Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Pensioendag vir die oues van dae
Pensioendag vir die oues van dae [boodskap #34184] Vr, 08 September 2000 18:12 na volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gister (8-9-2000) was weer pensioendag vir oues, nie net vir
hulle nie maar alle mense wat geld ontvang van die staat.
Gebreklikes wat nie kan werk nie, oudstryders en kinders wie
se ouers nie die geld het om behoorlik na hulle te kyk nie.
My vrou het besluit om haar ma later in die middag te neem
sodat sy nie so lank in 'n lyn hoef te staan nie, sy is 83
jaar oud.

Net voor 2 uur die middag het sy toe die saal binne gegaan
en ons het verwag dat sy so 'n uur daar binne sou wees, want
dit was ± 1 uur die vorige maand toe dit vir die eerste keer
hier in die Suid Kaap gedoen is. Ek het my seun gevra om by
die uitgang vir haar te wag aangesien daar te veel rondlêers
daar was. Om 15:15 kom my seun hier by aan en ek vra hom toe
waar Ouma dan is en hy sê dat sy nog steeds binne sit en dit
wou voorkom of van die masjiene wat die geld uitbetaal
stukkend is en dat daar slegs een masjien is wat uitbetaal.

Ek bel toe my vrou sodat sy kan gaan kyk wat aangaan en laat
weet toe dat die die masjiene stukkend of leeg is en dat die
veiligheidsvoertuie blybaar ander loophaal het. Na twee ure
was sy toe klaar en ek het haar huistoe geneem.

Nou vra ek, 'n vrou of man van daardie ouderdom, hoekom moet
hulle 2 ure wag vir hulle pensioen? Sal die geagte ministers
van Kaapland toelaat dat hulle familie vir 2 ure daarvoor
wag. Een van die dae is Februarie hier met sy 35 tot 40 °C,
wat dan? Onthou mense kom al vroeg in die dag vanaf plase
ens. Wat van babas wat saam met die enkelouer moet kom om
die geld te ontvang? Daar is nie genoeg toiletgeriewe nie,
daar is darem waterkrane daar naby.

Van te vore was daar verskillende wat groepe die geld kon
afgehaal by die poskantoor, dit was voor Augustus 2000.

Ek hoop dat die WP se gowerment aandag sal gee aan dié
probleem, as hulle weer ingestem wil word.
--
Re: Pensioendag vir die oues van dae [boodskap #34192 is 'n antwoord op boodskap #34184] Vr, 08 September 2000 20:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis[2]  is tans af-lyn  Davie Davis[2]
Boodskappe: 133
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 8 Sep 2000 20:12:56 +0200, "Tobie" wrote:

> Gister (8-9-2000) was weer pensioendag vir oues, ...
> sal die geagte ministers...

GEAGTE (????) ministers

Ek dink somtyds is ons roekeloos met die woord 'geagte' Tobie

DD
Re: Pensioendag vir die oues van dae [boodskap #34193 is 'n antwoord op boodskap #34184] Vr, 08 September 2000 20:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
het die woord dae uitgelaat
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van te vore was daar verskillende DAE wat groepe die geld
kon
afgehaal by die poskantoor, dit was voor Augustus 2000

--
Re: Pensioendag vir die oues van dae [boodskap #34194 is 'n antwoord op boodskap #34192] Vr, 08 September 2000 20:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
ag wat ou DD smeer maar net 'n bietjie heuning om die NP en
DP se mond :-)
groete

--
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Davie Davis skryf in boodskap news:39b94e49.6690401@news.intekom.co.za...
: On Fri, 8 Sep 2000 20:12:56 +0200, "Tobie" wrote:
:
: >Gister (8-9-2000) was weer pensioendag vir oues, ...
: > sal die geagte ministers...
:
: GEAGTE (????) ministers
:
: Ek dink somtyds is ons roekeloos met die woord 'geagte' Tobie
:
: DD
:
Re: Pensioendag vir die oues van dae [boodskap #34206 is 'n antwoord op boodskap #34184] Sa, 09 September 2000 04:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jenny[1]  is tans af-lyn  Jenny[1]
Boodskappe: 27
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Junior Lid
Fri, 8 Sep 2000 20:12:56 +0200:: "Tobie" skrywe:

