Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Jimi" deur LOUIS ESTERHUIZEN
"Jimi" deur LOUIS ESTERHUIZEN [boodskap #33164] So, 06 Augustus 2000 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

JIMI
Louis Esterhuizen

"Y'all up on the hill, don't think you can fly, because you can't!"
Jimi Hendrix

Kyk, die man met die groot voël
onder sy arm vasgeknyp, kyk die man
met die bont hemp en die omgekeerde
vlerk -

Die man breek die voël se bek oop,
die man pluk die trillende tong uit
met sy tande
en die voël skreeu weg deur die takke
vol in die vlam : Kyk, kyk -

Die man op die draagbaar
het 'n voëlgeraamte in sy keel,
hy verstik : Draai hom om,
draai om -

Hy vlieg weg -

Swart voor swarter son -

weg.
Vorige onderwerp: Re Riaan se 'iets om oor te wonner'
Volgende onderwerp: Re: ! ONDERSTEUN SUID-AFRIKA SE PETROL-BOIKOT - Augustus 15, 16 en 17 !
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 28 23:42:12 MGT 2024