Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Karoo" deur FERDI GREYLING
"Karoo" deur FERDI GREYLING [boodskap #40810] Vr, 06 April 2001 23:28 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

KAROO
Ferdi Greyling

Die lug vlam hoog en blou bokant die land
waar 'n dun rivier deur die vlakte sny.
Alle lewe raak klippe in die sand.

Op die groen walle is 'n dorp gebou.
Daar het ek in 'n rooidakhuis gebly.
Die lug vlam hoog en blou bokant die land.

Die dae was wyd, aande in swart gevou
en mense strome lewe rondom my.
Alle lewe raak klippe in die sand.

Maar alles is stof en niks word behou
- in 'n oomblik is die lewe verby.
Die lug vlam hoog en blou bokant die land.

Die eeue wat die vlaktes plooi en vou
is die tyd wat brand deur dié wat hier bly.
Alle lewe raak klippe in die sand.

Ons raak in grafte in die veld gevou,
net die dun rivier en die vlakte bly.
Die lug vlam hoog en blou bokant die land,
alle lewe raak klippe in die sand.
Re: "Karoo" deur FERDI GREYLING [boodskap #40853 is 'n antwoord op boodskap #40810] Ma, 09 April 2001 10:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DARKANGEL  is tans af-lyn  DARKANGEL
Boodskappe: 42
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Volle Lid
skryf in boodskap news:3ACE5207.EDA069B7@home.com...Ons raak in
grafte in die veld gevou,
net die dun rivier en die vlakte bly.
Die lug vlam hoog en blou bokant die land,
alle lewe raak klippe in die sand.

Rivier, jy praat seker hier van die Klein Karoo, hier by ons kry jy net
stroompies en hulle droog ook maar, en die vlaktes is ook besig om woestyn
te word a.g.v. oorbeweiding en droogte.

DA
Re: "Karoo" deur FERDI GREYLING [boodskap #40866 is 'n antwoord op boodskap #40810] Di, 10 April 2001 19:03 Na vorige boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Nee kyk, ons is genoop om sensuur toe te pas. Te erg is darem te erg.
Hier is die weergawe van hierdie ou storie wat gelees mag word.

KARRE
Fredie Grilling

Die klug lam hoog en lou bo die wand
waar 'n dun rivier deur die lak sny.
Alle lewe raak lippe in die aand.

Op die groef walle is 'n dop gebrou.
Daar het ek in 'n rooidakhuis gevry.
Die klug lam hoog en lou bo die wand

Die dal was wyd, and in swart gevou
en mense storm bewend rondom my.
Alle lewe raak lippe in die aand.

Maar alles is tof en niks word berou
- in 'n oomblik is die bewery ver.
Die klug lam hoog en lou bo die wand

Die ene wat die lakte plooi en vou
is die tuit wat brand deur dié wat hier ly.
Alle lewe raak lippe in die aand.

Ons braak in gragte in die vel gevou,
met die dun rivier en die vlakte gery.
Die klug lam hoog en lou bo die wand
Alle lewe raak lippe in die aand.

skryf in boodskap news:3ACE5207.EDA069B7@home.com...
KAROO
Ferdi
Vorige onderwerp: "Sprokie van die Spikkelkoei" deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: "villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik" deur TOM GOUWS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 15:51:40 MGT 2024