>
> Nou vra ek, 'n vrou of man van daardie ouderdom, hoekom moet
> hulle 2 ure wag vir hulle pensioen? Sal die geagte ministers
> van Kaapland toelaat dat hulle familie vir 2 ure daarvoor
> wag. Een van die dae is Februarie hier met sy 35 tot 40 °C,
> wat dan? Onthou mense kom al vroeg in die dag vanaf plase
> ens. Wat van babas wat saam met die enkelouer moet kom om
> die geld te ontvang? Daar is nie genoeg toiletgeriewe nie,
> daar is darem waterkrane daar naby.
>
Swart oues van dae moes al jare lank in sulke vernederende toestande
in wind reen en koue gaan tou staan om dan net daarna afgedreig en
besteelk te word van die bietjie wat hulle daar ontvang het - ek het
jou nie toe hoor kla nie. Nee wat, jou ma kan maar netsoos al die
ander mense, wit en swart, geduldig wag.
Re: Pensioendag vir die oues van dae [boodskap #34214 is 'n antwoord op boodskap #34206] Sa, 09 September 2000 13:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[2]  is tans af-lyn  Sakkie[2]
Boodskappe: 36
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Volle Lid
Jenny sê...

> Swart oues van dae moes al jare lank in sulke vernederende toestande
> in wind reen en koue gaan tou staan om dan net daarna afgedreig en
> besteelk te word van die bietjie wat hulle daar ontvang het - ek het
> jou nie toe hoor kla nie. Nee wat, jou ma kan maar netsoos al die
> ander mense, wit en swart, geduldig wag.

Met ander woorde, jou ma hoef nie in wind, reën en koue tou te staan en wag
vir haar pensioen nie?

Sakkie
Re: Pensioendag vir die oues van dae [boodskap #34225 is 'n antwoord op boodskap #34214] Sa, 09 September 2000 21:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
dankie Sakkie, los haar maar uit my vriend, sy het nie
familie van 83 wat in wind en weer hoef te staan nie. ek
hoop dat sy nie eendag so hoef te staan nie.

vriendelike groete (soos Leendert altyd sê)

--
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Sakkie skryf in boodskap news:8pdcms$8uu$2@ctb-nnrp2.saix.net...
: Jenny sê...
:
: > Swart oues van dae moes al jare lank in sulke vernederende toestande
: > in wind reen en koue gaan tou staan om dan net daarna afgedreig en
: > besteelk te word van die bietjie wat hulle daar ontvang het - ek het
: > jou nie toe hoor kla nie. Nee wat, jou ma kan maar netsoos al die
: > ander mense, wit en swart, geduldig wag.
:
: Met ander woorde, jou ma hoef nie in wind, reën en koue tou te staan en wag
: vir haar pensioen nie?
:
: Sakkie
:
Re: Pensioendag vir die oues van dae [boodskap #34230 is 'n antwoord op boodskap #34225] Sa, 09 September 2000 23:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Amanda Marais  is tans af-lyn  Amanda Marais
Boodskappe: 25
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Hoekom kan hulle dit nie na haar posbus pos nie?

