Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Rassisme/Apartheid
Rassisme/Apartheid [boodskap #35273] Sa, 07 Oktober 2000 00:00 na volgende boodskap
poppie  is tans af-lyn  poppie
Boodskappe: 188
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Jy praat die grootste klomp kaf Nasty. Clinton is baie gewild. Die mense
vergewe hom sy Monica episode net soos hulle Kennedy al sy vroue
episodes vergeef het. Mag bring seksuele belangstelling (ek stel dit
bietjie stupid, maar julle verstaan tog wat ek bedoel). Die land
is sterk en almal is gelukkig.

Die mense hier in Amerika is myns insiens nogal baie godsdienstig
en probeer goed doen. Die kerke doen oral werk onder die armes,
het sopkombuise en meeste skole het godsdiensklubs wat of net
voor of net na skool gehou word, en meeste kinders woon dit by. Hulle
word beslis nie geleer dat God nie bestaan nie. Ek het twee kinders op
skool, ek behoort te weet wat hulle leer of nie.

pop

Nasty Quaker skryf in boodskap news:%wID5.98$iH.121392@news.uswest.net...
> Julle besef blykbaar nie wat in die VSA aan die gang is nie.
>
> Clinton sou nooit herverkies geword het nie, meeste Amerikaners verag hom
> vir die leuens oor Lewinsky ens ens. Die interessante ding tov die VSA, is
> dat die Christene, meesal nie-blankes is. Blankes in die VSA word al-hoe
> meer Goddeloos. In die VSA, is daar nie die S.A. kultuur dat jy saam met
> een-of-ander Godsdiens grootword nie. Amerikaners word op skool, en tuis,
> geleer dat God nie bestaan nie, en dat Evolusie en Big Bang die waarheid
is.
Re: Rassis [boodskap #36222 is 'n antwoord op boodskap #35273] Do, 09 November 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jaco  is tans af-lyn  Jaco
Boodskappe: 13
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
Baie baie dankie!

J
Re: Rassis [boodskap #36223 is 'n antwoord op boodskap #35273] Do, 09 November 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Skunk  is tans af-lyn  Skunk
Boodskappe: 192
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Emmy" shreeft:


>> Dat ons geneties verskil is waar. Hoekom
>> wen net Kenyane die 400 meter in
>> die Olimpiese spele? Hoekom is dit baie
>> algemeen om swart werkers te sien
>> slaap ronddom middag?
>
> ha ha In Italië Zuid Frankrijk Griekenland
> Spanje houden alle mensen in de middag Siesta..
> Ze gaan dan eten en dan slapen haha en dat zijn
> echt geen zwarte....


Emmy, in SA word die "westerse" kultuur nie net deur die blankes (1)
nie, maar ook deur die res van die wêreld op die mense afgedwing. Die
tyd dat winkels tussen een en twee toegemaak het, en Woensdag "klein
Saterdag" was, is verby.

Ons Oupa's het almal in die middag 'n slapie gemaak, maar vandag moet
ons by die res van die wêreld byhou! SA hoef op geen gebied terug te
staan wat ontwikkeling betref nie.

Ongelukkig probeer ons in SA net te veel om soos die koele Europa te
wees. Ons dra dan selfs stropdas en baadjie in die somer!!! Ons moes in
baie opsigte eerder die "swartes" se kultuur oorgeneem het - maar sou
julle graag besigheid doen met 'n vrou met blote borste? (Ek het geen
probleem daarmee nie!!! Ha ha)

Groetjes
Skunk

(1) En dit het niks met rassisme te maak nie, Die westerse kultuur is
deur blanke Hollanders (eerste - gefiliciteerd!) in SA ingebring.
Re: Rassis [boodskap #36224 is 'n antwoord op boodskap #35273] Do, 09 November 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy's baie diep en volwasse vir iemand van jou ouderdom Jaco.....ek staan
totaal verstom. Daar is hoop, met mense soos jy daar buite hoe kan ons
verkeerd gaan? Die toekoms lyk mooi. Dankie

Elaine

Jaco wrote:

> Ek MOET ongelukkig nou gaan swot! Skryf môre Chemie eksamen!
> Lekker dag!
>
> Jaco
>
Re: Rassis [boodskap #36229 is 'n antwoord op boodskap #35273] Do, 09 November 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Inge  is tans af-lyn  Inge
Boodskappe: 177
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Senior Lid
> . Selfs die
> kleurlinge waarvan hier baie in Stellenbosch en die Kaap is, leef op 'n
> ander manier wat ons witmense dalk soortvan kan insien, maar nooit nooit mee
> sal kan saamleef nie. Daarom het ek maar geen probleem met woonbuurte waar
> witmense verkies om te bly, en woonbuurte waar swartmense wil bly as aparte
> gebiede nie. Maar ek wil amper sê dis waar ek die lyn trek.

