Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vir die Paasfees: 'n lied in Latyn
Vir die Paasfees: 'n lied in Latyn [boodskap #30086 is 'n antwoord op boodskap #30087] Ma, 24 April 2000 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Tydens die invul van 'n blokkiesraaisel, ontdek ons vanoggend
die onverwagte betekenis van die woord "gamut", wat gewoonlik
as betekenis het "the complete range of anything." Dit beteken
ook, volgens die American Heritage Dictionary" :

"the entire series of recognized musical notes
(Middle English, contracted from Medieval Latin
gamma ut: gamma, note one tone lower than the
first note in Guido d'Arezzo's scale, from the
Greek gamma + ut (now -do-), lowest note
in Guido's scale. The notes of the scale are named
after the syllables in a Latin hymn to Saint John:

UT queant laxis
REsonare fibris
MIra gestorum
FAmuli tuorum
SOLve polluti
LAbii reatum
SAncte Johannes.

Wie gaan dit vir ons vertaal in Latyn?

Gloudina
Re: Vir die Paasfees: 'n lied in Latyn [boodskap #30087 is 'n antwoord op boodskap #30086] Ma, 24 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef...
> Arthur Hagen wrote:
>> Ik weet eerlijk gezegd niet wat "tonic solfa" betekent. Het klinkt als één
>> of ander zwavelhoudend drankje .....
>
> Arthur, Arthur. Miskien leer hulle nie meer virkinders
> die "tonic solfa" in die skole nie.

Ik heb blokfluitles gehad op de lagere school, hoor, maar je dacht toch niet
dat ze dan met 'n "tonic solfa" aan komen zetten? Welnee, al die moeilijke
woorden zijn veel te ingewikkeld voor hummeltjes van acht. Dus noemen ze het
gewoon de toonladder.

Groeten,
Arthur
Re: Vir die Paasfees: 'n lied in Latyn [boodskap #30088 is 'n antwoord op boodskap #30087] Ma, 24 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef...
>
> Dankie Arthur. Ek neem aan die "resonare" is "weerklink."Oulik ne.

Zou heb ik het vertaald "doen weerklinken".

> Het jy geweet dat die "tonic solfa" van hierdie
> liedjie afkom?

Ik weet eerlijk gezegd niet wat "tonic solfa" betekent. Het klinkt als één
of ander zwavelhoudend drankje .....

> Wanneer hulle dit sing, moet hulle dit seker
> op die verskillende toonhoogtes gesing het.

Inderdaad. Ik heb het voor je op internet gezet (ik kan de site niet meer
terugvinden waar ik het zelf van gedownload heb).

http://home.kabelfoon.nl/~hagenaa/utqueant.mp3

Groeten,
Arthur
Re: Vir die Paasfees: 'n lied in Latyn [boodskap #30089 is 'n antwoord op boodskap #30087] Ma, 24 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Arthur Hagen wrote:

> Ik weet eerlijk gezegd niet wat "tonic solfa" betekent. Het klinkt als één
> of ander zwavelhoudend drankje .....

Arthur, Arthur. Miskien leer hulle nie meer virkinders die "tonic solfa" in
die skole nie. Maar
dis tog daar in die "Sound of Music." Doh, a
deer, a female deer, Ray, a golden bit of sun.
Me, a name I call myself ens. ens.) Doh, ray,
me, fah, soh, la, te, doh - die oktaaf van
middel C, neem ek aan. Mens kan so leer
liedere sing, en in my dae het die onderwysers
met handseine die note kon aandui.

Gloudina

>
Re: Vir die Paasfees: 'n lied in Latyn [boodskap #30090 is 'n antwoord op boodskap #30087] Ma, 24 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef ...
> UT queant laxis
> REsonare fibris
> MIra gestorum
> FAmuli tuorum
> SOLve polluti
> LAbii reatum
> SAncte Johannes.
>
> Wie gaan dit vir ons vertaal in Latyn?

Het is al in Latijn :)

Neem de schuld weg van hun onreine lippen, heilige Johannes, opdat zij met
ongedwongen inborst het wonder van uw daden kunnen doen weerklinken.

Of zoiets ("queant resonare" weet ik niet zo goed te vertalen).

