Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Etnisiteit
Etnisiteit [boodskap #32256] Do, 13 Julie 2000 00:00 na volgende boodskap
O.N. Heil  is tans af-lyn  O.N. Heil
Boodskappe: 13
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Sê die outannie in Kanada :

> Ag, Leendert, hou op om soos 'n prima donna tekere te gaan oor jou etniese psige
> en jou etniese identiteit.

Ou siel, daar steek iets by jou rok uit.
Dis vuil - baie vuil. (Gehoor van Omo ?)
Maar onderrokke lyk anders - dalk jou bloemer wat ek sien ? Die gewig wat
die ding moet dra............

Jy het "one hell of" 'n dikderm.................Omo sal nie kan voorbly nie
Of jy't baie bloemers

Was jou pappie se kleur dieselfde as die mense wat julle rosyntjie druifies
ge-oes het daar naby Marchand ?
Was die oes-mense saans saam met jou aan tafel - dieselfde tafel ?
Jy doen nie sleg met afstandsonderrig nie..............net jammer jou jou
leerplanne dateer van voor Darwin af.

Maar jou kritiek begin mos eers eers NA jy klaar geboer het - selektiewe
rapportering. Soos pêl Ferdie en sy perstrawante ..............

Langenhoven het al geweet die effektiefste lieg is om net die waarheid effe
skuins te hou maar die "angles" wat jy en Ferdie aan die waarheid gee,
oorskry die limiete wat Langenhoven in gedagte gehad het.

(Hou bloemer, hou......)
Re: Etnisiteit [boodskap #32337 is 'n antwoord op boodskap #32256] Vr, 14 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
So jy sê Antjie Krog is benepe? En REGS?

skryf in boodskap news:396E1B89.B72F631C@home.com...
> O.N. Heil wrote:
>
>> Ou siel, daar steek iets by jou rok uit.
>> Dis vuil - baie vuil. (Gehoor van Omo ?)
>> Maar onderrokke lyk anders - dalk jou bloemer wat ek sien ? Die gewig wat
>> die ding moet dra............
>>
>
> Nouja, Leendert, hier kom ons nou by die tweede
> laag van jou psige. Nou begin jy oor vrouens-
> onderklere praat in 'n poging om jou psige te myn.
> Dis vir my so snaaks dat daar by die "regse"
> " benepe" SA inwoner (baie keer Afrikaans-sprekend,
> maar nie altyd nie), hierdie dwang is na die pornografiese.
> Ek wonder of daar meer literatuur oor hierdie verskynsel
> is, en of dit ook by ander groepe gevind word. JM Coetzee
> analiseer dit 'n bietjie wanneer hy praat van die sindroom
> waar by rassistiese Suid-Afrikaners daar die dwang is om
> nie-blankes as vuil of ongesond te tipeer, in 'n poging om
> 'n "rede" te vind hoekom daar nie met hulle saamgeleef kan
> word nie.
>
> Gloudina
>
Re: Etnisiteit [boodskap #32340 is 'n antwoord op boodskap #32256] Vr, 14 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Poplap,

Ek het in die sewentigs al 'n swart senior gehad. In die "ou" Suid-Afrika.
En weet jy wat, geen mens het 'n wenkbrou gelig nie.

skryf in boodskap news:396E1EAB.2A674E94@home.com...
> O.N. Heil wrote:
>
>> Was jou pappie se kleur dieselfde as die mense wat julle rosyntjie druifies
>> ge-oes het daar naby Marchand ?
>> Was die oes-mense saans saam met jou aan tafel - dieselfde tafel ?
>>
>
> Nee, Leendert, ek het al vantevore verklaar dat ek askind al gesien het dat
> daar iets onheiligs aan die gebeur
> was in my onmiddellike omgewing. Die eerwaardige
> bruinman (ook ouderling in sy eie kerk) moes soggens
> eers daar uit die "kroek" daar uit die bulte stap om by
> my pa se erf uit te kom, waar hy daagliks net so hard
> as my pa gearbei het. Dank die Vader dat ek kan onthou
> dat my pa hierdie man se raad gesoek het en dat hulle soos
> twee broers respek vir mekaar gehad het. Maar dit was
> in 'n duiwelse skandalige maatskappy waar net mense met
> wit velle die grond kon besit wat 'n honderd jaar tevore
> die blyplek was van die bruinman se voorgeslagte. Dis
> daarom dat ek juig, juig, juig dat ek nog in my leeftyd kon
> sien dat hierdie skryende skande tot 'n einde kon kom.
> En, sover ek kan sien, bly meeste van my familie en vriende
> baie gelukkig in die samelewing. As mens met mense begin
> praat, soos die RAU professor wat ons onlangs besoek het,
> het hulle net die grootste respek vir hulle onmiddellike hoofde
> as hulle van 'n ander kleur is. Daar is natuurlik uitsonderings,
> maar ek dink daar is nou baie meer kwaliteit in die top
> aanstellings in SA as in die ou dae toe die top jobs gegaan het
> na die Broederbond (wat ook maar later 'n inner circle en 'n
> outer circle gehad het. Toe ek nog in SA gewerk het, het ek
> gesien hoe die een broederbonder oor die ander een heen klim
> vir promosies, nie omdat hy beter was nie, maar omdat hy
> inner circle broederbonder konneksies gehad het.)
>
> Gloudina
>
Re: Etnisiteit [boodskap #32341 is 'n antwoord op boodskap #32256] Vr, 14 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

