Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Zimbabwe en setlaars
Zimbabwe en setlaars [boodskap #29525] Ma, 27 Maart 2000 00:00 na volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In 'n ander thread het Gloudina so 'n rukkie terug stellings gemaak wat
daarop aankom dat sy al die wit plaasboere in Zimbabwe as setlaars beskou en
dat dat sy eintlik 'n voorstaander is van die 'one settler, one
bullet'-idee. Dit het 'n hele string gedagtes by my laat ontstaan, waaroor
ek (indien dit moontlik is op hierdie NG) bespreking sou wou sien sonder
moddergooiery. Wat hieronder volg is 'n redelik lang relaas waarvoor ek by
voorbaat verskoning maak, maar ek dink dit is netelige sake hierdie, en nie
net vir Zimbabwe en SA nie, maar regdeur die wêreld. Sommige vrae is direk
aan Gloudina gerig, siende dat sy die stellings gemaak het, maar dit is
sekerlik oop vir enige iemand om kommentaar te lewer.

1) Gloudina, staan jy werklikwaar moord voor as 'n oplossing vir die
'probleem'? In baie lande (Kanada? Ek weet nie) sou jy aangekla kon word
van moord, sou slegs een persoon sterf op so 'n manier, en die moordenaar
wys daarop dat hy sy inspirasie gekry het toe hy jou stelling gelees het.
Jy het al voorheen aangetoon dat jy uit 'n Christelike agtergrond kom, maar
tans meer na die Oosterse godsdienste neig (dis soos ek jou verstaan het uit
daardie thread lank gelede wat oor godsdiens gegaan het) Geen van di'e
godsdienste staan moord en doodslag voor nie. Hoe vereenselwig jy dit met
jou stelling?

2) Watse lyding dink jy gaan die familie en vriende deur van mense wat s'o
vermoor word? Ek verwys nou eintlik meer spesifiek na wat in SA gebeur.
Jyself het nog heelwat familie hier in SA. As een van hulle nou so op hulle
plaas of in die dorp vermoor word, hoe sal jy dan oor die saak voel?

3) Ek het gehoor dat die Zimbabwe-regering alreeds sowat 8 miljoen hektaar
opgekoop/onteien het van blanke boere. Hiervan het Mugabe blykbaar terstond
6Mha aan sy politieke vriende (LW, ni'e die eks-vegters ni'e!) uitgedeel,
totdat sy eie kabinet 'n stokkie daarvoor getseek het. Hierdie 6Mha l^e
noufeitli onbenut. Hoekom deel hy nie nou die ander 2Mha onder die
vryheidsvegters uit nie? Ek vermoed dit was bloot politieke opportunisme
wat hom laat besluit het om die eks-vryheidsvegters aan te por tot die
besetting. Een ou (Zimbawi"er) wat saam met my werk reken dit was eintlik
'n set om die land so onregeerbaar te maak dat Mugabe 'n noodtoestand kon
afkondig, om sodoende die verkiesing wat nou eersdaags moet kom, uit te
stel. Hierdie selfde ou reken ook dat Mugabe totaal oorhoeks is met sy eie
kabinet, hulle wil hê hy moet uittree.

4) Ek het ook gehoor dat die meeste blanke boere nie onwillig is om hulle
plase te ontruim nie, maar hulle wil redelikerwys vergoed word.

5) Gloudina het die stelling gemaak dat die plase gesteel is. Van wie?
Deur wie? Volgens die geskiedenisbronne wat ek kon vind, het die (blanke)
setlaars die plase by Cecil John Rhodes se BSA gekoop vir etlike miljoen
pond. Siende dat die BSA 'n 'Chartered' company was, het hulle met die
volle goedkeuring van die Britse regering opgetree - hulle WAS die regering
aldaar. Sou dit dan beteken dat die grond inderwaarheid van die Britse
regering gekoop is? Waar het hulle dit gekry? Dieselfde bronne maak
melding van 'n ooreenkoms met Lobengula. Nou kan 'n mens seker sê dat dit
'steel' was, ek dink egter dat daar waarskynlik 'n misverstaan of uitbuitery
van die swartes se siening oor erfreg en grondbesitreg was.

