Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Zimbabwe en setlaars
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29627 is 'n antwoord op boodskap #29525] Sa, 01 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
Nee Ferdi, jou interpretasie van my "feite" is heeltemal verkeerd. Ek het
dit duidelik gemaak dat ek net van "One Settler; One Bullet" as 'n vorm van
"redenasie" met die stemgeregtigdes, soos dit deur die tannie gestel is,
praat.

Ek stry nie met jou feite nie. (Behalwe as jy my wil probeer oortuig dat ek
nie Peter Mokaba gehoor het toe hy die PAC slagspreuk gebruik het). Maar wat
daarvan? Ek het gepraat van die "feite" wat uitgesaai word op die land se
openbare lieginstrument, en dis al.

Vat aan my stelling dat die TV die "feite" vir die meeste mense skep as jy
wil. Miskien is dit nie so 'n waterdigte stelling, en ons kan mistens sinvol
hieroor debateer; maar ek kom nie saam op die wandelpad waarheen jou
mistasting van my hele punt lei nie.

Ferdi Greyling skryf in boodskap news:38f1d4fe.4758580@news.icon.co.za...
> On Wed, 29 Mar 2000 21:47:33 +0200, "Gary Bartholomew"
> wrote:
>
> >> blankes begin besef het dat dit nou nie meer speletjes is nie. Dat as
>> hulle
>>> hul nie regruk nie, daar volskaalse burgeroorlog sou kom. Die kreet
>>> "one settler, one bullet" was 'n sielkundige wapen, en myns insiens nogal
>>> 'n suksesvolle een.
>>>
>>> Gloudina
>>>
>> Nou soos wat ek dit onthou, het hierdie ding na vore gekom toe Peter Mokaba
>> sy loopbaan begin bou het (DWS op TV- en dus op 'n plek waar dit moontlik
>> hierdie invloed op die kiesers sou kon he^). Tannie kan my regstel as my
>> feite verkeerd het, maar het die Peter Mokaba nie vir die eerste keer in die
>> kollig gestaan toe die proses van onderhandeling al lankal op dreef
was?>>
>
> Jou feite is baie, baie verkeerd.
> "One settlar one bullit" is 'n PAC-slagspreek. Die PAC het in die jare
> 50 tot stand gekom nadat 'n klomp ANC-lede beswaar gehad het teen die
> ANC se "toelating" van wit lede en omdat hulle baie sterker oor die
> grond-kwessie gevoel het as die ANC.
>
> One settler one bullit was NOOIT 'n ANC-slagspreek nie. Nie destyds
> nie en nie nou nie.
>
> Peter Mokaba is 'n ANC-lid en medium level leier. Dis nou. Tydens die
> onderhandelinge was hy 'n jeugleier.
>
> Wat jy aan dink is moontlik sy dans op maat van "kill the farmer kill
> the boer" destyds by Wits?
>
> Jy is ook verkeerd oor Mokaba se loopbaan.
> Hy was lank voor die onderhandelinge 'n relatief prominente jeugleier
> in die ANC- onder meer in die townships en - as ek reg onthou - in die
> destydse Noord-Transvaal.
> Mokaba het ook geen rol hoegenaamd in enige van die onderhandelinge
> gespeel nie. Nie by pre-Kodesa nie, nie by Kodesa nie en nie by
> Kemptonpark nie. Ook nie na Kemptonpark in die parlement nie. Hy was
> in fact - sover ek kan onthou - nie eers lid van enige van daardie
> onderhandeling-spanne nie.
> Hy het moontlik besoek by onderhandelinge in Kemptonpark afgele, maar
> dan ook nie baie kere nie.
>
> gekom het
>> eers na die vrylating van Nelson Mandela, en as ek reg is, dan sal daar
>> hewig gebuig en gedraai moet word met die feite van die geval om dit by 'n
>> kousale interpretasie te laat pas, nie so nie?>>
>
> Jy is verkeerd. Soos gese, dis n PAC-slagspreuk. Ek neem aan jy het
> voor Mandela se vrylating in 1990 nie baie met die PAC te doen gekry
> nie? Anders sou jy die slagspreuk geken het?
>
> Afrika?
>> Soos ons in Meestersvloekerstaal sê, "You're free to have your own
>> opinions, but you can't have your own facts".>>
>
> He, he... waar het JY TV gekyk? In Kanada? Want jou feite is sure as
> hell so deurmekaar soos 'n rondgeswaaide hoender.
>
[color=blue]>
Re: Ferdi grawe ou koeie uit die sloot [boodskap #29628 is 'n antwoord op boodskap #29595] Sa, 01 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Nou goed, Ferdi. Hier kom dit: Ek trek onvoorwaardelik my woorde terug.
Ek het eintlik die oorspronklike stelling in ligte luim gemaak en nie
probeer om woorde in jou mond te lê nie. Maar jy't dit anders verstaan en
daaroor is ek spyt. Is dit goed genoeg?

Die thread het oorspronklik gegaan om die 'Siek situasie' in die land, soos
(ek dink dit was Brollox) iemand dit gesien het en jou en sy wedersydse
kommentaar daarop. Ek stem in 'n groot mate saam met Brollox. Ek is veral
bekommerd oor die plaasmoorde en wat dit in die langtermyn (dalk nie so) vir
ons gaan inhou. Dis oor daardie onderwerp wat ek graag jou siening sou wou
hoor.

Groete,
Dries

Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Thu, 30 Mar 2000 21:00:09 +0200, "Dries Venter"
> wrote:
>
> hulle ooit
>> meer reg op die grond het nie. Jy kan maar gaan kyk in die argiewe. Dit is
>> net so maklik om in die argiewe te gaan kyk dat (a) Jy nog NOOIT kritiek
>> teen die huidige regering gelewer het nie, (b) jy keer op keer weier om
>> enigiets negatief raak te sien (c) Jou eerste reaksie teen iemand wat kla
>> oor dinge hier is om hom te wil wegja uit die land. Dus, nalv "if it walks
>> like a duck, quacks like a duck, shits like a duck, smells like a duck, it
>> must be a duck" dink ek dit was 'n redelik van my om aan te neem hoe jy sou
>> reageer. Jy het natuurlik tot datum nog nie my verkeerd bewys nie, jy het
>> wel die saak destyds mooi gesystap (terloops, dit was waarvoor jy 10/10
>> gekry het, die systap)>>
>
> Daar was geen systap nie. Ek het vir jou gese ek antwoord nie as jy so
> optree nie.
> Behalwe dat sulke optrede nie die respek van 'n eerlike antwoord
> verdien nie, is dit srtupid ook want jy het jou intensie duidelik
> gesein met die intrapslag - en dit was nie nie om te wil weet wat ek
> dink nie.
>
> Rakend ""kritiek teen die huidige fregering". Ek gaan ook nie in
> daardie slaggat trap nie.
> Se ek ek het nie, se jy "sien daar!".
> Se ek het het, is ons in 'n gesprek oor wat en wanneer ek dit gese
> het.
>
> Ek het beginsels waaraan ek optrede oordeel. En ek glo in eerlikheid.
> En aan die hand daarvan oordeel ek. Dis nie vir my 'n issue om
> negatief of positief oor dit of dat te wees nie.
>
> Rakende jou ander opmerkings oor mense wat landuit loop, wat de hel
> het dit te doen met die hele kwessie? Is jy bietjie verward of probeer
> jy 'n ander kwessie insleep? Indien wel, wat is die rede daarvoor?
>
> terug te
>> trek, sou jy die moeite wou doen om die sakie van destyds te wou antwoord,
>> en nie weer te systap nie. BEWYS vir my dat my aanname verkeerd (of reg!)
>> was.>>
>
> Jy maak die aantyging. Jy moet dit bewys. As jy wil. Ek nie veel
> belang by sulke pogings tot bewys nie. Dis bietjie baie soos "slaan jy
> dalk jou vrou, indien nie, bewys dit".
>
[color=blue]>
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29629 is 'n antwoord op boodskap #29525] Sa, 01 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 29 Mar 2000 21:47:33 +0200, "Gary Bartholomew"
wrote:

> blankes begin besef het dat dit nou nie meer speletjes is nie. Dat as[/color]
> hulle
>> hul nie regruk nie, daar volskaalse burgeroorlog sou kom. Die kreet
>> "one settler, one bullet" was 'n sielkundige wapen, en myns insiens nogal
>> 'n suksesvolle een.
>>
>> Gloudina
>>
> Nou soos wat ek dit onthou, het hierdie ding na vore gekom toe Peter Mokaba
> sy loopbaan begin bou het (DWS op TV- en dus op 'n plek waar dit moontlik
> hierdie invloed op die kiesers sou kon he^). Tannie kan my regstel as my
> feite verkeerd het, maar het die Peter Mokaba nie vir die eerste keer in die
> kollig gestaan toe die proses van onderhandeling al lankal op dreef was?>>

Jou feite is baie, baie verkeerd.
"One settlar one bullit" is 'n PAC-slagspreek. Die PAC het in die jare
50 tot stand gekom nadat 'n klomp ANC-lede beswaar gehad het teen die
ANC se "toelating" van wit lede en omdat hulle baie sterker oor die
grond-kwessie gevoel het as die ANC.

One settler one bullit was NOOIT 'n ANC-slagspreek nie. Nie destyds
nie en nie nou nie.

Peter Mokaba is 'n ANC-lid en medium level leier. Dis nou. Tydens die
onderhandelinge was hy 'n jeugleier.

Wat jy aan dink is moontlik sy dans op maat van "kill the farmer kill
the boer" destyds by Wits?

Jy is ook verkeerd oor Mokaba se loopbaan.
Hy was lank voor die onderhandelinge 'n relatief prominente jeugleier
in die ANC- onder meer in die townships en - as ek reg onthou - in die
destydse Noord-Transvaal.
Mokaba het ook geen rol hoegenaamd in enige van die onderhandelinge
gespeel nie. Nie by pre-Kodesa nie, nie by Kodesa nie en nie by
Kemptonpark nie. Ook nie na Kemptonpark in die parlement nie. Hy was
in fact - sover ek kan onthou - nie eers lid van enige van daardie
onderhandeling-spanne nie.
Hy het moontlik besoek by onderhandelinge in Kemptonpark afgele, maar
dan ook nie baie kere nie.

eers na die vrylating van Nelson Mandela, en as ek reg is, dan sal daar[/color]
> hewig gebuig en gedraai moet word met die feite van die geval om dit by 'n
> kousale interpretasie te laat pas, nie so nie?>>

Jy is verkeerd. Soos gese, dis n PAC-slagspreuk. Ek neem aan jy het
voor Mandela se vrylating in 1990 nie baie met die PAC te doen gekry
nie? Anders sou jy die slagspreuk geken het?

Soos ons in Meestersvloekerstaal sê, "You're free to have your own[/color]
> opinions, but you can't have your own facts".>>

He, he... waar het JY TV gekyk? In Kanada? Want jou feite is sure as
hell so deurmekaar soos 'n rondgeswaaide hoender.

<
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29630 is 'n antwoord op boodskap #29525] Sa, 01 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Ferdi Greyling wrote:

> wrote:

>> maar een feit is daaruit duidelik. BJ Vorster en ou Pik Botha het die land
>> vir Mugabe gegee. Die skelm Britte was daar, maar hulle het die samewerking
>> van Vorster nodig gehad, en hy het dit gegee. (Ter wille van hierdie
>> "Detente" bedrogspul wat die goed toe probeer verkoop het).>>
>
> Weet jy wat het gebeur? Hulle het vir Ian "thousand years" Smith gese:
> "Swaer, jy jaag kak aan. Dit kan nie hou nie. Jy doen die ding
> verkeerd."
>
> En hulle was reg.
>
> Het jy al gedink aan wat jy se??!!
> Weet jy wat is die logiese volgende afleiding van wat jy se?
> Dit is: As dit nie vir Vorster of Pik Botha was nie, was Ian Smith
> vandag nog aan bewind in "Rhodesia".
>
>

Ek is baie geinteresseerd in hierdie gesels. Soos die toeval dit wilhe het ek
detail-informasie oor hierdie periode in die geskiedenis
van Suidelike Afrika. Dis omdat my man nog altyd 'n verhaal
beplan (as vervolg op 'n vorige gepubliseerde verhaal) wat
deels afspeel in Wene in die jaar 1977 tydens die Vorster-Mondale
samesprekings wat op Mei 19 en 20, 1977 gehou is in die
Hofburg Paleis in Wene. Vorster en Pik Botha en 5 SA Ambassadeurs
in Europese lande en Noord-Amerika het eers byeengekom by die
huis van die SA Ambassadeur in Oostenryk. Daarna vind die same-
sprekings met Mondale plaas. Hierdie ontmoetings is 'n keerpunt
vir die verhouding tussen SA en die VSA. President Carter staan voor
dat onderhandelings oor Rhodesia, SWA en SA as 'n totaliteit gesien
word. (Vroeer onderhandelings tussen die VSA en
Engeland op Mei 7 het die grondslag gevorm van die vredesplan vir
Rhodesia, met as voorvereiste dat die Selous Scouts ontbind sou word.)
Mens moet al die dinge teen die agtergrond sien van intense
Kommunistiese belangstelling in Suidelike Afrika. Podgorny en Fidel
Castro besoek verskillende Afrikaanse state, insluitende Mosambiek. En
Samora Machel teken 'n vriendskaps-ooreenkoms met die Russe. Andrew
Young besoek suidelike afrika.as envoi vir Carter. Pik Botha kla : "I have
virtually been branded an American agent." Hy neem Carter en Young
kwalik dat hulle geen tegemoetkoming in SA sal maak tensy daar 'n
meerderheids-owerheid in SA totstand kom nie.
Andrew Young, die VSA ambassadeur na die Verenigde Volke,
woon 'n VV-spesiale konferensie by in Maputo. Hier pleit vryheidsvegters
en meer vredevolle onderhandelaars vir hulle taktieke om ontslae te raak
van die wit dominansie in Suid-Afrika. Daarna besoek Andrew Young
Pretoria en praat met besigheidsleiers oor die toekoms in SA. "One of the
good things about South Africa is that nobody has anywhere to go, and you
have no choice but to work it out or fight it out."
In my man se beplande storie word sy held uit die vorige storie (met
die kodenaam Penkop) gestuur om Vorster om die lewe te bring. Sy bevele
kom van ver- regse elemente in die SA weermag. Die beplande storie sal dan
draai om die feit dat Penkop hierdie keer ook weer (net soos in die eerste
storie) sy bevele sal verontagsaam en die haat van sy regse bevelgewers op
die hals haal.

Gloudina
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29631 is 'n antwoord op boodskap #29525] Sa, 01 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling skryf in boodskap news:38f0d3b7.4431230@news.icon.co.za...
> On Wed, 29 Mar 2000 21:54:49 +0200, "Gary Bartholomew"
> wrote:
>
> kry 'n
>> hele klomp goed totaal deurmekaar, en mens moet altyd onthou dat dit die
>> herinnerings van 'n gelowige is in 'n saak wat lankal teen hom beklink is,
>> maar een feit is daaruit duidelik. BJ Vorster en ou Pik Botha het die land
>> vir Mugabe gegee. Die skelm Britte was daar, maar hulle het die samewerking
>> van Vorster nodig gehad, en hy het dit gegee. (Ter wille van hierdie
>> "Detente" bedrogspul wat die goed toe probeer verkoop het).>>
>
>
> Huh?
> Voel jy OK?
>
> 1. Dit was nie hulle land nie.
> 2. Hulle het geen seggenskap gehad oor die land nie.

Geen seggenskap nie? Is jy ernstig? Ek praat van die werklikhede van die
situasie, nie die formele regssituasie nie.

> 3. Hulle het nie die RF gestig nie.
> 4. Hulle was nie eers lid van die RF nie.
> 5. Hulle KON nie lid van die RF gewees het nie.
> 6. Hulle het nie die oorlog begin nie.
> 7. Hulle het nie oorlog beeindig nie.
> ens. ens.
>
Qui facit per alia facit per se.

> Weet jy wat het gebeur? Hulle het vir Ian "thousand years" Smith gese:
> "Swaer, jy jaag kak aan. Dit kan nie hou nie. Jy doen die ding
> verkeerd."
>
> En hulle was reg.
>
Dis een moontlike feitestelling, maar ek het so vermoede dat dit "feite" is
wat jy sommer uit jou duim gesuig het is. Gaan lees die boek, dan kan ons
feitestellings vergelyk.

