Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ek vra maar net...ek sê maar net....
Ek vra maar net...ek sê maar net.... [boodskap #33447] Di, 15 Augustus 2000 00:00 na volgende boodskap
dot  is tans af-lyn  dot
Boodskappe: 20
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ek is baie onseker betreffende sekere sake en sal waardeer indien iemand
baie mooi aan my kan verduidelik....

Vraag 1: Waarom word die woord fok (of die verskanste vorm "vocken"),
waarvan die betekenis geensins verbandhou met een van die gesprekslyne nie,
deur seker lede hierdie nuusgroep so aanhoudend gebruik? Dit is 'n woord
wat oorbruik word deur sogenaamde sterk macho manne in derderangse
Amerikaanse "movies". Ek kry skielik hierdie beeld voor my geestesoog van
'n man wat op 'n Saterdag inkopies doen .... plakkies/kaalvoet, kort broekie
en dan daardie alewige help-my-sterk-lyk frokkie. Daar is volgens my 'n
definitiewe korrelasie.

Vraag 2: Ek wil ook graag weet of dié nuusgroep se missie die volgende is:
'n Platform wat geskep is , sodat elkeen sy/haar opinie kan lug en 'n
heerlike gesonde debat daaromtrent kan voer?
Indien dit die geval is, waarom word sekere opinies met "help-my-sterk-lyk"
woorde in ander persone kele afgedruk en op hierdie manier 'n moontlike
situasie waar almal van mekaar kan leer, bederf?

Die lewe is 'n wedloop .... 'n hindernis wedloop. Dit is net hier waar die
kruks van die lewe lê ....hoe elkeen die hindernis hanteer. Die keuse
ontstaan op hierdie punt naamlik of ons logies of bepland bo-oor die
hindernis gaan of onderdeur kruip. Om bo-oor te gaan is die moeilikste maar
die beste. Die hoe om oor dit versperring te kom, word verkry vanuit elkeen
se verwysingraamwerk. Dit is 'n erkende feit dat geen twee persone in
hierdie lewe se verwysingsraamwerk dieselfde is nie en elkeen het 'n
Godgegewe verantwoordelikheid om sy/haar verwysingsraamwerk uit te brei en
te versterk. Dit word gedoen vanuit die verlede (lees hier geskiedenis).
Die verlede kan nie verander word nie - dis verby, maar deur elke vorige
situasie te neem, 'n POSITIEWE les daaruit uit te leer, dit dan gebruik om
beter besluite te neem wat in die toekoms meer positiewe dividende sal
oplewer.

Die resies in ons wonderlike land is soos 'n drie-beenresies, maar daar is
egter een probleem, naamlik die paar miljoen van ons se bene is aan mekaar
vasgemaak. Met die gevolg dat ons almal SAAM oor die hindernisse MOET kom.
Wanneer daar 'n dwarstrekkery is - 'n klomp wil die ou regime hê, die ander
klomp kies die nuwe regime, sommiges se keuse val op 'n tussenin regime,
ander kies die derde mag, 'n groep wil net vat omdat vat vat is en dan is
daar nog die op die grond bly sit met die houding van laat Godswaters oor
Godsakkers gaan - kry ons 'n groot katestrofe. Presies wat nou aan die gang
is.

Dit bring my nou by die volgende vraag:
Waarom kan ons - en praat ek van al die inwoners van Suid-Afrika - nie uit
die foute van die verlede (onder andere dat dwarstrekkery nie werk nie) leer
en die huidige negatiewe situasie positief benader nie?

Aan die komplekse samestelling van ons sonskyn land kan niemand verander
nie, maar indien ons ELKEEN die Drie-eenigheid in ons harte toelaat en met
opregte onvoorwaardelike liefde na die persoon langs ons uitreik, sal en kan
en gaan die situasie verander. Dit is die eenvoudige boodskap/opdrag wat
Jesus in Sy Woord vir ons gee. Dit is ook belangrik dat elkeen besef dat
die verantwoordelikheid vir eerste uitreik by hom- of haarself lê en nie by
die buurman nie,,,

Ja ek hoor sommer klaar: "Ja dit is waar, maar......" sien daar is die
KERN van die gemors ... die ou klein woordjie - "maar", Daar is altyd
voorwaardes aan alles, ek hoef nie eers voorbeelde hier te noem nie. Die
voorwaardelike liefde is 'n definitiewe No-No. Kom ons vat mekaar se hande
en gaan saam oor die hindernis/se.