6) In opvolging van (5): Lobengula was 'n Matabele, en hulle was eintlik
Zoeloes, soos ek dit verstaan, wat deur Sjaka uitgedryf is na Wes- en
Noord-Transvaal, en daarvandaan na Zimbabwe geepad het toe Potgieter hulle
by Mosega die nekslag toegedien het. So hulle was dan ook 'setlaars'. Net
so is die Mashona's, die Sjangaans,Karanga's, Rozvi's en al die ander stamme
in Zimbabwe ook 'setlaars'.

7) Feitlik die enigste mense wat nie setlaars in Zimbabwe was nie (altans
sover vasgestel kan word) is die Boesmans. Hulle legendes (a la vd Post?)
dui egter ook op 'n herkoms van elders. Hoever terug moet die 'stelery'
geneem word, maw wie moet nou eintlik die grond kry?

9) 'n Vraag aan Gloudina: Wat is julle status in Kanada? Ek neem aan julle
is Kanadese burgers, maar is julle, saam met *AL* die blankes in Kanada, en
die VSA, nie ook maar setlaars nie? Wat sou jou reaksie wees as 'n sg
'First Nation'-boorling 'n eis op daardie stukkie grond waar julle woon
instel? Sal jy dit sondermeer aan hom gee? Sou jy kompensasie verwag?

10) Iemand (Gloudina?) het ook opgemerk dat daar studies is wat toon dat al
die eks-vegters wat 'n stukkie grond van sy eie sou kry, 'n lewe as
bestaansboer sou kon maak. Wat van al die mense in die stede wat deur die
kommersi"ele boere gevoed en geklee is? Wat word ook van die buitelandse
valuta wat deur sulke boere verdien is? En dit help nie om te redeneer dat
hulle meesal tabakboere is nie, en dus verdien om gekelder te word nie -
tabak is tans nie 'n verbode produk nie, en kan dus vryelik gekweek en
verkoop word, dit is dus nog steeds 'n geldige valutaverdiener! Die
tabakboee kan relatief maklik na ander gewasse oorskakel soos mielies of
sorghum of beeste, ens.

Groete,
Dries Venter
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29526 is 'n antwoord op boodskap #29525] Ma, 27 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Dries Venter wrote:

> 9) 'n Vraag aan Gloudina: Wat is julle status in Kanada? Ek neem aan julle
> is Kanadese burgers, maar is julle, saam met *AL* die blankes in Kanada, en
> die VSA, nie ook maar setlaars nie? Wat sou jou reaksie wees as 'n sg
> 'First Nation'-boorling 'n eis op daardie stukkie grond waar julle woon
> instel? Sal jy dit sondermeer aan hom gee? Sou jy kompensasie verwag?

Natuurlik, En dit gebeur jaar in en jaar uit hier in Kanada: dat Eerste
Nasieseise instel. Sommige is nogal groot. Soos die Nisga s'n. 'n Baie groot
deel
van British Columbia. Dit word stadig deur die howe gesien. Land Reform
is een van die grootste kwessies in die 21ste eeu.

Gloudina

>
>
> 10) Iemand (Gloudina?) het ook opgemerk dat daar studies is wat toon dat al
> die eks-vegters wat 'n stukkie grond van sy eie sou kry, 'n lewe as
> bestaansboer sou kon maak. Wat van al die mense in die stede wat deur die
> kommersi"ele boere gevoed en geklee is? Wat word ook van die buitelandse
> valuta wat deur sulke boere verdien is? En dit help nie om te redeneer dat
> hulle meesal tabakboere is nie, en dus verdien om gekelder te word nie -
> tabak is tans nie 'n verbode produk nie, en kan dus vryelik gekweek en
> verkoop word, dit is dus nog steeds 'n geldige valutaverdiener! Die
> tabakboee kan relatief maklik na ander gewasse oorskakel soos mielies of
> sorghum of beeste, ens.