> In fact, as hulle nie vir Smith gaan help het met 'n moerse lot van
> ons geld, wapens en die lewens van Suid-Afrikaners nie, het sy 1000
> jarige ryl baie vroeer ineengestort.
>

Ja. Maar maak hierdie stelling van die punte wat jy bo-aan die pos gemaak
het, dan? En hoekom het hulle eers die Smith regering ondersteun? Vir 'n
saak wat "reg was" of om die moeilikheid uit die huis uit te hou? Ek vermoed
frontverskywing soos in ons Namibiese oorlog. Miskien is ek verkeerd.

> Het jy al gedink aan wat jy se??!!
> Weet jy wat is die logiese volgende afleiding van wat jy se?
> Dit is: As dit nie vir Vorster of Pik Botha was nie, was Ian Smith
> vandag nog aan bewind in "Rhodesia".
>
Waar sê el dit?

> Fokit, man! Het jy al koffie gedring vanoggend??!!
>
>
Die ou wat op een dag die euwels van apartheid uitwys, en dan die volgende
dag so praat dat 'n mens amper sou dink dat hy wil voorgee dat skelm John
Vorster eintlik 'n opregtige ou was, vertel my dat ek 'n bietjie koffie in
die bloedstroom nodig het?

Neewat, ou Ferdi. Gaan lees die boek of kry beter bewyse as net jou goeie
opinie vir die stelling dat Vorster-hulle nie vir ou Smith (en hulle was
maatjies of hoe?) uitverkoop het nie.
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29632 is 'n antwoord op boodskap #29525] Sa, 01 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:38E61D49.1273621D@home.com...
> Ferdi Greyling wrote:
>
>> wrote:
>
>>> maar een feit is daaruit duidelik. BJ Vorster en ou Pik Botha het die land
>>> vir Mugabe gegee. Die skelm Britte was daar, maar hulle het die samewerking
>>> van Vorster nodig gehad, en hy het dit gegee. (Ter wille van hierdie
>>> "Detente" bedrogspul wat die goed toe probeer verkoop het).>>
>>
>> Weet jy wat het gebeur? Hulle het vir Ian "thousand years" Smith gese:
>> "Swaer, jy jaag kak aan. Dit kan nie hou nie. Jy doen die ding
>> verkeerd."
>>
>> En hulle was reg.
>>
>> Het jy al gedink aan wat jy se??!!
>> Weet jy wat is die logiese volgende afleiding van wat jy se?
>> Dit is: As dit nie vir Vorster of Pik Botha was nie, was Ian Smith
>> vandag nog aan bewind in "Rhodesia".
>>
>
> Ek is baie geinteresseerd in hierdie gesels. Soos die toeval dit wilhe het ek
> detail-informasie oor hierdie periode in die geskiedenis
> van Suidelike Afrika. Dis omdat my man nog altyd 'n verhaal
> beplan (as vervolg op 'n vorige gepubliseerde verhaal) wat
> deels afspeel in Wene in die jaar 1977 tydens die Vorster-Mondale
> samesprekings wat op Mei 19 en 20, 1977 gehou is in die
> Hofburg Paleis in Wene. Vorster en Pik Botha en 5 SA Ambassadeurs
> in Europese lande en Noord-Amerika het eers byeengekom by die
> huis van die SA Ambassadeur in Oostenryk. Daarna vind die same-
> sprekings met Mondale plaas. Hierdie ontmoetings is 'n keerpunt
> vir die verhouding tussen SA en die VSA. President Carter staan voor
> dat onderhandelings oor Rhodesia, SWA en SA as 'n totaliteit gesien
> word. (Vroeer onderhandelings tussen die VSA en
> Engeland op Mei 7 het die grondslag gevorm van die vredesplan vir
> Rhodesia, met as voorvereiste dat die Selous Scouts ontbind sou word.)
> Mens moet al die dinge teen die agtergrond sien van intense
> Kommunistiese belangstelling in Suidelike Afrika. Podgorny en Fidel
> Castro besoek verskillende Afrikaanse state, insluitende Mosambiek. En
> Samora Machel teken 'n vriendskaps-ooreenkoms met die Russe. Andrew
> Young besoek suidelike afrika.as envoi vir Carter. Pik Botha kla : "I have
> virtually been branded an American agent." Hy neem Carter en Young
> kwalik dat hulle geen tegemoetkoming in SA sal maak tensy daar 'n
> meerderheids-owerheid in SA totstand kom nie.
> Andrew Young, die VSA ambassadeur na die Verenigde Volke,
> woon 'n VV-spesiale konferensie by in Maputo. Hier pleit vryheidsvegters
> en meer vredevolle onderhandelaars vir hulle taktieke om ontslae te raak
> van die wit dominansie in Suid-Afrika. Daarna besoek Andrew Young
> Pretoria en praat met besigheidsleiers oor die toekoms in SA. "One of the
> good things about South Africa is that nobody has anywhere to go, and you
> have no choice but to work it out or fight it out."
> In my man se beplande storie word sy held uit die vorige storie (met
> die kodenaam Penkop) gestuur om Vorster om die lewe te bring. Sy bevele
> kom van ver- regse elemente in die SA weermag. Die beplande storie sal dan
> draai om die feit dat Penkop hierdie keer ook weer (net soos in die eerste
> storie) sy bevele sal verontagsaam en die haat van sy regse bevelgewers op
> die hals haal.
>
> Gloudina
>

Het ek dit reg dat hierdie boek dan vir ou BJ gaan herontskep as een van die
goeie ouens? Hy't niks met die bedrogspul van "aparte ontwikkeling" te doene
gehad nie? Sy detente politiek was 'n opregte poging om 'n gesprek met
Afrika aan te knoop en nie maar net 'n foefie om die raas van die wêreld
stil te maak nie? Dat BJ nie net so "regs" as sy eie handlangers was nie?

Tannie hierdie mense was 'n klomp skelms wat ons toekoms vir eie gewin
probeer uitverkoop het. Hulle het selfs hulle "vriende" verraai.
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29633 is 'n antwoord op boodskap #29525] Sa, 01 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 29 Mar 2000 21:54:49 +0200, "Gary Bartholomew"
wrote:
Re: Ferdi grawe ou koeie uit die sloot [boodskap #29641 is 'n antwoord op boodskap #29595] So, 02 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 1 Apr 2000 20:30:44 +0200, "Dries Venter"
wrote:

Ek het eintlik die oorspronklike stelling in ligte luim gemaak en nie[/color]
> probeer om woorde in jou mond te lê nie. Maar jy't dit anders verstaan en
> daaroor is ek spyt. Is dit goed genoeg?
>
> Die thread het oorspronklik gegaan om die 'Siek situasie' in die land, soos
> (ek dink dit was Brollox) iemand dit gesien het en jou en sy wedersydse
> kommentaar daarop. Ek stem in 'n groot mate saam met Brollox. Ek is veral
> bekommerd oor die plaasmoorde en wat dit in die langtermyn (dalk nie so) vir
> ons gaan inhou. Dis oor daardie onderwerp wat ek graag jou siening sou wou
> hoor.>>

Baie eenvoudig. Dis onaanvaarbaar. Dit donner die landbou op, dit maak
mense dood en dit maak die land meer misdadig.
Voorts smoor dit die ontwikkeling van 'n burgerlike samelewing - wat
ons baie nodig het.

Maar wat ek gereeld uitwys - en wat gewoonlik nie gewild is nie - is
dat dit nie in 'n vakuum gebeur nie. Dis amper 'n te verwagte gevolg
op ons onlangse verlede. 'n Onaangename een, maar nie een sonder
wortels nie. En oorsake moet deel van oplossing wees as ons dit goeie
oplossings wil maak.

Dit is 'n feit dat witmense in SA by verre die meeste en beste
landbougrond het - danksy apartheid (van way back 'n 100 jaar gelede).
Dit is n feit dat hierdie werklikheid nie ontrafel kan word sonder om
alles op te donder nie.
Dis egter ook n feit dat daar wel iets aan gedoen kan word.
Dis 'n feit dat daar massas werklose, prakties ongeletterde en
onopgeleide armes in die platteland sit. Mense wat desperaat arm is.
En soms de moer in is.
En dat van hulle langs plase sit wat vir hulle baie ryk en vol geld
lyk.
Dis 'n feit dat sulke situasies soms hemel op aarde vir kriminele is.
Of vir klein opstokers.

Dus: Die (onaanvaarbare) plaasmoorde-situasie is na my mening NIE 'n
kommunistiese/PAC-komplot om boere van plase af te kry en die grond te
vat nie. Die een is ou gewilde stelling. En die regering sit NIE daar
agter nie. Dis ook 'n ou gewilde een.

Dis moontlik dat daar klein opstokery is wat die politiek gebruik om
guts en volgelinge te kry. Maar dis interresant dat daar nog nie een
poging tot plaasbesetting was na, voor en ten tyde van 'n plaasmoord
nie. Gewoonlik is dit doodmaak en die TV of kar vat en hardloop. Lyk
na doodgewone geweldsmisdaad vir my.

Die onaanvaarbare plaasmoorde gebeur nie afgesny van enige verlede nie
- maar uit 'n verlede waar swartmense van grond afgegooi is, swak
behandel is en gemerk is as tweedeklas mense.
Die behandeling wat hulle gekry het was ook onaanvarbaar.
Maar dis geen oplossing om moord te gaan staan en pleeg nie of om op
'n misdaad-"spree" te gaan nie.
Net soos dit nie 'n oplossing vir die plaasmoorde-situasie is om die
ANC uit te kak, die kommuniste te blameer en in die algemeen op
versteekte wyse dit toe te skryf aan die "minderwaardigheid" van
swartes as mense nie.

n Verdere komplikasie is natuurlik boere wat in groot getalle mense
van hul plase afgeskop het toe wetgewing voorberei was om plaaswerkers
verblyfreg te gee op plase.

As enige politieke organisasie nie plaasmoorde verdoem nie, is hy deel
van die probleem. En as enige boere-organisasie nie swak behandeling
van plaaswerkers verdoem nie, is hy deel van die probleem.

(Of dit nou reg is of nie - en EK SE DIT NIE, ek wys dit net uit as 'n
interresante stukkie kommentaar - toe daai ou die kind op die
kleinhoewe geskiet, het swartmense dit dadelik uitgewys dat Constand
Viljoen en boere-organisasies doodstil was. Die swartmense is nie
reggehelp deur of Constand of die boere-organisasies in die verband
nie.)

Dis 'n komplekse probleem, plaasmoorde, wat soos ek dit sien verskeie
wortels het. Een daarvan is die verlede en die woede wat die verlede
opgebou het. Met ander woorde die persepsie van ryk wit grondeienaars
as "hulle" en onteiende en mishandelde onderklasse as "ons". Ek dink
nie dis 'n sentrale beweegrede nie, maar dis 'n gerieflike persepsie
tussen baie ander om 'n doodgewone geweldsmisdaad mee te regverdig.
Dit laat die misdaad wat gepleeg word waarskynlik "sagter" klink vir
die plegers en die mense om hulle.

Die moorde groei onder meer ook uit die algemene oplewing van misdaad
in SA nadat die ou orde verdwyn het en 'n nuwe orde nog legitimiteit
gesoek het. Dieselfde faktore het waarskynlik onder meer ook in stede
bygedra tot meer misdaad. Dit vat tyd vir 'n nuwe legitimiteit im te
"settle". Dis in die stede aan die gebeur. Motorkapers word van alle
kante verdoem omdat die slagoffers nou vanuit alle rasse is. Dit is
onder meer 'n gevolg van ekonomiese bemagtiging van swartmense.

Die geweldsapek van die misdade is interresant. Ons sal waarskynlik
nog lank daarmee moet saamleef omdat ons n geweldadige samelewing is.
Ons was dit nog alyd gewees. Die rol modelle is oral. Eugene de Kock
skiet sy vyand voor die kop en loop weg, die kaper skiet sy slagoffer
voor die kop en loop weg.
In die land het ons nog altyd geweld as eerste opsie gebruik om
probleme op te los, van voor die Boere-oorlog. Wel, die kriminele doen
nou maar net dieselfde. Net so onaanvaarbaar as wat Eugene de Kock se
optrede was, so onaanvaarbaar is die motorkaper se optrede. Hulle is
of a kind en albei is kak wat uitgewerk moet word.

Hier is die nuwe regering met 'n baie dapper ding besig - om 'n
kultuur van menseregte te vestig. Dit gaan lank vat, omtrent 'n hele
geslag, maar ek hoop hulle hou aan. Dan het my kleinkinders 'n beter
lewe. As hulle gaan vou en gaan ingee om die situasie met geweld te
probeer hanteer (check Pakistan vir daai opsie), gaan ons terugsak in
probleemskepping in.

En die plaasmoorde groei na my mening ook uit die eenvoudige feit dat
daar moerse poele van werklose, onopgeleide bitter arm mense in
relatief reuse townships in die platteland sit. So eenvoudig soos dit.
(Wat doen ons daaraan? Por ons mekaar aan dat "VIGS ons probleem gaan
oplos"? Sit ons laataand oor Klipdrif mekaar en vertel "dat hulle maar
kan fokken kom, ek het baie gewere"? Kak ons "die ANC en kommuniste"
uit en skuif die probleem oor na hulle en beskou dit dan as opgelos
wat ons betref? - "Skattie, bel gou vir Thabo en se hom dis nou sy
bleddie probleem, ons hande is gewas daaraan!" )

Dus weereens, net vir jou, plaasmoorde is onaanvaarbaar. Net so
onaanvaarbaar soos geweldsmisdaad in die stede (daar is toevallig baie
meer daarvan in die stede).

Maar dis baie kompleks. Dit het verskeie wortels. En ek is gatvol van
mense wat een enkele. maklik haatbare "bogeyman" uitwys as die enkele
rede en dan (die meeste kere rassistiese) gif spoeg rondom die
uitwysing. Dit gee my so 'n groot kak ek kan dit nie beskryf nie.

Dis nou al dekades dat sulke mense oor en oor dieselfde dom ding doen.
Eers was die bogeyman "die kommuniste" wat die "Kaapse seeroete" wou
gehad het of "ons land wou inneem". Hulle was die eintlike rede hoekom
ons land so deur die kak was onder apartheid, het diegene gereeld
gese. Intussen was die vrot in ons eie koppe en ons eie polisie en ons
eie parlement gewees.

Elke probleem wat nou in SA opduik word op dieselfde manier behandel
deur die nuwe geslag van diegene. Saam met 'n redelose weiering (dalk
onvermoe?) om komplekse redes te sien, laat staan nog die idee te
entertain dat hulle DALK bydra tot die probleem, dat die probleem
opgelos kan word met 'n houding van "ONS" eerder as 'n houding van
"HULLE".

------------------------------------------------------------ -----------------------------

Hier is my storietjie oor boere en plase:

Vrystaatse boer en gesin hou vakansie by die see. Hy sit en vertel hoe
swaar dit gaan. Hoe onmoontlik dit is om deesdae 'n bestaan te maak
met boerdery. Hoe alles teen die boer gelaai word ens.
Ons sit op die wye houtstoep wat oor die rivier hang waar die see die
gety instoot. Om ons flikker die ligte van die
tweeverdieping-vakansiehuise.
Langs ons staan die drie of vier baie duur fietse wat hulle
saamgebring het see toe.
Later gaan die gesprek oor die fietstoer wat hy en sy vrou in Italie
gaan doen het.
Iewers is daar ook 'n half goedige verwysing na "allergie" vir "die
kaffers". Nie dat hy hulle haat nie. Hy verstaan hulle net nie altyd
nie en reken die wereld sou beter gewees het sonder hulle.
Laataand kom daar weer 'n somber noot. Sy kla oor die "vakbondmense"
wat "net die werkers se koppe kom deurmekaar maak" met hulle
praatjies.
Die werkers, blyk dit, is nie in staat om gedagtes van dinge soos
minimum wage en sekerheid van verblyf te verwerk nie. Dit maak hulle
"net deurmekaar".
Die gesprek gaan weer 'n ander rigting en later vertel sy van die
vreemde gedrag van haar tuinier.
Hy het 'n "oulike huisie met water en elektrisiteit" op die plaas
gehad. Sy enigste taak was haar tuin. En hy was SO goed daarmee. Hy
was werklik n uitstekende tuinier.
Toe gaan staan en bedank hy en nou bly hy op die dorp in 'n shack wat
hy vir hom in die township gaan staan en oprig het. Sy spreek n stom
onvermoe uit oor sulke irrasionele optrede.
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29642 is 'n antwoord op boodskap #29525] So, 02 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:38E6D373.8CB3F394@home.com...
Gary Bartholomew wrote:

> Het ek dit reg dat hierdie boek dan vir ou BJ gaan herontskep as een van die
> goeie ouens? Hy't niks met die bedrogspul van "aparte ontwikkeling" te doene
> gehad nie? Sy detente politiek was 'n opregte poging om 'n gesprek met
> Afrika aan te knoop en nie maar net 'n foefie om die raas van die wêreld
> stil te maak nie? Dat BJ nie net so "regs" as sy eie handlangers was nie?
>
> Tannie hierdie mense was 'n klomp skelms wat ons toekoms vir eie gewin
> probeer uitverkoop het. Hulle het selfs hulle "vriende" verraai.

