Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hondenuus vol 48
Hondenuus vol 48 [boodskap #36569] Wo, 15 November 2000 06:37
Internet  is tans af-lyn  Internet
Boodskappe: 2
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Junior Lid
Die Organisasie vir Polisiehonde teen geweld(PTG) het in 'n media
verklaring aangedring op nuwe wetgewing om insidente soos die berugte honde
video-insident te vermy. Konsepwetgewing is aangeheg vir die aandag van die
bytrokke minister. Hulle voel dat daar aansienlike byt in sulke wetgewing
moet wees en dat huidige wetgewing op bluff neerkom...

Die konsepwetgewing behels:
1)Alle verbode immigrante word gedwing om daagliks in 'n chilli-mengsel te
bad
2)Polisiehonde met regse neigings word op 'n 23-uur daaglikse SABC TV dieet
gesit tot hulle heeltemaal links is.
3)Alle regter-slagtande word vervang met rubber kondome vir veilige
bytgewoontes; welke kondome goedgekeur word deur die minister van gesondheid
4)Polisiehonde het die reg van nie-byt op trekkers, treine en immigrante (
eksotiese kossoorte akkordeer nie met alle lede nie).
5)Alle polisiehondlede wat aanhoudend op TV gewys word het die reg dat
hulle gesigte gemaskeer word (die onnodige slegte publisiteit beperk hulle
loopbaankeuses tot die oppas van karwrakke).
6)Video kameras by honde eenhede word tot verjaarsdae van lede beperk.
7)Lede mag nie in sulke politieke herries betrek word nie tensy hulle
daarna parlement toe gestuur word met sitting en pensioen.
8)Lede net gebruik word in gewone misdaad sake soos moord, roof ens. en nie
by sensasionele televisieoptredes met rasse innuendo's nie
Vorige onderwerp: Re: Toekoms Advies vir: Sentraal Afrika Ontwikkelings Inisiatief
Volgende onderwerp: Re: 'n Stukkie Willem Wikkelspies vir Hilda...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 05:17:02 MGT 2024