Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gloudina... Gelukkigste in dié groep!!!
Gloudina... Gelukkigste in dié groep!!! [boodskap #36684] Vr, 17 November 2000 00:00
Skunk  is tans af-lyn  Skunk
Boodskappe: 192
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Val op jou knieë neer en sê dankie daarvoor!!! Hoe groot is jou familie
ongeveer? G'n wonder julle voel so positief oor SA nie!

Ander van ons is minder gelukkig. Ek dink noem ons maar die
"middelklas". Ek het gelukkig weggekom met 'n paar kar radio's ens. My
familie, jy wil nie hoor nie.... Ek sal lyste so lank soos my arm tik.
Van my Tannie wat met 'n geweer tussen die bene kamer toe gedryf is,
deur tot by kinders van 11 en 14 wat moet toesien hoe hulle maatjie
doodval met 'n koeël deur die kop. Dis net my famile, wil jy van my
vriende hoor?

Dan's daar die emosionele soos werksgeleenthede, waardeur almal van ons
gaan. Ons "middelklas" outjies gaan deur 'n moerse struggle, omdat ons
velle wit is, hoewel apartheid nie eers ons skuld is nie, maar die
generasie voor ons!!! Ek het maar één keer kon stem in 'n
nie-demokratiese verkiesing...

Ha ha, grappig. Ek het 'n bedorwe stem uitgebring! Geskryf: Ek wil 'n
toekoms hê!!! Nou ja... daarvoor sorg ons elkeen nou maar op sy eie
manier. Waarom sit jy nou eintlik in Annemansland?

Ek het sielkundig siek geraak in SA. Maar dit gaan nou beter...

Ek het medelye met mense wat tenagekom word, maar ek het nie meer woede
en haat nie. Maar ek moenie terugtrek nie...

Skunk

skryf in boodskap news:3A145EBB.328B9B80@home.com...
> Elaine wrote:
>
>> Dan Gloudina is jou familie gelukkig
>
> Terloops, die enigste ongelukkie wat my susterdie afgelope jare in Pretoria
> gehad het, is toe
> 'n vroumens uit Engeland (met haar verloofde
> se kar) onwettig voor my suster ingedraai het,
> en sy toe 'n stamp gekry het.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Die verkeer
Volgende onderwerp: Taxi's
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 09 23:18:40 MGT 2024