Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wie is in beheer van die plek?
Wie is in beheer van die plek? [boodskap #4314] So, 28 Maart 2004 12:21 na volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Daar is 'n baie interessante artikel in die Observer vandag oor die
boek deur Anthony Sampson (Hy het Mandela se biografie geskryf) "Who
runs this place" "An anatomy of Britain in the 21st century". Dit gaan
oor die afgang van die ou "Establisment" in Engeland en die invloed
van die ou kolonies en immigrante (ook Suid-Afrikaners) en veral
Skotte. Ek stem nie met al sy gevolgtrekkings saam nie, ek dink daar
is 'n paar dinge wat buite rekening gelaat word, (maar dit is net 'n
uitreksel, mens sou seker die hele boek moet lees om regverdig te
wees), dit is egter steeds interessant.

Dit was te lank om hier te plaas, maar julle kan dit hier lees:
http://observer.guardian.co.uk/review/story/0,6903,1179333,0 0.html

Lorinda
Re: Wie is in beheer van die plek? [boodskap #4315 is 'n antwoord op boodskap #4314] Ma, 29 Maart 2004 20:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 28 Mar 2004 04:21:30 -0800, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:

> Daar is 'n baie interessante artikel in die Observer

Sjoe Lorinda. Hierdie plasing van jou was 'n sure conversation
stopper?
;-)))))))
Ek is amper te bang om te reageer, maar dit was rerig baie interessant
vir my. Het jy die boek gekoop?
Ek wou nog laas vir jou vra of die House of Lords nog enige rol speel
in julle politiek, want mens hoor nooit van hulle nie.
Dit is rerig vreeslik interessant om te lees hoe dinge verander het.
Ek wonder ook oor daai Jan du Plessis van die BA Tabak groep. Dink jy
dis familie van iemand wat ons ken? As hy nou begin twak praat, sal
ons weet waarom?
Ook geweldig interessant oor die Skotte.
Re: Wie is in beheer van die plek? [boodskap #4318 is 'n antwoord op boodskap #4315] Di, 30 Maart 2004 18:01 Na vorige boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:ps0h605f3a90dcek23bbmt3s40vttni20a@4ax.com...
>
> Sjoe Lorinda. Hierdie plasing van jou was 'n sure conversation
> stopper?
> ;-)))))))

Hm, ja, ek het gedink dit sal julle stom slaan :-))

> Ek is amper te bang om te reageer, maar dit was rerig baie interessant
> vir my. Het jy die boek gekoop?

Nee. Ek oorweeg dit nog.

> Ek wou nog laas vir jou vra of die House of Lords nog enige rol speel
> in julle politiek, want mens hoor nooit van hulle nie.

Hulle is nie heeltemaal sonder invloed nie. Hulle kan amper soos 'n
opposisie party funksioneer teen die regering. Hulle deel "legislative",
"deliberative" en "scrutiny" funksies met die House of Commons, maar hulle
kan wetgewing eintlik net uitstel, 'n vaste besluit deur die Commons sal
uiteindelik deurgaan. Die House of Lords bestaan uit "Hereditary Peers" (wat
drasties verminder is deur Blair), Lords Spiritual (senior Anglikaanse
biskoppe), Life Peers en Law Lords. Laasgenoemde is nog steeds die hoogste
appèl hof in die land.
> Ek wonder ook oor daai Jan du Plessis van die BA Tabak groep. Dink jy
> dis familie van iemand wat ons ken? As hy nou begin twak praat, sal
> ons weet waarom?

LOL!

Lorinda
Vorige onderwerp: Mens stry nie met statistiek nie
Volgende onderwerp: Geldmaak?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 21:22:56 MGT 2024