Culturen trekken elkaar aan omdat ze elkaar beter begrijpen ....
In de USA in Canada heb ik zelf gezien dat culturen vrijwillig elkaar
opzoeken en dat heeft niets
met wit en zwart alleen te maken...
Zelfs in Europa zoeken mensen elkaar op.. bv de Italianen die in
Nederland wonen..
ze gaan naar Italiaanse winkels en naar Italiaanse clubs enz.......

> Dat ons geneties verskil is waar. Hoekom wen net Kenyane die 400 meter in
> die Olimpiese spele? Hoekom is dit baie algemeen om swart werkers te sien
> slaap ronddom middag?

ha ha In Italië Zuid Frankrijk Griekenland Spanje houden alle mensen in
de middag Siesta..
Ze gaan dan eten en dan slapen haha en dat zijn echt geen zwarte....

> Toe eweskielik
> ontdek ons die wiel, die boot die vliegtuig, nou is almal deurmekaar en
> niemand kan verstaan hoekom die ander mense dan so simpel of weird of dom of
> mal is nie.

De Chinese cultuur was veel eerder ontwikkeld als de westerse..de
westers christelijke cultuur is
gebaseerd op vooruitgang en toekomst ( individualisme) de Chinese
(confucius) op het verleden en
op het groepsgebeuren de Afrikaans cultuur op hun voorvaderen.....
In de westers cultuur mag je veranderen als iets beter gevonden wordt en
dat gaat snel..
De Chinese als iets past in de hele groep maar de oude waarden mogen
niet veranderen en dat remt af.
De Afrikaanse cultuur op traditie en die kan niet veranderen en
daarnaast komt nog de bemoeienis van de westerse
cultuur wat deze cultuur weer ontkracht heeft om zijn eigen ontwikkeling
te kunnen vervolgen....
Je ziet daarom westers waardes naast Afrikaanse waardes en je ziet bijna
nooit een westerling met Afrikaanse
waarden...terwijl daar ook goede dingen tussen zitten
Dat noem ik Afrikaanse verwarring.....men houdt vast aan de eigen
voorvaderen cultuur van tradities maar men
neemt toch iets van de westers waarden aan....dat is eigenlijk
tegenstrijdig alhoewel het wel samen kan ....
Chinezen gaan nu ook Hamburgers eten ha ha

Grt
Emmy

> 'n Rassis in my oë is met ander woorde 'n persoon wat iemand van enige ander
> ras / geloof / kultuur haat, net omdat hy anders is.

Helemaal mee eens..
Grt

Emmy
Re: Rassis [boodskap #36276 is 'n antwoord op boodskap #35273] Do, 09 November 2000 07:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jaco  is tans af-lyn  Jaco
Boodskappe: 13
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
Haai Sue

Ek stem saam met alles wat jy gesê het. Kom ons begin by die opvoeding. Ja,
ek het wonderlike ouers. My Pa is laasjaar oorlede, maar dit maak die
herinneringe wat ek van hom het net soveel mooier. Maar ja, ek het in 'n
haatlose, liefdevolle huis grootgeword en stem saam dat jy baie gelukkig of
baie geseënd of baie regdenkend moet wees om uit te breek uit dit waarmee jy
grootgemaak is (as dit verkeerd was). Dit is onder andere hoekom ek so
geskok was om hierdie newsgroup te betree. Dit was vir my regtig hartseer om
te sien dat daar nog grootmense (waarskynlik met kinders) is wat met 'n
absolute haat, nie net vir ander rasse nie, maar vir enigiets wat anders is,
rondloop. En obviously word dit oorgedra aan kinders. Dit is een klein rede
van baie hoekom ek dink Stellenbosch so 'n groot herlewing ondergaan. Hier,
in die jare van ons ontwikkeling waar ons uiteindelik genoeg kop het om vir
onsself te dink, weg van ons ouers af, staan die deur wyd oop vir, gegee:
baie negatiewe, maar ook baie positiewe beïnvloeding.

