Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » wat gaan aan in die VSA
wat gaan aan in die VSA [boodskap #4434] Vr, 24 Maart 2006 01:54 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dit lyk of daar 'n grootskaalse rebellie teen George
Bush is, nie soseer van die mank Demokrate nie,
maar van uit Republikeinse geledere. Meeste van
die konserwatiewe guru's lyk dit het teen hom gedraai.
Ook geen wonder nie, want hy spandeer geld soos
water, maak die federale burokrasie groter en groter,
en vernietig die goeie naam van die Amerikaner op
die internasionale toneel.

Gloudina
Re: wat gaan aan in die VSA [boodskap #4436 is 'n antwoord op boodskap #4434] Vr, 24 Maart 2006 03:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ekke dink die politici wat hom ondersteun (het) besef dat die kanse van
die Republikeine om weer 'n verkiesing te wen, besig is om te taan. En
soos swermvoels (wat 'n kompliment aan politici) trek hulle voort...
Re: wat gaan aan in die VSA [boodskap #4440 is 'n antwoord op boodskap #4434] Vr, 24 Maart 2006 09:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Basjan  is tans af-lyn  Basjan
Boodskappe: 71
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Volle Lid
wrote in message
news:1143165282.331555.300090@i40g2000cwc.googlegroups.com.. .
> Dit lyk of daar 'n grootskaalse rebellie teen George
> Bush is, nie soseer van die mank Demokrate nie,
> maar van uit Republikeinse geledere. Meeste van
> die konserwatiewe guru's lyk dit het teen hom gedraai.
> Ook geen wonder nie, want hy spandeer geld soos
> water, maak die federale burokrasie groter en groter,
> en vernietig die goeie naam van die Amerikaner op
> die internasionale toneel.
>
> Gloudina

Mooi artikel in Newsweek hieroor, waar hulle sê die bevraagtekening en twis
binne die party begin uiteindelik, wel, soos die Demokrate lyk!

Basjan
Re: wat gaan aan in die VSA [boodskap #4445 is 'n antwoord op boodskap #4436] Vr, 24 Maart 2006 12:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas skryf

> Ekke dink die politici wat hom ondersteun (het) besef dat die kanse van
> die Republikeine om weer 'n verkiesing te wen, besig is om te taan.

John McCain is nog baie populer, en ek is
van mening dat as hy in 08 homself as
kandidaat aanbied, hy nog 'n goeie kans het
om president te word.

Gloudina
Re: wat gaan aan in die VSA [boodskap #4446 is 'n antwoord op boodskap #4440] Vr, 24 Maart 2006 12:58 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Basjan skryf

> Mooi artikel in Newsweek hieroor, waar hulle sê die bevraagtekening en twis
> binne die party begin uiteindelik, wel, soos die Demokrate lyk!

Dit lyk asof daar na 'n anti-war beweging in die
VSA is, self onder die Republikeine. Maar vir my
as Kanadees is dit duidelik dat mense soos
Dick Cheney dinge presies het soos hy dit wil
hê. Die military industrial complex waarteen
Eisenhower ( 'n Republikein) destyds gewaarsku
het, maak biljoene der biljoene nie net deur
wapens te verskaf vir die stryd nie, maar ook
om die troepe in Irak en buurstate te voed. Wat
gee hulle om vir die duisende Amerikaners wat
sneuwel, en die tien duisende Irakies wat nou
in die strate sterf. Solank hulle sakke net vet
word hier in Noord-Amerika.

Gloudina
Vorige onderwerp: Oppad terug na SA
Volgende onderwerp: Respek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 00:16:50 MGT 2024