Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Leerplicht
Leerplicht [boodskap #44] So, 09 Julie 2000 00:00
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Kobbe skryf in boodskap news:eY6GvwS6$GA.339@net025s...
> Ik lees in "Afrikaans op reis, Taalgids voor de
> Nederlandssprekende toerist en Zuid-Afrika" van dr. Sief
> Veltkamp-Visser (uitgave uit 1993 van het Suid-Afrikaanse
> instituut, in samenwerking met de Nederlands-Zuidafrikaanse
> vereniging) in het hoofdstuk "Onderwijs":
>
>
> Enkele vragen:
> o Is dat zo rechtlijnig als ik het lees (blanken, kleurlingen en
> Indiërkinderen MOETEN naar school, en zwarten HOEVEN NIET naar
> school), of is dat streekgebonden ?

Dit was so - van die middel tagtigerjare tot 1994 (Wit kinders het reeds
sedert die twintigerjare, dink ek, skoolplig gehad). Tussen 1994 en 1997 was
die skoolpligwette waarskynlik nie afdwingbaar nie. Sedert Januarie 1997 is
skoolplig universeel. (Met die uitsondering van kinders in tuisonderwys, vir
wie daar leerplig is - volgens ons slim wette moet kinders leer as hulle nie
skool toe gaan nie, maar in skole hoef hulle nie te leer nie :-)

Interessant genoeg: Almal het verwag dat die skole oorstroom sou word deur
swart leerders wat nou skielik moes skooltoe gaan. Dit blyk toe egter, teen
1994, dat feitlik elke swart kind wat toegang tot 'n skool gehad het, reeds
op skool was voordat enige skoolplig ingestel is. Dit stem ooreen met
waarneming wat ek eenmaal teëgekom het - blykbaar was daar nog geen
samelewing wat skoolplig ingestel het waar daar nie reeds 98% of meer van die
kinders op skool was nie. Dit beteken natuurlik dat skoolpligwette oorbodig,
en dus onredelik is. (Vir die 2% bestaan daar, in alle samelewings waarvan
ek weet, tenminste gemeeregtelike remedies wat gebruik kan word as hulle
onderwyskundig verwaarloos word.)

> o Is dat anno 2000 nog steeds het geval ?

Sien bo

> o Zoja, wat doet ZA eraan om "leerplicht" voor iedereen van de
> grond te krijgen ?

Ek doen aan die hand dat die Nederlanders leer om te onderskei tussen
"leerplig" en "skoolplig". Dis 'n swak punt in julle regstelsel. Die Belge
ken wel die verskil.

Groete, Leendert
Leerplicht [boodskap #45 is 'n antwoord op boodskap #44] So, 09 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskap
Kobbe  is tans af-lyn  Kobbe
Boodskappe: 34
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Volle Lid
Ik lees in "Afrikaans op reis, Taalgids voor de
Nederlandssprekende toerist en Zuid-Afrika" van dr. Sief
Veltkamp-Visser (uitgave uit 1993 van het Suid-Afrikaanse
instituut, in samenwerking met de Nederlands-Zuidafrikaanse
vereniging) in het hoofdstuk "Onderwijs":

Enkele vragen:
o Is dat zo rechtlijnig als ik het lees (blanken, kleurlingen en
Indiërkinderen MOETEN naar school, en zwarten HOEVEN NIET naar
school), of is dat streekgebonden ?
o Is dat anno 2000 nog steeds het geval ?
o Zoja, wat doet ZA eraan om "leerplicht" voor iedereen van de
grond te krijgen ?
Vorige onderwerp: Verdien Amerikaanse dollar
Volgende onderwerp: Hoesê, Ferdie?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 13:58:39 MGT 2024