Groeten,
Arthur
Re: Vir die Paasfees: 'n lied in Latyn [boodskap #30091 is 'n antwoord op boodskap #30087] Ma, 24 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:39046EBB.B2FFC43B@home.com...
> Tydens die invul van 'n blokkiesraaisel, ontdek ons vanoggend
> die onverwagte betekenis van die woord "gamut", wat gewoonlik
> as betekenis het "the complete range of anything." Dit beteken
> ook, volgens die American Heritage Dictionary" :
>
> "the entire series of recognized musical notes
> (Middle English, contracted from Medieval Latin
> gamma ut: gamma, note one tone lower than the
> first note in Guido d'Arezzo's scale, from the
> Greek gamma + ut (now -do-), lowest note
> in Guido's scale. The notes of the scale are named
> after the syllables in a Latin hymn to Saint John:
>
> UT queant laxis
> REsonare fibris
> MIra gestorum
> FAmuli tuorum
> SOLve polluti
> LAbii reatum
> SAncte Johannes.
>
> Wie gaan dit vir ons vertaal in Latyn?
>
> Gloudina
>
>
Jammer, Tannie, my Latyns het in die oor ingegaan, deur die groot holte in
die middekop geskiet, en reg uit die ander oor uit.

Ag nee man, laat ek van my lui gat afklim en daai stowerige ou groot
woordeboek gaan nagaan. Nette ooomblik assebli---ef....

Nee jammer, die vergete grammatika laat my in die steek. Totdat die ware
Latynses hierdie ding vertaal, is hierdie die beste wat ek kan doen om 'n
ideë te gee van die moontlike betekenis:
UT = hoe? of hoe!
queant= min of meer "kan hulle"
laxis en fibris sou saam gaan: los/breed/ruim/relaxed + "vesels" ( the
"fibres" of your being?)
REsonare= "resonate" in Engels beteken die selfde ding- ook 'n echo.

MIra= wonderwerk? (Miracle) gestorum= gewys
gestorum gaan saam met tuorum = joune. Famuli is dienaars/ slawe.

SOlve = maak los (of dissolve?) polluti= polluted/ vuil
LAbii= lippe

reatum het iets met verantwoordelikheid en so te sê die beskuldigde in 'n
saak te wees, dink ek. Naaste wat ek aan 'n beskrywing wat kon inpas kon
kry.

.... Sint(sp?) Johannes

tot tyd en wyl dat die Latynse skoliere hier kom skoonmaak sal elkeen maar
sy eie betekenis uit hierdie moontlik misleidende woordeskat (nog weer 'n
woordearmoede?) moet skep.
Re: Vir die Paasfees: 'n lied in Latyn [boodskap #30092 is 'n antwoord op boodskap #30087] Ma, 24 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
De Waal Venter  is tans af-lyn  De Waal Venter
Boodskappe: 62
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Volle Lid
Ek het nou nie blokkiesraaisels ingevul nie, maar my stuiwer in die arm
beurs:
skryf in boodskap news:39046EBB.B2FFC43B@home.com...
> Tydens die invul van 'n blokkiesraaisel, ontdek ons vanoggend
> UT queant laxis
> REsonare fibris
> MIra gestorum
> FAmuli tuorum
> SOLve polluti
> LAbii reatum
> SAncte Johannes.
Ons ken dit nou as die 'tonic solfa' of te wel Do Re Mi Fa So La Ti Do

Dit is 'n gesang wat dateer uit die dae toe koorknapies (choir boys) die
heilige Johannes se seën/beskerming gevra het teen hees stemmetjies!
Die gebruik/ontstaan van die 'solmization' word aan een monnik Guido
dArezzo toegedig. Hy is blykbaar om en by 1050 oorlede en hy had die storie
glo ontwikkel.
(Aldus Colliers se ensiklopedie, deel 1,7 bl 4, 1983)

Die witperd se tanta
daar annerkant
in Kanada
raai raai in blokke
en skryf in Latyn
sy vra toe vir een
om te vertaal wat sy skreef

dis toe 'n baie ou storie
van 'n koor en musiek
en knapies in kore
wat sing wat hul kan

Maar ai tog helaas
g'n Latynse vertaling
sal maar moet wag en kyk

ook die tanta
daar annerkant
in Kanada.

