Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Wilde Woordeboek A-C
Re: Wilde Woordeboek A-C [boodskap #30473] Di, 09 Mei 2000 00:00
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
Voltooi die gedig, asseblief; maar waar is die vloekwoorde?
Kan jy die kleurryke vloektaal hier byvoeg?

foilcut skryf in boodskap news:8f8hp3$20iq$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> Hier is 'n paar Afrikaanse woorde waarvoor mense gereeld Engels gebruik
> omdat hulle nie die korrekte Afrikaans ken nie.
> (uit Wildewoordeboek)
>
> Affair - okkasieflirtasie, toutrappertjie, hoekiejol, loslooitjie,
> konkelliefde, steelvry
> After party - najol, moljol, beseringstydjolyt, doljol, jol-na-die-bol,
> uithaak, zero-uur
> Aftjop - Inplof, slikpik, soutsweet, seningkou, kraak
> Appy - leerlaaitie, aapprofessor, moerjoggie, probeer-weer
>
> Backfire - truknor, pypknal, petrolwind, gatskiet, spoeg en spat
> Backseat driver - skouervlieg, dryfwyf, tongbestuurder, bekdrywer
> Bad mood - wildeweerbui, krap-krokbui, ashoopbui, brombui,
> papkrapbui,duiwelpak dra
> Baggies - kniekappers, beenflapper, simbaalbroek, arm darems, kniesloffers,
> poffies
> Batt (klastoesig hou) - plak, roes
> Beat ( jy .. my) - jy stop my klok, jy byt my boud, jy skil my, jy laat my
> stof suig
> Blan ( 'n ... slaan) - breinblok, asynbrein, breingly, flop in die kop,
> visbrein, geheuebreuk
> Blind (iemand is ...) - mologie, mollie, klapoog
> Blind date - moljol, lui-vry, willvangs, waagsleep, nimmertjie,
> probeer-en-pas
> Block en tackle - hou en klou, balketting, blok-en-byt, touspiere,
> kettingkatrol
> Bobby-socks - glipkousies, kniekruipers, trek-opkouse, kniekopkouse
> Body language - skeletklets
> ons land van bontes (reënboognasie) - lappiesland, Alabamaland,
> Allerasseland, Mengelland, Inkleurboekland, JosefskleedRepubliek,
> Smartieland, Blommeland, Potpouriland, Karousel, Suidparadys, Kaleidoland
> Boogie (watersports) - waterwikkel, gansdans, pensry, waterwoerts
> Brandsiek brak - brommerboel, bosluiswingerd, asblikaasvoël, vlooipaleis
> Bright spark - bofprof, wakker-rakker, blitskop, flinkdink, vonkpronk,
> vonkie-donkie
> bumper (... uitgawe van 'n boek) - boepensblad, dikstertuitgawe,
> superuitgawe
> Bungee jump - rekduik, pletterval, rek-of-vrek-sprong, malval, brugkettie,
> rukrek
> Bunny chow - boemiebrood, hasiehappie, broodjiebyt, broodsensasie
>
> CD speler - laserloerie, skyfdraaier, straalklanker, laserblaser
> Charmer - oe-aaier, wyfieklikker, verleiervryer, sjarmiet, glansgooier
> Check jou later - trap jou stert (later)
> Cheer - gilbrul, haal mangels uit
> Cherries - appelkosies, valletjies, lekkerlyfies, veerpootjies
> Chips, hier kom meneer - kraak/spat/sak-dak hier kom meneer
> Close (dit was ...) - eina-byna, stofdikte, basvelamper, amper-stamper,
> nerfkerf, nippie-naby
> Cool ( .. persoon/handeling) - ysbreker, asem-wasem ou, vars ou, aitsa ou,
> oe-a ou,
> Cope - touklou, voetestamp, son sien, oor die bult kom
> Crazy - kissies, gorillamal, gesingel, van-die-wa-af, uithuisig, kopstopper,
> apie-koors
> Cream Cracker - woestynkoekie, kraakkoekie, teëlbrood
> Creeps (die ... gee) - ritterasie gee, jou niere kielie, my tong hare gee,
> goggatrillings gee
> Cute - wipgat, poppienk, soenig, wollerige worshondjie
>
> Laat weet my as julle ouens wil hê ek moet die alfabet voltooi !
>
> Groetnis van 'n mede skoenlapper
> Susan
>
Vorige onderwerp: Re: Low. lower, lou
Volgende onderwerp: Re: afrikaans in the uk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 07:08:57 MGT 2024