Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Jakkalstroue" deur DONALD RIEKERT
"Jakkalstroue" deur DONALD RIEKERT [boodskap #25660] Ma, 30 Augustus 1999 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

JAKKALSTROUE
Donald Riekert

Jakkals trou
met wolf se vrou
in die windvlaag geluk
van 'n paar druppels
van die son se skyn

losgeluk vir 'n oujongjakkals

waar die wolke losklos staan
en water afslaan
reis jakkals haarnat gereën
op sy ver wittebrood

in die kromstaandraai
van die reënboog.
Re: "Jakkalstroue" deur DONALD RIEKERT [boodskap #26199 is 'n antwoord op boodskap #25660] So, 12 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , @sympatico.ca
wrote:
> JAKKALSTROUE
> Donald Riekert
>
> Jakkals trou
> met wolf se vrou
> in die windvlaag geluk
> van =91n paar druppels
> van die son se skyn
>
> losgeluk vir =91n oujongjakkals
>
> waar die wolke losklos staan
> en water afslaan
> reis jakkals haarnat gereën
> op sy ver wittebrood
>
> in die kromstaandraai
> van die reënboog.

Cheer up folks. Hou moed. Nie hier om julle om die bos te
lei nie. Kyk na Bo. Hou die blinkkant bo. Wonder wie gooi
die grootste jaakkalsdraai hierso? Wie hou die rekord van
die wydste draaie? :)))))))))))))))))))

Re: "Jakkalstroue" deur DONALD RIEKERT [boodskap #38033 is 'n antwoord op boodskap #25660] Sa, 30 Desember 2000 14:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jakkals[1]  is tans af-lyn  jakkals[1]
Boodskappe: 2
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Junior Lid
On Sat, 30 Dec 2000 02:03:16 GMT, @home.com wrote:
> JAKKALSTROUE
> Donald Riekert
>
> Jakkals trou
> met wolf se vrou
> in die windvlaag geluk
> van 'n paar druppels
> van die son se skyn

Danielle het gevra watter ander gesegdes ek van die ou mense kan
onthou, en 'Jakkals trou met wolf se vrou' is een van hierdie. Hierdie
uitdrukking word natuurlik gebruik as die son skyn terwyl dit reen, en
ek onthou hoe ek gesukkel het om 'n verklaring vir hierdie gesegde te
kry. Uiteindelik het ek gehoor dat so min soos wat Jakkals met Wolf se
vrou sal trou, so min sal dit gebeur dat die son sal skyn terwyl dit
reen. Aangesien ek nooit 'n beter verklaring gehoor het nie, neem ek
aan dat dit die juiste verklaring is.

Ek wonder ook of 'Jakkals trou met wolf se vrou' bekend is in
Nederlands / Vlaams? Hierdie gesegde voorveronderstel 'n kennis van
die Jakkals en Wolf stories, en ek is nie seker of Jakkals en Wolf
ander lande se kinders ook vermaak het nie?

Laastens Danielle, daar is een uitdrukking wat my oupa soms gebruik
het (in die regte situasies) wat 'n groot indruk op my gemaak het:
"Versigtigheid is die moeder van wysheid". Na my oupa oorlede is dink
ek nie dat ek dit ooit weer gehoor het nie.
Re: "Jakkalstroue" deur DONALD RIEKERT [boodskap #38036 is 'n antwoord op boodskap #38033] Sa, 30 Desember 2000 15:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jacques Heydenrych schreef ...
> Danielle het gevra watter ander gesegdes ek van die ou mense kan
> onthou, en 'Jakkals trou met wolf se vrou' is een van hierdie. Hierdie
> uitdrukking word natuurlik gebruik as die son skyn terwyl dit reen, en
> ek onthou hoe ek gesukkel het om 'n verklaring vir hierdie gesegde te
> kry. Uiteindelik het ek gehoor dat so min soos wat Jakkals met Wolf se
> vrou sal trou, so min sal dit gebeur dat die son sal skyn terwyl dit
> reen. Aangesien ek nooit 'n beter verklaring gehoor het nie, neem ek
> aan dat dit die juiste verklaring is.
>
> Ek wonder ook of 'Jakkals trou met wolf se vrou' bekend is in
> Nederlands / Vlaams?

Ikzelf heb nog nooit verhaaltjes van Jakkals en Wolf gehoord.

Wij hebben als gezegde "'t zonnetje schijnt en 't regent, 't is kermis in de
hel". Ik heb geen idee waar dit gezegde vandaan komt. Een Rotterdamse
collega van me kende hem niet, dus weet ik niet zeker of het een algemene
uitdrukking is of slechts een plaatselijke uitdrukking.

> Laastens Danielle, daar is een uitdrukking wat my oupa soms gebruik
> het (in die regte situasies) wat 'n groot indruk op my gemaak het:
> "Versigtigheid is die moeder van wysheid". Na my oupa oorlede is dink
> ek nie dat ek dit ooit weer gehoor het nie.

Voorzichtigheid is de moeder van de porseleinkast :)

Groeten,
Arthur
Re: "Jakkalstroue" deur DONALD RIEKERT [boodskap #38045 is 'n antwoord op boodskap #38033] Sa, 30 Desember 2000 22:59 Na vorige boodskap
Danielle  is tans af-lyn  Danielle
Boodskappe: 157
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 30 Dec 2000 14:40:15 GMT, jakkals@madison.wi.usa (Jacques
Heydenrych) wrote:

> Danielle het gevra watter ander gesegdes ek van die ou mense kan
> onthou, en 'Jakkals trou met wolf se vrou' is een van hierdie.

Ek het wrintiewaar van hierdie ene vergeet. Dit was baie gebruik in
ons huis - ek onthou nou.

> Laastens Danielle, daar is een uitdrukking wat my oupa soms gebruik
> het (in die regte situasies) wat 'n groot indruk op my gemaak het:
> "Versigtigheid is die moeder van wysheid". Na my oupa oorlede is dink
> ek nie dat ek dit ooit weer gehoor het nie.

Ek kan nie se ek ken hierdie ene nie. Maar dankie, ek skryf hom nou
neer.
Vorige onderwerp: Naam van digter?
Volgende onderwerp: Die Ou Kerel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 10 23:03:32 MGT 2024