Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Switserland
Switserland [boodskap #45387] Do, 28 Junie 2001 15:14 na volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi :
Switserland het 'n eenvormige bevolking in terme van ras (en het dit
reeds vir so 2000 jaar) en net drie hoof tale wat elk in hul eie deel
van die land gegroepeer sit vir eeue al.

Wouter:
My opmerkings hierna het niks met die apartheidsdebat uit te waai nie, maar
ek stem nie heeltemal saam nie. Die Switsers het almal dieselfde velkleur,
maar om dit eenvormig in terme van ras te noem, dit neem dit effe ver.

'n Switser met 'n winkel in die Franse deel sal nie iemand in "Duits" bedien
nie, hulle is nie lief vir die Duitssprekendes nie. Erger as die Kanadese.
en dit gaan nie net oor taal nie, dit gaan oor met wie hulle gemaklik is,
hulle sien erg neer op mekaar. Sonder dat daar 'n taalstryd is, hulle haat
net mekaar se binnewerke.

Ek glo die feit dat hulle regerings oor die jare so 'n lae profiel het wel
'n belangrike bydraer tot hulle ekonomiese sukses is. Soos ook in Hong Kong.
Maar ek twyfel of dit vir ons in 2001 sal werk. Miskien heelwat later.
Re: Switserland [boodskap #45395 is 'n antwoord op boodskap #45387] Do, 28 Junie 2001 16:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dit is waar Wouter - heelwat later kan dit vir ons werk:)))
Wanneer gaan ons begin om Afrika-horlosies op straat te sien?)
Oeps, jammer - nie deel van die bespreking nie.:)
Annette

Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3b3b4e77.0@news1.mweb.co.za...
> Ferdi :
> Switserland het 'n eenvormige bevolking in terme van ras (en het dit
> reeds vir so 2000 jaar) en net drie hoof tale wat elk in hul eie deel
> van die land gegroepeer sit vir eeue al.
>
> Wouter:
> My opmerkings hierna het niks met die apartheidsdebat uit te waai nie, maar
> ek stem nie heeltemal saam nie. Die Switsers het almal dieselfde velkleur,
> maar om dit eenvormig in terme van ras te noem, dit neem dit effe ver.
>
> 'n Switser met 'n winkel in die Franse deel sal nie iemand in "Duits" bedien
> nie, hulle is nie lief vir die Duitssprekendes nie. Erger as die Kanadese.
> en dit gaan nie net oor taal nie, dit gaan oor met wie hulle gemaklik is,
> hulle sien erg neer op mekaar. Sonder dat daar 'n taalstryd is, hulle haat
> net mekaar se binnewerke.
>
> Ek glo die feit dat hulle regerings oor die jare so 'n lae profiel het wel
> 'n belangrike bydraer tot hulle ekonomiese sukses is. Soos ook in Hong Kong.
> Maar ek twyfel of dit vir ons in 2001 sal werk. Miskien heelwat later.
>
Re: Switserland [boodskap #45426 is 'n antwoord op boodskap #45395] Vr, 29 Junie 2001 06:02 Na vorige boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
Maar dit is. Ooit gehoor van Afrika tyd? So, om tyd te bepaal moet daar 'n
horlosies wees?

"Annette" skryf in boodskap news:9hfkde$du9lg$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Dit is waar Wouter - heelwat later kan dit vir ons werk:)))
> Wanneer gaan ons begin om Afrika-horlosies op straat te sien?)
> Oeps, jammer - nie deel van die bespreking nie.:)
> Annette
Vorige onderwerp: Re: Gesigtrek - was Re: distrik 6
Volgende onderwerp: Fiela se kind
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 12:18:21 MGT 2024