Die situasie in ons land en sy mense is definitief nie uniek nie, aangesien
dit wil voorkom of die koerantartikels van vandag uit die Bybelboek Habukuk
gekopie�r is.

Kom ons leer by mekaar en onthou asseblief ons het almal kinders wat in die
toekoms as volwassenes bitter gaan voel oor die foute wat ons VANDAG gemaak
het .................

Ek vra maar net ..... ek sê maar net
Dottie
Re: Ek vra maar net...ek sê maar net.... [boodskap #33483 is 'n antwoord op boodskap #33447] Wo, 16 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
dot wrote:
> Ek kry skielik hierdie beeld voor my geestesoog van
> 'n man wat op 'n Saterdag inkopies doen .... plakkies/kaalvoet, kort broekie
> en dan daardie alewige help-my-sterk-lyk frokkie. Daar is volgens my 'n
> definitiewe korrelasie.

Daai ouens moet skeef wees - regte manne drink bier, kap die blikke plat
teen hulle voorkoppe, braai vleis en kyk sport op Saterdae - Inkopies is
die vroue se werk (koes)
Re: Ek vra maar net...ek sê maar net.... [boodskap #33484 is 'n antwoord op boodskap #33447] Wo, 16 Augustus 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 15 Aug 2000 19:32:32 +0200, "dot" wrote:

Fokkit, he?