Ek kan en wil nie die probleme van Zimbabwe hier bespreek nie.Maar ek pos vir
jou as 'n aparte pos 'n stukkie informasie, deur 'n
Afrikaner-analis, van toestande in die landbou in die afgelope eeu.
Laat my weet wat jy daarvan dink.

Gloudina

>
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29527 is 'n antwoord op boodskap #29525] Ma, 27 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Dries Venter wrote:

> 2) Watse lyding dink jy gaan die familie en vriende deur van mense wat s'o
> vermoor word? Ek verwys nou eintlik meer spesifiek na wat in SA gebeur.
> Jyself het nog heelwat familie hier in SA. As een van hulle nou so op hulle
> plaas of in die dorp vermoor word, hoe sal jy dan oor die saak voel?

In die dae toe ek nog in SA was, was daar ook moorde op plase.Elke moord sal
beween moet word. Maar mens weet ook dat daar
blatante moorde op swart mense op plase gepleeg is. Mens weet ook
dat daar swart mense uit Johannesburg en ander stede geneem is en
as amper slawe-hulp op plase aangehou is, bloot omdat hulle nie die
nodige papiere op hulle gehad het nie. Mens weet ook dat mense uit
vliegtuie oor die see uitgestoot is nadat hulle met vergifte salwe besmeer
is. Ek huil dus vir die boere wat op die plase vermoor word, vir die mense
wat uit die vliegtuie uitgestoot is, die mense wat van trappe afgestoot is.
Het jy al "Country of my Skull" van Antjie Krog gelees? Hoe hulle beskryf
het (by die amnestie-aanvrae) hoe hulle mense doodgemaak het, en dan
braaivleis gehou het langs die plek waar hulle die dooies verbrand het.
Blykbaar,
volgens die getuies, brand 'n lyk glo maar stadig, al gooi jy petrol daarop. So,

Dries, join me in crying for the beloved country.