Groetnis hier uit die Kaap waar ons darem ons reentjie gehad het
Thys
Re: Vir die Paasfees: 'n lied in Latyn [boodskap #30093 is 'n antwoord op boodskap #30087] Ma, 24 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Arthur Hagen wrote:

> Ik heb blokfluitles gehad op de lagere school, hoor, maar je dacht toch niet
> dat ze dan met 'n "tonic solfa" aan komen zetten? Welnee, al die moeilijke
> woorden zijn veel te ingewikkeld voor hummeltjes van acht. Dus noemen ze het
> gewoon de toonladder.
>
>

Nee Arthur, die tonic solfa het te doen gehadmet die manier van die musiek
neerskryf. Jy
het heelwaarskynlik musieknotasie gelees vir
jou blokfluit. Maar instede van die klassieke
musieknotasie, kan jy ook die tonic solfa-manier
van note neerskryf gebruik. So byvoorbeeld is
Vader Jakob/Frere Jacques in tonic solfa so;

doh, re, me, doh
doh, re, me, doh
me, fa, soh,
me, fa, soh
soh, la, soh, fa, me,doh
soh, la, soh, fa, me, doh
doh, soh (vorige oktaaf) doh
doh, soh (vorige oktaaf) doh

Hierdie manier is 'n maklike manier om
mense 'n lied te leer sing, sonder dat
hulle musieknotasie hoef te leer. Daar
mee was daar ook handseine, wat die
dirigent kon gebruik om die sangers te
herinner aan die musieknote.

Gloudina
Re: Vir die Paasfees: 'n lied in Latyn [boodskap #30094 is 'n antwoord op boodskap #30087] Ma, 24 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Arthur Hagen wrote:

>> UT queant laxis
>> REsonare fibris
>> MIra gestorum
>> FAmuli tuorum
>> SOLve polluti
>> LAbii reatum
>> SancTE Johannes.
>
>
> Neem de schuld weg van hun onreine lippen, heilige Johannes, opdat zij met
> ongedwongen inborst het wonder van uw daden kunnen doen weerklinken.
>
> Of zoiets ("queant resonare" weet ik niet zo goed te vertalen).

Dankie Arthur. Ek neem aan die "resonare" is "weerklink."Oulik ne. Het jy
geweet dat die "tonic solfa" van hierdie
liedjie afkom? Wanneer hulle dit sing, moet hulle dit seker
op die verskillende toonhoogtes gesing het.

Gloudina

>
>
> Groeten,
> Arthur
Re: Vir die Paasfees: 'n lied in Latyn [boodskap #30095 is 'n antwoord op boodskap #30087] Ma, 24 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Arthur Hagen wrote:

> Inderdaad. Ik heb het voor je op internet gezet (ik kan de site niet meer
> terugvinden waar ik het zelf van gedownload heb).
>
> http://home.kabelfoon.nl/~hagenaa/utqueant.mp3
>
>

Hierdie internet gaan darem net my verstand te boweSoos 'n vetgesmeerde blits
is die mp3 reg in ons
RealJukebox. Baie baie dankie.

Kom die tulpe daar by julle uit? Ons het 'n
vreeslike laat lente. Nog geen tulpe nie, en oor
drie weke is dit die Tulip Festival (omtrent die
derde week van Mei.)

Gloudina
Re: Vir die Paasfees: 'n lied in Latyn [boodskap #30096 is 'n antwoord op boodskap #30087] Ma, 24 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

> UT queant laxis
> REsonare fibris
> MIra gestorum
> FAmuli tuorum
> SOLve polluti
> LAbii reatum
> SAncte Johannes.
>
> Wie gaan dit vir ons vertaal in Latyn?
>
> Gloudina

Dit moet natuurlik lees "wie gaan ditvir ons vertaal vir ons in
Afrikaans?"
Re: Vir die Paasfees: 'n lied in Latyn [boodskap #30144 is 'n antwoord op boodskap #30087] Di, 25 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Thijs schreef...
> Arthur,
> As jy blokfluit geneem het op laerskool, dan moet die vogende begrip seker
> vir jou nog iets in jou geheue terugbring:
>
> As 'n musiekstuk in toonaard van C is, dan is die 8 note van die toonleer
> tog C,D,E,F,G,A,B,C.
> Sou dit nou in D majeur wees dan is dit D,E,F#,G,A,B,C#, D
> Met die 'Tonic Solfa" (Tonic=Tonaal) word dieselfde nootwaardes 'geskryf' as
> Doh, Re, Mi, Fa, So, La, Ti, Doh.
> Dus kan enige musiekstuk, (veral koorsangers) wat nie musieknotasie kan
> 'lees' nie, in terme van D, R, M ge'skryf' word. Dit is ook dan onafhanklik
> van toonverandering of modulasie in die toonaard van die betrokke stuk.
>