> Ek is baie onseker betreffende sekere sake en sal waardeer indien iemand
> baie mooi aan my kan verduidelik....
>
> Vraag 1: Waarom word die woord fok (of die verskanste vorm "vocken"),
> waarvan die betekenis geensins verbandhou met een van die gesprekslyne nie,
> deur seker lede hierdie nuusgroep so aanhoudend gebruik? Dit is 'n woord
> wat oorbruik word deur sogenaamde sterk macho manne in derderangse
> Amerikaanse "movies". Ek kry skielik hierdie beeld voor my geestesoog van
> 'n man wat op 'n Saterdag inkopies doen .... plakkies/kaalvoet, kort broekie
> en dan daardie alewige help-my-sterk-lyk frokkie. Daar is volgens my 'n
> definitiewe korrelasie.
>
> Vraag 2: Ek wil ook graag weet of diè nuusgroep se missie die volgende is:
> 'n Platform wat geskep is , sodat elkeen sy/haar opinie kan lug en 'n
> heerlike gesonde debat daaromtrent kan voer?
> Indien dit die geval is, waarom word sekere opinies met "help-my-sterk-lyk"
> woorde in ander persone kele afgedruk en op hierdie manier 'n moontlike
> situasie waar almal van mekaar kan leer, bederf?
>
> Die lewe is 'n wedloop .... 'n hindernis wedloop. Dit is net hier waar die
> kruks van die lewe lê ....hoe elkeen die hindernis hanteer. Die keuse
> ontstaan op hierdie punt naamlik of ons logies of bepland bo-oor die
> hindernis gaan of onderdeur kruip. Om bo-oor te gaan is die moeilikste maar
> die beste. Die hoe om oor dit versperring te kom, word verkry vanuit elkeen
> se verwysingraamwerk. Dit is 'n erkende feit dat geen twee persone in
> hierdie lewe se verwysingsraamwerk dieselfde is nie en elkeen het 'n
> Godgegewe verantwoordelikheid om sy/haar verwysingsraamwerk uit te brei en
> te versterk. Dit word gedoen vanuit die verlede (lees hier geskiedenis).
> Die verlede kan nie verander word nie - dis verby, maar deur elke vorige
> situasie te neem, 'n POSITIEWE les daaruit uit te leer, dit dan gebruik om
> beter besluite te neem wat in die toekoms meer positiewe dividende sal
> oplewer.
>
> Die resies in ons wonderlike land is soos 'n drie-beenresies, maar daar is
> egter een probleem, naamlik die paar miljoen van ons se bene is aan mekaar
> vasgemaak. Met die gevolg dat ons almal SAAM oor die hindernisse MOET kom.
> Wanneer daar 'n dwarstrekkery is - 'n klomp wil die ou regime hê, die ander
> klomp kies die nuwe regime, sommiges se keuse val op 'n tussenin regime,
> ander kies die derde mag, 'n groep wil net vat omdat vat vat is en dan is
> daar nog die op die grond bly sit met die houding van laat Godswaters oor
> Godsakkers gaan - kry ons 'n groot katestrofe. Presies wat nou aan die gang
> is.
>
> Dit bring my nou by die volgende vraag:
> Waarom kan ons - en praat ek van al die inwoners van Suid-Afrika - nie uit
> die foute van die verlede (onder andere dat dwarstrekkery nie werk nie) leer
> en die huidige negatiewe situasie positief benader nie?
>
> Aan die komplekse samestelling van ons sonskyn land kan niemand verander
> nie, maar indien ons ELKEEN die Drie-eenigheid in ons harte toelaat en met
> opregte onvoorwaardelike liefde na die persoon langs ons uitreik, sal en kan
> en gaan die situasie verander. Dit is die eenvoudige boodskap/opdrag wat
> Jesus in Sy Woord vir ons gee. Dit is ook belangrik dat elkeen besef dat
> die verantwoordelikheid vir eerste uitreik by hom- of haarself lê en nie by
> die buurman nie,,,
>
> Ja ek hoor sommer klaar: "Ja dit is waar, maar......" sien daar is die
> KERN van die gemors ... die ou klein woordjie - "maar", Daar is altyd
> voorwaardes aan alles, ek hoef nie eers voorbeelde hier te noem nie. Die
> voorwaardelike liefde is 'n definitiewe No-No. Kom ons vat mekaar se hande
> en gaan saam oor die hindernis/se.
>
> Die situasie in ons land en sy mense is definitief nie uniek nie, aangesien
> dit wil voorkom of die koerantartikels van vandag uit die Bybelboek Habukuk
> gekopieër is.
>
> Kom ons leer by mekaar en onthou asseblief ons het almal kinders wat in die
> toekoms as volwassenes bitter gaan voel oor die foute wat ons VANDAG gemaak
> het .................
>
> Ek vra maar net ..... ek sê maar net
> Dottie
>
Re: Ek vra maar net...ek sê maar net.... [boodskap #33497 is 'n antwoord op boodskap #33447] Wo, 16 Augustus 2000 06:03 Na vorige boodskap
Chr...[1]  is tans af-lyn  Chr...[1]
Boodskappe: 85
Geregistreer: Junie 2000
Karma: 0
Volle Lid
Dottie, Op jou eerste vraag is die antwoord........omdat sekere individue nie
sleg groot geword het nie, hulle het groot, sleg geword en ek het reeds in
vorige poste sekere dinge genoem oor diesulkes.
Tweedens is dit so dat hierdie 'n forum is waar opinies gelug kan word maar (die
woordjie) sekere individue misbruik dit hier omdat 1. hulle as het ware
onsigbaar is en daarom maar tekere kan gaan en 2.omdat ek glo hulle aan 'n
minderwaardigheids kompleks ly en hier is die ideale plek om 'n groot bek te hê
omdat hulle andersins nie gehoor of gesien sal word nie.Ongelukkig sal diesulkes
altyd met ons wees.
Groete
Christo

dot wrote:

> Ek is baie onseker betreffende sekere sake en sal waardeer indien iemand
> baie mooi aan my kan verduidelik....
>
> Vraag 1: Waarom word die woord fok (of die verskanste vorm "vocken"),
> waarvan die betekenis geensins verbandhou met een van die gesprekslyne nie,
> deur seker lede hierdie nuusgroep so aanhoudend gebruik? Dit is 'n woord
> wat oorbruik word deur sogenaamde sterk macho manne in derderangse
> Amerikaanse "movies". Ek kry skielik hierdie beeld voor my geestesoog van
> 'n man wat op 'n Saterdag inkopies doen .... plakkies/kaalvoet, kort broekie
> en dan daardie alewige help-my-sterk-lyk frokkie. Daar is volgens my 'n
> definitiewe korrelasie.
>
> Vraag 2: Ek wil ook graag weet of diè nuusgroep se missie die volgende is:
> 'n Platform wat geskep is , sodat elkeen sy/haar opinie kan lug en 'n
> heerlike gesonde debat daaromtrent kan voer?
> Indien dit die geval is, waarom word sekere opinies met "help-my-sterk-lyk"
> woorde in ander persone kele afgedruk en op hierdie manier 'n moontlike
> situasie waar almal van mekaar kan leer, bederf?
>
> Die lewe is 'n wedloop .... 'n hindernis wedloop. Dit is net hier waar die
> kruks van die lewe lê ....hoe elkeen die hindernis hanteer. Die keuse
> ontstaan op hierdie punt naamlik of ons logies of bepland bo-oor die
> hindernis gaan of onderdeur kruip. Om bo-oor te gaan is die moeilikste maar
> die beste. Die hoe om oor dit versperring te kom, word verkry vanuit elkeen
> se verwysingraamwerk. Dit is 'n erkende feit dat geen twee persone in
> hierdie lewe se verwysingsraamwerk dieselfde is nie en elkeen het 'n
> Godgegewe verantwoordelikheid om sy/haar verwysingsraamwerk uit te brei en
> te versterk. Dit word gedoen vanuit die verlede (lees hier geskiedenis).
> Die verlede kan nie verander word nie - dis verby, maar deur elke vorige
> situasie te neem, 'n POSITIEWE les daaruit uit te leer, dit dan gebruik om
> beter besluite te neem wat in die toekoms meer positiewe dividende sal
> oplewer.
>
> Die resies in ons wonderlike land is soos 'n drie-beenresies, maar daar is
> egter een probleem, naamlik die paar miljoen van ons se bene is aan mekaar
> vasgemaak. Met die gevolg dat ons almal SAAM oor die hindernisse MOET kom.
> Wanneer daar 'n dwarstrekkery is - 'n klomp wil die ou regime hê, die ander
> klomp kies die nuwe regime, sommiges se keuse val op 'n tussenin regime,
> ander kies die derde mag, 'n groep wil net vat omdat vat vat is en dan is
> daar nog die op die grond bly sit met die houding van laat Godswaters oor
> Godsakkers gaan - kry ons 'n groot katestrofe. Presies wat nou aan die gang
> is.
>
> Dit bring my nou by die volgende vraag:
> Waarom kan ons - en praat ek van al die inwoners van Suid-Afrika - nie uit
> die foute van die verlede (onder andere dat dwarstrekkery nie werk nie) leer
> en die huidige negatiewe situasie positief benader nie?
>
> Aan die komplekse samestelling van ons sonskyn land kan niemand verander
> nie, maar indien ons ELKEEN die Drie-eenigheid in ons harte toelaat en met
> opregte onvoorwaardelike liefde na die persoon langs ons uitreik, sal en kan
> en gaan die situasie verander. Dit is die eenvoudige boodskap/opdrag wat
> Jesus in Sy Woord vir ons gee. Dit is ook belangrik dat elkeen besef dat
> die verantwoordelikheid vir eerste uitreik by hom- of haarself lê en nie by
> die buurman nie,,,
>
> Ja ek hoor sommer klaar: "Ja dit is waar, maar......" sien daar is die
> KERN van die gemors ... die ou klein woordjie - "maar", Daar is altyd
> voorwaardes aan alles, ek hoef nie eers voorbeelde hier te noem nie. Die
> voorwaardelike liefde is 'n definitiewe No-No. Kom ons vat mekaar se hande
> en gaan saam oor die hindernis/se.
>
> Die situasie in ons land en sy mense is definitief nie uniek nie, aangesien
> dit wil voorkom of die koerantartikels van vandag uit die Bybelboek Habukuk
> gekopieër is.
>
> Kom ons leer by mekaar en onthou asseblief ons het almal kinders wat in die
> toekoms as volwassenes bitter gaan voel oor die foute wat ons VANDAG gemaak
> het .................
>
> Ek vra maar net ..... ek sê maar net
> Dottie
Vorige onderwerp: Die bakgat spinnerakker - www.eep.co.za
Volgende onderwerp: Cowboys en Kroeks
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 25 06:04:00 MGT 2024