Gloudina

>
>
> 3) Ek het gehoor dat die Zimbabwe-regering alreeds sowat 8 miljoen hektaar
> opgekoop/onteien het van blanke boere. Hiervan het Mugabe blykbaar terstond
> 6Mha aan sy politieke vriende (LW, ni'e die eks-vegters ni'e!) uitgedeel,
> totdat sy eie kabinet 'n stokkie daarvoor getseek het. Hierdie 6Mha l^e
> noufeitli onbenut. Hoekom deel hy nie nou die ander 2Mha onder die
> vryheidsvegters uit nie? Ek vermoed dit was bloot politieke opportunisme
> wat hom laat besluit het om die eks-vryheidsvegters aan te por tot die
> besetting. Een ou (Zimbawi"er) wat saam met my werk reken dit was eintlik
> 'n set om die land so onregeerbaar te maak dat Mugabe 'n noodtoestand kon
> afkondig, om sodoende die verkiesing wat nou eersdaags moet kom, uit te
> stel. Hierdie selfde ou reken ook dat Mugabe totaal oorhoeks is met sy eie
> kabinet, hulle wil hê hy moet uittree.
>
> 4) Ek het ook gehoor dat die meeste blanke boere nie onwillig is om hulle
> plase te ontruim nie, maar hulle wil redelikerwys vergoed word.
>
> 5) Gloudina het die stelling gemaak dat die plase gesteel is. Van wie?
> Deur wie? Volgens die geskiedenisbronne wat ek kon vind, het die (blanke)
> setlaars die plase by Cecil John Rhodes se BSA gekoop vir etlike miljoen
> pond. Siende dat die BSA 'n 'Chartered' company was, het hulle met die
> volle goedkeuring van die Britse regering opgetree - hulle WAS die regering
> aldaar. Sou dit dan beteken dat die grond inderwaarheid van die Britse
> regering gekoop is? Waar het hulle dit gekry? Dieselfde bronne maak
> melding van 'n ooreenkoms met Lobengula. Nou kan 'n mens seker sê dat dit
> 'steel' was, ek dink egter dat daar waarskynlik 'n misverstaan of uitbuitery
> van die swartes se siening oor erfreg en grondbesitreg was.
>
> 6) In opvolging van (5): Lobengula was 'n Matabele, en hulle was eintlik
> Zoeloes, soos ek dit verstaan, wat deur Sjaka uitgedryf is na Wes- en
> Noord-Transvaal, en daarvandaan na Zimbabwe geepad het toe Potgieter hulle
> by Mosega die nekslag toegedien het. So hulle was dan ook 'setlaars'. Net
> so is die Mashona's, die Sjangaans,Karanga's, Rozvi's en al die ander stamme
> in Zimbabwe ook 'setlaars'.
>
> 7) Feitlik die enigste mense wat nie setlaars in Zimbabwe was nie (altans
> sover vasgestel kan word) is die Boesmans. Hulle legendes (a la vd Post?)
> dui egter ook op 'n herkoms van elders. Hoever terug moet die 'stelery'
> geneem word, maw wie moet nou eintlik die grond kry?
>
> 9) 'n Vraag aan Gloudina: Wat is julle status in Kanada? Ek neem aan julle
> is Kanadese burgers, maar is julle, saam met *AL* die blankes in Kanada, en
> die VSA, nie ook maar setlaars nie? Wat sou jou reaksie wees as 'n sg
> 'First Nation'-boorling 'n eis op daardie stukkie grond waar julle woon
> instel? Sal jy dit sondermeer aan hom gee? Sou jy kompensasie verwag?
>
> 10) Iemand (Gloudina?) het ook opgemerk dat daar studies is wat toon dat al
> die eks-vegters wat 'n stukkie grond van sy eie sou kry, 'n lewe as
> bestaansboer sou kon maak. Wat van al die mense in die stede wat deur die
> kommersi"ele boere gevoed en geklee is? Wat word ook van die buitelandse
> valuta wat deur sulke boere verdien is? En dit help nie om te redeneer dat
> hulle meesal tabakboere is nie, en dus verdien om gekelder te word nie -
> tabak is tans nie 'n verbode produk nie, en kan dus vryelik gekweek en
> verkoop word, dit is dus nog steeds 'n geldige valutaverdiener! Die
> tabakboee kan relatief maklik na ander gewasse oorskakel soos mielies of
> sorghum of beeste, ens.
>
> Groete,
> Dries Venter
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29528 is 'n antwoord op boodskap #29525] Ma, 27 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Dries Venter wrote:

> 9) 'n Vraag aan Gloudina: Wat is julle status in Kanada? Ek neem aan julle
> is Kanadese burgers, maar is julle, saam met *AL* die blankes in Kanada, en
> die VSA, nie ook maar setlaars nie? Wat sou jou reaksie wees as 'n sg
> 'First Nation'-boorling 'n eis op daardie stukkie grond waar julle woon
> instel? Sal jy dit sondermeer aan hom gee? Sou jy kompensasie verwag?

Natuurlik, En dit gebeur jaar in en jaar uit hier in Kanada: dat Eerste
Nasieseise instel. Sommige is nogal groot. Soos die Nisga s'n. 'n Baie groot
deel
van British Columbia. Dit word stadig deur die howe gesien. Land Reform
is een van die grootste kwessies in die 21ste eeu.

Gloudina

>
>
> 10) Iemand (Gloudina?) het ook opgemerk dat daar studies is wat toon dat al
> die eks-vegters wat 'n stukkie grond van sy eie sou kry, 'n lewe as
> bestaansboer sou kon maak. Wat van al die mense in die stede wat deur die
> kommersi"ele boere gevoed en geklee is? Wat word ook van die buitelandse
> valuta wat deur sulke boere verdien is? En dit help nie om te redeneer dat
> hulle meesal tabakboere is nie, en dus verdien om gekelder te word nie -
> tabak is tans nie 'n verbode produk nie, en kan dus vryelik gekweek en
> verkoop word, dit is dus nog steeds 'n geldige valutaverdiener! Die
> tabakboee kan relatief maklik na ander gewasse oorskakel soos mielies of
> sorghum of beeste, ens.