Mijn muziekleraar had het kennelijk niet zo op met die nieuwlichterij. Ik
kan me alleen maar het werken met notenbalken herinneren. Natuurlijk kan ik
me het rijtje do, re, mi, fa, so, la, si, do wel herinneren, maar van Tonic
Solfa en Klavar Scribo had ik nog nooit gehoord. Zo leer je nog eens wat.

Hoe regelen ze tempo in dat Tonic Solfa?

Groeten,
Arthur
Re: Vir die Paasfees: 'n lied in Latyn [boodskap #30146 is 'n antwoord op boodskap #30087] Di, 25 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Arthur,
As jy blokfluit geneem het op laerskool, dan moet die vogende begrip seker
vir jou nog iets in jou geheue terugbring:

As 'n musiekstuk in toonaard van C is, dan is die 8 note van die toonleer
tog C,D,E,F,G,A,B,C.
Sou dit nou in D majeur wees dan is dit D,E,F#,G,A,B,C#, D
Met die 'Tonic Solfa" (Tonic=Tonaal) word dieselfde nootwaardes 'geskryf' as
Doh, Re, Mi, Fa, So, La, Ti, Doh.
Dus kan enige musiekstuk, (veral koorsangers) wat nie musieknotasie kan
'lees' nie, in terme van D, R, M ge'skryf' word. Dit is ook dan onafhanklik
van toonverandering of modulasie in die toonaard van die betrokke stuk.

Bv. Sou 'n koorstuk in C majeur geskryf wees, en die koorleier wil graag die
drie verse laat moduleer, beteken dit dat hy dus die musiek note 3 keer sal
moet herhaal, en elke keer in 'n ander toonaard. Met die 'tonic solfa'
metode hoef hy dit slegs een keer te doen.

Terloops: Het jy al gehoor (of gesien) van die Klavar Scribo notasie
stelsel?
Dit is nog 'n manier van musieknote 'skryf' maar wat weer heel anders werk
dan die tonic solfa of die 'gewone' 5 lyn musiekstaaf.
Dit is 'n Nederlandse konsep, en heelwat van die orrelmusiek word ook so
'getranskribeer'.
Maar genoeg daarvan

Vir die musici onder (of op) die NG:
Ek is 'n amateur wat musiek betref. Ek geniet dit egter om met my
'keyboard' saam met CakeWalk te 'speel' en dan kom ek op al die inligting
af, en gaan 'n heel ander wêreld vir my oop.

Is daar nog ander musikante hier? En wat speel julle? (Behalwe die fool en
draadloos, grêmufoun, ens.)

@home.com wrote in message ...
> Arthur Hagen wrote:
>
>> Ik heb blokfluitles gehad op de lagere school, hoor, maar je dacht toch niet
>> dat ze dan met 'n "tonic solfa" aan komen zetten? Welnee, al die moeilijke
>> woorden zijn veel te ingewikkeld voor hummeltjes van acht. Dus noemen ze het
>> gewoon de toonladder.
>>
Re: Vir die Paasfees: 'n lied in Latyn [boodskap #30147 is 'n antwoord op boodskap #30087] Di, 25 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3904A870.1A2D79C@home.com...
> Arthur Hagen wrote:
>
>> Inderdaad. Ik heb het voor je op internet gezet (ik kan de site niet meer
>> terugvinden waar ik het zelf van gedownload heb).
>>
>> http://home.kabelfoon.nl/~hagenaa/utqueant.mp3
>>
>
> Hierdie internet gaan darem net my verstand te boweSoos 'n vetgesmeerde blits
> is die mp3 reg in ons
> RealJukebox. Baie baie dankie.
>
> Kom die tulpe daar by julle uit? Ons het 'n
> vreeslike laat lente. Nog geen tulpe nie, en oor
> drie weke is dit die Tulip Festival (omtrent die
> derde week van Mei.)
>
> Gloudina
>
>
>
In 'n paar maande blom die tulpe hier in die mielielande, ook. Die
blommetjies is klein en geel, en dis 'n onkruid wat die beeste vrek maak.
Die een man se tulp is die ander man se gifbol. :)
Re: Vir die Paasfees: 'n lied in Latyn [boodskap #30148 is 'n antwoord op boodskap #30087] Di, 25 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> T de Wet" th...@it.sun.ac.za

> Is daar nog ander musikante hier? En wat speel julle?