Pat

Tobie skryf in boodskap news:8pea9e$rv6$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> dankie Sakkie, los haar maar uit my vriend, sy het nie
> familie van 83 wat in wind en weer hoef te staan nie. ek
> hoop dat sy nie eendag so hoef te staan nie.
>
> vriendelike groete (soos Leendert altyd sê)
>
> --
> ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
>
> Sakkie wrote in message
> news:8pdcms$8uu$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> : Jenny sê...
> :
> : > Swart oues van dae moes al jare lank in sulke vernederende toestande
> : > in wind reen en koue gaan tou staan om dan net daarna afgedreig en
> : > besteelk te word van die bietjie wat hulle daar ontvang het - ek het
> : > jou nie toe hoor kla nie. Nee wat, jou ma kan maar netsoos al die
> : > ander mense, wit en swart, geduldig wag.
> :
> : Met ander woorde, jou ma hoef nie in wind, reën en koue tou te staan en wag
> : vir haar pensioen nie?
> :
> : Sakkie
> :
>
Re: Pensioendag vir die oues van dae [boodskap #34232 is 'n antwoord op boodskap #34225] So, 10 September 2000 05:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jenny[1]  is tans af-lyn  Jenny[1]
Boodskappe: 27
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Junior Lid
Klink eerder of julle die ou tannie gebruik om moeilikheid te wil maar
in stede van om te soek vir 'n oplossing vir die probleem. het jy
byvoorbeeld al daaraan gedink om daardie dag verlof te neem en te gaan
volunteer om te help sodat dinge gladder en beter kan gaan?

Sat, 9 Sep 2000 23:35:56 +0200:: "Tobie" skrywe:

> dankie Sakkie, los haar maar uit my vriend, sy het nie
> familie van 83 wat in wind en weer hoef te staan nie. ek
> hoop dat sy nie eendag so hoef te staan nie.
>
> vriendelike groete (soos Leendert altyd sê)
>
> --
> ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
>
> Sakkie wrote in message
> news:8pdcms$8uu$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> : Jenny sê...
> :
> : > Swart oues van dae moes al jare lank in sulke vernederende toestande
> : > in wind reen en koue gaan tou staan om dan net daarna afgedreig en
> : > besteelk te word van die bietjie wat hulle daar ontvang het - ek het
> : > jou nie toe hoor kla nie. Nee wat, jou ma kan maar netsoos al die
> : > ander mense, wit en swart, geduldig wag.
> :
> : Met ander woorde, jou ma hoef nie in wind, reën en koue tou te staan en wag
> : vir haar pensioen nie?
> :
> : Sakkie
> :
>
Re: Pensioendag vir die oues van dae [boodskap #34237 is 'n antwoord op boodskap #34232] So, 10 September 2000 09:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Maar dit is mos nie ons plig nie. Dit is die staat se plig om om te sien vir
die oues. Dit is warvoor belasting betaal word sodat daar genoeg beamptes
moet wees om die werk te doen.

Reenen van Niekerk

Jenny skryf in boodskap news:39bb1cdf.955806489@news.citilink.com...
> Klink eerder of julle die ou tannie gebruik om moeilikheid te wil maar
> in stede van om te soek vir 'n oplossing vir die probleem. het jy
> byvoorbeeld al daaraan gedink om daardie dag verlof te neem en te gaan
> volunteer om te help sodat dinge gladder en beter kan gaan?
>
> Sat, 9 Sep 2000 23:35:56 +0200:: "Tobie" skrywe:
>
>> dankie Sakkie, los haar maar uit my vriend, sy het nie
>> familie van 83 wat in wind en weer hoef te staan nie. ek
>> hoop dat sy nie eendag so hoef te staan nie.
>>
>> vriendelike groete (soos Leendert altyd sê)
>>
>> --
>> ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
>>
>> Sakkie wrote in message
>> news:8pdcms$8uu$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>> : Jenny sê...
>> :
>> : > Swart oues van dae moes al jare lank in sulke vernederende toestande
>> : > in wind reen en koue gaan tou staan om dan net daarna afgedreig en
>> : > besteelk te word van die bietjie wat hulle daar ontvang het - ek het
>> : > jou nie toe hoor kla nie. Nee wat, jou ma kan maar netsoos al die
>> : > ander mense, wit en swart, geduldig wag.
>> :
>> : Met ander woorde, jou ma hoef nie in wind, reën en koue tou te staan en wag
>> : vir haar pensioen nie?
>> :
>> : Sakkie
>> :
>>
>
Re: Pensioendag vir die oues van dae [boodskap #34240 is 'n antwoord op boodskap #34230] So, 10 September 2000 13:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[2]  is tans af-lyn  Sakkie[2]
Boodskappe: 36
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Volle Lid
Pat sê...