Ek kan en wil nie die probleme van Zimbabwe hier bespreek nie.Maar ek
pos vir jou as 'n aparte pos 'n stukkie informasie, deur 'n
Afrikaner-analis, van toestande in die landbou in die afgelope eeu.
Laat my weet wat jy daarvan dink.

Gloudina

>
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29529 is 'n antwoord op boodskap #29525] Ma, 27 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Dries Venter wrote:

> Hierdie selfde ou reken ook dat Mugabe totaal oorhoeks is met sy eie
> kabinet, hulle wil hê hy moet uittree.

Mugabe is 'n skepsel van ou Ian Smith. As ou Ian Smith nie sy
eensydigeonafhanklikheid verklaar het, en 'n virtuele apartheid in Rhodesia
ingevoer
het nie, sou die normale politieke ontwikkeling in die tweede deel van die
twintigste eeu die burgeroorlog tussen Smith se wittes en Mugabe en Kie
se swartes uitgebreek het nie. Dieselfde kan van Suid-Afrika gese word.

Gloudina

>
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29544 is 'n antwoord op boodskap #29525] Di, 28 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

lou wrote:

> Jy weet seker dat Mugabe die DEMOKRATIESE verkiesing uitgestel het in
> Zimbabwe? Dat hy sy eie Hooggeregshof ignoreer wat beveel het dat
> onwettige besetters van plase verwyder moet word?

Moenie met my oor Mugabe praat nie. Hy is daar omdatou Ian Smith so vooraan
was om sy eie regse wil af te druk
op die mense van Suid Rhodesie. Hy het die burgeroorlog
moontlik gemaak wat gevolg het. En Mugabe is die gevolg
van daardie burgeroorlog. As demokrasie sy eie sistematiese
gang gegaan het, het ons nie 'n Mugabe in Zimbabwe gehad
en 'n P.W. Botha in SA nie. Ek dink Mugabe en ou PW is
maar ses van die een en 'n halfdosyn van die ander. Gaan
lees wees die geskiedenis van daardie jare in SA. Sien hoe
moeilik dit was vir die Nasionale Party self om van P.W.
ontslae te raak. ( Ek het nou die dag 'n film gesien getiteld
"Mandela and De Klerk." Nogal goed. Mandela word deur
Sidney Poitier gespeel en De Klerk deur Michael Caine. Het
iemand anders al hierdie fliek gesien? My suster dink nie dit
was in SA nie, maar dis hier al uit op video, alhoewel ek nie dink
dit was hier in die publiek vertoon nie.

Gloudina
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29545 is 'n antwoord op boodskap #29525] Di, 28 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina antwoord my vraag, soort van:
> Dries Venter wrote:
>
>> 9) 'n Vraag aan Gloudina: Wat is julle status in Kanada? Ek neem aan julle
>> is Kanadese burgers, maar is julle, saam met *AL* die blankes in Kanada, en
>> die VSA, nie ook maar setlaars nie? Wat sou jou reaksie wees as 'n sg
>> 'First Nation'-boorling 'n eis op daardie stukkie grond waar julle woon
>> instel? Sal jy dit sondermeer aan hom gee? Sou jy kompensasie verwag?
>
> Natuurlik, En dit gebeur jaar in en jaar uit hier in Kanada: dat Eerste
> Nasieseise instel. Sommige is nogal groot. Soos die Nisga s'n. 'n Baie groot
> deel
> van British Columbia. Dit word stadig deur die howe gesien. Land Reform
> is een van die grootste kwessies in die 21ste eeu.

Op watter vraag/vrae in punt 9 antwoord jy 'Natuurlik'?