En ek is jammer as ek dit laat blyk het dat net Christene liefdevol en
vredeliewend kan wees. Verseker nie. Ek het 'n baie goeie Joodse vriendin
wat, as ek dit nou so mag sê, 'n beter Christen sou gemaak het as baie
Christene wat ek ken. Maar ok, Jodedom en Christenskap is baie nou verwant,
al is dit twee verskillende gelowe. Maar ja nee, dit hang ook maar baie af
van watter soort mens jy is. Party mense word bekeer tot Christenskap, en
moet dan regtig inspan om hulself te verander om ander lief te hê. Vir ander
kom dit bloot natuurlik. En die vir wie dit natuurlik kom, sou net sulke
liefdevolle vreedsame Hindus, Moslems en Buddhiste gewees het. Ek wou nou
Satanisme ook noem, maar uit beginsel is die aanbidding van die duiwel iets
wat haat en dood saai.

OK nou vir die rassis definisie. Ek dink ek het nou al my hart goed genoeg
gewys oor wat ek voel oor liefde vir ander. Maar sosiologies gesproke erken
ek dat die wit kultuur en die swart kultuur (let wel ek praat van die
kultuur, nie individue nie) nie vreeslik baie compatible is nie. Selfs die
kleurlinge waarvan hier baie in Stellenbosch en die Kaap is, leef op 'n
ander manier wat ons witmense dalk soortvan kan insien, maar nooit nooit mee
sal kan saamleef nie. Daarom het ek maar geen probleem met woonbuurte waar
witmense verkies om te bly, en woonbuurte waar swartmense wil bly as aparte
gebiede nie. Maar ek wil amper sê dis waar ek die lyn trek. Om saam met
iemand te bly kan nag wees, vra maar vir my en my kamermaat :-) Maar ek kan
nie regtig goed genoeg gronde sien om enige verdere maatskaplike skeidings
te maak nie.
Dat ons geneties verskil is waar. Hoekom wen net Kenyane die 400 meter in
die Olimpiese spele? Hoekom is dit baie algemeen om swart werkers te sien
slaap ronddom middag? Dis nou maar Afrika wat hulle so gemaak het, en ons
nie. As jy in Afrika êrens wou kom drieduisend jaar terug het jy soontoe
gehardloop. Wanneer dit so warm is dat jy nie meer kan werk nie, slaap! As
jy nie nodig het om industriële tegnologie te ontwikkel nie omdat alles wat
jy nodig het in oorvloed rondom jou is, hoekom sal jy dit doen? Al die volke
in die wêreld is vir tienduisende jare letterlik gekweek om by hulle
omstandighede en fisiese omgewings aan te pas en te oorleef. Toe eweskielik
ontdek ons die wiel, die boot die vliegtuig, nou is almal deurmekaar en
niemand kan verstaan hoekom die ander mense dan so simpel of weird of dom of
mal is nie.
Ons is verseker verskilend. Maar dat ons almal mense is is ook waar, en
enige mens verdien my verdraagsaamheid en liefde. Ek dink jy verstaan, Sue.
'n Rassis in my oë is met ander woorde 'n persoon wat iemand van enige ander
ras / geloof / kultuur haat, net omdat hy anders is.

Ek MOET ongelukkig nou gaan swot! Skryf môre Chemie eksamen!
Lekker dag!

Jaco
Re: Rassis [boodskap #36304 is 'n antwoord op boodskap #35273] Vr, 10 November 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Jaco wrote:

> Maar sosiologies gesproke erken
> ek dat die wit kultuur en die swart kultuur (let wel ek praat van die
> kultuur, nie individue nie) nie vreeslik baie compatible is nie. Selfs die
> kleurlinge waarvan hier baie in Stellenbosch en die Kaap is, leef op 'n
> ander manier wat ons witmense dalk soortvan kan insien, maar nooit nooit mee
> sal kan saamleef nie. Daarom het ek maar geen probleem met woonbuurte waar
> witmense verkies om te bly, en woonbuurte waar swartmense wil bly as aparte
> gebiede nie.

Ek wonder of jy nie vaskyk teen die gewoontes van middel-middelklaswitmense en
die gewoontes van laer werkersklas kleurlinge nie. As jy
met "kleurlinge" in aanraking kom wat dieselfde sosiale status en geleerdheid
het as jy het, sal jy baie baie min verskil sien tussen hulle en jou, behalwe
dat die kanse goed is dat hulle diep Christene sal wees. Dis wat ek gevind het
onder die swartmense met wie ek saam skoolgehou het.