> Hoekom kan hulle dit nie na haar posbus pos nie?
>
> Pat

My ma ontvang 'n ongeskiktheidspensioen van die staat, en dit word direk in
haar bankrekening inbetaal. So dit kan gereël word, maar daar is dikwels
administratiewe romplslomp wat dit baie moeilik maak. Verder is daar ook
elke nou en dan 'n proses van herregistrasie. Dan word almal se
pensioenbetalings gestaak en hulle moet weer van voor af gaan tou staan.

Sakkie
Re: Pensioendag vir die oues van dae [boodskap #34245 is 'n antwoord op boodskap #34232] So, 10 September 2000 14:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[2]  is tans af-lyn  Sakkie[2]
Boodskappe: 36
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Volle Lid
Jenny sê...

> Klink eerder of julle die ou tannie gebruik om moeilikheid te wil maar
> in stede van om te soek vir 'n oplossing vir die probleem. het jy
> byvoorbeeld al daaraan gedink om daardie dag verlof te neem en te gaan
> volunteer om te help sodat dinge gladder en beter kan gaan?

Wel, dis j� wat daarmee begin het. Jy het dan gesê: "swart oues van dae
moes al jare lank in sulke vernederende toestande in wind reen en koue gaan
tou staan om dan net daarna afgedreig en besteelk te word van die bietjie
wat hulle daar ontvang het - ek het jou nie toe hoor kla nie."

Ek weet nie hoe goed jy en Tobie mekaar ken nie, maar hoe kan jy sommer meer
aanvaar dat hy nie destyds daaroor gekla het nie? Jy praat mos deur jou
nek.

En wat maak van jou so 'n hoogheilige, dat jy vingers na ander kan wys?

Ek vermoed egter dat as jy _nou_ so ongevoelig reageer op hierdie probleem,
het jy heel waarskynlik "al jare lank" maar presies dieselfde houding gehad.
Of hoe?

Aangesien jy verkies het om andere aan te vat oor hierdie aangeleentheid, sê
asseblief wat JY doen om te help dat "dinge gladder en beter kan gaan"?

Sakkie
Re: Pensioendag vir die oues van dae [boodskap #34249 is 'n antwoord op boodskap #34232] So, 10 September 2000 15:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis[2]  is tans af-lyn  Davie Davis[2]
Boodskappe: 133
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Jou van dalk Greyling Jenny?
Jy klink so Ferdi_rig

On Sun, 10 Sep 2000 05:33:39 GMT, jene...@icon.co.za (Jenny) wrote:

> Klink eerder of julle die ou tannie gebruik om moeilikheid te wil maar
> in stede van om te soek vir 'n oplossing vir die probleem. het jy
> byvoorbeeld al daaraan gedink om daardie dag verlof te neem en te gaan
> volunteer om te help sodat dinge gladder en beter kan gaan?
>
> Sat, 9 Sep 2000 23:35:56 +0200:: "Tobie" skrywe:
>
>> dankie Sakkie, los haar maar uit my vriend, sy het nie
>> familie van 83 wat in wind en weer hoef te staan nie. ek
>> hoop dat sy nie eendag so hoef te staan nie.

>> vriendelike groete (soos Leendert altyd sê)