Ja, ek glo jou. Maar die storie wil aandui dat sy regse handlangersso
koelbloedig was dat hulle hom selfs sou laat vermoor, eerder as
om toe te laat dat daar detente kom.

Tannie met die tuit in haar kappie

Ja die vrot het verskillende grade gehad, seker, en miskien het ou BJ en sy
nessie vol klein addertjies nie in die heeldiepste gedeelte van die sweer
gewoon nie. (Scrambled metaphors for breakfast today, sê ek in Engels; kan
nie by die regte vertaling uitkom).

Maar nogsteeds, dan sou die sluipmoorddenaars nie net koelbloedig, maar ook
'n klomp vaakseuns moes wees, om te glo dat hierdie "detente" enigiets
anders as 'n skerm teen die waarheid was nie. Nogtans maak dit vir 'n meer
interessante storie.

Ek moet seker ook hier bieg as ek eerlik moet wees, en erken dat hierdie
klomp ook vir my lekker ore aangesit het, so ek is seker ook 'n vaakseun.
Maar dan was ek toe 'n kind, en ten spyte van die feit dat hulle alleswetend
is, is kinders nogsteeds dom oor die algemeen.

Ek moet seker ook verder bieg en erken dat as daar een ding is wat ek regtig
*haat*, is dit eerlikheid.
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29643 is 'n antwoord op boodskap #29525] So, 02 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 1 Apr 2000 16:22:49 +0200, "Gary Bartholomew"
wrote:

dit duidelik gemaak dat ek net van "One Settler; One Bullet" as 'n vorm van[/color]
> "redenasie" met die stemgeregtigdes, soos dit deur die tannie gestel is,
> praat.
>
> Ek stry nie met jou feite nie. (Behalwe as jy my wil probeer oortuig dat ek
> nie Peter Mokaba gehoor het toe hy die PAC slagspreuk gebruik het). Maar wat
> daarvan? Ek het gepraat van die "feite" wat uitgesaai word op die land se
> openbare lieginstrument, en dis al.>>

Weereens - Mokaba het NIE daai slagspreuk gebruik nie. Hy het gedans
op maat van die liedjie Kill the Farmer, Kill the Boer - wat 'n
ANC-liedjie was. NIE PAC nie.

Dis al keer wat hy wyd in die nuus was weens gebruik van sodanige
slagspreuk.

wil. Miskien is dit nie so 'n waterdigte stelling, en ons kan mistens sinvol[/color]
> hieroor debateer; maar ek kom nie saam op die wandelpad waarheen jou
> mistasting van my hele punt lei nie.>>

Watter mistatsting??!! Ek het GEEN stelling hoegenaamd gemaak nie!! Ek
het net jou verkeerde feite vir jou uitgewys!!

As jy se ek het mis getas - en ek het eenvoudig feite reggemaak wat jy
gebruik het - dan neem ek aan jy verskil met van die feite wat ek
gepos het?

Se dan asb. watter van die feite wat ek ook die PAC, die ANC, die twee
slagspreuke en Peter Mokaba jy reken mistastings - dus verkeerd - is.

Weereens - ek het GEEN stelling hoegenaamd gemaak nie. Geen politieke
standpunt, geen siening, geen oordeel, geen afleiding van die feite
nie.

Behalwe dat dit nogal snaaks is as jy Gloudina se inligting betwyfel
met die vraag na watter TV sy kyk, as JOU feite omtrent elkeen
verkeerd is!
Re: Ferdi grawe ou koeie uit die sloot [boodskap #29644 is 'n antwoord op boodskap #29641] So, 02 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
Sal jy my van gatkruipery beskuldig as ek sê dat jy hier so goeie balans
gehandhaaf het dat ek nie kans sien om daaraan te sny nie, om 'n klein
twyfelpunt te offer?

Daar is een ding in hierdie plaasmoord saak wat my pla. Volgens die papiere
op die Landbouweekblad se blad verkskyn (dis deur akademisie geskryf; ek
weet nie of dit saak hoort te maak nie) is die getal moorde per duisend vir
die boeregemeenskap aansienlik hoër as die vir die bevolking as 'n geheel.
Dit sê nie dat daar 'n sameswering hier op die gang is nie, maar as dit maar
net gewone misdaad was sou 'n mens nie so groot verskil normaalweg verwag.
Die vraagteken is nie paranoies (?) nie; iets is nie reg nie.

Ek dink die rede hoekom ons deesdae so min van die verskynsel hoor is
verbonde aan die aanbeveling van die navorser dat dit nie te veel
publisiteit moet kry nie, want publisiteit mag moontlik verkeerde sienings
en bespiegelings koester en mag moontlik die probleem vererger. SALU werk
nou met die Minister mbt. die saak, en ek bespiegel dat die wat die media se
bek beheer in die geval die bek op versoek toe hou. Ons het te lang 'n
geskiedenis van vertroue in geheimhouding om dit net te los.

Moontlik is daar iets dieper en donkerder agter die plaasmoorde as net
gewone ou Suid_Afrikaanse moord-en-roof; moontlik nie. Ek dink dat op
hierdie stadium werk SALU minstens op die vermoede dat die regering nie
daarby betrokke is nie; en dat die regering besig is om stilleweg werk om
dit aan 'n einde te bring.

O ja. Ek wou ook net kommentaar oor die geweldadigheid van ons samelewing.
Tussen 'n hele klomp ander faktore is die feit dat vir jare nou, ons Howe
belaglike ligte strawwe vir geweldsmisdade opgelê het. Dis amper aanvaar dat
dinge maar altyd so is en altyd so gaan wees.

Ferdi Greyling skryf in boodskap news:38e9436a.17808015@news.icon.co.za...
> On Sat, 1 Apr 2000 20:30:44 +0200, "Dries Venter"
> wrote:
>
> terug.
>> Ek het eintlik die oorspronklike stelling in ligte luim gemaak en nie
>> probeer om woorde in jou mond te lê nie. Maar jy't dit anders verstaan en
>> daaroor is ek spyt. Is dit goed genoeg?
>>
>> Die thread het oorspronklik gegaan om die 'Siek situasie' in die land, soos
>> (ek dink dit was Brollox) iemand dit gesien het en jou en sy wedersydse
>> kommentaar daarop. Ek stem in 'n groot mate saam met Brollox. Ek is veral
>> bekommerd oor die plaasmoorde en wat dit in die langtermyn (dalk nie so) vir
>> ons gaan inhou. Dis oor daardie onderwerp wat ek graag jou siening sou wou
>> hoor.>>
>
> Baie eenvoudig. Dis onaanvaarbaar. Dit donner die landbou op, dit maak
> mense dood en dit maak die land meer misdadig.
> Voorts smoor dit die ontwikkeling van 'n burgerlike samelewing - wat
> ons baie nodig het.
>
> Maar wat ek gereeld uitwys - en wat gewoonlik nie gewild is nie - is
> dat dit nie in 'n vakuum gebeur nie. Dis amper 'n te verwagte gevolg
> op ons onlangse verlede. 'n Onaangename een, maar nie een sonder
> wortels nie. En oorsake moet deel van oplossing wees as ons dit goeie
> oplossings wil maak.
>
> Dit is 'n feit dat witmense in SA by verre die meeste en beste
> landbougrond het - danksy apartheid (van way back 'n 100 jaar gelede).
> Dit is n feit dat hierdie werklikheid nie ontrafel kan word sonder om
> alles op te donder nie.
> Dis egter ook n feit dat daar wel iets aan gedoen kan word.
> Dis 'n feit dat daar massas werklose, prakties ongeletterde en
> onopgeleide armes in die platteland sit. Mense wat desperaat arm is.
> En soms de moer in is.
> En dat van hulle langs plase sit wat vir hulle baie ryk en vol geld
> lyk.
> Dis 'n feit dat sulke situasies soms hemel op aarde vir kriminele is.
> Of vir klein opstokers.
>
> Dus: Die (onaanvaarbare) plaasmoorde-situasie is na my mening NIE 'n
> kommunistiese/PAC-komplot om boere van plase af te kry en die grond te
> vat nie. Die een is ou gewilde stelling. En die regering sit NIE daar
> agter nie. Dis ook 'n ou gewilde een.
>
> Dis moontlik dat daar klein opstokery is wat die politiek gebruik om
> guts en volgelinge te kry. Maar dis interresant dat daar nog nie een
> poging tot plaasbesetting was na, voor en ten tyde van 'n plaasmoord
> nie. Gewoonlik is dit doodmaak en die TV of kar vat en hardloop. Lyk
> na doodgewone geweldsmisdaad vir my.
>
> Die onaanvaarbare plaasmoorde gebeur nie afgesny van enige verlede nie
> - maar uit 'n verlede waar swartmense van grond afgegooi is, swak
> behandel is en gemerk is as tweedeklas mense.
> Die behandeling wat hulle gekry het was ook onaanvarbaar.
> Maar dis geen oplossing om moord te gaan staan en pleeg nie of om op
> 'n misdaad-"spree" te gaan nie.
> Net soos dit nie 'n oplossing vir die plaasmoorde-situasie is om die
> ANC uit te kak, die kommuniste te blameer en in die algemeen op
> versteekte wyse dit toe te skryf aan die "minderwaardigheid" van
> swartes as mense nie.
>
> n Verdere komplikasie is natuurlik boere wat in groot getalle mense
> van hul plase afgeskop het toe wetgewing voorberei was om plaaswerkers
> verblyfreg te gee op plase.
>
> As enige politieke organisasie nie plaasmoorde verdoem nie, is hy deel
> van die probleem. En as enige boere-organisasie nie swak behandeling
> van plaaswerkers verdoem nie, is hy deel van die probleem.
>
> (Of dit nou reg is of nie - en EK SE DIT NIE, ek wys dit net uit as 'n
> interresante stukkie kommentaar - toe daai ou die kind op die
> kleinhoewe geskiet, het swartmense dit dadelik uitgewys dat Constand
> Viljoen en boere-organisasies doodstil was. Die swartmense is nie
> reggehelp deur of Constand of die boere-organisasies in die verband
> nie.)
>
> Dis 'n komplekse probleem, plaasmoorde, wat soos ek dit sien verskeie
> wortels het. Een daarvan is die verlede en die woede wat die verlede
> opgebou het. Met ander woorde die persepsie van ryk wit grondeienaars
> as "hulle" en onteiende en mishandelde onderklasse as "ons". Ek dink
> nie dis 'n sentrale beweegrede nie, maar dis 'n gerieflike persepsie
> tussen baie ander om 'n doodgewone geweldsmisdaad mee te regverdig.
> Dit laat die misdaad wat gepleeg word waarskynlik "sagter" klink vir
> die plegers en die mense om hulle.
>
> Die moorde groei onder meer ook uit die algemene oplewing van misdaad
> in SA nadat die ou orde verdwyn het en 'n nuwe orde nog legitimiteit
> gesoek het. Dieselfde faktore het waarskynlik onder meer ook in stede
> bygedra tot meer misdaad. Dit vat tyd vir 'n nuwe legitimiteit im te
> "settle". Dis in die stede aan die gebeur. Motorkapers word van alle
> kante verdoem omdat die slagoffers nou vanuit alle rasse is. Dit is
> onder meer 'n gevolg van ekonomiese bemagtiging van swartmense.
>
> Die geweldsapek van die misdade is interresant. Ons sal waarskynlik
> nog lank daarmee moet saamleef omdat ons n geweldadige samelewing is.
> Ons was dit nog alyd gewees. Die rol modelle is oral. Eugene de Kock
> skiet sy vyand voor die kop en loop weg, die kaper skiet sy slagoffer
> voor die kop en loop weg.
> In die land het ons nog altyd geweld as eerste opsie gebruik om
> probleme op te los, van voor die Boere-oorlog. Wel, die kriminele doen
> nou maar net dieselfde. Net so onaanvaarbaar as wat Eugene de Kock se
> optrede was, so onaanvaarbaar is die motorkaper se optrede. Hulle is
> of a kind en albei is kak wat uitgewerk moet word.
>
> Hier is die nuwe regering met 'n baie dapper ding besig - om 'n
> kultuur van menseregte te vestig. Dit gaan lank vat, omtrent 'n hele
> geslag, maar ek hoop hulle hou aan. Dan het my kleinkinders 'n beter
> lewe. As hulle gaan vou en gaan ingee om die situasie met geweld te
> probeer hanteer (check Pakistan vir daai opsie), gaan ons terugsak in
> probleemskepping in.
>
> En die plaasmoorde groei na my mening ook uit die eenvoudige feit dat
> daar moerse poele van werklose, onopgeleide bitter arm mense in
> relatief reuse townships in die platteland sit. So eenvoudig soos dit.
> (Wat doen ons daaraan? Por ons mekaar aan dat "VIGS ons probleem gaan
> oplos"? Sit ons laataand oor Klipdrif mekaar en vertel "dat hulle maar
> kan fokken kom, ek het baie gewere"? Kak ons "die ANC en kommuniste"
> uit en skuif die probleem oor na hulle en beskou dit dan as opgelos
> wat ons betref? - "Skattie, bel gou vir Thabo en se hom dis nou sy
> bleddie probleem, ons hande is gewas daaraan!" )
>
> Dus weereens, net vir jou, plaasmoorde is onaanvaarbaar. Net so
> onaanvaarbaar soos geweldsmisdaad in die stede (daar is toevallig baie
> meer daarvan in die stede).
>
> Maar dis baie kompleks. Dit het verskeie wortels. En ek is gatvol van
> mense wat een enkele. maklik haatbare "bogeyman" uitwys as die enkele
> rede en dan (die meeste kere rassistiese) gif spoeg rondom die
> uitwysing. Dit gee my so 'n groot kak ek kan dit nie beskryf nie.
>
> Dis nou al dekades dat sulke mense oor en oor dieselfde dom ding doen.
> Eers was die bogeyman "die kommuniste" wat die "Kaapse seeroete" wou
> gehad het of "ons land wou inneem". Hulle was die eintlike rede hoekom
> ons land so deur die kak was onder apartheid, het diegene gereeld
> gese. Intussen was die vrot in ons eie koppe en ons eie polisie en ons
> eie parlement gewees.
>
> Elke probleem wat nou in SA opduik word op dieselfde manier behandel
> deur die nuwe geslag van diegene. Saam met 'n redelose weiering (dalk
> onvermoe?) om komplekse redes te sien, laat staan nog die idee te
> entertain dat hulle DALK bydra tot die probleem, dat die probleem
> opgelos kan word met 'n houding van "ONS" eerder as 'n houding van
> "HULLE".
>
>
> ------------------------------------------------------------ -------------- ---------------
>
> Hier is my storietjie oor boere en plase:
>
> Vrystaatse boer en gesin hou vakansie by die see. Hy sit en vertel hoe
> swaar dit gaan. Hoe onmoontlik dit is om deesdae 'n bestaan te maak
> met boerdery. Hoe alles teen die boer gelaai word ens.
> Ons sit op die wye houtstoep wat oor die rivier hang waar die see die
> gety instoot. Om ons flikker die ligte van die
> tweeverdieping-vakansiehuise.
> Langs ons staan die drie of vier baie duur fietse wat hulle
> saamgebring het see toe.
> Later gaan die gesprek oor die fietstoer wat hy en sy vrou in Italie
> gaan doen het.
> Iewers is daar ook 'n half goedige verwysing na "allergie" vir "die
> kaffers". Nie dat hy hulle haat nie. Hy verstaan hulle net nie altyd
> nie en reken die wereld sou beter gewees het sonder hulle.
> Laataand kom daar weer 'n somber noot. Sy kla oor die "vakbondmense"
> wat "net die werkers se koppe kom deurmekaar maak" met hulle
> praatjies.
> Die werkers, blyk dit, is nie in staat om gedagtes van dinge soos
> minimum wage en sekerheid van verblyf te verwerk nie. Dit maak hulle
> "net deurmekaar".
> Die gesprek gaan weer 'n ander rigting en later vertel sy van die
> vreemde gedrag van haar tuinier.
> Hy het 'n "oulike huisie met water en elektrisiteit" op die plaas
> gehad. Sy enigste taak was haar tuin. En hy was SO goed daarmee. Hy
> was werklik n uitstekende tuinier.
> Toe gaan staan en bedank hy en nou bly hy op die dorp in 'n shack wat
> hy vir hom in die township gaan staan en oprig het. Sy spreek n stom
> onvermoe uit oor sulke irrasionele optrede.
>
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29645 is 'n antwoord op boodskap #29525] So, 02 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Gary Bartholomew wrote:

> Het ek dit reg dat hierdie boek dan vir ou BJ gaan herontskep as een van die
> goeie ouens? Hy't niks met die bedrogspul van "aparte ontwikkeling" te doene
> gehad nie? Sy detente politiek was 'n opregte poging om 'n gesprek met
> Afrika aan te knoop en nie maar net 'n foefie om die raas van die wêreld
> stil te maak nie? Dat BJ nie net so "regs" as sy eie handlangers was nie?
>
> Tannie hierdie mense was 'n klomp skelms wat ons toekoms vir eie gewin
> probeer uitverkoop het. Hulle het selfs hulle "vriende" verraai.

