Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die verkeer
Die verkeer [boodskap #36681] Vr, 17 November 2000 00:00
Skunk  is tans af-lyn  Skunk
Boodskappe: 192
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
In Nederland noem hulle dit 'n file uitgespreek "viele", nie "vaail"
nie.

Snags oor die radio hoor jy selfs van files! Nederland het ook maar net
dubbellane op die meeste van die snelweë, die verskil is dat die mense
hier so tolerant is!!! Dis soos iets uit 'n sprokie...

Dis presies wat in SA besig is om te gebeur. Soos wat die
agtergeblewenis inhaal, moet mens verlief neem met die feit dat meer van
hulle 'n karretjie aanskaf, en nie meer soggens vieruur die bus te vat
om betyds vir jou koffie in die bed te bring nie. Dis dus 'n voldwonge
feit, die paaie géén vinnig besiger raak in SA. No use arguing about
that...

Die padoppervlaktes moet jy eerder oor kla...

...en die verskriklike aggressie agter die stuur!!!

"Elaine" skryf in boodskap news:3a151899.0@news1.mweb.co.za...
> Die verkeer in SA het verdriedubbel in die laaste 2 jaar, en mense begin
> mekaar al met hokkie stokke doodslaan.
> Verstaan Gloudina dat ons paaie nie gemaak is om 50 000 karre per dag te
> handle nie (dis omtrent hoeveel karre daar op JHB se hoofpad is elke dag).
> Ons breedste paaie is 4 bane breed, en dan is dit die enigste pad waarop jy
> kan ry vir kilometers en kilometers. In Europa is dit nie snaaks dat dit
> tot 6 bane breed is nie, of dat daar omtrent 6 of 7 alternatiewe roetes is
> wat jy kan volg nie. Nou kan jy dink, 1000 - 3000 karre almal tegerlykertyd
> op 'n twee baan pad? Dis glad nie oulik nie, en dan kom die taxis nog en
> druk jou eenvoudig in die geel streep in want hy wil verbykom, en dan kom 'n
> merc wat onwettig in die geelstreep afjaag omdat hy ongeduldig is en jaag
> van agter af in jou vas. Teen daai tyd is jy so moerig dat jy sommer die ou
> in die merc (of BMW of Audi of VW) sommer te lyf gaan. Ons sien dit elke
> dag. Die mense in SA is bang, uitgestres en voel magteloos omdat hulle voel
> hulle het nie meer beheer nie. Om jou 'n idee te gee, ons het nou die dag
> in so verskriklike verkeersknoop vasgesit, ons was op die N1 toe alles
> sommer stadiger begin beweeg. Dit het ons amper 'n uur gevat net om 'n
> kilometer te beweeg. En hoekom het ons so stadig gery. Want daar was twee
> polisie helikopters wat oor die pad en veld gevlieg het op soek na iemand,
> en almal het stadiger gery om na die helikopters te kyk, dit was spitstyd en
> alles het tot stilstand gekom omdat een of twee idiote voor in die pad
> besluit het hulle wil nou na die helikopters kyk. Dink jy nie jy sou ook
> bietjie mal geraak het as dit jy was nie?
>
> Elaine
>
> wrote:
>
>> Terloops, die enigste ongelukkie wat my susterdie afgelope jare in
> Pretoria
>> gehad het, is toe
>> 'n vroumens uit Engeland (met haar verloofde
>> se kar) onwettig voor my suster ingedraai het,
>> en sy toe 'n stamp gekry het.
>>
>> Gloudina
>>
>
Vorige onderwerp: Re: Taxi's
Volgende onderwerp: Gloudina... Gelukkigste in dié groep!!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 03:01:33 MGT 2024