Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Heel van die punt af
Heel van die punt af [boodskap #30072] So, 23 April 2000 00:00
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink ons is nou heel van die punt af waar ons begin het.

Sover ek kan onthou was dit oor die Zim boere en die plaasbesettings en
moorde op plaasboere en aanvalle op die werkers .

Daar is nou twee dood en verskei beseer.

Al wat ons kan hoop is dat daar n end kom aan die onnodige lewensverlies. Ek
dink daar was nou genoeg moord en doodslag hier aan die suidpunt van Afrika
en dit van beide kante af. Beide kante is ewe skuldig gewees.

Al wat ek hoop in die tyd dat ons n slag gaan bid want dit is al wat ons
gaan help. Ons kan mekaar name noem en in klasse gooi maar dit bring ons
maar net weer terug waar ons was en dit wil ons seker nie weer he nie. Want
die persoon wat se hy wil dit terug he wat ons gehad het is seker nie reg in
sy kop nie.

Ek se weer Suid Afrika is n unieke land want dit is die samevloiing van
volke, kulture en gelowe en dit is hoogtyd dat ons begin saamwerk en al hoe
dit kan gebeur as ons mekaar se kulture en gelowe eerbiedig.

Dit is paasnaweek, kom ons sit en dink wat reg is en nie wat in die verlede
gebeur het nie. Ek dink hier is nie een van ons wat nie n klip kan gooi
nie.Ons het almal foute en het foute in die verlede gemaak. Ek self het
foute gemaak wat ek nie op trots is nie maar ons kan vergewe en voortgaan in
voorspoed of nie vergewe nie en terug val waar ons was

Jammer as my taal gebruik nie so goed is nie maar ek hoop julle probeer
verstaan wat ek se. Ek merk hier is persone wat van die digkuns hou
,ongelukkig is dit nie n pasie van my nie. Ek voel meer gelukkig in my
voelhokke. Daar is niks beter vir my om met voels te teel nie en vis te vang
nie.Maar so het ons elkeen ons eie liefde. Ek kan wel se ek het iets geleer
van die digkuns af.

Die wat saamstem met my of verskil kan antwoord en dan probeer ons weer
sonder om in mekaar se karakters in te klim. EN EK WAS OOK SKULDIG
DAARAAN en vra omverskoning.

Reenen van Niekerk
Re: Heel van die punt af [boodskap #30074 is 'n antwoord op boodskap #30072] So, 23 April 2000 00:00 Na vorige boodskap
Tobie de Villiers  is tans af-lyn  Tobie de Villiers
Boodskappe: 50
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
Voël-mense is spesiale mense. :-)
--
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Parrot owners visit these sites:
------------------------------
http://www.parrotline.org/
http://www.mjvn.co.za/ringneck/2_ml10.htm
http://www.upatsix.com/liz/ (Parrotbehavior)
--------------------------------------------
My Parrot Photo Album:
-------------------------
http://albums.photopoint.com/j/AlbumList?u=66404&Auth=fa lse (new photos)
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Reenen van Niekerk skryf in boodskap news:3902db8a.0@news1.mweb.co.za...
> Ek dink ons is nou heel van die punt af waar ons begin het.
============ snip ===========================
Ek voel meer gelukkig in my
> voelhokke. Daar is niks beter vir my om met voels te teel nie en vis te vang
> nie.Maar so het ons elkeen ons eie liefde. ========= snip ===================
>
> Reenen van Niekerk
>
Vorige onderwerp: Re: Heel van die punt af
Volgende onderwerp: Vir mister Laubscher
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 16:07:40 MGT 2024