Ja, ek glo jou. Maar die storie wil aandui dat sy regse handlangersso
koelbloedig was dat hulle hom selfs sou laat vermoor, eerder as
om toe te laat dat daar detente kom.

Tannie met die tuit in haar kappie
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29646 is 'n antwoord op boodskap #29525] So, 02 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 1 Apr 2000 16:42:47 +0200, "Gary Bartholomew"
wrote:

Kom ons kom terug na die punt.

Naamlik jy wat se:

Jy se hiermee die feit dat Mugabe en Nkomo vir Smith en sy klein wit
minderheid met 'n jarelange oorlog gedwing het om te skik - en in
werklikheid oor te gee - het nie veel met Smith en die RF te doen nie,
maar alles met Pik Botha en Vorster.

He,he..

Daars nou 'n moerse verskuiwing van skuld as ek ooit n moerse een
gesien het.

Omdat ek nie wil herhaal nie, sal ek hier net volstaan met: Wie't die
donnerse oorlog begin? Waar was die bleddie oorlog gevoer?
Pik en ou BJ was nie eers burgers van Rhodesie nie, man!
Hulle het nie eers baie daar gekom nie!
Daai besluit is deur een party en een party alleen gedoen en uitgevoer
en opgedonner. En dit was sure as hell nie die NP in Kaapstad nie.
Hulle was te besig om ander goed in hul eie land op te fok.

Maar na die een moet ek terugkom: > Huh?[/color]
>> Voel jy OK?
>>
>> 1. Dit was nie hulle land nie.
>> 2. Hulle het geen seggenskap gehad oor die land nie.
>
> Geen seggenskap nie? Is jy ernstig? Ek praat van die werklikhede van die
> situasie, nie die formele regssituasie nie.
>
>> 3. Hulle het nie die RF gestig nie.
>> 4. Hulle was nie eers lid van die RF nie.
>> 5. Hulle KON nie lid van die RF gewees het nie.
>> 6. Hulle het nie die oorlog begin nie.
>> 7. Hulle het nie oorlog beeindig nie.
>> ens. ens.
>>
> Qui facit per alia facit per se.
>
>> Weet jy wat het gebeur? Hulle het vir Ian "thousand years" Smith gese:
>> "Swaer, jy jaag kak aan. Dit kan nie hou nie. Jy doen die ding
>> verkeerd."
>>
>> En hulle was reg.
>>
> Dis een moontlike feitestelling, maar ek het so vermoede dat dit "feite" is
> wat jy sommer uit jou duim gesuig het is. Gaan lees die boek, dan kan ons
> feitestellings vergelyk.
>
>> In fact, as hulle nie vir Smith gaan help het met 'n moerse lot van
>> ons geld, wapens en die lewens van Suid-Afrikaners nie, het sy 1000
>> jarige ryl baie vroeer ineengestort.
>>
>
> Ja. Maar maak hierdie stelling van die punte wat jy bo-aan die pos gemaak
> het, dan? En hoekom het hulle eers die Smith regering ondersteun? Vir 'n
> saak wat "reg was" of om die moeilikheid uit die huis uit te hou? Ek vermoed
> frontverskywing soos in ons Namibiese oorlog. Miskien is ek verkeerd.
>
>> Het jy al gedink aan wat jy se??!!
>> Weet jy wat is die logiese volgende afleiding van wat jy se?
>> Dit is: As dit nie vir Vorster of Pik Botha was nie, was Ian Smith
>> vandag nog aan bewind in "Rhodesia".
>>
> Waar sê el dit?
>
>> Fokit, man! Het jy al koffie gedring vanoggend??!!
>>
>>
> Die ou wat op een dag die euwels van apartheid uitwys, en dan die volgende
> dag so praat dat 'n mens amper sou dink dat hy wil voorgee dat skelm John
> Vorster eintlik 'n opregtige ou was, vertel my dat ek 'n bietjie koffie in
> die bloedstroom nodig het?
>
> Neewat, ou Ferdi. Gaan lees die boek of kry beter bewyse as net jou goeie
> opinie vir die stelling dat Vorster-hulle nie vir ou Smith (en hulle was
> maatjies of hoe?) uitverkoop het nie.
>
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29657 is 'n antwoord op boodskap #29525] Ma, 03 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Inge  is tans af-lyn  Inge
Boodskappe: 177
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Senior Lid
L&P heeft geschreven in bericht ...
> die oom wat sy ORE nou tuit skryf:
> ek is gebore in die Vrystaat 1947, my ouers was Engels/afrikaans/ my oupa en
> ouma was Duits/italiaans, my oupa & ouma grootjie van my moe se kant was
> Duits/Iers, my oupa & ouma van my pa se kant was van Belgie.
> Ek woon in Nederland, ek is genatraliseert Nederlander.
> Nou vra ek vir julle: "wat is ek ?" - Is ek 'n egte Afrikaner, of is ek
> slegs 'n melting pot van verskye mense wat deur die tyd van Europa na
> Suid Afrika gekom het. Ons het tuis slegs Afrikaans gepraat.
> Is dit so baie belangryk watter etnise agtergrond 'n mens het ?
> En as dit belangryk is (vir andere mense) met watter beskrywing sal ik nou
> myself aandui ? Nou het ek 4 kinders, 2 kinders van 'n Duitse vrou uit my
> 1e. huwlik, hulle is in Duitland gebore, hulle het 'n Nederlandse i.d.
> hulle woon in Duitsland. Wat is hulle ? Nou, uit my 2e huwlik met 'n Engelse
> vrou het ek ook twee kinders. Hulle is in Engeland gebore, hulle het Engelse
> i.d's maar woon in Nederland. So, wat is hulle ?
> Ek vra slegs julle antwoorde. Baie dankies.
> patrick

Je bent een echte wereldburger ;-))

Groetjes
Emmy
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29658 is 'n antwoord op boodskap #29525] Ma, 03 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
loes&amp;patrick  is tans af-lyn  loes&amp;patrick
Boodskappe: 239
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
die oom wat sy ORE nou tuit skryf:

ek is gebore in die Vrystaat 1947, my ouers was Engels/afrikaans/ my oupa en
ouma was Duits/italiaans, my oupa & ouma grootjie van my moe se kant was
Duits/Iers, my oupa & ouma van my pa se kant was van Belgie.
Ek woon in Nederland, ek is genatraliseert Nederlander.
Nou vra ek vir julle: "wat is ek ?" - Is ek 'n egte Afrikaner, of is ek
slegs 'n melting pot van verskye mense wat deur die tyd van Europa na
Suid Afrika gekom het. Ons het tuis slegs Afrikaans gepraat.
Is dit so baie belangryk watter etnise agtergrond 'n mens het ?
En as dit belangryk is (vir andere mense) met watter beskrywing sal ik nou
myself aandui ? Nou het ek 4 kinders, 2 kinders van 'n Duitse vrou uit my
1e. huwlik, hulle is in Duitland gebore, hulle het 'n Nederlandse i.d.
hulle woon in Duitsland. Wat is hulle ? Nou, uit my 2e huwlik met 'n Engelse
vrou het ek ook twee kinders. Hulle is in Engeland gebore, hulle het Engelse
i.d's maar woon in Nederland. So, wat is hulle ?
Ek vra slegs julle antwoorde. Baie dankies.
patrick

>
>>> Gloudina (met eksklusiewe Afrikaner-bloed in my are, en dus
>>> met net soveel reg om haarself 'n Afrikaner te noem as jy. Of
>>> wat is jou beskrywing van 'n Afrikaner?)
>>
>> Jy ontglip al weer die punt in my pos:
>>
>> Wat is 'n Afrikaner in jou definisie? (Jy het mos nie te lank terug
>> gesê dat jy nie 'n Afrikaner is nie!)
>
> Ou Lou, elke keer as ek onder "ethnicity" iets moetinvul, dan moet ek myself as
> Afrikaner verduidelik.
> Op dieselfde manier moet my kinders dit doen, want
> deur hulle are bruis "Afrikaner" bloed, al is sommige
> van hulle hier in Kanada gebore.
> Dis nogal verbasend hoeveel keer hulle hier in
> Noord-Amerika jou "ethnicity" wil weet. Hulle het
> dit nou uitgesluit uit die laaste sensus-vorm, nadat
> mense objekteer het. Maar ek word byvoorbeeld
> nou die dag deur 'n meestersgraad student, wat
> navorsing doen oor watter soort westerlinge 'n
> belangstelling in Boeddhisme het, gevra na my
> "ethnicity."
>
> Die tannie wie se mond ook kan tuit.
>
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29659 is 'n antwoord op boodskap #29525] Ma, 03 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>
> lou wrote:
>
>> EK sou net so terloops nie te veel aan Antjie Krog en Sampie Terblanche
>> as ikone vashou nie...
>
> Ja, ou Lou, ek kan verstaan dat jy probeer vergeet wat Antjie Krog skryf,en Sampie
> Terblanche se, en wat Bram Fischer gedoen het, en waarvoor
> Beyers Naude onder huisarres gesit het. Maar hulle was en is
> Afrikaners, of julle dit nou wil aanneem of nie. En ek luister liewer na
> hulle as na jou en Riaan en Frikkie en ou Eugene Terreblanche.
>
> Gloudina (met eksklusiewe Afrikaner-bloed in my are, en dus
> met net soveel reg om haarself 'n Afrikaner te noem as jy. Of
> wat is jou beskrywing van 'n Afrikaner?)

Jy ontglip al weer die punt in my pos:

Wat is 'n Afrikaner in jou definisie? (Jy het mos nie te lank terug
gesê dat jy nie 'n Afrikaner is nie!)
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29660 is 'n antwoord op boodskap #29525] Ma, 03 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Gary Bartholomew wrote:
>
>> En van wanneer af is jy dan nou kwansuis 'n Afrikaner Gloudina? Jy het
>> dan tot onlangs toe nog die naam Afrikaner verwerp? Jy leer jou kinders
>> net Engels, praat engels met jou afrikaans gebore man en jy se jy is 'n
>> afrikaner? Maar kom ons doen dit weer - wat is 'n afrikaner?
>>
> 'n Afrikaner is seker 'n mens wat in Afrikaans dink, of hoe, ou lou?
>
> Of is 'n Afrikaner maar iets waat deur 'n Wet geskep word?
> Of is 'n Afrikaner iemand deur jou allewysheid as Afrikaner uitgeken word?
> Moet iemand na jou toe kom om behoorlik gesertifiseer word?
>
> Lyk vir my is 'n "Afrikaner" vir jou maar net 'n politieke skopding.
>
> O' die ellende van Oom Jannie Dikderm se toegestopte slukderm ... Weet nie
> wat dit bedoel nie. Dis 'n Siener Van Rensburg tiepe ding wat uit my
> Afrikaans-wees spruit. Of se jy vir my dat ek nie 'n Afrikaner is nie? (Nou
> dat ek daaraan dink, sou dit ook interressant wees om te hoor wat die Tannie
> daarvan dink ...)

Gary

As jy al lank op die nuusgroep is sal jy weet dat die 'n recurring
thread is ...

En die ou tannie het al telkemale gesê dat sy NIE 'n afrikaner is nie.
Daarom my vraag wat dink SY wat is 'n afrikaner? En hoekom is nou weer
ewe skielik 'n afrikaner - omdat Antjie Krogh sê sy is een?

Die Term Afrikaner wees is soos eendjies teen die muur, die jaar is dit
in maar volgende jaar uit, dit is al te los getorring om ooit weer 'n
vaste betekenis te kan h^e.

Wat is jou definisie?
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29661 is 'n antwoord op boodskap #29525] Ma, 03 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

lou wrote:

>> Gloudina (met eksklusiewe Afrikaner-bloed in my are, en dus
>> met net soveel reg om haarself 'n Afrikaner te noem as jy. Of
>> wat is jou beskrywing van 'n Afrikaner?)
>
> Jy ontglip al weer die punt in my pos:
>
> Wat is 'n Afrikaner in jou definisie? (Jy het mos nie te lank terug
> gesê dat jy nie 'n Afrikaner is nie!)

Ou Lou, elke keer as ek onder "ethnicity" iets moetinvul, dan moet ek myself as
Afrikaner verduidelik.
Op dieselfde manier moet my kinders dit doen, want
deur hulle are bruis "Afrikaner" bloed, al is sommige
van hulle hier in Kanada gebore.
Dis nogal verbasend hoeveel keer hulle hier in
Noord-Amerika jou "ethnicity" wil weet. Hulle het
dit nou uitgesluit uit die laaste sensus-vorm, nadat
mense objekteer het. Maar ek word byvoorbeeld
nou die dag deur 'n meestersgraad student, wat
navorsing doen oor watter soort westerlinge 'n
belangstelling in Boeddhisme het, gevra na my
"ethnicity."

Die tannie wie se mond ook kan tuit.
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29662 is 'n antwoord op boodskap #29525] Ma, 03 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
lou skryf in boodskap news:38E8348C.6F65@hotmail.dinges.com...
> Gary Bartholomew wrote:
>>
>>> En van wanneer af is jy dan nou kwansuis 'n Afrikaner Gloudina? Jy het
>>> dan tot onlangs toe nog die naam Afrikaner verwerp? Jy leer jou kinders
>>> net Engels, praat engels met jou afrikaans gebore man en jy se jy is 'n
>>> afrikaner? Maar kom ons doen dit weer - wat is 'n afrikaner?
>>>
>> 'n Afrikaner is seker 'n mens wat in Afrikaans dink, of hoe, ou lou?
>>
>> Of is 'n Afrikaner maar iets waat deur 'n Wet geskep word?
>> Of is 'n Afrikaner iemand deur jou allewysheid as Afrikaner uitgeken word?
>> Moet iemand na jou toe kom om behoorlik gesertifiseer word?
>>
>> Lyk vir my is 'n "Afrikaner" vir jou maar net 'n politieke skopding.
>>
>> O' die ellende van Oom Jannie Dikderm se toegestopte slukderm ... Weet nie
>> wat dit bedoel nie. Dis 'n Siener Van Rensburg tiepe ding wat uit my
>> Afrikaans-wees spruit. Of se jy vir my dat ek nie 'n Afrikaner is nie? (Nou
>> dat ek daaraan dink, sou dit ook interressant wees om te hoor wat die Tannie
>> daarvan dink ...)
>
>
> Gary
>
> As jy al lank op die nuusgroep is sal jy weet dat die 'n recurring
> thread is ...
>
> En die ou tannie het al telkemale gesê dat sy NIE 'n afrikaner is nie.
> Daarom my vraag wat dink SY wat is 'n afrikaner? En hoekom is nou weer
> ewe skielik 'n afrikaner - omdat Antjie Krogh sê sy is een?
>
> Die Term Afrikaner wees is soos eendjies teen die muur, die jaar is dit
> in maar volgende jaar uit, dit is al te los getorring om ooit weer 'n
> vaste betekenis te kan h^e.
>
> Wat is jou definisie?