Viool en klavier - in daardie orde.
Re: Vir die Paasfees: 'n lied in Latyn [boodskap #30150 is 'n antwoord op boodskap #30087] Di, 25 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
T de Wet skryf in boodskap news:8e3ui8>

> Is daar nog ander musikante hier? En wat speel julle?

Raaskitaar, Oom. (Maar nou is die ding met 'n neef van my wat Paginini reeds
kan speel- Steve Vai se "kitaargeveg met die Duiwel", vir die van julle wat
dit ken. Ek kan nie oor myself brag nie, so ek moet maar die familie intrek.
Die outjie is goed, hoor. Hy's in die Jo'Burg "Battle of the Bands", op so
iets wat op die oomblik aan die gang is. Shawn Van Staden is sy naam. Eendag
sien julle dit dalk op 'n nuwe wending in die Afrikaanse musiek. Of miskien
nie. Dis 'n moeilike wêreld om in te oorleef).

Ek het 'n MIDI keyboard, maar uit luiguid om die ding behoorlik te leer
speel het ek dit nou aan my skoonsuster geleen. Miskien maak ek weer vir die
bure ongelukkig een van die dae.
Re: Vir die Paasfees: 'n lied in Latyn [boodskap #30151 is 'n antwoord op boodskap #30087] Di, 25 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef...
>
> Kom die tulpe daar by julle uit? Ons het 'n
> vreeslike laat lente. Nog geen tulpe nie, en oor
> drie weke is dit die Tulip Festival (omtrent die
> derde week van Mei.)

De tulpen in mijn tuin staan er sinds midden vorige week prachtig bij.

Overigens, hoewel ze er heel teer uit zien, zijn het verbazingwekkend taaie
rakkers. Langs de waterkant had ik er een drie jaar terug een aantal gepoot
en in de winter daarna werd de kade opgehoogd met bijna 25 centimeter zware
klei (zo stevig dat zelfs nu nog onkruid er niet op wil groeien). Op de één
of andere manier hebben de tulpen zich door die laag naar boven geworsteld
en nu bloeien ze mooier dan voorheen.

Groeten,
Arthur
Re: Vir die Paasfees: 'n lied in Latyn [boodskap #30193 is 'n antwoord op boodskap #30087] Wo, 26 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Arthur Hagen wrote:

> O jee, "corn". Daar kun je een mooie spraakverwarring omheen krijgen.
> Amerikanen hebben het dan over maïs en Engelsen over koren, toch? Dus
> begrijp ik nu goed dat die "tulpen" groeien in een maïsveld? Wat hebben die
> beesten van Gary er dan in 's hemelsnaam te zoeken?
>

Wel, ek dink die beeste ( koeie en bulle en kalwers) sal darem
seker nie toegelaat word om in die mielielande te gaan terwyl
dit groen en ongeoes is nie. Maar ek vermoed dat hulle toegelaat
word om in die mielielande te wei nadat dit afgeoes is, en dan sal
daar seker van die gif-tulpe daar groei. Sal vir Gary moet vra
watter seisoen die tulpe daar is.
Corn in Engeland is "koring" in Afrikaans. Dus "wheat." Ek het
nou vergeet of hulle dit "maize" in Engeland noem. Ek dink nie
"maize" kan in Engeland gekweek word nie. Maar die woord
"sweetcorn" vir ingemaakte mielies, dink ek, word selfs in SA
en Engeland gebruik.So dit is bietjie van 'n toring van Babel.
Ek neem aan julle praat dus van "mais" in Nederland. Kan dit
daar gekweek word? Miskien onderdak?