O.N. Heil wrote:
Jy

> wil nie dalk weer identiteiete begin toets met die kartering van stede nie ?
> Laas jou dinges gesien met Bees.
>
> Lekker om die kotteljons met jou te dans.

Ja, dit was die goeie ou dae. Wonder wat hetvan Bees geword. (Tensy jy nou Bees
self is.)
Met watter stad sal ons begin?

Gloudina
Re: Etnisiteit [boodskap #32344 is 'n antwoord op boodskap #32256] Vr, 14 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Soos wat laubsher hier weergee, was die lig van wenkbroue inderdaad 'n
"private" gebruik (meesal - sommige individue kon nogal heel openbaar raak).
Dis nou oor aangeleenthede soos die wat hy hier aanroer. Maar dit was nie
geheim nie.

Mens het nogal gepraat oor al die wenkbroue wa gelig het - on all sides - as
mens uitnodgongs aanvaar het na 'n huis in die Bo-Kaap of Grassy Park. Of
mense uit die Bo-Kaap ontvang het in lower Caleremont. Nogal heelwat
gegiggel ook, so saam met die wenkbrouligtery, oor wie is nou vandag se
token black en wie speel more token white. Of die token Muslim by my troue
in die Grote Kerk. (Ek was nog nie begrawe nie, so ek kan nou nie daarvan
praat nie.)

Maar, met die jare, dan tel die tokens tog. En sommige mense uit die Bo-Kaap
gaan US toe want UWK is nou UWC -'n token wat hulle nie geval nie.

Maar as daar wenkbroue gelig is oor die feit dat ek 'n swart senior by die
werk gehad het, het ek dit nie gesien nie.

LeswinLaubscher skryf in boodskap news:20000713191328.02136.00000473@ng-bd1.news.cs.com...
>> "Leendert van Oostrum" leen...@geocities.com
>
>> Ek het in die sewentigs al 'n swart senior gehad. In die "ou" Suid-Afrika.
>> En weet jy wat, geen mens het 'n wenkbrou gelig nie.
>
> Ek het 'n oom wat, net soos van oostrum hier sê, een van die weinige swartmense
> was wat, in die sewentigs supervisiemagte oor wit werkers gehad het. Ek onthou
> hoe hy vertel sy wenkbroue privaat gelig het elke aand as hul die fabriek
> uitgestap het, hy na die lokasie links, en hulle na die area regs waar sy oupa
> se huis gedek gestaan het met wit aspirasies. Ek onthou hoe sy wenkbroue, al
> te privaat, gelig het wanneer sy wit werkers vertel het van die keuse van
> skool, of universiteit, of beroep vir hul kinders, terwyl sy kinders se
> toekomsmoontlikhede geraam was in een hoërskool en UWK later. Ek onthou hoe sy
> wenkbroue gelig het - heel privaat ná - toe 'n medewerker wie se ma gesterf
> het, en wie se begrafnis hy wou bywoon, aan hom sê dat dit orraait is as hy na
> die begraafplaas toe kom, maar dat "die ander mense" miskien nie so gemaklik
> sal wees as hy die kerk- en huisdiens bywoon nie. Om die waarheid te sê, toe
> ek hom vra of hy ooit, ooit, selfs net een keer, in twintig jaar, uitgenooi was
> na die huise van sy wit medewerkers, het hy sy wenkbroue grimmig gelig. Maar
> weet jy wat sy wenkbroue die hoogste sou lig - hierdie keer al te publiek?
> Iemand wat, dertig jaar later, van hom praat en sê: "Ek het in die sewentigs
> al 'n swart senior gehad. In die 'ou' Suid-Afrika. En weet jy wat, geen mens
> het 'n wenkbrou gelig nie".
Re: Etnisiteit [boodskap #32606 is 'n antwoord op boodskap #32256] Sa, 22 Julie 2000 00:00 Na vorige boodskap
www.eep.co.za  is tans af-lyn  www.eep.co.za
Boodskappe: 42
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Volle Lid
www.eep.co.za