Ja, lyk asof ek bietjie vinnig ingespring het daar. Jammer.

My definisie? Ek dink dis nie regtig moontlik om die ding mooi waterdig te
defineer nie. 'n Mens moet na die feitlike stand kyk, en dan 'n definisie
daaruit te vorm wat die waarheid soos waargeneem so goed as moontlik
beskryf.

Ek neig na die idee dat 'n Afrikaner iemand is, wat in Afrikaans dink. Dit
sluit die "boere", die Kleurlinge, en enige van die groter groeperings in,
wat die meeste van die tyd in Afrikaans leef.

'n Soutie soos ek wat in Afrikaans geleef het vir lang tye aanmekaar, en wat
nou steeds dikwels die regte Engelse woord vir 'n ding soek en vashaak op
die Afrikaanse een, sou in 'n mate "Afrikaans" wees volgens hierdie
definisie. Die Tannie in Kanada dink seker elke af en toe in Engels deesdae,
so sy's in 'n mate, Engels sowel as Afrikaans. Die definisie maak geen
poging om mooi netjiese kategorieë met duidelike grense te skep nie. Ek
wonder hoeveel mense in ons tye in die duideliker omskrywings werklik sou
pas?
Re: Ferdi grawe ou koeie uit die sloot [boodskap #29671 is 'n antwoord op boodskap #29644] Di, 04 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jgdebeer  is tans af-lyn  jgdebeer
Boodskappe: 37
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Volle Lid
Die vlgde aanhaling kom van die SAP se webblad ,afdeling misdaad statistiek
.Sommige van die terme soos "land invasions" lyk redelik bekend van 'n
Zimbabwiese oogpunt terwyl dit klink asof "inflammatory statements"( ? one
settler .... etc.) redelik ernstig opgeneem word in amptelike kringe .

Dit lyk ook asof die geskiedenis homself herhaal want die klagtes en
probleme van die grensboere in 1830 (Geknelde land van Venter) toon
verstommend baie ooreenkomste met die van huidige boere.

Julian

http://www.saps.co.za/8_crimeinfo/farm99/index.htm
Continuing reports on intimidation of farmers and attempts to do so, as well
as reports of malicious damage to property on farms and transgressions
involving cattle driven onto property to stage land invasions - especially
from KwaZulu-Natal, bode ill for the future security of the farming
community. The same can be said of the increase in crime levels generally
observed in South Africa since the second half of 1998, and especially the
sharp increase in the incidence of armed robbery.

Inflammatory statements pertaining to farmers furthermore continue to
emanate from certain quarters, in direct contravention of the resolutions
reached by the Presidential Summit on Rural Safety held on 10 October 1998.
The structures created in terms of the decisions reached at the Summit will
have to launch a concerted effort to address this issue
Re: Ferdi grawe ou koeie uit die sloot [boodskap #29672 is 'n antwoord op boodskap #29644] Di, 04 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 2 Apr 2000 18:17:16 +0200, "Gary Bartholomew"
wrote:

op die Landbouweekblad se blad verkskyn (dis deur akademisie geskryf; ek[/color]
> weet nie of dit saak hoort te maak nie) is die getal moorde per duisend vir
> die boeregemeenskap aansienlik hoër as die vir die bevolking as 'n geheel.>>>

Statistiek kan vir baie goed gebruik word. Ek sou graag die break down
van hul statistiek wil sien.

Wat van middel- en top-bestuurders in korporasies as slagoffers van
geweldsmisdade in vergelyking met die bree bevolkingsyfer?

Wat van stedelike huis-eienaars as slagoffers van diefstal teenoor die
bevolking-gemiddeld?

Wat van swart vroue as rape-slagoffers teenoor die bree gemiddeld?

Ek bly oortuig dat stede meer misdaad het.
Re: Ferdi grawe ou koeie uit die sloot [boodskap #29673 is 'n antwoord op boodskap #29595] Di, 04 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Julian de Beer wrote:

> Dit lyk ook asof die geskiedenis homself herhaal want die klagtes en
> probleme van die grensboere in 1830 (Geknelde land van Venter) toon
> verstommend baie ooreenkomste met die van huidige boere.
>

En dis miskien die crux van die saak. Wat was die toestand in 1830?
Die grootste meerderheid van die land se bevolking sien hoe 'n klein
klompie vreemde wit koloniste stadig maar seker ooswaarts beweeg
en hulle land inneem. Vir hulle is die proses van aanvalle teen die
koloniste nie steel nie. Hulle neem diere en waar kan, beset hulle grond
om te bewys dat hulle ook reg op die grond het. En boonop het die
wit koloniste in baie gevalle nog swart slawe in 1830. Dus, gesien
van die ander kant, nie 'n vreeslike morele en liefdevolle klomp nie.
Nou hoekom het hierdie proses in hedendaagse SA nie vroeer begin
nie. Omdat die mag van die apartheidsstaat die wit boere in 'n
gekke-paradys gehou het vir dekades en dekades. En moenie vergeet
nie. Daar was wel 'n skikbewind op die plase - op Vlakplaas en menige
ander plase. Somtyds het hulle hulle prooi verbrand en naas hulle
braaivleis gehou. Vra maar vir Dirk Coetzee.

Die Ruiter in die Dag
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29674 is 'n antwoord op boodskap #29525] Di, 04 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Gary Bartholomew wrote:
>
> lou wrote in message
> news:38E8348C.6F65@hotmail.dinges.com...
>> Gary Bartholomew wrote:
>>>
>>>> En van wanneer af is jy dan nou kwansuis 'n Afrikaner Gloudina? Jy het
>>>> dan tot onlangs toe nog die naam Afrikaner verwerp? Jy leer jou kinders
>>>> net Engels, praat engels met jou afrikaans gebore man en jy se jy is 'n
>>>> afrikaner? Maar kom ons doen dit weer - wat is 'n afrikaner?
>>>>
>>> 'n Afrikaner is seker 'n mens wat in Afrikaans dink, of hoe, ou lou?
>>>
>>> Of is 'n Afrikaner maar iets waat deur 'n Wet geskep word?
>>> Of is 'n Afrikaner iemand deur jou allewysheid as Afrikaner uitgeken word?
>>> Moet iemand na jou toe kom om behoorlik gesertifiseer word?
>>>
>>> Lyk vir my is 'n "Afrikaner" vir jou maar net 'n politieke skopding.
>>>
>>> O' die ellende van Oom Jannie Dikderm se toegestopte slukderm ... Weet nie
>>> wat dit bedoel nie. Dis 'n Siener Van Rensburg tiepe ding wat uit my
>>> Afrikaans-wees spruit. Of se jy vir my dat ek nie 'n Afrikaner is nie? (Nou
>>> dat ek daaraan dink, sou dit ook interressant wees om te hoor wat die Tannie
>>> daarvan dink ...)
>>
>>
>> Gary
>>
>> As jy al lank op die nuusgroep is sal jy weet dat die 'n recurring
>> thread is ...
>>
>> En die ou tannie het al telkemale gesê dat sy NIE 'n afrikaner is nie.
>> Daarom my vraag wat dink SY wat is 'n afrikaner? En hoekom is nou weer
>> ewe skielik 'n afrikaner - omdat Antjie Krogh sê sy is een?
>>
>> Die Term Afrikaner wees is soos eendjies teen die muur, die jaar is dit
>> in maar volgende jaar uit, dit is al te los getorring om ooit weer 'n
>> vaste betekenis te kan h^e.
>>
>> Wat is jou definisie?
>
> Ja, lyk asof ek bietjie vinnig ingespring het daar. Jammer.
>
> My definisie? Ek dink dis nie regtig moontlik om die ding mooi waterdig te
> defineer nie. 'n Mens moet na die feitlike stand kyk, en dan 'n definisie
> daaruit te vorm wat die waarheid soos waargeneem so goed as moontlik
> beskryf.
>
> Ek neig na die ideë dat 'n Afrikaner iemand is, wat in Afrikaans dink. Dit
> sluit die "boere", die Kleurlinge, en enige van die groter groeperings in,
> wat die meeste van die tyd in Afrikaans leef.
>

Probeer jy vir 'n sogenaamde 'kleurling' (he he lekker PC ne) sê dat hy
'n Afrikaner is en sien wat gebeur. Hulle sê net hulle is Afrikaners as
hulle ou Eugene en sy spul kan irriteer :)

Ek stem saam met jou - die term Afrikaner beteken vir verskillende mense
verskillende dinge:

Bv. Vir party mense is dit gelyk aan 'n blanke rassis wat afrikaans
praat
Vir party ander - iemand wat thick, stupid and difficult is en
afrikaans praat
Vir nog andere - 'n blanke wat afrikaans praat
Vir Gloudina - die mode terme van die tyd - om afrikaner te wees is
mos nou weer in :} al praat jy nie meer afrikaans nie
Vir andere - 'n groep naam waaraan hulle kan vasklou as identiteit
en hulle praat afrikaans
Vir die jong klomp - iets wat hulle om hemels naam nie genoem wil
wees nie
Vir my - iemand wat afrikaans praat en 'n afrikaner genoem wil wees.

So die term het soveel vertolkings dat dit byna onmoontlik is om vas te
trek in 'n definisie.
Re: Ferdi grawe ou koeie uit die sloot [boodskap #29675 is 'n antwoord op boodskap #29595] Di, 04 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling skryf in boodskap news:38eaaf2f.5867965@news.icon.co.za...
> On Sun, 2 Apr 2000 18:17:16 +0200, "Gary Bartholomew"
> wrote:
>
> papiere
>> op die Landbouweekblad se blad verkskyn (dis deur akademisie geskryf; ek
>> weet nie of dit saak hoort te maak nie) is die getal moorde per duisend vir
>> die boeregemeenskap aansienlik hoër as die vir die bevolking as 'n
geheel.>>>
>
> Statistiek kan vir baie goed gebruik word. Ek sou graag die break down
> van hul statistiek wil sien.
>
Wat die break down aanbetref, is dit seker 'n eenvoudige ding om uit te
werk, en 'n moeilike ding om mee te peuter. X= getal moorde op plase; Y=
getal boere; calc.

> Wat van middel- en top-bestuurders in korporasies as slagoffers van
> geweldsmisdade in vergelyking met die bree bevolkingsyfer?
>
> Wat van stedelike huis-eienaars as slagoffers van diefstal teenoor die
> bevolking-gemiddeld?
>
> Wat van swart vroue as rape-slagoffers teenoor die bree gemiddeld?
>
Ja, hierdie vergelykende syfers sou interessant wees.

> Ek bly oortuig dat stede meer misdaad het.
>
>
Ek is van niks oortuig nie. Dit pla my net dat dit moontlik waar is dat daar
'n groep is met 'n moorde-per-duisend syfer hoër as ons reeds hoë gemiddelde
syfer.

Die bruto aantal misdade kom nie in die prentjie in nie. Die syfer was net
vir moorde. Miskien beteken dit niks nie, maar dit pla my.
>
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29676 is 'n antwoord op boodskap #29525] Di, 04 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> "Gary Bartholomew"

> Ek neig na die ideë dat 'n Afrikaner iemand is, wat in Afrikaans dink. Dit
> sluit die "boere", die Kleurlinge, en enige van die groter groeperings in,
> wat die meeste van die tyd in Afrikaans leef.

Ek dink tog dat terwyl taal 'n belangrike komponent vorm van groepsdefinisie,
dit nie die uitsluitlike kriterium is (of behoort te wees) nie. Hiervolgens
stem ek saam met Gloudina dat Afrikaner etnisiteit (NIE RAS NIE) aandui.
Vervolgens, dan, identifiseer 'n Afrikaner met 'n sekere taal, maar ook met
sekere tradisies, 'n sekere geskiedenis, sekere "tradisionele" kosse,
geografie, sekere rituele, maniere van doen. Natuurlik gaan daar individuele
verskille wees, maar 'n Afrikaner kan nie sy of haar identeit soos vervat in
die term losmaak van sy of haar "Afrika-heid" nie, van Apartheid nie, van die
boere-oorlog nie, van hoenderpaai en boerewors nie, van die groot trek nie, van
Paul Kruger of Hendrik Vewoerd nie. Ek dink daar is te min gesprek rondom juis
wat dit beteken om 'n Afrikaner te wees in kontemporere afrika ('n gesprek wat
tans in "Kleurling-geledere" begin posvat) - 'n gesprek en diskoers wat meer as
net taal insluit. Antjie Krog het hierdie kwessie probeer aanroer in "Country
of my Skull" en ek het groot bewondering vir haar waagmoed (ek dink ook John
Coetzee se "Disgrace" probeer dit doen, alhoewel sy eie konflik met hierdie
identiteit ook in sy karakters deurkom). Ek dink dit is veral belangrik in 'n
tydperk van verandering. Kultuur en etnisiteit is nie staties nie, en die
omlyning van wat dit beteken om Afrikaner te wees, skat ek, sal anders wees nou
as wat die geval was in 1948. Gloudina kan dus identifiseer as Afrikaner,
desondanks haar tuiste in Kanada. Sy het sekerlik veel meer insig in
Afrikaner-geskiedenis, literatuur, tradisies, maniere van doen en weet as vele
ander hier. Maar meer as insig, sy het ook 'n bewese en toegewyde belang in
sodanige etnisiteit, waar dit haarself aangaan, waar dit haar familie in
suid-afrika aangaan, en waar dit afrikaners in die algemeen aangaan. Dit is,
na my mening, dus kleinlik kortsigtig om gedurig te bly hamer op die blote feit
dat sy nou in Kanada bly - at worst beteken dit dat sy nie alledaagse kennis
het van lewensomstandighede en verwikkellinge in suid-afrika nie, maar dit
kanselleer definitief nie haar reg om as afrikaner te identifiseer nie.
Ons begrawe weer die koeie... [boodskap #29677 is 'n antwoord op boodskap #29641] Di, 04 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In die bre"e gesien, stem ek saam met jou. Ek dink wel dat daar meer agter
die plaasmoorde sit as bloot misdadige elemente, nie noodwendig die ANC of
PAC se gekonkel om mense van die plase af te kry nie, maar daar is so 'n
mate van ge-organiseerdheid daaragter dat dit nie bloot as toevallighede
afgemaak kan word nie.

In die hele stuk vra jy eintlik 'n vraag, soos ek dit sien: Wat kan ek/ons
aan die situasie doen, behalwe om die skuld op iemand anders te pak. Ek
weet nie regtig nie. Boeregemeenskappe is oor die algemeen baie meer
blootgestel as stedelinge - ons het darem gewoonlik iemand soos die
polisie/bure/medeburgers binne roepafstand, alhoewel dit tegelykertyd
makliker is vir 'n misdadiger om weg te kom in die stad as in die
platteland. Ek dink een plek om te begin sou wees om te probeer om 'n
klimaat van wetsgehoorsaamheid te skep - in die 'klein' misdade sowel as die
grotes, byv 'n simpel ding soos verkeersre"els moet toegepas word, en GESIEN
word dat dit toegeps word. Verder het ek in 'n ander pos gesê dat ek dink
die skep van 'n welvarende, groot, stabiele middelklas burgery is op die
lang termyn die enigste oplossing vir ons probleme. Hoe jy dit doen weet ek
ook nie, ek's (on?)gelukkig net 'n siviele ingenieur, ek ken van brue en
sulke dinge. Jy verwys ook na iets soortsgelyk met jou verwysing na die
ekonomiese bemagtiging van swart mense.

