sameswering wat hy lees tussen die unies, die
mynhuise en die destydse regering, wat hy deurtrek na die Botha-era. In my
oë 'n interessante teorie met 'n maverick-gevolgtrekking.

Sy voorlegging is oorskadu deur meer gebalanseerde voorleggings, veral die
Afrikaanse Handelsinstituut (AHI) se voorlegging is baie goed deur die WVK
ontvang. Die AHI-voorlegging het eerstens hulle betrokkenheid en
ondersteuning van apartheid gelys en bespreek en daarna 'n paar positiewe
voorstelle gemaak oor regstelling en die pad vorentoe. Ek het persoonlik na
die vorlegging gaan luister en dit was seker een van die WVK se mees
konstruktiewe sessies. Antje het in haar SABC-verslag dit baie yl en
ongebalanseerd gedek, wat jammer was.

Wouter

skryf in boodskap news:3B3CCE08.E9DE66A8@home.com...
Uit "Country of my Skull" van Antjie Krog.
Dit gaan oor die South African Truth Commission.

"The tone of the hearings is set by Professor Sampie
Terblanche, with his flailing limbs, snow-white hair,
and wonderful, horrible Free State English accent.
"The hissstory of a hunnndred years of rracial
capitalism enrrriched whites unnndeseeervedly." He
says that by the end of the last century, black farmers
were producing more maize than white farmers, which
is why they did not want to work on the white farms or
in the mines. But they were eventually driven of the fields
they had plowed by the Glen Grey Act of 1894 and the
Land Act of 1913. Black farmers were turned into a reservoir
of cheap labour for business.
He spells out the exploitation: The wages of black
workers did not increase at all between 1910 and 1970.
In fact, their wages in 1972 were even lower than they
had been in 1911. And yet during this period, the gold
price rose by 45 percent and the wages of white workers
doubled.
In 1970, Terblanche says, the system of racial capitalism
changed once again, from favoritism, to patronage, to
protection. Under P. W. Botha, and abnormal cooperation
developed between the securocratic state and business. Business
did not destroy apartheid, says Terblanche. It actually
strengthened Botha's government and helped create a neo-
apartheid.
This is the first time that the idea of the beneficiary -
as opposed to the perpetrator - has surfaced in full force.
Did businesses benefit from apartheid?
Of course we didn't, say prominent white business leaders.
In fact, apartheid prevented us from realizing our potential.
Lot Ndlovu of the Black Management Forum disagrees. Low
wages, bad housing, and appalling working conditions increased
the profit margins of white business, he says. There was no place
for blacks in power structures until Durban workers marched
against their bosses in 1973.."
Re: Antjie en Sampie [boodskap #45534 is 'n antwoord op boodskap #45520] Sa, 30 Junie 2001 14:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

plaasvark wrote:

> . Vandag beskou baie mense haar as 'n goeie
> skrywer/digter, maar vir die res nie iemand om ernstig op te neem nie. Dis
> ook my opinie.
>

As mens nou in Litnet lees oor die mense wat haar aanval, en die
mense wat haar verdedig, dan kry mens tog die indruk dat sy
ernstig opgeneem moet word. En of sommige Afrikaners haar nou
ernstig opneem of nie, in die groot scale of things, het haar geskrifte
'n baie groot impak op die persepsie van die swart bevolking van
SA en die mense in die buiteland van hoe sekere Afrikaners darem
ook breër kyk as hulle eie klein Afrikaner-groepie.

Gloudina
Re: Antjie en Sampie [boodskap #45541 is 'n antwoord op boodskap #45520] Sa, 30 Junie 2001 17:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Jonas wrote:

> Dit is beslis nie n.a.v. haar Afrikaanse werk nie...

Hoekom verbaas dit my nie dat jy een van die
lede van die teen-antjie-krog brigade is nie.
Ek neem aan jy is ook een van die teen-christina-
landman brigade, en seker ook teen die verwoerd-
wat- nou-lid-is-van-die-anc brigade.

