Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Uitgevang - Liegbek!
Re: Uitgevang - Liegbek! [boodskap #32709] Di, 25 Julie 2000 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Leendert van Oostrum wrote:

> Jy't darem 'n ongelooflike cheek om so sienderoƫ te knip aan die aanhaling.
> En dan nog apologie te eis!
>
>
> ** So, die "Bybel" is halfpad 'n Joodse geskrif, en het niks te doenmet
> die boodskap van Christus nie. Hoekom noem jy die Ou Testament
> die Bybel? Dis alleen as jy die Bybel in die regte perspektief sien, soos
> wanneer Northrop Frye dit die "Great Code" noem, dat jy kan begin
> ontsyfer wat daarin van belang is. **

Wel, ek noem die Ou Testament "die Bybel" omdat jy en Lou en
alle sogenaamde "Christene" dit die Bybel noem, nie waar nie?
Ek het die hele tyd wat ek in die NGK was, preke en lesings gehoor
uit beide die OT en die NT. En Northrup Frye en William Blake
neem hulle visie van Christendom uit beide die OT en die NT.

Ek herhaal weer, iemand wat egter daarop staan dat alleen
daardie mense "gered" word deur 'n geloof in die streng
Christelike preskripsie, maak 'n kult van Christelikheid.
Soos een van my universiteitsvriendinne wat na Indie gaan
om die mense op die Indiese subkontinent oor die "ware God"
te vertel. Ek verkies liewer die Dalai Lama se aanduiding dat
mens jou eie Westerse geloofspersuasie en Buddhisme
tegelykertyd moet bestudeer en te leer hoe om die nou pad
te loop.

Gloudina
Vorige onderwerp: Gloudina
Volgende onderwerp: Re: Gloudina?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jun 13 11:18:01 MGT 2024