Leendert van Oostrum wrote in message ...
> Soos wat laubsher hier weergee, was die lig van wenkbroue inderdaad 'n
> "private" gebruik (meesal - sommige individue kon nogal heel openbaar raak).
> Dis nou oor aangeleenthede soos die wat hy hier aanroer. Maar dit was nie
> geheim nie.
>
> Mens het nogal gepraat oor al die wenkbroue wa gelig het - on all sides - as
> mens uitnodgongs aanvaar het na 'n huis in die Bo-Kaap of Grassy Park. Of
> mense uit die Bo-Kaap ontvang het in lower Caleremont. Nogal heelwat
> gegiggel ook, so saam met die wenkbrouligtery, oor wie is nou vandag se
> token black en wie speel more token white. Of die token Muslim by my troue
> in die Grote Kerk. (Ek was nog nie begrawe nie, so ek kan nou nie daarvan
> praat nie.)
>
> Maar, met die jare, dan tel die tokens tog. En sommige mense uit die Bo-Kaap
> gaan US toe want UWK is nou UWC -'n token wat hulle nie geval nie.
>
> Maar as daar wenkbroue gelig is oor die feit dat ek 'n swart senior by die
> werk gehad het, het ek dit nie gesien nie.
>
> LeswinLaubscher wrote in message
> news:20000713191328.02136.00000473@ng-bd1.news.cs.com...
>>> "Leendert van Oostrum" leen...@geocities.com
>>
>>> Ek het in die sewentigs al 'n swart senior gehad. In die "ou"
> Suid-Afrika.
>>> En weet jy wat, geen mens het 'n wenkbrou gelig nie.
>>
>> Ek het 'n oom wat, net soos van oostrum hier sê, een van die weinige
> swartmense
>> was wat, in die sewentigs supervisiemagte oor wit werkers gehad het. Ek
> onthou
>> hoe hy vertel sy wenkbroue privaat gelig het elke aand as hul die fabriek
>> uitgestap het, hy na die lokasie links, en hulle na die area regs waar sy
> oupa
>> se huis gedek gestaan het met wit aspirasies. Ek onthou hoe sy
wenkbroue,
> al
>> te privaat, gelig het wanneer sy wit werkers vertel het van die keuse van
>> skool, of universiteit, of beroep vir hul kinders, terwyl sy kinders se
>> toekomsmoontlikhede geraam was in een hoërskool en UWK later. Ek onthou
> hoe sy
>> wenkbroue gelig het - heel privaat ná - toe 'n medewerker wie se ma
> gesterf
>> het, en wie se begrafnis hy wou bywoon, aan hom sê dat dit orraait is as
> hy na
>> die begraafplaas toe kom, maar dat "die ander mense" miskien nie so
> gemaklik
>> sal wees as hy die kerk- en huisdiens bywoon nie. Om die waarheid te
sê,
> toe
>> ek hom vra of hy ooit, ooit, selfs net een keer, in twintig jaar,
> uitgenooi was
>> na die huise van sy wit medewerkers, het hy sy wenkbroue grimmig gelig.
> Maar
>> weet jy wat sy wenkbroue die hoogste sou lig - hierdie keer al te publiek?
>> Iemand wat, dertig jaar later, van hom praat en sê: "Ek het in die
> sewentigs
>> al 'n swart senior gehad. In die 'ou' Suid-Afrika. En weet jy wat, geen
> mens
>> het 'n wenkbrou gelig nie".
>
Vorige onderwerp: Plaas eise - nog 'n voorbeeld.
Volgende onderwerp: Grondverdeeling en hoeveel is beskikbaar.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 07:00:25 MGT 2024