Gloudina antwoord op hierdie stelling van my:
>> 10) Iemand (Gloudina?) het ook opgemerk dat daar studies is wat toon dat al
>> die eks-vegters wat 'n stukkie grond van sy eie sou kry, 'n lewe as
>> bestaansboer sou kon maak. Wat van al die mense in die stede wat deur die
>> kommersi"ele boere gevoed en geklee is? Wat word ook van die buitelandse
>> valuta wat deur sulke boere verdien is? En dit help nie om te redeneer dat
>> hulle meesal tabakboere is nie, en dus verdien om gekelder te word nie -
>> tabak is tans nie 'n verbode produk nie, en kan dus vryelik gekweek en
>> verkoop word, dit is dus nog steeds 'n geldige valutaverdiener! Die
>> tabakboee kan relatief maklik na ander gewasse oorskakel soos mielies of
>> sorghum of beeste, ens.
>
> Ek kan en wil nie die probleme van Zimbabwe hier bespreek nie.Maar ek pos vir
> jou as 'n aparte pos 'n stukkie informasie, deur 'n
> Afrikaner-analis, van toestande in die landbou in die afgelope eeu.
> Laat my weet wat jy daarvan dink.

Hmm... ek dink juis dit is nodig om Zimbabwe se probleme hier te bespreek
(after all, wat het ons dan nou net in die res van die thread gedoen?!)
omdat dit baie toepaslik is vir Suid-Afrika. En ek sou verkies as jy nie
die informasie apart aan my sou pos nie, sit dit eerder hier op die NG,
onder 'n ander thread as jy verkies sodat almal daarin kan deel.

Ek wil net byvoeg dat die 6Mha wat Mugabe so kwistiglik onder sy politieke
vriende verdeel het, blykbaar nou onbenut lê en in meeste gevalle
agteruitgaan. Ons het dieselfde situasie oa in die Oos-Transvaal
(Trichardsdal) waar boorde en boorde vol Avo's en papja's en piesangbome net
so aan die genade oorgelaat is. En in die Oos-Kaap (Hankey, dink ek) waar
eens welvarende en goed-ontwikkelde vrugte- en groenteplase lê en vergaan
en nou omtrent net wildernis is. Onder swart boere se "beheer". Net voor
jy my hieroor aanvat as 'n rassis, daar is baie swart kommersi"ele boere wat
goed boer - maar hulle is nog by verre in die minderheid. Ek wil beklemtoon
dat ek nie dink bestaansboerdery gaan al die mense in 'n land voed nie,
veral nie in SA met sy relatief slegte boerderytoestande nie.

Dries
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29546 is 'n antwoord op boodskap #29525] Di, 28 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
>> 5) Gloudina het die stelling gemaak dat die plase gesteel is. Van wie?
>> Deur wie? Volgens die geskiedenisbronne wat ek kon vind, het die (blanke)
>> setlaars die plase by Cecil John Rhodes se BSA gekoop vir etlike miljoen
>> pond. Siende dat die BSA 'n 'Chartered' company was, het hulle met die
>> volle goedkeuring van die Britse regering opgetree - hulle WAS die regering
>> aldaar. Sou dit dan beteken dat die grond inderwaarheid van die Britse
>> regering gekoop is? Waar het hulle dit gekry? Dieselfde bronne maak
>> melding van 'n ooreenkoms met Lobengula. Nou kan 'n mens seker sê dat dit
>> 'steel' was, ek dink egter dat daar waarskynlik 'n misverstaan of uitbuitery
>> van die swartes se siening oor erfreg en grondbesitreg was.
>
> Ja, dit het later uitgekom dat agente van Rhodes vir Lobengula verslaafgemaak
> het en aan morfiene, en dat hy uiteindelik soos klei in hulle hande was.
> En selfs Lobengula was onder die indruk dat hy slegs sekere regte aan die
> Britte toegeken het. Ek wonder wanneer hulle Rhodes se standbeeld daar in
> Kaapstad gaan verwyder. 'n Skandvlek op die geskiedenis van menseregte.
>
Ja'k, ek moet sê ou Cecil is nou nie juis my gunsteling Brit nie,
inteendeel... Maar die strekking van my woorde was dat die mense wat
hiervoor moet pa staan eintlik die huidige Britse regering is, siende dat
hulle voorgangers die steelwerk gedoen het. Of wat van Anglo-American?
Daar's nou 'n idee..

