Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Heel van die punt af
Re: Heel van die punt af [boodskap #30071] So, 23 April 2000 00:00
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ja Reenen, soms lyk dit vir my asof ons maar net in kringe draai. Die plaat
waarop die SA lied gesny is het 'n diepe groef, maar ons moet daar uit. Ons
het 'n vars rigting nodig, en die hele ronddraaiery van skuld en onskuld
pleit is een ding wat ons maar nou mee moet klaarkry. Die WVK het sy foute
gehad, maar ek dink Desmond Tutu se siening van die ding was dat dit die
afhandeling van 'n saak moes wees, soos wat in die Christelike ide� van
versoening veronderstel is om te geskied.

Ons het 'n nuwe beginpunt nodig. Hierdie ellendige sirkels laat ons koppe
net tol. Wat is die nuwe vertrekpunt en die vars nuwe rigtingswind? Jammer,
ek weet nie. As ek geweet het, het ek dit hardop verkondig het. Ek voel net
dis iets wat kort. Die vryheid het vir ons almal gekom, maar nou weet geneen
wat om daarmee te maak nie.

Reenen van Niekerk skryf in boodskap news:3902db8a.0@news1.mweb.co.za...
> Ek dink ons is nou heel van die punt af waar ons begin het.
>
> Sover ek kan onthou was dit oor die Zim boere en die plaasbesettings en
> moorde op plaasboere en aanvalle op die werkers .
>
> Daar is nou twee dood en verskei beseer.
>
> Al wat ons kan hoop is dat daar n end kom aan die onnodige lewensverlies. Ek
> dink daar was nou genoeg moord en doodslag hier aan die suidpunt van Afrika
> en dit van beide kante af. Beide kante is ewe skuldig gewees.
>
> Al wat ek hoop in die tyd dat ons n slag gaan bid want dit is al wat ons
> gaan help. Ons kan mekaar name noem en in klasse gooi maar dit bring ons
> maar net weer terug waar ons was en dit wil ons seker nie weer he nie. Want
> die persoon wat se hy wil dit terug he wat ons gehad het is seker nie reg in
> sy kop nie.
>
> Ek se weer Suid Afrika is n unieke land want dit is die samevloiing van
> volke, kulture en gelowe en dit is hoogtyd dat ons begin saamwerk en al hoe
> dit kan gebeur as ons mekaar se kulture en gelowe eerbiedig.
>
> Dit is paasnaweek, kom ons sit en dink wat reg is en nie wat in die verlede
> gebeur het nie. Ek dink hier is nie een van ons wat nie n klip kan gooi
> nie.Ons het almal foute en het foute in die verlede gemaak. Ek self het
> foute gemaak wat ek nie op trots is nie maar ons kan vergewe en voortgaan in
> voorspoed of nie vergewe nie en terug val waar ons was
>
> Jammer as my taal gebruik nie so goed is nie maar ek hoop julle probeer
> verstaan wat ek se. Ek merk hier is persone wat van die digkuns hou
> ,ongelukkig is dit nie n pasie van my nie. Ek voel meer gelukkig in my
> voelhokke. Daar is niks beter vir my om met voels te teel nie en vis te vang
> nie.Maar so het ons elkeen ons eie liefde. Ek kan wel se ek het iets geleer
> van die digkuns af.
>
> Die wat saamstem met my of verskil kan antwoord en dan probeer ons weer
> sonder om in mekaar se karakters in te klim. EN EK WAS OOK SKULDIG
> DAARAAN en vra omverskoning.
>
> Reenen van Niekerk
>
Vorige onderwerp: Re: Leswin Laubscher = bantoe?
Volgende onderwerp: Heel van die punt af
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 08 18:12:03 MGT 2024