>> --
>> ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

>> Sakkie wrote in message
>> news:8pdcms$8uu$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>> : Jenny sê...
>> :
>> : > Swart oues van dae moes al jare lank in sulke vernederende toestande
>> : > in wind reen en koue gaan tou staan om dan net daarna afgedreig en
>> : > besteelk te word van die bietjie wat hulle daar ontvang het - ek het
>> : > jou nie toe hoor kla nie. Nee wat, jou ma kan maar netsoos al die
>> : > ander mense, wit en swart, geduldig wag.
>> :
>> : Met ander woorde, jou ma hoef nie in wind, reën en koue tou te staan en wag
>> : vir haar pensioen nie?
>> :
>> : Sakkie
>> :
>
Re: Pensioendag vir die oues van dae [boodskap #34262 is 'n antwoord op boodskap #34249] So, 10 September 2000 20:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
stadig nou kêrels ...... ons het nou ook aansoek gedoen en
wag nou vir binnelandse sake van George af om te kom dat die
nodige papierwerk gedoen kan word, soos gesê word deur 'n
vorige persoon, is dit baie rontslomp werk en 'n gewag. ons
het ook nou verstaan dat George se tak nou na Kaapstad gaan
skuif, nog meer probleme vir mense om nuwe ID boekies te kry
en paspoorte.
groete
--
Re: Pensioendag vir die oues van dae [boodskap #34284 is 'n antwoord op boodskap #34206] Di, 12 September 2000 04:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Jenny jy verstaan niedie probleem nie, hulle MOET 'n totaal 'n ander stelsel
ontwikkel om die ou mense van vandag te betaal. Oumense kan mos nie in rye
staan nie, vader het jy geen gevoel nie

Jenny wrote in message ...
> Fri, 8 Sep 2000 20:12:56 +0200:: "Tobie" skrywe:
>
>

>> Nou vra ek, 'n vrou of man van daardie ouderdom, hoekom moet
>> hulle 2 ure wag vir hulle pensioen? Sal die geagte ministers
>> van Kaapland toelaat dat hulle familie vir 2 ure daarvoor
>> wag. Een van die dae is Februarie hier met sy 35 tot 40 °C,
>> wat dan? Onthou mense kom al vroeg in die dag vanaf plase
>> ens. Wat van babas wat saam met die enkelouer moet kom om
>> die geld te ontvang? Daar is nie genoeg toiletgeriewe nie,
>> daar is darem waterkrane daar naby.

> Swart oues van dae moes al jare lank in sulke vernederende toestande
> in wind reen en koue gaan tou staan om dan net daarna afgedreig en
> besteelk te word van die bietjie wat hulle daar ontvang het - ek het
> jou nie toe hoor kla nie. Nee wat, jou ma kan maar netsoos al die
> ander mense, wit en swart, geduldig wag.
Re: Pensioendag vir die oues van dae [boodskap #34285 is 'n antwoord op boodskap #34232] Di, 12 September 2000 04:23 Na vorige boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ons betaal belasting en DIENSTE MOET GELEWER word. Ek sal so 'n dag daar
gaan werk as ek daardie dag se inkomste wat ek verloor direk van die staat
kan verhaal

Jenny wrote in message ...
> Klink eerder of julle die ou tannie gebruik om moeilikheid te wil maar
> in stede van om te soek vir 'n oplossing vir die probleem. het jy
> byvoorbeeld al daaraan gedink om daardie dag verlof te neem en te gaan
> volunteer om te help sodat dinge gladder en beter kan gaan?
>
> Sat, 9 Sep 2000 23:35:56 +0200:: "Tobie" skrywe:
>
>> dankie Sakkie, los haar maar uit my vriend, sy het nie
>> familie van 83 wat in wind en weer hoef te staan nie. ek
>> hoop dat sy nie eendag so hoef te staan nie.

>> vriendelike groete (soos Leendert altyd sê)

>> --
>> ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

>> Sakkie wrote in message
>> news:8pdcms$8uu$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>> : Jenny sê...
>> :
>> : > Swart oues van dae moes al jare lank in sulke vernederende toestande
>> : > in wind reen en koue gaan tou staan om dan net daarna afgedreig en
>> : > besteelk te word van die bietjie wat hulle daar ontvang het - ek het
>> : > jou nie toe hoor kla nie. Nee wat, jou ma kan maar netsoos al die
>> : > ander mense, wit en swart, geduldig wag.
>> :
>> : Met ander woorde, jou ma hoef nie in wind, reën en koue tou te staan en wag
>> : vir haar pensioen nie?
>> :
>> : Sakkie
>> :
>
Vorige onderwerp: Padreëls.
Volgende onderwerp: Tuislande en ontwikkeling
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 06:59:28 MGT 2024