Dries
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29547 is 'n antwoord op boodskap #29525] Di, 28 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
> Dries Venter wrote:
>
>> 2) Watse lyding dink jy gaan die familie en vriende deur van mense wat s'o
>> vermoor word? Ek verwys nou eintlik meer spesifiek na wat in SA gebeur.
>> Jyself het nog heelwat familie hier in SA. As een van hulle nou so op hulle
>> plaas of in die dorp vermoor word, hoe sal jy dan oor die saak voel?
>
> In die dae toe ek nog in SA was, was daar ook moorde op plase.Elke moord sal
> beween moet word. Maar mens weet ook dat daar
> blatante moorde op swart mense op plase gepleeg is. Mens weet ook
> dat daar swart mense uit Johannesburg en ander stede geneem is en
> as amper slawe-hulp op plase aangehou is, bloot omdat hulle nie die
> nodige papiere op hulle gehad het nie. Mens weet ook dat mense uit
> vliegtuie oor die see uitgestoot is nadat hulle met vergifte salwe besmeer
> is. Ek huil dus vir die boere wat op die plase vermoor word, vir die mense
> wat uit die vliegtuie uitgestoot is, die mense wat van trappe afgestoot is.
> Het jy al "Country of my Skull" van Antjie Krog gelees? Hoe hulle beskryf
> het (by die amnestie-aanvrae) hoe hulle mense doodgemaak het, en dan
> braaivleis gehou het langs die plek waar hulle die dooies verbrand het.
> Blykbaar,
> volgens die getuies, brand 'n lyk glo maar stadig, al gooi jy petrol daarop. So,
>
> Dries, join me in crying for the beloved country.
>

Inderdaad. Maar sê jy dan nou 'n oog vir 'n oog? Dat "2 wrongs make a
right"? Die WVK het juis oor versoening ook gegaan. Ons mag waarskynlik
nooit vergeet nie, maar moet ons (en met "ons" bedoel ek beide wit en swart)
nie vergeef nie? Vereenselwig jy jou met sommige politici se aandrang op
"one settler, one bullet"? Ek dink nie ons moet onsself bluf nie, bg is nie
net 'n slagspreuk nie, daar is al hoe meer aanduidings dat die plaasmoorde
in SA 'n goed georkestreede, laegraadse oorlog is. Deur wie? Ek weet nie.
Die mees ooglopende vinger kan na die PAC gewys word, maar wat as dit die
ANC is, of dalk nog steeds die sinistere "3de mag"? Daar is blykbaar al
meer mense op die platteland dood na 1994 (6 jaar!) as in die hele sg.
bosoorlog wat meer as 20 jaar geduur het. Ek wens iemand kan vir ons die
presiese statistieke hiervan en van dit wat jy hierbo noem, gee. Die een
moeilikheid is natuurlik dat die polisie nie die statistieke in so 'n
bruikbare formaat het nie. Te oordeel aan die berigte (ni'e oor SABC se
senders nie, en baie min in Naspers se koerante) vind plaasaanvalle nou teen
'n tempo van omtrent 7/week plaas, waarvan seker 30% nie suksevol is nie.
In suksesvolle aanvalle (itv moorde) word dikwels twee of meer mense
vermoor.

Dries
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29548 is 'n antwoord op boodskap #29525] Di, 28 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina antwoord op my stelling:
>> 7) Feitlik die enigste mense wat nie setlaars in Zimbabwe was nie (altans
>> sover vasgestel kan word) is die Boesmans. Hulle legendes (a la vd Post?)
>> dui egter ook op 'n herkoms van elders. Hoever terug moet die 'stelery'
>> geneem word, maw wie moet nou eintlik die grond kry?
>
> Ons praat nou nie van die "setlaars" wat uitgemoor is, soos die Boesmansnie,
> of van al die ander "setlaars" wat ook nou maar met niks sit nie. Dries,
> ons praat van die 4000 meestal Britse "setlaars" wat op een-derde van
> Zimbabwe se land sit, aan die begin van die 21ste eeu. Dis waaroor ek
praat.

