Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DIENSLEWERING
DIENSLEWERING [boodskap #35361] Wo, 11 Oktober 2000 00:00 na volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek moes vandag baie werk doen in nie-blanke areas. Siende ek lank laas daar
gewerk het en die feit dat die plekke baie uitgebrei het en sekere strate
nie in my kaart boek was nie moes ek by sekere Polisiestasies gaan hulp vra.

Die eerste polisie stasie was by Delft. Ons was die enigste persone in die
aanklagkantoor en daar was twee polisievroue wat eenvoudig net aangagaan het
met wat hulle gedoen het. Na ongeveer 5 min. het my vernoot gevra of ons
gehelp kan word.Die een vrou het haar goed neergegooi en onbeskof kom vra
wat ons wil he.Toe sy nie weet waar die straat was nie het sy omgedraai en
uit die kantoor geloop sonder om iets te se. Toevallig het n ander lid ons
versoek gehoor en ons gehelp.

Ons tweede stop was Belhar SAPD en dit was ongeveer 11h00. Daar was ons
dadelik gehelp maar die lid het so sterk na drank geruik en hy moes op die
toonbank leun om regop te bly. Na ons mooi geluister het het ons darem die
plek gekry.

Ons derde stop was by Bellville Suid SAPD . Hier moet ek egter my hoed
afhaal vir die twee lede aan diens. Ons is hoflik en flink gehelp en
vriendelik gegroet toe ons loop.

As mens dink dat die gebiede veral Delft en Belhar gebuk gaan onder baie
misdaad en baie bende geweld kan n mens verstaan hoekom dit so daar gaan as
dit die diens is wat deur die SAPD gelewer word.

Ek moet my somtyds skaam om te se dta ek n polisieman was as ek sulke diens
sien.

n Mens moet egter n mens se hoed afhaal vir die lede wat egter nog hulle gat
afwerk en al hulle goeie werk
deur n paar lede opge f#@** word.

Dit help ook nie om te gaan kla nie want daar word niks aan gedoen nie want
sodra daar opgetree word teen hulle word rassisme voorgegooi. Ek praat elke
dag met lede van die mag en n mens hoor net klagtes van wat aangaan in die
mag.

Ek wonder waar dit gaan eindig

Reenen van Niekerk
Re: DIENSLEWERING [boodskap #35362 is 'n antwoord op boodskap #35361] Wo, 11 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oitaroh Margoloh  is tans af-lyn  Oitaroh Margoloh
Boodskappe: 185
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" skryf in boodskap news:39e4ddf2.0@news1.mweb.co.za...
> Wat word van die miljoene
> rande wat elke jaar "geseize" word in "drug-busts" en glo my dit beloop
> miljoene rande. Waar gaan dit heen? Hoekom gebruik hulle dit nie om ons
> mag op te gradeer en ons die polisiemanne (en vrouens) bietjie meer te
> betaal nie?

Die Amerikaanse DEA het die geld en bates wat hulle van druglords
afgevat het as 'n soort van belasting beskou, en het hulle anti-drug
operasies daarmee gefinansier.
Re: DIENSLEWERING [boodskap #35416 is 'n antwoord op boodskap #35361] Do, 12 Oktober 2000 05:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Dit is skokkend om te dink mense moet met R2500 'n maand lewe. Jou W+L is
dan die helfte van die geld
Wat eet jy. Waar bly jy. Ek sien nou 'n nuwe tendens onder blankes is om nou
ook te begin "plak". Daar is
al 'n hele paar gesinne wat in Mamelodi bly. Hulle het schaks gebou en leef
nou maar vandag tot dag.
Die sad-side is dat dit net die begin is.

Krokkie

Elaine wrote in message ...
>
> Reenen van Niekerk wrote in message
> news:39e4c66a.0@news1.mweb.co.za...
>> Ek moes vandag baie werk doen in nie-blanke areas. Siende ek lank laas
> daar
>> gewerk het en die feit dat die plekke baie uitgebrei het en sekere strate
>> nie in my kaart boek was nie moes ek by sekere Polisiestasies gaan hulp
> vra.