Gloudina
Re: Rassis [boodskap #36306 is 'n antwoord op boodskap #35273] Vr, 10 November 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Jaco wrote:

> Hoekom is dit baie algemeen om swart werkers te sien
> slaap ronddom middag? Dis nou maar Afrika wat hulle so gemaak het, en ons
> nie.
> Wanneer dit so warm is dat jy nie meer kan werk nie, slaap!

Jaco, was jy al ooit in Europa se suidelike dele, waar diesiesta se oorsprong
is. As jy na Spanje gaan, sluit alle
besighede hier om een-uur en maak eers weer teen vier
vyf uur oop (en bly dan oop tot in die laat aand.) Dis
rassisties om te sê swartes slaap altyd in die middag.
Daar is net so baie witmense wat slaap in die middag.
Ek het in die Noordkaap grootgeword, waar ons
almal as ons kon in die middae in die huis gebly het
omdat dit te warm buitekant was, en geslaap het in
die koelste dele van die huis. Winston Churchill
het gesê dat een van sy geheime vir energie die feit
was dat hy in die middag geslaap het. So hierdie storie
dat al die swartmense nou slaap en al die witmense so
op en wakker is gedurende die middag, is 'n urban
legend in SA en word deur rassiste gebruik om aan
te dui hoeveel slegter "hulle" is as "ons."

Gloudina
Re: Rassis [boodskap #36329 is 'n antwoord op boodskap #36276] Vr, 10 November 2000 06:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dirkie  is tans af-lyn  Dirkie
Boodskappe: 103
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Jaco" skryf in boodskap news:8udjsq$2vaj$1@news.adamastor.ac.za...
> Haai Sue
>
> OK nou vir die rassis definisie. Ek dink ek het nou al my hart goed genoeg
> gewys oor wat ek voel oor liefde vir ander. Maar sosiologies gesproke erken
> ek dat die wit kultuur en die swart kultuur (let wel ek praat van die
> kultuur, nie individue nie) nie vreeslik baie compatible is nie. Selfs die
> kleurlinge waarvan hier baie in Stellenbosch en die Kaap is, leef op 'n
> ander manier wat ons witmense dalk soortvan kan insien, maar nooit nooit mee
> sal kan saamleef nie. Daarom het ek maar geen probleem met woonbuurte waar
> witmense verkies om te bly, en woonbuurte waar swartmense wil bly as aparte
> gebiede nie

Dit is op grond van sulke stellings dat arpartheid uit die Bybel geregverdig
is. Jy skreeu vir die ander mense op die ng, maar wat jy hier sê is baie
dieselfde as wat hulle sê net met 'n meer aanvaarbare sousie oor. Dit is
baie maklik om 'n Christen te wees tussen ander Christene en as ons mekaar
net "touch". Wees 'n desippelmaker en leef saam met die mense. Dra
Chrustus oor sonder om jou kultuur oor te dra. Wat ek sê word 'n Jood vir
die Jode en 'n Griek vir die Grieke, en moenie met jou eie idees van wie wat
is mense in hokke probeer plaas nie.

Ek
Re: Rassis [boodskap #36346 is 'n antwoord op boodskap #35273] Sa, 11 November 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Daar is Def. verskille. Ek het vroeer iewers die link geplaas na `n
werf wat dit bewys.
Hier is hy weer:
http://www.melvig.org/files/100/100facts.html

Dink nou weer of hulle jou NAASTE is...

Groete
Frikkie

On Thu, 09 Nov 2000 00:46:23 GMT, Sue wrote:

> Jaco,
>
>> Hoe sou jy "rassis" verstaan/definieer?
>
> Wat ek probeer vra/se is: Wat is jou PERSOONLIKE definisie van "rassis",
> en dink jy dit is noodwendig 'n slegte ding/woord?
>
> Ek dink ons sal definitief saamstem dat een nasie nie slegter is as 'n
> ander nie, en dat ons almal God se kinders is, reg? Dink jy mens mag wel
> dink/glo dat daar verskille is (soos in genetiese verskille) tussen
> verskillende rasse/nasies?
Re: Rassis [boodskap #36350 is 'n antwoord op boodskap #35273] Sa, 11 November 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sue ek dink die rassisme in die Suide is meer 'n geskiedkundige ding as 'n
kerklike ding. Daar was nog altyd vreeslike rassisme in die
Suide.....onthou jy dan nie die oorlog tussen "North and South" nie. Die
swartes het later daar kerke gestig want dis al wat hulle gehad het om aan
vas te klou terwyl hulle slawe was. Dit was waar hulle "vry" kon wees. Jy
kan nooit ooit die kerk wil gaan staan en blameer vir rassisme nie, veral
nie in Amerika nie (miskien in Suid Afrika ja).

