Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » êrens hier...
Re: êrens hier... [boodskap #40262 is 'n antwoord op boodskap #39656] Do, 15 Maart 2001 15:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 15 Mar 2001 15:09:29 GMT, @home.com wrote:

Dis natuurlik 'n
> baie moeiliker pad>

"...where one must move with measue, like a dancer..." het TS Elliot
van die goed gese.
Re: êrens hier... [boodskap #40273 is 'n antwoord op boodskap #39656] Vr, 16 Maart 2001 06:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>
> Lou wrote:
>
>> . Duidelik is die mens en
>> God nie dieselfde ding nie - ons kan op die meeste hoop om eendag in
>> kontak met God te wees - die ewige lewe dus.
>>
>> Die Boedisme daarenteen hou dit voor dat jy deel van die godheid is of
>> deur jou werke kan word. Fundamentele verskil.
>
> So nou is jy die interpreteerder van die Buddhisme?

Maar Gloudina - jy is dan 'n interpreteerder van die Christendom ...

> NeeLou, die Buddhisme met
> hulle fyn analises dui daarop dat
> jy in die eerste plek 'n miskonsepsie het as jy dink dat jy
> as "persoon" 'n onafhanklike materialistiese bestaan het.

... in teenstelling met die Christendom en duidelik gee ek nie veel om
wat die boedistiese siening is nie ..

> En dat hierdie miskonsepsie eintlik die wortel van die
> kwaad is, en die oorsprong van lyding.
> Verder sidder ek nog as jy sê jy "hoop om eendag in
> kontak met God te wees." Dit beteken dat jy in jou materialisme
> jouself as materialisties apart van God sien, maar hoop om hom
> eendag te "sien."

Nee ek het nie gesê 'sien' nie - ek het gesê om eendag in die
hiernamaals (direk) met God in kontak te wees - moenie my woorde
interpreteer om jou spesifieke uitkyk te pas nie. Ek het mos voorheen
gesê dat m.i. die mens nie God is nie en nooit kan wees nie. So sidder
maar lekker :)

> Die Buddhis daarenteen glo dat as jy net die
> regte informasie het en in die regte buddha-velde inbeweeg, jy
> nirvana kan bereik deur die regte pad te volg. Dis natuurlik 'n
> baie moeiliker pad as die materialistiese pie in the sky wat
> jy verkondig (wat myns insiens nie die regte interpretasie van
> die Christelike godsdiens is nie.)

Wanneer jy Nirvana bereik - volges die Boedistiese siening - is jy dan
deel van die Godheid?

Kan jy asb. verduidelik hoe jy my siening as 'materialisties' sien?
Re: êrens hier... [boodskap #40275 is 'n antwoord op boodskap #40273] Vr, 16 Maart 2001 07:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Net 'n klein byvoeging:

Kor 1:13 vers 12 (nuwe vertaling)
12. Nou kyk ons nog in 'n dowwe spieël en sien 'n raaiselagtige beeld,
maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net
gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle
ken.

Sela.

Lou wrote:
>
> @home.com wrote:
>>
>> Lou wrote:
>>
>>> . Duidelik is die mens en
>>> God nie dieselfde ding nie - ons kan op die meeste hoop om eendag in
>>> kontak met God te wees - die ewige lewe dus.
>>>
>>> Die Boedisme daarenteen hou dit voor dat jy deel van die godheid is of
>>> deur jou werke kan word. Fundamentele verskil.
>>
>> So nou is jy die interpreteerder van die Buddhisme?
>
> Maar Gloudina - jy is dan 'n interpreteerder van die Christendom ...
>
>> NeeLou, die Buddhisme met
>> hulle fyn analises dui daarop dat
>> jy in die eerste plek 'n miskonsepsie het as jy dink dat jy
>> as "persoon" 'n onafhanklike materialistiese bestaan het.
>
> ... in teenstelling met die Christendom en duidelik gee ek nie veel om
> wat die boedistiese siening is nie ..
>
>> En dat hierdie miskonsepsie eintlik die wortel van die
>> kwaad is, en die oorsprong van lyding.
>> Verder sidder ek nog as jy sê jy "hoop om eendag in
>> kontak met God te wees." Dit beteken dat jy in jou materialisme
>> jouself as materialisties apart van God sien, maar hoop om hom
>> eendag te "sien."
>
> Nee ek het nie gesê 'sien' nie - ek het gesê om eendag in die
> hiernamaals (direk) met God in kontak te wees - moenie my woorde
> interpreteer om jou spesifieke uitkyk te pas nie. Ek het mos voorheen
> gesê dat m.i. die mens nie God is nie en nooit kan wees nie. So sidder
> maar lekker :)
>
>> Die Buddhis daarenteen glo dat as jy net die
>> regte informasie het en in die regte buddha-velde inbeweeg, jy
>> nirvana kan bereik deur die regte pad te volg. Dis natuurlik 'n
>> baie moeiliker pad as die materialistiese pie in the sky wat
>> jy verkondig (wat myns insiens nie die regte interpretasie van
>> die Christelike godsdiens is nie.)
>
> Wanneer jy Nirvana bereik - volges die Boedistiese siening - is jy dan
> deel van die Godheid?
>
> Kan jy asb. verduidelik hoe jy my siening as 'materialisties' sien?
Re: êrens hier... [boodskap #40288 is 'n antwoord op boodskap #39656] Vr, 16 Maart 2001 13:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Lou wrote:

>> jy in die eerste plek 'n miskonsepsie het as jy dink dat jy
>> as "persoon" 'n onafhanklike materialistiese bestaan het.
>
> ... in teenstelling met die Christendom

En hoe interpreteer jy dan die versie: "Ek is die wynstoken julle die lote."
As iemand wat tussen die wingerdstokke
grootgeword het, weet ek duidelik dat die wingerdstokke
en die lote dieselfde is.

Gloudina
Re: êrens hier... [boodskap #40289 is 'n antwoord op boodskap #39656] Vr, 16 Maart 2001 13:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Lou wrote:

> Net 'n klein byvoeging:
>
> Kor 1:13 vers 12 (nuwe vertaling)
> 12. Nou kyk ons nog in 'n dowwe spieël en sien 'n raaiselagtige beeld,
> maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net
> gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle
> ken.
>
>

Ja, Lou. Nou begin jy my punt vir my bewys. Dis presies wat
die Buddhiste sê.

Gloudina
Re: êrens hier... [boodskap #40316 is 'n antwoord op boodskap #39656] Vr, 16 Maart 2001 21:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote in message
...

Dit wil sê, dit hele werlikheids-kaboedel word
gevorm deur ons ongeligte konsepte van wat werklikheid" is
en wat dit nie is nie. As mens dinge fyn analiseer, is niks
eintlik
materialisties soos 'n paal bo water nie. Ek self dink dat die
Buddhiste in die laaste twee-duisend jaar dieselfde ding probeer
uitwys het as wat Einstein probeer aandui het met sy
relatiwiteits-
begrip.

Gloudina

Bedoel jy nie dalk die quantum / onsekerheids-begrip van
Schr�dinger en Heisenberg nie? Waar is Reisiger? Ek is seker hy
sal dit kan verduidelik.

Swart Simon
Re: êrens hier... [boodskap #40320 is 'n antwoord op boodskap #39656] Vr, 16 Maart 2001 22:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Simon van der Schans wrote:

> @home.com wrote in message
> ...
>
> Dit wil sê, dit hele werlikheids-kaboedel word
> gevorm deur ons ongeligte konsepte van wat werklikheid" is
> en wat dit nie is nie. As mens dinge fyn analiseer, is niks
> eintlik
> materialisties soos 'n paal bo water nie. Ek self dink dat die
> Buddhiste in die laaste twee-duisend jaar dieselfde ding probeer
> uitwys het as wat Einstein probeer aandui het met sy
> relatiwiteits-
> begrip.
>
> Gloudina
>
> Bedoel jy nie dalk die quantum / onsekerheids-begrip van
> Schrödinger en Heisenberg nie? Waar is Reisiger? Ek is seker hy
> sal dit kan verduidelik.
>

Nee, Simon. Moet my nou nie te ernstig opneem nie. My
man is altyd baie negatief as ek my opinie van wat Einstein
bedoel het buite die wetenskap wil toepas. Maar dit kom
tog vir my ooreen met die buddhistiese standpunt dat alles
relatief is, en niks 'n aparte bestaan het nie .... dit hang alles
af van waar en wie die waarnemer is. Daar is nie iets soos
Gloudina nie. Daar is net 'n proses van Gloudina-ing.

Gloudina
Re: êrens hier... [boodskap #40332 is 'n antwoord op boodskap #39953] Sa, 17 Maart 2001 12:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 06 Mar 2001 14:40:03 GMT, nospam@me.at.all (Ferdi ) wrote:
>
> Ek neem aan jy is dus nie 'n ondersteuner van die vrye demokrasie is
> waarvoor mense soos Koos de la Rey geveg het nie?
>
Dié vraag van jou is sò ver van die onderwerp af verwyder dat jy nie
'n antwoord verdien nie. Jy het die tema van 'n antwoord geswaai na 'n
teenvraag. Koos De La Rey was nié skaam vir sy beginsels nie. Jy wel.

DD
Re: êrens hier... [boodskap #40347 is 'n antwoord op boodskap #40332] So, 18 Maart 2001 09:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 17 Mar 2001 14:14:03 +0200, Davie Davis wrote:

> On Tue, 06 Mar 2001 14:40:03 GMT, nospam@me.at.all (Ferdi ) wrote:

>> Ek neem aan jy is dus nie 'n ondersteuner van die vrye demokrasie is
>> waarvoor mense soos Koos de la Rey geveg het nie?

