Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oppad terug na SA
Oppad terug na SA [boodskap #4442] Vr, 24 Maart 2006 10:03
Basjan  is tans af-lyn  Basjan
Boodskappe: 71
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Volle Lid
Wel, dis sulke tyd. Ons gesin is DV uiteindelik oppad terug na SA
middel-Junie. Ons was nou amper 8 jaar oorsee en het Amerika vreeslik geniet
en België "ervaar". Ons het aangeneem dat "veiligheid" die aspek is wat ons
na Amerika t.o.v. S.A. trek, maar met al die veiligheid in België is
algemene lewenskwaliteit weer tekort! Al word mens 'n fantastiese werk hier
aangebied, het ek en my vrou besluit ons sal vir geen geld in die wêreld
hierdie spesifieke 1ste wêreld samelewing op langtermyn wil beleef nie. En
dit was my 'n baie interessante persoonlike vurk in die pad: Ons gaan VEEL
eerder terug na SA waar ons kultuur, mense, vryheid, natuur en so aan is, as
om in 'n sogenaamde veilige 1ste wêreld land te bly. Dit het vir my 'n
duidelike balans-effek uitgelig, dat ons saam met baie van SA se "foute" sal
kan leef eerder as om van ons inherente S-Afrika-persoonlikheid op te gee.

In die VSA sou ons gebly het sonder om te skroom, al het ons nooit SA
verlaat met die gedagte om nie weer terug te gaan nie. Ons is gelukkig daar
(SA) weg om vir twee jaar verder te gaan swot. Twee jaar het ses geword en
ons het besef dat jy in die VSA alles van SA kan beleef, min die Afrikaanse
kultuur en familie. In kort, ons het 'n fantastiese land in Suid-Afrika,
soveel so dat as mens net iets aan misdaad kan doen, sal dit een van die
mees gesogte plekke op aarde wees. Maar selfs met misdaad, bied dit 'n
lewenskwaliteit wat selfs in baie "gevorderde" lande altyd iets van 'n droom
sal bly.

Groete aan al die sonsproete

Basjan
Vorige onderwerp: Er zijn nog steeds mensen die geloven dat justitie correct is -
Volgende onderwerp: wat gaan aan in die VSA
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 10:56:54 MGT 2024