Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Sprokie van die Spikkelkoei" deur D.J. OPPERMAN
"Sprokie van die Spikkelkoei" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #40754] Di, 03 April 2001 14:12
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

SPROKIE VAN DIE SPIKKELKOEI
D.J. Opperman

Uit holtes van 'n boom
het kuddes vee gekom,
toe kies my broer
die spikkelkoei vir hom.

Ek stoot hom oor 'n krans,
hy val in 'n mik,
toe het 'n kraai
op die spikkelkoei gaan sit.

Smeer vet aan 'n klip,
korrel fyn, moenie kwes,
toe sak 'n duisend vere
noord, suid, oos, wes -

sak 'n duisend kraaie
oor die bloed, oor die klip...
O waar sal ek skuil
teen die stippels wat pik.
Vorige onderwerp: "Groenspreeu" deur P.W. BUYS
Volgende onderwerp: "Karoo" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 19:34:00 MGT 2024