Elaine

Sue wrote
>
> My probleem is - die ouens wat so hatig is en na swart mense as "diere"
> verwys, glo dat hulle ook Christene is. Hulle lees dieselfde bybel as
> jy. Hoe gaan jy aan hulle verduidelik dat hulle die kat aan die gat beet
> het?
> Sien, hier waar ek woon in die VSA, is almal ook "Christene". Die area
> word na verwys as "the bible belt", en dit is werklik so. Jy het in jou
> lewe nog nooit soveel kerke gesien nie - op elke hoek en straat. Die
> eerste ding wat die dierbare mensies vir 'n nuweling sal se is "y'all
> must visit my church". Die kerk speel 'n geweldige belangrike rol in die
> alledaagse lewe hier. Maar weet jy dat rassisme geweldig "lewendig" hier
> is. (wat ek probeer se is dat rascism is alive and well and thriving
> here in the South)
> In die Noorde van die land, bestaan rassisme omtrent nie meer nie. Maar
> in die Noorde gaan die mense ook nie meer kerk toe nie. Hmmm...wat kan
> ek nou hieruit aflei? Dink jy nie ook dat die "kerk" dalk 'n groot rol
> speel wanneer dit kom by rassisme nie?
Re: Rassis [boodskap #36351 is 'n antwoord op boodskap #35273] Sa, 11 November 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Sue wrote:

> Maar moet tog rerig nie dink dat die civil war was oor slawe en rassisme
> nie Onthou dat
> op daardie stadium het Amerika nog probeer kyk hoe hulle ontslae kan raak
> van die swartes/slawe.

Dit is altyd vir my verbasend om te dink dat die
kwessie van slawerny so kort as 150 jaar gelede
nog so 'n groot rol gespeel het in die geskiedenis
van beide Amerika en Afrika. Slawerny is afgeskaf
in die British Empire dink ek in 1833 of daar rond,
(en dus in Kanada) maar nog nie in die VSA nie,
waar daar 'n bloedige burgeroorlog geveg is van
die Noorde teen die Suide ( oor die kwessie of
verskillende state die reg het om af te skei van die
sentrale staat.) Ek is nou te lui om die datums van
die Amerikaanse Burgeroorlog na te slaan, maar
ek dink dit was om en by 1863 of soiets. Dit was
in daardie jare dat die suidelike state die skip
Alabama uitgestuur het om teen die skepe van die
Noorde te veg. Die Alabama het die Kaap besoek.
Vandaar die lied "Daar kom die Alibama."
Nadat dit onwettig in Kanada geword het om
slawe aan te hou, het slawe uit die VSA op die
underground railway na Kanada gevlug. Daar is
'n sterk swart bevolking in Kanada van mense
wat hier aangekom het voordat Kanada nog as
'n federale staat gebore is in 1867.
Die vrylating van die slawe en die probleme
wat daaruit voortgespruit het, word natuurlik ook
gegee as een van die redes van die Groot Trek,
maar selfs hier dink ek nie dat die kwessie van
slawerny die grootste rede was nie.

Gloudina

>
Re: Rassis [boodskap #36366 is 'n antwoord op boodskap #35273] Sa, 11 November 2000 01:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Sue wrote:

> Sien, hier waar ek woon in die VSA, is almal ook "Christene". Die area
> word na verwys as "the bible belt",
> . Die kerk speel 'n geweldige belangrike rol in die
> alledaagse lewe hier. Maar weet jy dat rassisme geweldig "lewendig" hier
> is.
> In die Noorde van die land, bestaan rassisme omtrent nie meer nie. Maar
> in die Noorde gaan die mense ook nie meer kerk toe nie.

Hokaai, Sue-Anne, is dit nie darem 'n bietjievan 'n vreeslike veralgemening nie.
Ek dink die
mense in die noordelike VSA gaan nogal baie
kerk toe. En daar is ook baie rassisme in die
noordelike VSA. Boston was die "hotbed"
van rassisme toe hulle "bussing" probeer invoer
het.