> Dié vraag van jou is sò ver van die onderwerp af verwyder dat jy nie
> 'n antwoord verdien nie. Jy het die tema van 'n antwoord geswaai na 'n
> teenvraag. Koos De La Rey was nié skaam vir sy beginsels nie. Jy wel.

En jy HET nie enige beginsels nie, ne Davie?

Koos de Rey was, by the way, nie bang om vrae te antwoord nie. Ek het
dalk net meer as jy oor hom opgelees al......
Re: êrens hier... [boodskap #40369 is 'n antwoord op boodskap #39656] Ma, 19 Maart 2001 06:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>
> Simon van der Schans wrote:
>
>> @home.com wrote in message
>> ...
>>
>> Dit wil sê, dit hele werlikheids-kaboedel word
>> gevorm deur ons ongeligte konsepte van wat werklikheid" is
>> en wat dit nie is nie. As mens dinge fyn analiseer, is niks
>> eintlik
>> materialisties soos 'n paal bo water nie. Ek self dink dat die
>> Buddhiste in die laaste twee-duisend jaar dieselfde ding probeer
>> uitwys het as wat Einstein probeer aandui het met sy
>> relatiwiteits-
>> begrip.
>>
>> Gloudina
>>
>> Bedoel jy nie dalk die quantum / onsekerheids-begrip van
>> Schrödinger en Heisenberg nie? Waar is Reisiger? Ek is seker hy
>> sal dit kan verduidelik.
>>
>
> Nee, Simon. Moet my nou nie te ernstig opneem nie. My
> man is altyd baie negatief as ek my opinie van wat Einstein
> bedoel het buite die wetenskap wil toepas. Maar dit kom
> tog vir my ooreen met die buddhistiese standpunt dat alles
> relatief is, en niks 'n aparte bestaan het nie .... dit hang alles
> af van waar en wie die waarnemer is. Daar is nie iets soos
> Gloudina nie. Daar is net 'n proses van Gloudina-ing.

'k't so gedog. Duidelikis jy net 'n bug in iemand se PC :).
Re: êrens hier... [boodskap #40370 is 'n antwoord op boodskap #39656] Ma, 19 Maart 2001 06:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>
> Lou wrote:
>
>> Net 'n klein byvoeging:
>>
>> Kor 1:13 vers 12 (nuwe vertaling)
>> 12. Nou kyk ons nog in 'n dowwe spieël en sien 'n raaiselagtige beeld,
>> maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net
>> gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle
>> ken.
>>
>
> Ja, Lou. Nou begin jy my punt vir my bewys. Dis presies wat
> die Buddhiste sê.

En jou punt was?
Re: êrens hier... [boodskap #40371 is 'n antwoord op boodskap #39656] Ma, 19 Maart 2001 07:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Jy is nou besig - om soos 'wat was sy naam nou weer' - klein gedeeltes
uit die Bybel te trek om standpunte te bewys. My kennis is heeltemal te
min om enkle verse vir jou uit te lê en jy behoort te weet dat soos in
die letterkunde moet jy die gedig en verse uit die gedig in konteks lees
want op hul eie kan hulle gebruik word om ander standpunte (soos jy hier
probeer doen) te bewys. Die volgende stuk bewys dus eerder my standpunt.

Lees weer Joh 15:

1. Ek is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer.
2. Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot
wat vrug dra, die maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.
3. Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek
het.
4. Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan
dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie
as julle in My nie bly nie.
5. Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom,
hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.
6. As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en
verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit
verbrand.
7. As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat
julle wil hê, en julle sal dit verkry.
8. Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en
julle sal my dissipels wees.
9. Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad.
Bly in hierdie liefde van My.

____________________________________________________________ __________

@home.com wrote:
>
> Lou wrote:
>
>>> jy in die eerste plek 'n miskonsepsie het as jy dink dat jy
>>> as "persoon" 'n onafhanklike materialistiese bestaan het.
>>
>> ... in teenstelling met die Christendom
>
> En hoe interpreteer jy dan die versie: "Ek is die wynstoken julle die lote."
> As iemand wat tussen die wingerdstokke
> grootgeword het, weet ek duidelik dat die wingerdstokke
> en die lote dieselfde is.
>
> Gloudina
Re: êrens hier... [boodskap #40372 is 'n antwoord op boodskap #39656] Ma, 19 Maart 2001 07:12 Na vorige boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Danielle wrote:
>
> On Sun, 18 Mar 2001 09:01:17 GMT, nospam@me.at.all (Ferdi ) wrote:
>
>>
>> Koos de Rey was, by the way, nie bang om vrae te antwoord nie. Ek het
>> dalk net meer as jy oor hom opgelees al......
>>
>
> En in watter Saartjie boekie het jy so baie op opgelees van ou Koos,
> skatlam?

Oppas D. - daai woorde laat baie van jou geskiedenis op die nuusgroep
uitkom.
Vorige onderwerp: Die windpomp
Volgende onderwerp: Re: Nuwe SA'nse logika?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 04:02:37 MGT 2024