Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: briefie vir antie gloudiena
Re: briefie vir antie gloudiena [boodskap #35394] Do, 12 Oktober 2000 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

hennerietjie wrote:

> onse oom bedjie sê mos jys dis arrimgatgyt wat eits veroorsaak. nou
> slaap ek nie snags van warries nie.
>

Hennerietjie, niemand is arm in sy slaap nie. Moet
dus nie worry oor die Aids terwyl jy slaap nie.
Moet nou darem nie ballonne gebruik as jy
eksperimenteer nie. Vra vir jou pa om vir jou
'n rubber handskoen van die hospitaal af te
bring. Dan knip jy al die vingers af en gebruik
dit. As dit afgly, is jy nog nie oud genoeg om
Aids te kry nie.

Tannie Gloudina
Re: briefie vir antie gloudiena [boodskap #35395 is 'n antwoord op boodskap #35394] Do, 12 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

hennerietjie wrote:

> hellou antie gloudiena!
>
> ai hoe skaam kry ek voor allie vreemde mense. jinne antie hoe lank
> issit. agtien maande. dis hoe lank dit my sissie vat om twee bybiekies
> te kry.
>

Ag, my dierbare Hennerietjie,
tannie was so verbaas toe tannie jou brief
lees, dat ek byna van die stoel afgeval het.
Hoe gaan dit tog met jou daar in Tzaneen?
Nee, oom Leendert het uiteindelik tou
opgegooi en vir tannie as die wenner van die
argumente verklaar. Nou kan tannie ook
darem spog met 'n goue medalje, al is dit
nou een wat deur Oom Leendert toegeken
is. Daar is 'n klomp op die nuusgroep
wat vreeslik vloek en allerhande dinge sê
wat nie vir jou ore bedoel is nie. Maar
hier en daar is daar darem oulike ouens
met wie tannie heel graag gesels.

Gloudina
Re: briefie vir antie gloudiena [boodskap #35396 is 'n antwoord op boodskap #35394] Do, 12 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

hennerietjie wrote:

> weet antie lat ek meer medaljis op die skoolsports gewen het as die
> hele sydafrika op die oorlamse spele.

Toemaar, hier in Kanada het ons ook nie teveelmedaljes gesien nie.En ons
het nie eens so baie
verskonings as julle nie.

Tannie Gloudina
Vorige onderwerp: Wette teen rassiste
Volgende onderwerp: DIENSLEWERING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 11:54:08 MGT 2024