Van verblyfreg op plase gepraat. Het jy al daarna gekyk uit 'n effens ander
hoek? S^e jy werk 20 jaar vir Iscor. Jy gebruik hulle rekenaar, kar, en jy
bly in 'n Iscor huis en so aan. As ek nou die verblyfregte op plase hierop
van toepassing maak, moet Iscor nou vir jou, jou normale pensioen betaal,
die huis en die kar gee alhoewel dit (waarskynlik) nie deel van hulle
kontrak met jou was nie, en jy kan hulle dwing om jou seun as 'nominee' in
diens te neem, al weet hy niks van mynbou nie. Dit wil nie heeltemal vir my
rym nie, maak nie saak hoe ek daarna kyk nie.

Jy stel dit dat die blanke boere in besit is van die meeste goeie grond.
Nou vra ek, wat van 'n plek soos Kwazulu-Natal, waar die meeste grond in
besit van die Zulu's is, of Oos-Kaap (Xhosas/Pondo's/Fingo's) of Noord- en
Oos-Transvaal waar werklik groot lappe aarde in die swart stamme se hande is
of was? 'n Mens kan seker redeneer dat hulle nie bemagtig was om die grond
te bewerk nie. Of het hulle (die swart boere) ander idees as die blanke
boere oor grondgebruik. Nog 'n ander stukkie statistiek sê dat die
grootste gedeelte van SA eintlik as semi-woestyn geklassifiseer moet word en
dat daar nie deur landbou 'n bestaan op gemaak kan word nie. En daardie lyn
tussen 'non-arable' en 'arable' loop feitlik deur Johannesburg suid-suid-wes
en sluit die grootste deel van die Vrystaat en Kaapland in, gaan daar naby
Malmesbury in die see in (iets met die hoeveelheid re"enval) En tog is daar
(blank sowel as swart) heelwat boere wat met sukses boer in daardie dele.
Ander kultuur? Die oorgrote meerderheid swarts in daardie gebiede is
Tswana's en Griekwa's of Khoi. Hoekom is hulle o"enskynlik meer susksevol
as hulle "broers" aan die oostekant van die land? Is daardie stelling dat
die beste grond aan blankes behoort nie ook 'n gerieflike steunpilaar wat
ander dinge verberg nie? Was ons (blankes) te paternalisties? Moes ons nie
die swartes probeer ophelp nie? Dit impliseer noodwendig dat ons, onsself
as "bokant" die swartes gesien het. Een ding wat ek wel sterk vermoed, is
dat ons met die idee ingegaan het dat "Westers" (wat dit ook al sou beteken)
noodwendig beter is as "Afrika" itv kultuur. Nie noodwendig nie, sê ek.

Ai jai jai, ek sien ek vra vreeslik baie vrae, sonder dat ek antwoorde
verskaf. Maar die goed bly vir my 'n 'puzzle'. En ek het 'n vermoede dat
die opgeloste 'puzzle' waarskynlik die prentjie van die toekomstige SA gaan
wees, en waar ek as individu in hom hoort. Die prentjie mag dalk 'n monster
wees, maar ek hoop eerder dis so 'n idilliese toneeltjie: blou lug met so 'n
paar wolkies, groen gras, Veraf rante, bome, water, oneidige horisonne, en
so aan. Ek dink ek het so pas my idee van die paradys geskilder.

Jou storie oor die plaasboer. Dit is natuurlik een siening. Kom ek vertel
jou nou van twee sulke goed uit my eie ervaring:

My oom was 'n mielieboer in Wes-Transvaal. Nie vreeslik welgesteld nie,
maar ook nie arm nie. Gewone mense. Hy het, as hy kon, en die oes was goed
genoeg (die hoop het maar beskaam, meeste jare) sy vakansie aan die Weskus
gaan hou met sy karavaan. 'n Week of twee weke lank daar naby Hondeklipbaai
of so iets gaan hengel. Hy het ook maar gekla oor subsidies en brandstof en
so aan, nie meer as wat ek byv. mor oor ho"e pryse en simpel belastingre"els
nie. Hy het nou afgetree, want hy en sy vrou kon die gedurige stelery vanuit
sy skaapkraal nie meer hanteer nie - hulle't beurt-om-beurt deur die nag wag
gestaan. Binne-in die huis, waar hulle die skaapkraal kan sien onder sy
groot natriumlamp, want as jy uitgaan skiet die diewe op jou. Sy werkers
het hy goed behandel. Vat hulle dokter-toe, dorp-toe, huistoe. Trek hulle
trekke as hulle hom vra. Ploeg, saai, dors hulle lande in die destydse
trustgebiede met sy eie trekkers en diesel. Bou vir hulle huise. Goeie
salarisse. Nooit, sover ek kon agterkom tot geweld oorgegaan nie. En so
gereeld soos klokslag het hulle (a) dronk by die werk aangekom, wat maak dat
die trekkerdrywer byv nie meer mag trekker dryf nie en/of (b) gedros omdat
hulle vireers genoeg geld gehad het, om dan 'n paar maande later weer te kom
vra vir werk. Vir hom (en vir my) is sulke gedrag onverstaanbaar. Wat is
die verband met jo'u storie? Ek het 'n vermoede dat daar veel meer van my
oom se kaliber boere as van die stoepsitters in jou storie is.

My pa boer op 'n kleinerige plasie hier na Cullinan se kant toe. Op 'n
stadium het hy sy werkers so betaal: (ek's nie seker oor die bedrae nie) x
kontant + verblyf + 'n paar sakke (50kg/week/gesin) mieliemeel + ander
groeries + paraffien + eiers (hy's 'n eier/melkboer) + al die melk wat hulle
wou hê + hoenders. En vervoer en mediese hulp. S^e maar as alles in
kontant omgewerk word, y Rand. Toe kom hulle uit eie beweging en sê, nee,
hy moet hulle net 'n kontantloon gee, en hulle het dit uitgewerk, hulle soek
A. Die snaakse/tragiese in di'e verhaal is dat A kleiner was as Y, maar
hulle wou dit so h^e. Boonop het hulle toe in Mandela-village gaan bly,
waar hulle iemand anders moes betaal om te bly. Selfs nadat my Pa vir hulle
mooi verduidelik het dat hule nou slegter daaraan toe was as voorheen, het
hulle aangedring daarop dat hulle net die kontantloon wou h^e. Weereens,
vir my onverstaanbare optrede.

Shieee, nou genoeg gepraat.

Groete
Dries

Ferdi Greyling wrote in message ...
(Ek het al die ander goed uitgevee, antwoord so in die algemeen op jou hele
plasing)
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29678 is 'n antwoord op boodskap #29525] Di, 04 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>
> lou wrote:
>
>>> Gloudina (met eksklusiewe Afrikaner-bloed in my are, en dus
>>> met net soveel reg om haarself 'n Afrikaner te noem as jy. Of
>>> wat is jou beskrywing van 'n Afrikaner?)
>>
>> Jy ontglip al weer die punt in my pos:
>>
>> Wat is 'n Afrikaner in jou definisie? (Jy het mos nie te lank terug
>> gesê dat jy nie 'n Afrikaner is nie!)
>
> Ou Lou, elke keer as ek onder "ethnicity" iets moetinvul, dan moet ek myself as
> Afrikaner verduidelik.
> Op dieselfde manier moet my kinders dit doen, want
> deur hulle are bruis "Afrikaner" bloed, al is sommige
> van hulle hier in Kanada gebore.
> Dis nogal verbasend hoeveel keer hulle hier in
> Noord-Amerika jou "ethnicity" wil weet. Hulle het
> dit nou uitgesluit uit die laaste sensus-vorm, nadat
> mense objekteer het. Maar ek word byvoorbeeld
> nou die dag deur 'n meestersgraad student, wat
> navorsing doen oor watter soort westerlinge 'n
> belangstelling in Boeddhisme het, gevra na my
> "ethnicity."
>
> Die tannie wie se mond ook kan tuit.

Weereens Antie probeer jy my vraag omseil - Wat is jou Afrikaner
definisie en hoekom is jy nou skielik weer 'n Afrikaner?

Afrikaner bloed - in twee rou kanadese se are - he he he.
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29679 is 'n antwoord op boodskap #29525] Di, 04 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

ProPacem wrote:

> van hoenderpaai en boerewors nie,

Wel, ek weet darem nie van die "hoenderpaai" nie. Dithet nie deel van my Noord-kaap
kultuur gevorm nie.
Hoenders was nie iets wat ons maklik te ete gekry het
nie. Die hoenders was kosbaar as produseerders van
eiers, en was eers geslag as hulle oor die wal was.
Ek probeer oor en oor verduidelik dat daar groot
kultuurverskille is, veral in die gebied van dieet, tussen
die verskillende dele van SA. Ek dink byvoorbeeld
dat beide die Engelse en Afrikaner-inwoners van die
ou Transvaal-gebied baie meer in gemeen het met
hulle pap en wors en potjiekos kultuur, as wat die
mense in die Noord-Kaap in gemeen het met hulle.
Ek het nie met pap en wors grootgeword nie, en
dink nog mense wat dweep met die soort kos is effens
snaaks. Ek hou byvoorbeeld nie van droe wors nie.
Een van my kinders kry nou die dag biltong en droe
wors van Engels-sprekende eks-suidafrikaners. Ek
het haar dadelik gewaarsku teen die droe wors eet.
Ek dink dis bietjie barbaars. Ek het nie eens teveel
met biltong grootgeword nie. Ek het grootgeword met
gedroogde snoek wat hulle van die weskus na ons
aangery het. Ek het grootgeword met daaglikse
skaapvleis. Het eers in die Boland op universiteit
gevind dat meeste mense beesvleis eet en dat skaap-
vleis tot Sondag of ander feesdae beperk is. So
moenie vir my in dieselfde hokkie sit as daardie pap-
en-wors eters nie. Ek voel myself kultureel vreemd
van hulle.

Gloudina
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29694 is 'n antwoord op boodskap #29525] Wo, 05 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
ProPacem wrote:
>
>> "Gary Bartholomew"
>
>> Ek neig na die ideë dat 'n Afrikaner iemand is, wat in Afrikaans dink. Dit
>> sluit die "boere", die Kleurlinge, en enige van die groter groeperings in,
>> wat die meeste van die tyd in Afrikaans leef.
>
> Ek dink tog dat terwyl taal 'n belangrike komponent vorm van groepsdefinisie,
> dit nie die uitsluitlike kriterium is (of behoort te wees) nie. Hiervolgens
> stem ek saam met Gloudina dat Afrikaner etnisiteit (NIE RAS NIE) aandui.
> Vervolgens, dan, identifiseer 'n Afrikaner met 'n sekere taal, maar ook met
> sekere tradisies, 'n sekere geskiedenis, sekere "tradisionele" kosse,
> geografie, sekere rituele, maniere van doen. Natuurlik gaan daar individuele
> verskille wees, maar 'n Afrikaner kan nie sy of haar identeit soos vervat in
> die term losmaak van sy of haar "Afrika-heid" nie, van Apartheid nie, van die
> boere-oorlog nie, van hoenderpaai en boerewors nie, van die groot trek nie, van
> Paul Kruger of Hendrik Vewoerd nie. Ek dink daar is te min gesprek rondom juis
> wat dit beteken om 'n Afrikaner te wees in kontemporere afrika ('n gesprek wat
> tans in "Kleurling-geledere" begin posvat) - 'n gesprek en diskoers wat meer as
> net taal insluit. Antjie Krog het hierdie kwessie probeer aanroer in "Country
> of my Skull" en ek het groot bewondering vir haar waagmoed (ek dink ook John
> Coetzee se "Disgrace" probeer dit doen, alhoewel sy eie konflik met hierdie
> identiteit ook in sy karakters deurkom). Ek dink dit is veral belangrik in 'n
> tydperk van verandering. Kultuur en etnisiteit is nie staties nie, en die
> omlyning van wat dit beteken om Afrikaner te wees, skat ek, sal anders wees nou
> as wat die geval was in 1948. Gloudina kan dus identifiseer as Afrikaner,
> desondanks haar tuiste in Kanada. Sy het sekerlik veel meer insig in
> Afrikaner-geskiedenis, literatuur, tradisies, maniere van doen en weet as vele
> ander hier. Maar meer as insig, sy het ook 'n bewese en toegewyde belang in
> sodanige etnisiteit, waar dit haarself aangaan, waar dit haar familie in
> suid-afrika aangaan, en waar dit afrikaners in die algemeen aangaan. Dit is,
> na my mening, dus kleinlik kortsigtig om gedurig te bly hamer op die blote feit
> dat sy nou in Kanada bly - at worst beteken dit dat sy nie alledaagse kennis
> het van lewensomstandighede en verwikkellinge in suid-afrika nie, maar dit
> kanselleer definitief nie haar reg om as afrikaner te identifiseer nie.

Sien wat ek voorheen gesê het - elkeen het sy definisie van 'n
Afrikaner.

Aangaande Gloudina - ek kan duidelik onthou toe sy gesê het dat sie NIE
'n Afrikaner is nie.
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29711 is 'n antwoord op boodskap #29525] Do, 06 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

PAT wrote:

> Gloudina, ek het ook so met skaapvleis grootgeword, darem ook
> hoender.
> Ken jy skaapstertjies in die pot, al die vet uitgebraai, met
> klein aartappeltjies . . . as ek nou skaapvleis eet (omtrent
> nooit nie) gril ek want dit is so vetterig, maar die skaap
> destyds (veral die Karooskaap) was darem baie lekker.
> Pat
>

Nee, ek ken nie die skaapstertjies met die klein
aartappeltjies nie. Wel kaings, wat uitgebraai is
van die varkie wat ons die hele jaar grootgemaak
het en in die winter geslag het. (Die mense in die
VSA eet mos "pork rinds" maar ek sit nie my mond
daaraan nie. Dit proe nie soos kaings nie.)
Ek het altyd gewonder hoe gesond dit was vir
ons om vet op brood te ge-eet het. My ma het gereeld
vet van 'n skaapstert uitgebraai en dan het ons die mooi
spierwit vet op ons brood gesmeer. Dit was altyd sag
en het veral heerlik met tuisgemaakte druiwe of appelkoos-
konfyt gesmaak. Ek het altyd aangeneem ons daar in die
Noordkaap was bietjie agteraf om so vet en brood te
eet. Nou lees ek die ander dag dat hulle dit ook in Frank-
ryk doen, en dat dit glo gesonder is om dit te eet as
botter.
Iets anders wat my ook amuseer: ek het altyd gedink
ons is bietjie agteraf dat ons tamaties gedroog het en dan
later in die winter daarmee gekook het. Nou deesdae is
gedroogde tamaties "all the rage."

Gloudina
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29712 is 'n antwoord op boodskap #29525] Do, 06 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina, ek het ook so met skaapvleis grootgeword, darem ook
hoender.
Ken jy skaapstertjies in die pot, al die vet uitgebraai, met
klein aartappeltjies . . . as ek nou skaapvleis eet (omtrent
nooit nie) gril ek want dit is so vetterig, maar die skaap
destyds (veral die Karooskaap) was darem baie lekker.
Pat

@home.com wrote in article ...
> ProPacem wrote:
>
>> van hoenderpaai en boerewors nie,
>
> Wel, ek weet darem nie van die "hoenderpaai" nie. Dithet nie deel van my Noord-kaap
> kultuur gevorm nie.
> Hoenders was nie iets wat ons maklik te ete gekry het
> nie. Die hoenders was kosbaar as produseerders van
> eiers, en was eers geslag as hulle oor die wal was.
> Ek probeer oor en oor verduidelik dat daar groot
> kultuurverskille is, veral in die gebied van dieet, tussen
> die verskillende dele van SA. Ek dink byvoorbeeld
> dat beide die Engelse en Afrikaner-inwoners van die
> ou Transvaal-gebied baie meer in gemeen het met
> hulle pap en wors en potjiekos kultuur, as wat die
> mense in die Noord-Kaap in gemeen het met hulle.
> Ek het nie met pap en wors grootgeword nie, en
> dink nog mense wat dweep met die soort kos is effens
> snaaks. Ek hou byvoorbeeld nie van droe wors nie.
> Een van my kinders kry nou die dag biltong en droe
> wors van Engels-sprekende eks-suidafrikaners. Ek
> het haar dadelik gewaarsku teen die droe wors eet.
> Ek dink dis bietjie barbaars. Ek het nie eens teveel
> met biltong grootgeword nie. Ek het grootgeword met
> gedroogde snoek wat hulle van die weskus na ons
> aangery het. Ek het grootgeword met daaglikse
> skaapvleis. Het eers in die Boland op universiteit
> gevind dat meeste mense beesvleis eet en dat skaap-
> vleis tot Sondag of ander feesdae beperk is. So
> moenie vir my in dieselfde hokkie sit as daardie pap-
> en-wors eters nie. Ek voel myself kultureel vreemd
> van hulle.
>
> Gloudina
>
Re: Ons begrawe weer die koeie... [boodskap #29725 is 'n antwoord op boodskap #29677] Vr, 07 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Dries Venter wrote:

> Was ons (blankes) te paternalisties? Moes ons nie
> die swartes probeer ophelp nie? Dit impliseer noodwendig dat ons, onsself
> as "bokant" die swartes gesien het. Een ding wat ek wel sterk vermoed, is
> dat ons met die idee ingegaan het dat "Westers" (wat dit ook al sou beteken)
> noodwendig beter is as "Afrika" itv kultuur. Nie noodwendig nie, sê ek.
>
> Ai jai jai, ek sien ek vra vreeslik baie vrae, sonder dat ek antwoorde
> verskaf. Maar die goed bly vir my 'n 'puzzle'. En ek het 'n vermoede dat
> die opgeloste 'puzzle' waarskynlik die prentjie van die toekomstige SA gaan
> wees, en waar ek as individu in hom hoort.