Gloudina
Re: Vir die Paasfees: 'n lied in Latyn [boodskap #30194 is 'n antwoord op boodskap #30087] Wo, 26 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gary Bartholomew schreef...
>
> In 'n paar maande blom die tulpe hier in die mielielande, ook. Die
> blommetjies is klein en geel, en dis 'n onkruid wat die beeste vrek maak.
> Die een man se tulp is die ander man se gifbol. :)
>

Geen gifbol. Je moet de bloemen niet eten; de bol schijnt wel eetbaar te
zijn, zij het dat het niet erg lekker is (volgens mijn vader dan, ikzelf heb
ze gelukkig nooit hoeven proeven).

Ik wist overigens niet dat jullie wilde tulpen hadden. Wat zijn mielielanden
eigenlijk precies?

Groeten,
Arthur
Re: Vir die Paasfees: 'n lied in Latyn [boodskap #30195 is 'n antwoord op boodskap #30087] Wo, 26 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef...
> Die tulpe-eet van jou pa het seker gedurende die
> Tweede Wereldoorlog plaasgevind?

Ja, hij was toen een jaar of vier. Maar ik heb het verhaal ook van mijn oma
gehoord, die er wel bij vertelde dat het eten van tulpenbollen een
uitzondering was; bieten waren het hoofdbestandeel van het menu. Ze vertelde
ook dat ze op de één of andere manier "wol" maakten door azijn bij melk te
voegen. Het voldeed kennelijk om ondergoed van te maken. Ik heb het eens
geprobeerd na te doen, maar de melk werd bij mij brokkelig, niet draderig.
Ze is onlangs overleden, dus kan ik haar helaas niet meer vragen hoe het
gedaan werd.

> Ek kry nou nog
> nagmerries oor wat sommige Nederlanders vir my
> vertel het van wat hulle in die oorlog moes verduur.

Toevallig heb ik net een boekje gelezen over ons dorp en de lotgevallen van
haar bewoners gedurende de oorlog. Het is soms heel moeilijk voor te stellen
dat dat allemaal eigenlijk nog maar zo relatief kort geleden is. Het waren
zeker in de begindagen heel spannende tijden met Duitse paratroepen die hier
in het Westland geland waren om het vliegveld Ypenburg te bezetten, maar de
(goed bewapende) stad Delft op hun weg vonden. Ook heel indrukwekkend is de
beschrijving van de aanblik die het brandende Rotterdam bood. Ik kreeg er
wel een beetje kippenvel van.

> "Mielielande" is wat die Amerikaners "corn fields"
> noem. Wat noem julle in Nederlands dit wat die SA en
> Engelse "maize" noem, die Franse "mais" en die
> Amerikaners "corn."

O jee, "corn". Daar kun je een mooie spraakverwarring omheen krijgen.
Amerikanen hebben het dan over maïs en Engelsen over koren, toch? Dus
begrijp ik nu goed dat die "tulpen" groeien in een maïsveld? Wat hebben die
beesten van Gary er dan in 's hemelsnaam te zoeken?

Groeten,
Arthur
Re: Vir die Paasfees: 'n lied in Latyn [boodskap #30196 is 'n antwoord op boodskap #30087] Wo, 26 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Arthur Hagen wrote:

> Gary Bartholomew schreef...
>>
>> In 'n paar maande blom die tulpe hier in die mielielande, ook. Die
>> blommetjies is klein en geel, en dis 'n onkruid wat die beeste vrek maak.
>> Die een man se tulp is die ander man se gifbol. :)
>>
>
> Geen gifbol. Je moet de bloemen niet eten; de bol schijnt wel eetbaar te
> zijn, zij het dat het niet erg lekker is (volgens mijn vader dan, ikzelf heb
> ze gelukkig nooit hoeven proeven).
>
> Ik wist overigens niet dat jullie wilde tulpen hadden. Wat zijn mielielanden
> eigenlijk precies?
>
>