Gloudina
Re: Rassis [boodskap #36397 is 'n antwoord op boodskap #35273] So, 12 November 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hallo Evelyn,
Nee dit is waar jy die fout maak.
Jy is BANG om die waarheid te sien en te erken. Jy wil tog so graag
die Bybel verander om JUIS verby hierdie dinge te kyk, so maak oop jou
oë en sien wat om jou aangaan.
Vat gerus daardie artikel na jou Geneesheer en vra hom sy opinie en
weet jy wat. Daar wat `n ontsaglike SKOK op jou...

Groete
Frikkkie

On Sun, 12 Nov 2000 12:47:52 +0200, "Evelyn"
wrote:

> Liewe frikkie
>
> Die webtuiste hieronder is niks anders as 'n absolute
> skande nie. Ek kon nie eers verder daarna kyk nie.
> Dit het my verskriklik ontstel. Kan jy nie sien dat
> daar net 'n spul leuens daar staan nie ?
>
> Ek raai almal ten sterkste aan om hierdie webtuiste
> te ignoreer, omdat dit slegs rassisties is en niks
> anders nie. Vir enige persoon wat 'n beleidende
> lidmaat is van 'n Christelike kerk, is hierdie web-
> tuiste slegs 'n euwel en 'n skande.
> Kom ons vermy liewer sulke negatiewe invloede.
>
> Liefde Groete
>
> Evelyn
Re: Rassis [boodskap #36399 is 'n antwoord op boodskap #35273] So, 12 November 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Evelyn  is tans af-lyn  Evelyn
Boodskappe: 12
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Junior Lid
In die naam van Jesus kan alle siektes oorkom word.

Daar is heelwat gesiene Blanke Christene wat al met
swart mede-Christene getrou het, om van die beste
Christelike families in die land voort te bring.

Siektes was die minste van hulle probleme wat hulle
in die vorige apartheids-staat moes verduur.
Hulle moes die pyn en lyding van haat-gevulde
blankes verduur wat elke dag wreedaardige, vurige
pyle van rassisme teenoor hulle laat ontbrand het.

Daarvoor moet ons ook publiek en kerklik om verskoning vra.

Liefde Groete

Evelyn

Sue skryf in boodskap news:MPG.14753907e84f51f9989751@news...
> In article ,
> 1312...@maties.sun.ac.za says...
>
> Jaco,
>
> Slem kjend! :-) En het jy ook geweet dat daar "swart gene" in die MEESTE
> blanke Suid Afrikaners ronddryf? Al gehoor van "sickel cell anemia"?
> Anyway dit is mos 'n siekte wat net in swartes kan voorkom - die GEEN
> daarvoor kan wel in baie blankes gevind word...laat mens dink ne? :-)
> Vanne soos bv Botha, Van Wyk, Potgieter, Van Rooyen, Du Toit en 'n hele
> spul ander is veral bekend hiervoor. Dan is daar ook die "Eve" konsep.
> Anyway...

>> n Rassis in my oë is met ander woorde 'n persoon wat iemand van enige ander
>> ras / geloof / kultuur haat, net omdat hy anders is.
>
> Okay, ons sien dinge met dieselfde oe. Ek wou net weet. Daar is baie
> sieninge van dieselfde woord.
>
> Jaco, hoop dit het goed gegaan met die Chemie. As jy eendag bietjie
> ekstra tyd het moet jy rerig 'n boek lees wat deur Jared Diamond geskryf
> is - "Guns, Germs and Steel". Dit sal vir jou 'n baie anders idee/begrip
> gee oor baie van die dinge waaroor ons altyd gesels.
Re: Rassis [boodskap #36401 is 'n antwoord op boodskap #35273] So, 12 November 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Evelyn  is tans af-lyn  Evelyn
Boodskappe: 12
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Junior Lid
Liewe frikkie

Die webtuiste hieronder is niks anders as 'n absolute
skande nie. Ek kon nie eers verder daarna kyk nie.
Dit het my verskriklik ontstel. Kan jy nie sien dat
daar net 'n spul leuens daar staan nie ?

Ek raai almal ten sterkste aan om hierdie webtuiste
te ignoreer, omdat dit slegs rassisties is en niks
anders nie. Vir enige persoon wat 'n beleidende
lidmaat is van 'n Christelike kerk, is hierdie web-
tuiste slegs 'n euwel en 'n skande.
Kom ons vermy liewer sulke negatiewe invloede.