Gloudina
Re: Antjie en Sampie [boodskap #45550 is 'n antwoord op boodskap #45520] So, 01 Julie 2001 05:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dit is beslis nie n.a.v. haar Afrikaanse werk nie...
skryf in boodskap news:3B3DE3EB.DB0EF588@home.com...
plaasvark wrote:

> . Vandag beskou baie mense haar as 'n goeie
> skrywer/digter, maar vir die res nie iemand om ernstig op te neem nie. Dis
> ook my opinie.
>

As mens nou in Litnet lees oor die mense wat haar aanval, en die
mense wat haar verdedig, dan kry mens tog die indruk dat sy
ernstig opgeneem moet word. En of sommige Afrikaners haar nou
ernstig opneem of nie, in die groot scale of things, het haar geskrifte
'n baie groot impak op die persepsie van die swart bevolking van
SA en die mense in die buiteland van hoe sekere Afrikaners darem
ook breër kyk as hulle eie klein Afrikaner-groepie.

Gloudina
Re: Antjie en Sampie [boodskap #45560 is 'n antwoord op boodskap #45520] So, 01 Julie 2001 13:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Jonas wrote:

> Maar, asseblief, kom ons wees redelik.
> Wanneer mense toevlug tot die SAKP of die ANC gesoek het bloot omdat hul
> onaanvaarbaar was onder hul eie begin ek vrae vra.

Ek dink nie Antjie Krog was "onaanvaarbaar onder haar eie
mense nie." Sy was so cream of the crop van die ou Afrikaner
bedeling as wat kan kom. Maar sy het net "haar mense" as wyer
begin sien as net die handjievol Afrikaners wat gedink het die
lig straal uit P.W. Botha uit.

Gloudina
Re: Antjie en Sampie [boodskap #45569 is 'n antwoord op boodskap #45520] So, 01 Julie 2001 16:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina
Ek dink nie Antjie Krog was "onaanvaarbaar onder haar eie
mense nie." Sy was so cream of the crop van die ou Afrikaner
bedeling as wat kan kom.

Wouter
Die belangrike woord is "was", Gloudina.

Sy en Carl Niehaus is waarskynlik die twee ongewildste Afrikaners in SA. Nie
noodwendig onverdiend nie en ek verwys dan nie na wat hulle in die ou
bedeling gedoen het nie, maar na hulle onlangse eskapades waar hulle namens
Afrikaners probeer praat en hoogheilig teregwys en probeer leiding gee.
Antjie word slegs in literêre kringe gereken, Carl nie eers daar nie.

Hier noem 'n mens nie hulle name in ordentlike geselskap nie, hulle word as
opportunistiese gatkruipers beskou. Ek kry die indruk dat die ANC-mense ook
nie baie respek vir hulle het nie.
Re: Antjie en Sampie [boodskap #45578 is 'n antwoord op boodskap #45520] So, 01 Julie 2001 18:36 Na vorige boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dit moet jou glad nie verbaas indien ek uitgesproke is teen enige persoon
wat ongebalanseerd is nie. Die feit wat hulle so 'n probleem het pla my ook
nie. Ek weier egter om na diesulkes te luister wanneer hul hulself as geskik
ag om gesaghebbend uitsprake te lewer oor onderwerpe wat hulle self nie kan
bemeester nie. (Hieroor het ons mos al gesels?) Kan die Pous my
huweliksraadgewer wees. So, dit strek nie oor hul standpunt nie - daarmee
het ek vrede al verskil myne daarvan. Maar, asseblief, kom ons wees redelik.
Wanneer mense toevlug tot die SAKP of die ANC gesoek het bloot omdat hul
onaanvaarbaar was onder hul eie begin ek vrae vra.
skryf in boodskap news:3B3E13D6.D2B92DD6@home.com...
>
>
> Jonas wrote:
>
>> Dit is beslis nie n.a.v. haar Afrikaanse werk nie...
>
> Hoekom verbaas dit my nie dat jy een van die
> lede van die teen-antjie-krog brigade is nie.
> Ek neem aan jy is ook een van die teen-christina-
> landman brigade, en seker ook teen die verwoerd-
> wat- nou-lid-is-van-die-anc brigade.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Verantwoordelikheid
Volgende onderwerp: Onse Winnie Word Vies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 11 17:33:30 MGT 2024