Arthur, ek dink die oorspronklike mense uit Nederlandhet seker die naam "tulp"
aan hierdie onkruid gegee omdat
dit na 'n tulp se blom gelyk het. Maar ek dink nie hulle
behoort aan dieselfde familie nie. Ek sal dit aan Gary
oorlaat om hulle te beskryf. Ek het nog nooit 'n giftulp
gesien nie, maar ek weet dat my pa daarvan gepraat het.
Die tulpe-eet van jou pa het seker gedurende die
Tweede Wereldoorlog plaasgevind? Ek kry nou nog
nagmerries oor wat sommige Nederlanders vir my
vertel het van wat hulle in die oorlog moes verduur. Die
een wat my die meeste bybly, was die stories van
'n man wat vertel het dat in die bombardering hy as 'n
klein seuntjie van sy ouers geskei is. 'n Klomp van die
kinders het toe buite 'n Duitse soldate-kamp geplak,
en die Duitse soldate het vir hulle kos gegee. Hulle was
later baie geheg aan van die Duitse soldate, en dit was
vir hulle swaar om ook van hulle geskei te word toe die
Duitsers uit Nederland gestoot is. Uiteindelik is hy toe
weer met sy ouers verenig aan die einde van die oorlog.
Hy het in Rotterdam gebly.
"Mielielande" is wat die Amerikaners "corn fields"
noem. Wat noem julle in Nederlands dit wat die SA en
Engelse "maize" noem, die Franse "mais" en die
Amerikaners "corn."

Gloudina
Re: Vir die Paasfees: 'n lied in Latyn [boodskap #30197 is 'n antwoord op boodskap #30087] Wo, 26 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
Arthur Hagen skryf in boodskap news:8e747s$9p2$1@porthos.nl.uu.net...
> Gary Bartholomew schreef...
>>
>> In 'n paar maande blom die tulpe hier in die mielielande, ook. Die
>> blommetjies is klein en geel, en dis 'n onkruid wat die beeste vrek maak.
>> Die een man se tulp is die ander man se gifbol. :)
>>
>
> Geen gifbol. Je moet de bloemen niet eten; de bol schijnt wel eetbaar te
> zijn, zij het dat het niet erg lekker is (volgens mijn vader dan, ikzelf heb
> ze gelukkig nooit hoeven proeven).
>
> Ik wist overigens niet dat jullie wilde tulpen hadden. Wat zijn mielielanden
> eigenlijk precies?
>
> Groeten,
> Arthur
>
>
Ek weet nie of ons "tulp" botanies met die gekweekte tulpe saamhoort nie. My
Pa het so gesê en ek het dit maar geglo.

Tussen die vaal mieliestronke en die grondkleur kom daar groen in die winter
op in die gestroopte lande wat soos mooi groen weiding op plekke kan lyk vir
mens of bees. Die bees wat hierdie groenigheid gaan eet vrek as mens nie
vinnig bykom met die kaolin en geaktiveerde koolstof nie.

Die plante het lang, donker-groen, gladde, lemagtige blare- amper soos 'n
regop gras, maar vetter. Daar is nie veel blare nie- miskien drie of vier
per plant. In die middel kom die blom stam op, en bo-op is daar 'n klein,
geel blommetjie- sê maar vyftien sentimeter.

Om die beeste te leer om die versoeking van die groen tussen al die vaal
goed te weerstaan, gee mens hulle 'n "tulp-sop" wat hulle 'n bietjie siek
maak. Hulle onthou dan die reuk van die plant, en vermy dit.
Re: Vir die Paasfees: 'n lied in Latyn [boodskap #30204 is 'n antwoord op boodskap #30087] Do, 27 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Arthur Hagen wrote:

> het eten van tulpenbollen een
> uitzondering was; bieten waren het hoofdbestandeel van het menu. Ze vertelde
> ook dat ze op de één of andere manier "wol" maakten door azijn bij melk te
> voegen. Het voldeed kennelijk om ondergoed van te maken. Ik heb het eens
> geprobeerd na te doen, maar de melk werd bij mij brokkelig, niet draderig.
> Ze is onlangs overleden, dus kan ik haar helaas niet meer vragen hoe het
> gedaan werd.
>
>

Ek neem aan "bieten" is dit wat ons in Afrikaans "beet" noem. Rooibeet.Ja,
mens sou seker die beet op verskillende maniere kon opkook, maar
ek sidder darem as ek dink watter gevolge so 'n aanhoudende beet-etery
gehad het op die mense se ontlasting.
Oor beet: ek was baie verbaas met my eerste besoek aan Europa om
uit te vind dat suiker van beet gemaak kan word. (Ek het my verbeel dit
was nie so soet soos rietsuiker nie.) Dit is een ding waarvan jy seker kan
wees in SA. Die suiker kom van suikerriet af. Ek sien nou en dan hier in
ons vrugtewinkels suikerriet. En mense koop dit. Veral mense uit die
Karibbiese Eilande. Hulle gebruik dit seker in sommige disse. Of kou dit
sommer vir die plesier.
Ek wonder of jou ouma nie-gepasteuriseerde melk gebruik het, en
miskien selfs tuisgemaakte asyn, en dat dit die verskil sou maak in die
voorbereiding van die soort materiaal waarna sy blykbaar verwys het.