Liefde Groete

Evelyn

Frikkie Potgieter skryf in boodskap news:3a0d6434.67836596@news.saix.net...
> Daar is Def. verskille. Ek het vroeer iewers die link geplaas na `n
> werf wat dit bewys.
> Hier is hy weer:
> http://www.melvig.org/files/100/100facts.html
>
> Dink nou weer of hulle jou NAASTE is...
>
> Groete
> Frikkie
>
>
>
> On Thu, 09 Nov 2000 00:46:23 GMT, Sue wrote:
>
>> Jaco,
>>
>>> Hoe sou jy "rassis" verstaan/definieer?
>>
>> Wat ek probeer vra/se is: Wat is jou PERSOONLIKE definisie van "rassis",
>> en dink jy dit is noodwendig 'n slegte ding/woord?
>>
>> Ek dink ons sal definitief saamstem dat een nasie nie slegter is as 'n
>> ander nie, en dat ons almal God se kinders is, reg? Dink jy mens mag wel
>> dink/glo dat daar verskille is (soos in genetiese verskille) tussen
>> verskillende rasse/nasies?
>
Re: Rassis [boodskap #36417 is 'n antwoord op boodskap #35273] So, 12 November 2000 02:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Sue wrote:

> en sit nou lekker toegebundel in 'n warm vere dinges (wat is
> duvet?). Dis lekker koud - selfs hier in Jajwa! :-) Sneeu seker al by
> julle?
>

Nee, hier by ons is daar nog geen sneeu op die
grond nie. Dit ten spyte van die feit dat dit al baie
laag af in die VSA gesneeu het. Die temperature
hier is nog mild vir hierdie tyd van die jaar. Dis
as gevolg van die pad wat die jet stream op die
oomblik volg. Uit die koue noorde van Kanada
se westekant waai dit ver af na die suide van
die VSA en bring baie koue temperature tot
selfs in New Mexico en Texas. Dan skep dit
die warmer weer daar en bring dit op na die
noorde aan die oostekant van die vasteland.
Maar ek dink ons gaan ook oor 'n paar
dae sneeu sien.

Gloudina
Re: Rassis [boodskap #36418 is 'n antwoord op boodskap #35273] So, 12 November 2000 02:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Sue wrote:

> En hier dog ek dit was net om van die britte onstlae te raak. Ek moet
> erken dat my Groot Trek geskiedenis baie power is, maar sal graag meer
> wil hoor.

Dit word meestal aangeneem dat dit nie soseer was datdie grensboere slawerny
wou bedryf nie, maar dat hulle
objekteer het teen al die reëls en regulasies wat die Britse
regering gemaak het oor hoe hulle hulle vorige slawe
kon behandel (werksure, hoeveelheid slae wat hulle hul
kon toedien, ens.) Een van die grootste griewe was dus
teen die predikante van die London Missionary Society
(veral Dr. Philip) wat die grensboere gesien het as
vriende van die gekleurdes en teen hulle eie belange.
Mens moet ook onthou dat daar sedert 1820 'n beleid
van anglisering in Kaapland was, wat mense ook kwaad
gemaak het.

Gloudina


>
Re: Rassis [boodskap #36474 is 'n antwoord op boodskap #35273] Ma, 13 November 2000 07:00 Na vorige boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:

> Dit word meestal aangeneem dat dit nie soseer was datdie grensboere slawerny
> wou bedryf nie, maar dat hulle
> objekteer het teen al die reëls en regulasies wat die Britse
> regering gemaak het oor hoe hulle hulle vorige slawe
> kon behandel (werksure, hoeveelheid slae wat hulle hul
> kon toedien, ens.) Een van die grootste griewe was dus
> teen die predikante van die London Missionary Society
> (veral Dr. Philip) wat die grensboere gesien het as
> vriende van die gekleurdes en teen hulle eie belange.
> Mens moet ook onthou dat daar sedert 1820 'n beleid
> van anglisering in Kaapland was, wat mense ook kwaad
> gemaak het.

Weereens herskryf jy die geskiedenis ...
Vorige onderwerp: Sit die kinders nie te veel voor die PC nie?
Volgende onderwerp: Hay - Wat dink julle van swinging?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 22:46:15 MGT 2024