Ja, JM Coetzee analiseer dit so: die koloniste van Europa het van die
begin vir hulleself in die literatuur "Christene" genoem en die mense van
die land "barbare" of "heidene." Dis daarom dat hulle so verontwaardig
was toe hulle "setlaars" genoem word in die afgelope dekades.
Dit het ook hier in Kanada gebeur, waar die regeringsbeleid op 'n
sekere tydstip was om kosskole te stig en die Eerste Nasies se kinders
amper te forseer om hierdie skole te besoek. In die afgelope dekades het
die Eerste Nasies begin uitwys dat hierdie beleid 'n aanslag was op die
kern van die Eerste Nasies, en daar is al deur die regering en sekere kerke
om verskoning gevra. (In die gevalle waar daar fisiese en seksuele wandade
teen die kinders gepleeg was, moet die kerke veral nou groot somme uitbetaal.)
Die Eerste Nasies is ook eers as barbaars en heidene bestempel. Maar
van hulle kon geleer word. Een van hulle rigsnoere is om nie iets te doen nie
totdat jy eers oorweeg het watter gevolg jou dade sal he op die sewende geslag
van jou af. Ook maak hulle net "konsensus" besluite. Dit beteken hulle praat
die ding uit en gaan kompromiste aan totdat almal kan saamstem met die
besluit.
Soos ek Thaba Mbeki se "African Renaissance"-konsep verstaan, is dit
'n poging om die ou kulture van Afrika en hulle maniere van doen te bestudeer
en dan te sien of mens nie daar tipiese Afrika-oplossings vir tipiese Afrika-
probleme kan vind nie. Dit klink vir my nogal 'n goeie ding.

Gloudina
Re: Ons begrawe weer die koeie... [boodskap #29726 is 'n antwoord op boodskap #29677] Vr, 07 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Gary Bartholomew wrote:

> Sal daar nooit ooit konsetrasiekampe weer op Suid-Afrikaanse bodem
> wees nie? Nooit ooit? Is daar sulke waarborge gevestig in die bietjie
> vordering wat ons moontlik tot op hede gemaak het? Wat sou bv. 'n Winnie
> Mandela faksie in staat wees om te kon doen. Dis 'n bespiegeling, maar
> miskien verduidelik dit hoe mense omgekrap kan woord oor net 'n ou naam wat
> nie kan seermaak nie).

Wel, die Engelse het hulle turn gehad met konsentrasie-kampe skep. En toeweer
die voormalige konsentrasiekamp-inwoners. Wat was Winnie Mandela se
verblyf in Brandfort anders as 'n klein konsentrasie-kamp? En die Poppie
Nongenas
wat na die kaal haai vlaktes verban is. So hoekom sal "Winnie se faksie" nou
skielik die reg ontse word om sulke dinge te doen? Sy het goeie leermeesters
gehad, as jy my vra. My geld is nog altyd op die huidige regime om nie die
foute van die vorige twee "faksies" te herhaal nie. Maar die tyd sal vir ons
maar
moet leer.

Gloudina
Re: Ons begrawe weer die koeie... [boodskap #29727 is 'n antwoord op boodskap #29677] Vr, 07 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:38ED2791.8429859E@home.com...
> Dries Venter wrote:
>
>> Was ons (blankes) te paternalisties? Moes ons nie
>> die swartes probeer ophelp nie? Dit impliseer noodwendig dat ons, onsself
>> as "bokant" die swartes gesien het. Een ding wat ek wel sterk vermoed, is
>> dat ons met die idee ingegaan het dat "Westers" (wat dit ook al sou beteken)
>> noodwendig beter is as "Afrika" itv kultuur. Nie noodwendig nie, sê ek.
>>
>> Ai jai jai, ek sien ek vra vreeslik baie vrae, sonder dat ek antwoorde
>> verskaf. Maar die goed bly vir my 'n 'puzzle'. En ek het 'n vermoede dat
>> die opgeloste 'puzzle' waarskynlik die prentjie van die toekomstige SA gaan
>> wees, en waar ek as individu in hom hoort.
>
> Ja, JM Coetzee analiseer dit so: die koloniste van Europa het van die
> begin vir hulleself in die literatuur "Christene" genoem en die mense van
> die land "barbare" of "heidene." Dis daarom dat hulle so verontwaardig
> was toe hulle "setlaars" genoem word in die afgelope dekades.
> Dit het ook hier in Kanada gebeur, waar die regeringsbeleid op 'n
> sekere tydstip was om kosskole te stig en die Eerste Nasies se kinders
> amper te forseer om hierdie skole te besoek. In die afgelope dekades het
> die Eerste Nasies begin uitwys dat hierdie beleid 'n aanslag was op die
> kern van die Eerste Nasies, en daar is al deur die regering en sekere kerke
> om verskoning gevra. (In die gevalle waar daar fisiese en seksuele wandade
> teen die kinders gepleeg was, moet die kerke veral nou groot somme uitbetaal.)
> Die Eerste Nasies is ook eers as barbaars en heidene bestempel. Maar
> van hulle kon geleer word. Een van hulle rigsnoere is om nie iets te doen nie
> totdat jy eers oorweeg het watter gevolg jou dade sal he op die sewende geslag
> van jou af. Ook maak hulle net "konsensus" besluite. Dit beteken hulle praat
> die ding uit en gaan kompromiste aan totdat almal kan saamstem met die
> besluit.
> Soos ek Thaba Mbeki se "African Renaissance"-konsep verstaan, is dit
> 'n poging om die ou kulture van Afrika en hulle maniere van doen te bestudeer
> en dan te sien of mens nie daar tipiese Afrika-oplossings vir tipiese Afrika-
> probleme kan vind nie. Dit klink vir my nogal 'n goeie ding.
>
> Gloudina
>
Hoekom die benoemings? Dit tref my nou net. As mens 'n vyand wil skep, dan
is een van die maniere waarop onmenslikhede teen die vyand "geregverdig" kan
word, om die vyand as iets anders as medemens te sien. 'n Woord moet vasheg
aan 'n konsep om 'n betekenis te hê, en as 'n nuwe woord vir 'n bestaande
konsep geskep word, dan is dit 'n aanpassing van daai konsep. DWS die konsep
"mens" word bv. aangepas met die nuwe woord "kaffir", en dan word die tiepe
mensdom wat daardeur omskryf word as anders as gewoone mens-wees reg op die
ontkiemingsfase van enige gedagte wat 'n mens het, waar die nuwe woord
gebruik word. (Die gaping tussen woord en konsep verdwyn; die woord trek
outomaties die gepaarde konsep uit onmiddelik as dit uitgespreek word).

So ook, as 'n mens nou 'n vyand uit 'n "settler" wil skep, skeur die woord,
self die "settler" af van menswees, in die gedagtes van die gebruiker van
die woord. Dit word dan makliker om die reëls wat handel oor mens-tot-mens
verwantskappe te verontagsaam.

Nou as jy dan as een van hierdie "kaffirs" of "settlers" genoem word, is jy
heeltemal reg om die plakkertjie op jou voorkop te weier, want aanvaar jy
dit sonder weerstand, dan word al die nie-heeltemal-menslike eienskappe wat
"kaffir" of "settler" omhels aan jou toegeskryf.

Dis nie net sommer 'n ou woordjie nie. Dit dra 'n rooi vlag saam. Dit bring
herinneringe van daai ou wat so groot bohaai gemaak het oor wat Joods wees
kamstig so behels. Nee ek sê nie dat dit 'n teken van toekomstige
konsentrasiekampe is nie; net dat 'n manier van dink is wat se spore in
daardie rigting neig.

(Aside: Sal daar nooit ooit konsetrasiekampe weer op Suid-Afrikaanse bodem
wees nie? Nooit ooit? Is daar sulke waarborge gevestig in die bietjie
vordering wat ons moontlik tot op hede gemaak het? Wat sou bv. 'n Winnie
Mandela faksie in staat wees om te kon doen. Dis 'n bespiegeling, maar
miskien verduidelik dit hoe mense omgekrap kan woord oor net 'n ou naam wat
nie kan seermaak nie).
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29773 is 'n antwoord op boodskap #29525] So, 09 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
AapStert  is tans af-lyn  AapStert
Boodskappe: 5
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Junior Lid
skryf in boodskap news:38E3EE88.BA97C32B@home.com...
> Dries Venter wrote:
>
>> Moet ek nou maar finaal aanneem dat jy moord voorstaan? Of dat dit jou nie
>> sal pla solank dit wittes is wat vermoor word nie?
>
> Nee, ou Dries, ek staan nie moord voor nie. Maar ek kan verstaan
> as 'n onderdrukte en onterfde meerderheid later uit desperasie
> so 'n slagkreet begin gebruik om die wittes wat so vol bravado is
> bietjie skrik te maak. En ek verseker jou dat die getal wittes wat
> in die afgelope dekades as gevolg van hierdie slagspreuk dood is,
> minimaal is teenoor die duisende wat doodgemaak is deur die
> bendes van veral P.W. Botha.
> En, ou Dries, hoekom lewer jy nie repliek op daardie pos van
> my oor wat Sampie Terblanche ('n Afrikaner) gese het oor die
> stand van die landbou en swart boere in die twintigste eeu nie,
> soos gerapporteer deur Antjie Krog (ook 'n Afrikaner.) Ek
> (ook 'n Afrikaner) vra vir jou ('n Afrikaner), wat daarvan, Dries?
>
> Gloudina
>

Jammer vir die woorde maar VOK JOU, jou sluwe landsverlater. Jy sit op jou
lekker agterstewe met jou "righteous" boudjies stewig op Kanadese grond wat
met wit hande en wit arbeid opgebou is en nou gee jy raad en advies aan
alles wat 'n derde wereld land is wat probeer om probleme op te los.

Ja, swart mense kan boer en swart mense kan werk, ja hulle maak ook goeie
vriende, maar om jouself enigsins te vereenselwig met dinge wat hier gebeur
raak nou eenvoudig net een te veel. Soos jy aangaan is alles wat wit is
stront. Maar it kan nie waar wees nie, kan dit, want jy sit in 'n wit land
met 'n wit regering en permanente Internet. Dus miskien is jou probleem net
met wit afrikaans sprekende mense, nie waar nie Gloudina? Ons almal het jou
so vertrap, nie waar nie Gloudina? Ja, ons het jou en joune sinne familie
uitgemoor en geplunder. Nie waar nie Gloudina?

As "one settler, one bullet" net die waarheid was was alles okay. Ongelukkig
lyk dit meer na "one white, 6 bullets". Is dit nie snaaks dat ons apartheids
regering met sy verskriklike benadelende tronke tog toegelaat het dat Madiba
sy "fair share" van boeke en leesstof gekry het in sy kramp selletjie op
Robin Eiland nie? Is dit nie snaaks hoe ons Verskriklike Appartheids tronke
toelaat dat sogenaamde swart skuim opleiding en studie geleenthede binne die
tronk benut nie. Sjoe maar ons is maar kak, nie waar nie?

Almal weet Mugabe is besig om Zim links en regs op te vok maar is net te
bang om dit in sy damn gesig te se. Die ou is net eenvoudig SHIFTY. Dit het
niks te doen met die feit dat hy swart is nie, hy is net eenvoudig SHIFTY.

Almal weet die is die "last kicks of the dying donkey" wat Mugabe dryf tot
sulke blatante taktieke soos opsweep van sy handjie vol volgelinge. Maar nou
ja Gloudina. Die feit van die saak is, maak nie saak of dit wit of swart
boere was nie, Zim het hulle nodig. En om te se dat 1/3 van Zim aan witmense
behoort is toevallig die waarheid.

As ons almal so kwansuis verby ras kyk, hoekom is dit dan so 'n moerse
issue?
Kom ek vertel jou 'n geheimpie. As daai boere almal swart was sou daar nie
'n oog gelig gewees het nie. Baie van daardie boere wat hul plase verloor is
Zimbabwies gebore. Hulle is net jammerlik wit. Nie een van hulle pos die
geld wat hulle maak oor na Brittanje nie. Al daai geld bly in Zim.

Maar nou is daai kraantjie ook toe. Maar who cares? His Majesty Mugabe het
nog sy presidensiele palleis en sy familie het amal plase wat nie bewerk
word nie.

Zimbabwe is nou net eenvoudig armer, meer mense gaan honger slaap as die
oestyd verby is omdat niks geoes gaan word nie en die Mugabe volgelinge gaan
net so sleg daaraan af wees. Net jammer hulle is te dom om dit te erken.

Hoe snaaks is dit nie dat meeste van hulle nie boerdery kennis het nie.
Hulle kry hulle grond "terug" maar gebruik dit nie. Wie sou nou nee se vir
'n stukkie "free soil" as His Majesty Mugabe dit so mildelik uitdeel nie.

Maar nou ja, lekker slaap Gloudina, die redder van die 3de wereld, wat
regeer vanaf haar computer in Kanada.
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29774 is 'n antwoord op boodskap #29525] So, 09 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

AapStert wrote:

> Jy sit op jou
> lekker agterstewe met jou "righteous" boudjies stewig op Kanadese grond wat
> met wit hande en wit arbeid opgebou is

O nou skielik is jy 'n outoriteit oor Kanada, en maak jymet jou rassistiese
vooroordele uitsprake oor Kanada wat
geen basis in die werklikheid het nie. Kanada, aapstert, is
'n groot land. Die tweede grootste land ter wereld. Mense
met blank velle bly maar op 'n baie klein persentasie van die
grond. Dit word bevolk deur talle Eerste Nasies en die Inuit.
Basta van Kanada praat as 'n "wit land." Jy praat deur jou
agterent. En selfs in daardie dele waar "wit" Kanadese bly,
is daar meer mense van ander etnisiteite as "wit" Kanadese.
As jy na Kanada emigreer op die oomblik, sal jy in British
Columbia 'n premier he wat van Indiese (uit India) oorsprong
is. Ons Goewerneur-Generaal is 'n vrou wat in China gebore
is. Meeste van ons beste skrywers het Indiese name en kom uit
die Indiese subkontinent of is Indiers wat eers in Afrika gebly het.
So basta vertel vir my ek bly in 'n wit land.