Gloudina
Re: Vir die Paasfees: 'n lied in Latyn [boodskap #30205 is 'n antwoord op boodskap #30087] Do, 27 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Gary Bartholomew wrote:

> Ek weet nie of ons "tulp" botanies met die gekweekte tulpe saamhoort nie. My
> Pa het so gesê en ek het dit maar geglo.
>
> Tussen die vaal mieliestronke en die grondkleur kom daar groen in die winter
> op in die gestroopte lande wat soos mooi groen weiding op plekke kan lyk vir
> mens of bees. Die bees wat hierdie groenigheid gaan eet vrek as mens nie
> vinnig bykom met die kaolin en geaktiveerde koolstof nie.
>
> Die plante het lang, donker-groen, gladde, lemagtige blare- amper soos 'n
> regop gras, maar vetter. Daar is nie veel blare nie- miskien drie of vier
> per plant. In die middel kom die blom stam op, en bo-op is daar 'n klein,
> geel blommetjie- sê maar vyftien sentimeter.
>
> Om die beeste te leer om die versoeking van die groen tussen al die vaal
> goed te weerstaan, gee mens hulle 'n "tulp-sop" wat hulle 'n bietjie siek
> maak. Hulle onthou dan die reuk van die plant, en vermy dit.

Baie interessant, Gary. Hier is die beskrywing van die plantwat jy hierbo
beskrywe uit die "Dictionary of South African English."

TULP. Any of several species of Moraea or Homeria of the
Iridaceae, with graceful showy flowers. Highly toxic to stock,
it is most dangerous after dry periods when it grows up together
with new grass; cattle used to it know it and avoid it."

Lyk my dus die tulp is eintlik 'n Iris.

Gloudina
Re: Vir die Paasfees: 'n lied in Latyn [boodskap #30206 is 'n antwoord op boodskap #30087] Do, 27 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef...
> Oor beet: ek was baie verbaas met my eerste besoek aan Europa om
> uit te vind dat suiker van beet gemaak kan word. (Ek het my verbeel dit
> was nie so soet soos rietsuiker nie.)

Er is misschien wel sprake van een heel licht smaakverschil, maar het
hoofdbestandeel, suiker, is chemisch exact dezelfde stof en dus even zoet.

Over maïs:
> Ek neem aan julle praat dus van "mais" in Nederland. Kan dit
> daar gekweek word? Miskien onderdak?

Maïs groeit hier heel goed buiten. Half Brabant staat er vol mee. Het wordt
vooral gebruikt als veevoer. Ik geloof dat ze de hele plant (steel, blad en
kolven) daarvoor gebruiken.

Groeten,
Arthur
Re: Vir die Paasfees: 'n lied in Latyn [boodskap #30217 is 'n antwoord op boodskap #30087] Vr, 28 April 2000 00:00 Na vorige boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:390877F4.8A8B631@home.com...
Gary Bartholomew wrote:

> Ek weet nie of ons "tulp" botanies met die gekweekte tulpe saamhoort nie. My
> Pa het so gesê en ek het dit maar geglo.
>
Hier is die beskrywing van die plantwat jy hierbo
beskrywe uit die "Dictionary of South African English."

TULP. Any of several species of Moraea or Homeria of the
Iridaceae, with graceful showy flowers. Highly toxic to stock,
it is most dangerous after dry periods when it grows up together
with new grass; cattle used to it know it and avoid it."

Lyk my dus die tulp is eintlik 'n Iris.

:Dankie Tannie. Ek weet nie of 'n mens die blommetjies as juis "showy" kan
beskryf, maar hulle is mooi al is hulle klein.
(Hierdie "International Keyboard" van my het skielik verdwyn! Help, iemand!
My rekenaar is 'n psichopaat.(sp?))
Vorige onderwerp: Re: ke e:/xarra //ke
Volgende onderwerp: GLODINA SE PROBLEEM
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 11:23:18 MGT 2024