> Ek het 'n baie goeie vriend in die Polisie....hy's 'n speuder en sukkel
> vreeslik met depressie. Hy bel my vandag spesiaal om vir my te sê hy's op
> 'n plak. Hy en 'n ander vriend het sakkies dagga (ek dink hulle noem dit
> bankies) by die polisiestasie gesteel. Volgens hom lê dit al twee weke in
> die een hoek van die stasie, en niemand was lus om dit in te boek en
> "evidence" kamer toe te vat nie, want dis net te veel moeite.
> Dan moet ek ook in dieselfde asem sê dat ek partykeer nie ons polisiemag
> blameer dat hulle korrup word nie. My neef is 'n sersant in die polisie, hy
> werk vir opsporings, maar sy salaris is 'n karige R2500 per maand - voor
> aftrekkings. Sy vrou het onlangs haar werk verloor (terwyl sy op
> kraamverlof was) en sy sukkel om weer werk te kry. Hulle 10 maande oue
> babatjie sukkel vreeslik met asma en bloedarmoede so daar's nog uitgawes,
> hulle moes spesialie masjiene koop om haar te stoom en so aan, maar die
> medies weier om te betaal.
> Nou vra ek jou.....as hierdie neef van my geld vat wat veronderstel is om as
> getuienis te dien, of hy voel eenvoudige nie meer gemotiveerd om te werk en
> "polite" te wees nie, hoe kan ons hom blameer? Wat word van die miljoene
> rande wat elke jaar "geseize" word in "drug-busts" en glo my dit beloop
> miljoene rande. Waar gaan dit heen? Hoekom gebruik hulle dit nie om ons
> mag op te gradeer en ons die polisiemanne (en vrouens) bietjie meer te
> betaal nie?
>
> Elaine
>
Re: DIENSLEWERING [boodskap #35419 is 'n antwoord op boodskap #35416] Do, 12 Oktober 2000 06:02 Na vorige boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Dit is die probleem vandag. Toe ek uit is het ek n inspekteur rang gehad met
18 jaar diens en het ek party maande R800-00 huis toe gevat. Dan was my huis
en pollise afgetrek.

Die probleem is dat meeste van die ou manne geloop het en die paar wat
oorbly hulle gatte afwerk en die ander net daar is om daar te wees.

Ek het die ander dag by my ou stasie gaan groet. Die arme speurders sit met
plus/minus 150 dossiere om te ondersoek en dan moet hulle tot 5 met een
voertuig werk en dan word daar verwag dat die werk gedoen moet word. Want
die offisiere het elkeen n voertuig so hy voel vere vir die man op die
grond.Dan wil die mense weet hoekom n polisie man drink. Ek moet se dat
vanaf ek uit die mag is ek ophou drink het.

Nog n probleem is dat daar nie nuwe lede aangestel word nie en daar elke dag
lede loop. So daar word nooit vervang nie.Dan word nuwe eenhede gestig en
dan word daar net lede getrek by ander departemente wat al klaar onder beman
was.

Hulle besef nie as die polisie mag vou,vou die land

Reenen van Niekerk

Krokkie skryf in boodskap news:39e54662$0$231@helios.is.co.za...
> Dit is skokkend om te dink mense moet met R2500 'n maand lewe. Jou W+L is
> dan die helfte van die geld
> Wat eet jy. Waar bly jy. Ek sien nou 'n nuwe tendens onder blankes is om nou
> ook te begin "plak". Daar is
> al 'n hele paar gesinne wat in Mamelodi bly. Hulle het schaks gebou en leef
> nou maar vandag tot dag.
> Die sad-side is dat dit net die begin is.
>
> Krokkie
>
>
>
>
>
>
> Elaine wrote in message ...
>>
>> Reenen van Niekerk wrote in message
>> news:39e4c66a.0@news1.mweb.co.za...
>>> Ek moes vandag baie werk doen in nie-blanke areas. Siende ek lank laas
>> daar
>>> gewerk het en die feit dat die plekke baie uitgebrei het en sekere strate
>>> nie in my kaart boek was nie moes ek by sekere Polisiestasies gaan hulp
>> vra.
>
>> Ek het 'n baie goeie vriend in die Polisie....hy's 'n speuder en sukkel
>> vreeslik met depressie. Hy bel my vandag spesiaal om vir my te sê hy's op
>> 'n plak. Hy en 'n ander vriend het sakkies dagga (ek dink hulle noem dit
>> bankies) by die polisiestasie gesteel. Volgens hom lê dit al twee weke in
>> die een hoek van die stasie, en niemand was lus om dit in te boek en
>> "evidence" kamer toe te vat nie, want dis net te veel moeite.
>> Dan moet ek ook in dieselfde asem sê dat ek partykeer nie ons polisiemag
>> blameer dat hulle korrup word nie. My neef is 'n sersant in die polisie,
> hy
>> werk vir opsporings, maar sy salaris is 'n karige R2500 per maand - voor
>> aftrekkings. Sy vrou het onlangs haar werk verloor (terwyl sy op
>> kraamverlof was) en sy sukkel om weer werk te kry. Hulle 10 maande oue
>> babatjie sukkel vreeslik met asma en bloedarmoede so daar's nog uitgawes,
>> hulle moes spesialie masjiene koop om haar te stoom en so aan, maar die
>> medies weier om te betaal.
>> Nou vra ek jou.....as hierdie neef van my geld vat wat veronderstel is om
> as
>> getuienis te dien, of hy voel eenvoudige nie meer gemotiveerd om te werk en
>> "polite" te wees nie, hoe kan ons hom blameer? Wat word van die miljoene
>> rande wat elke jaar "geseize" word in "drug-busts" en glo my dit beloop
>> miljoene rande. Waar gaan dit heen? Hoekom gebruik hulle dit nie om ons
>> mag op te gradeer en ons die polisiemanne (en vrouens) bietjie meer te
>> betaal nie?
>>
>> Elaine
>>
>
Vorige onderwerp: Re: briefie vir antie gloudiena
Volgende onderwerp: Re: Archives: October 12, 1900
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 09:18:34 MGT 2024