Gloudina

> Ja, swart mense kan boer en swart mense kan werk, ja hulle maak ook goeie
> vriende, maar om jouself enigsins te vereenselwig met dinge wat hier gebeur
> raak nou eenvoudig net een te veel. Soos jy aangaan is alles wat wit is
> stront. Maar it kan nie waar wees nie, kan dit, want jy sit in 'n wit land
> met 'n wit regering en permanente Internet. Dus miskien is jou probleem net
> met wit afrikaans sprekende mense, nie waar nie Gloudina? Ons almal het jou
> so vertrap, nie waar nie Gloudina? Ja, ons het jou en joune sinne familie
> uitgemoor en geplunder. Nie waar nie Gloudina?
>
> As "one settler, one bullet" net die waarheid was was alles okay. Ongelukkig
> lyk dit meer na "one white, 6 bullets". Is dit nie snaaks dat ons apartheids
> regering met sy verskriklike benadelende tronke tog toegelaat het dat Madiba
> sy "fair share" van boeke en leesstof gekry het in sy kramp selletjie op
> Robin Eiland nie? Is dit nie snaaks hoe ons Verskriklike Appartheids tronke
> toelaat dat sogenaamde swart skuim opleiding en studie geleenthede binne die
> tronk benut nie. Sjoe maar ons is maar kak, nie waar nie?
>
> Almal weet Mugabe is besig om Zim links en regs op te vok maar is net te
> bang om dit in sy damn gesig te se. Die ou is net eenvoudig SHIFTY. Dit het
> niks te doen met die feit dat hy swart is nie, hy is net eenvoudig SHIFTY.
>
> Almal weet die is die "last kicks of the dying donkey" wat Mugabe dryf tot
> sulke blatante taktieke soos opsweep van sy handjie vol volgelinge. Maar nou
> ja Gloudina. Die feit van die saak is, maak nie saak of dit wit of swart
> boere was nie, Zim het hulle nodig. En om te se dat 1/3 van Zim aan witmense
> behoort is toevallig die waarheid.
>
> As ons almal so kwansuis verby ras kyk, hoekom is dit dan so 'n moerse
> issue?
> Kom ek vertel jou 'n geheimpie. As daai boere almal swart was sou daar nie
> 'n oog gelig gewees het nie. Baie van daardie boere wat hul plase verloor is
> Zimbabwies gebore. Hulle is net jammerlik wit. Nie een van hulle pos die
> geld wat hulle maak oor na Brittanje nie. Al daai geld bly in Zim.
>
> Maar nou is daai kraantjie ook toe. Maar who cares? His Majesty Mugabe het
> nog sy presidensiele palleis en sy familie het amal plase wat nie bewerk
> word nie.
>
> Zimbabwe is nou net eenvoudig armer, meer mense gaan honger slaap as die
> oestyd verby is omdat niks geoes gaan word nie en die Mugabe volgelinge gaan
> net so sleg daaraan af wees. Net jammer hulle is te dom om dit te erken.
>
> Hoe snaaks is dit nie dat meeste van hulle nie boerdery kennis het nie.
> Hulle kry hulle grond "terug" maar gebruik dit nie. Wie sou nou nee se vir
> 'n stukkie "free soil" as His Majesty Mugabe dit so mildelik uitdeel nie.
>
> Maar nou ja, lekker slaap Gloudina, die redder van die 3de wereld, wat
> regeer vanaf haar computer in Kanada.
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29775 is 'n antwoord op boodskap #29525] So, 09 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
PAT skryf in boodskap news:01bfa222$2ced4c00$7181aec7@ms660966.mindspring.com...
>
> Hoekom kan elke boer nie drie swart plakkers inneem en oplei
> nie?

Ek los die merietes van die voorstel vir ander om oor te debat, maar hoekom
is dit *plakkers* wat opgelei moet word? Aan die begin van die jaar was die
huidige plakkers geensins aan enige plaas verbonde, waar die plaasaarbeiders
nou lankal met die plaas bedrywig is. As iemand die plaas moet kry is it
seker die plaaswerker wat 'n bydrae tot die sukses van die plaas al gemaak
het, en wat iets van die manier hoe op die plaas bestuur word ken.

As jy sulke kompromi� oorweeg, dan het Mugabe vir jou lekker ore opgesit.
Hy't jou in sy terme van debat ingelok. Die plakkers is nou net onlangs
daar, en hulle word na bewering betaal om daar te plak.

Ek stem saam dat in praktiese terme 'n skikking waar daar bloot eenvoudig na
"regte" gekyk word, en land toegegee word aan plakkers wat nie in staat is
om dit te benut, waansinnig is. Dis een ding om te "cut off your nose to
spite your face", maar heelemal 'n hoër graad van gekheid om jou kop af te
sny om jou liggaam te spite.

Maar wat van die plakkers, dan? Miskien kan hulle vir die vorige
plaasarbeiders werk of iets.
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29776 is 'n antwoord op boodskap #29525] So, 09 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie de Villiers  is tans af-lyn  Tobie de Villiers
Boodskappe: 50
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
AapStert skryf in boodskap news:8cppnc$cij$1@ctb-nnrp1.saix.net...

> Jammer vir die woorde maar VOK JOU, jou sluwe landsverlater. Jy sit op jou
> lekker agterstewe met jou "righteous" boudjies stewig op Kanadese grond wat
> met wit hande en wit arbeid opgebou is en nou gee jy raad en advies aan
> alles wat 'n derde wereld land is wat probeer om probleme op te los.
> ===========snip ..... snip ============================
>
> Almal weet Mugabe is besig om Zim links en regs op te vok maar is net te
> bang om dit in sy damn gesig te se. Die ou is net eenvoudig SHIFTY. Dit het
> niks te doen met die feit dat hy swart is nie, hy is net eenvoudig SHIFTY.
>
> Almal weet die is die "last kicks of the dying donkey" wat Mugabe dryf tot
> sulke blatante taktieke soos opsweep van sy handjie vol volgelinge. Maar nou
> ja Gloudina. Die feit van die saak is, maak nie saak of dit wit of swart
> boere was nie, Zim het hulle nodig. En om te se dat 1/3 van Zim aan witmense
> behoort is toevallig die waarheid.
>
> As ons almal so kwansuis verby ras kyk, hoekom is dit dan so 'n moerse
> issue?
> Kom ek vertel jou 'n geheimpie. As daai boere almal swart was sou daar nie
> 'n oog gelig gewees het nie. Baie van daardie boere wat hul plase verloor is
> Zimbabwies gebore. Hulle is net jammerlik wit. Nie een van hulle pos die
> geld wat hulle maak oor na Brittanje nie. Al daai geld bly in Zim.
>
> Maar nou is daai kraantjie ook toe. Maar who cares? His Majesty Mugabe het
> nog sy presidensiele palleis en sy familie het amal plase wat nie bewerk
> word nie.
>
> Zimbabwe is nou net eenvoudig armer, meer mense gaan honger slaap as die
> oestyd verby is omdat niks geoes gaan word nie en die Mugabe volgelinge gaan
> net so sleg daaraan af wees. Net jammer hulle is te dom om dit te erken.
>
> Hoe snaaks is dit nie dat meeste van hulle nie boerdery kennis het nie.
> Hulle kry hulle grond "terug" maar gebruik dit nie. Wie sou nou nee se vir
> 'n stukkie "free soil" as His Majesty Mugabe dit so mildelik uitdeel nie.
>
> Maar nou ja, lekker slaap Gloudina, die redder van die 3de wereld, wat
> regeer vanaf haar computer in Kanada.
--

======== van die k@k uitgehaal wat gegorrel word in kanada =========

>> ................... hoekom lewer jy nie repliek op daardie pos van
>> my oor wat Sampie Terblanche ('n Afrikaner) gese het oor die
>> stand van die landbou en swart boere in die twintigste eeu nie,
>> soos gerapporteer deur Antjie Krog (ook 'n Afrikaner.) Ek
>> (ook 'n Afrikaner).....................

sampie, krog en jy is verloopte afrikane wat beter bekend is by OpregteAfrikaners
as jingos en joiners, so moet jou asseblief nie vereenselwig met ons rasegte nasionaliste nie
.......... bah !
===========================

Vanaf soc.culture.zimbabwe
===========================
Mugabe threatens white farmers with war

April 07 2000 at 11:22PM

By Alex Duval Smith

Bindura, (northern Zimbabwe) - President Robert Mugabe yesterday threatened war
against white farmers if they refused to give up land and said the country's
"puppet" opposition faced a "fight to the end, which we will win".

Speaking to a crowd of at least 2 000 people at the ruling party's first
election rally, 76-year-old Mugabe did not, as many in his own party had hoped,
lower the political temperature.

Instead, he called in Shona for landless people to "continue to take back our
land" and said he supported those who have occupied about 1 000 white-owned
farms. He implied that recent violent incidents during demonstrations and land
sit-ins had been caused by the opposition and by "acts of resistance" from
white farmers.

In a more tempered speech in English, he said Thursday's constitutional
amendment - calling on Britain to provide compensation for acquired land and
absolving the Zimbabwean government from paying - would not be imposed
arbitrarily. However, he said: "They (the commercial farmers) have to
understand that when the government says it requires the land on which they
are, then there is no negotiation about it."

Mugabe launched a stinging attack on the opposition Movement for Democratic
Change (MDC) which rose to prominence ahead of the referendum over the
constitutional amendment. He accused "the white man who has not changed" of
using the MDC's leader, Mr Morgan Tsvangirai as "a puppet".

"Have they come to a position where they want to fight Mugabe? If that is the
case, I will declare a fight to the end which we will win. Tsvangirai is
inviting fire for himself and as we all know, fire can engulf those who start
it," he said.

Two hundred kilometres west of Harare, the MDC staged a rally yesterday at
Karoi, which it claimed 3 000 people attended.

In his speech, Tsvangirai claimed Mugabe's government had a record of "20 years
of failing to address the land issue" and that the constitutional amendment was
merely a "pre-election gimmick". - Foreign Service
=======================================

Telegraph Online 06 April 2000)

By David Blair at Mtuatua Farm, Mashonaland Central

AT least four of President Robert Mugabe's opponents have been killed and
scores injured, including a pregnant woman who is critically ill, in a
series of attacks by gangs of thugs armed with guns and axes.
Morgan Tsvangirai, president of Zimbabwe's biggest opposition party, the
Movement for Democratic Change, accused the ruling Zanu-PF party of "an
orchestrated plan to induce fear and intimidation". He added: "It is a
strategy of subduing the people of Zimbabwe." As the seizure of white
farmers' lands continued, he said two female supporters of the MDC had been
shot and critically injured in Mashonaland Central.

MDC rallies have been attacked across the country and buses used to
transport opposition supporters have been burned. Mr Tsvangirai said: "It is
too ghastly to contemplate that we can go on with this. If this is an
indication of things to come, then God help this country." He held Mr Mugabe
directly responsible for the violence which observers say is intended to
cripple the opposition before parliamentary elections scheduled for next
month.

Squatters, who claim to be veterans of the war against white rule in the
Seventies, occupied about 10 more white farms yesterday, bringing the number
seized to 922, about 25 per cent of the total. Among the latest victims is
John Hammond, who has a farm south of Centenary. Last night he was besieged
by a chanting, drunken mob after having been forced to sign a "contract"
handing over his land.

Mr Hammond, 67, and his wife, Marge, 51, have been trapped in their home
since the invaders arrived on Monday. His son, Neil, owns the neighbouring
Mtuatua Farm where a cluster of worried relatives gathered yesterday
afternoon. The squatters, armed with axes, machetes, knives and stolen golf
clubs, attacked Mr Hammond's security guard and left him with a broken arm.

They also set upon a 69-year-old farm worker and beat him with a plank
driven through with rusty nails. Afterwards they wrecked the house owned by
Mr Hammond's black farm manager. Mr Hammond said: "They've targeted elderly
and vulnerable people which is just criminal and cowardly." Police have
ignored pleas for help and sent only one officer to the scene.

Mr Hammond has signed away his land but his stepson, Hilton Thomas, said he
was determined to stay in the house. He said: "Yes, he signed a piece of
paper, but there's not much you can do when you've got 30 people with
machetes threatening you."

The Harare government yesterday denied any responsibility for the wave of
violence and accused the opposition of trying to create "anarchy". Dumiso
Dabengwa, the Home Affairs Minister, said he would invoke emergency powers
to restore order.

President Robert Mugabe returned from an Africa-Europe summit in Cairo
yesterday, saying he refused to allow Peter Hain, the Foreign Office
minister, to attend his talks with Robin Cook, the Foreign Secretary, "as I
do not want to have sight of him". Mr Hain has been an outspoken critic of
Mr Mugabe, accusing him of leading an increasingly lawless dictatorship.
===============================================
Aapman dié vroumens lewe op die aandag wat sy van jou en andere kry,
ek het haar kotsels al lankal geblok,
maar ongelukkig haal mense haar postings aan en dan
is ek genoodsaak om haar stront te lees, veral as 'n newbie haar aanhaal.
So as jy wil hê ek moet jou postings lees en jou nie blok nie, moet nie haar aanhaal nie.
Stuur eerder e-pos direk na haar toe.
Vriendelike groete
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29777 is 'n antwoord op boodskap #29525] So, 09 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek volg nou al n geruime tyd die Zim probleem, en wonder (so by
my sigselwers) hoekom daar nie saamgestaan kan word in hierdie
situasie nie. Dis n feit dat die deursnee Zimboer (wit) se
plaas soos n maatskappy beheer word, met twee of drie mense (hy,
sy vrou en oudste seun?) wat die boeke doen, en wat baie van die
organisasie op rekenaar het. Bv. watter lande moet braak gelê
word, en waneer, watter bul was by watter koei en waneer moet hy
verkoop word om nuwe bloed in te bring, watter soort sojaboon is
meer droogte resistant ens.

Hoekom kan elke boer nie drie swart plakkers inneem en oplei
nie? So n proses kan tot vyf jaar duur, en dan na n sekere tyd
kan daardie drie swart boere geleidelik begin oorneem, en die
wit boer en sy gesin kry dan lewenslange gebruik om op die plaas
te woon (en deel in die wins). Of die plaas kan opgedeel word
en elkeen beheer sy eie afdeling (dis nou die boer en die drie
vorige plakkers), maar die winste (indien enige) word verdeel.

n Simplistiese oplossing miskien ja, maar liewers so as die
alternatief van
oorneem met geweld, en alles verloor in die proses, want ek dink
nie hier gaan
n goue middeweg wees in hierdie situasie nie.

So terloops, plant die boere in Zim nog tabak? Hier by ons in
die suidelike tabakstate (Kentucky, North Carolina, Virginia en
Tennessee) begin die boere nou almal geleidelik oorskakel na
soja, want alhoewel tabak baie lonend was in die verlede, is dit
nou nie meer die moeite werd nie. Kyk maar net na die onlangse
hofsaak in Florida wat die tabakmaatskappye kwaai geruk het.

Pat

AapStert wrote in article
...
> wrote in message
news:38E3EE88.BA97C32B@home.com...
>> Dries Venter wrote:
>>
>>> Moet ek nou maar finaal aanneem dat jy moord voorstaan?
Of dat dit jou
> nie
>>> sal pla solank dit wittes is wat vermoor word nie?
>>
>> Nee, ou Dries, ek staan nie moord voor nie. Maar ek kan verstaan
>> as 'n onderdrukte en onterfde meerderheid later uit desperasie
>> so 'n slagkreet begin gebruik om die wittes wat so vol bravado is
>> bietjie skrik te maak. En ek verseker jou dat die getal wittes wat
>> in die afgelope dekades as gevolg van hierdie slagspreuk dood is,
>> minimaal is teenoor die duisende wat doodgemaak is deur die
>> bendes van veral P.W. Botha.
>> En, ou Dries, hoekom lewer jy nie repliek op daardie pos van
>> my oor wat Sampie Terblanche ('n Afrikaner) gese het oor die
>> stand van die landbou en swart boere in die twintigste eeu nie,
>> soos gerapporteer deur Antjie Krog (ook 'n Afrikaner.) Ek
>> (ook 'n Afrikaner) vra vir jou ('n Afrikaner), wat daarvan, Dries?
>>
>> Gloudina
>>
>
> Jammer vir die woorde maar VOK JOU, jou sluwe landsverlater. Jy sit op jou
>
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29797 is 'n antwoord op boodskap #29525] Ma, 10 April 2000 00:00 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Lou sê:
> Dit is amper net so stupid as Mugabe se oplossing vir die
probleem ... .

Gee dan n alternatief, niks in die wêreld is "all or nothing"
nie, ten minste
dit behoort nie so te wees nie.

Pat
Vorige onderwerp: Waar's Ferdi Grilling..?
Volgende onderwerp: Zimbabwe en buiten landers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 14:07:15 MGT 2024