Ek dink juis ons moet al die setlaars hierby insluit. Wanneer hou 'n mens
op om 'n setlaar vlg jou siening te wees? Byv. Ons familie is alreeds
sedert 1662 in SA, is ek nou 'n setlaar? Indien wel, waar sou ek my dan
moet gaan vestig, sou ek uit SA gedryf moet word? Die woord setlaar het tog
die idee van permanente vestiging daarin opgesluit. Lobengula was byv slegs
'n paar jaar voor die Pioneer Column in Zimbawe gevestig.

Dries Venter
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29549 is 'n antwoord op boodskap #29525] Di, 28 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Julian de Beer wrote:

> Kom ons lees weer Gloudina se oospronklike stelling. Ek sal dit op rekord
> hou sodat ons dit van tyd tot tyd weer onder oe kan neem, sodat ons haar
> opinies kan verwerp met die minagting wat dit van elke Suid-Afrikaner
>
>
> Aanhaling volg>
>> Dit was nog altyd vir my 'n misterie hoekom hierdie 4, 000 wit
> boeretoegelaat
>> word om soos plakkers op die grond van die miljoene en
>> miljoene swart inwoners van Zimbabwe te bly. As ek nou 'n swart
>> inwoner van Zimbabwe was, het ek al lankal 'n vryheidsoorlog teen
>> daardie wit boere begin. Een setlaar op sy tabakplaas (wat die
>> wereld se longe verbrand) een koeel.

Dankie Julian, dat jy my oorspronklike geskrif opgeroep het. Ek waste lui om
self daarna te soek. OK, Julian. Ek herhaal weer. AS EK NOU
'N SWART INWONER VAN ZIMBABWE WAS, het ek al lankal
'n vryheidsoorlog teen hierdie wit boere begin. Een setlaar op sy tabak-
plaas (wat die wereld se longe verbrand) een koeel.

Gloudina
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29550 is 'n antwoord op boodskap #29525] Di, 28 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>
> Dries Venter wrote:
>
>> 9) 'n Vraag aan Gloudina: Wat is julle status in Kanada? Ek neem aan julle
>> is Kanadese burgers, maar is julle, saam met *AL* die blankes in Kanada, en
>> die VSA, nie ook maar setlaars nie? Wat sou jou reaksie wees as 'n sg
>> 'First Nation'-boorling 'n eis op daardie stukkie grond waar julle woon
>> instel? Sal jy dit sondermeer aan hom gee? Sou jy kompensasie verwag?
>
> Natuurlik, En dit gebeur jaar in en jaar uit hier in Kanada: dat Eerste
> Nasieseise instel. Sommige is nogal groot. Soos die Nisga s'n. 'n Baie groot
> deel
> van British Columbia. Dit word stadig deur die howe gesien. Land Reform
> is een van die grootste kwessies in die 21ste eeu.
>
> Gloudina
>
>>

Kan jy antwoord op die man se vraag o kanadese setlaar? Of gaan jy hoop
dit gaan weg. Die manier wat ek dit sien was/is jy setlaar in twee lande
dus dubbel skuldig :) ?
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29551 is 'n antwoord op boodskap #29525] Di, 28 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
> lou wrote:
>
>> Jy weet seker dat Mugabe die DEMOKRATIESE verkiesing uitgestel het in
>> Zimbabwe? Dat hy sy eie Hooggeregshof ignoreer wat beveel het dat
>> onwettige besetters van plase verwyder moet word?

Gloudina antwoord hierop, oa:
>
> Moenie met my oor Mugabe praat nie. Hy is daar omdatou Ian Smith so vooraan
> was om sy eie regse wil af te druk
> op die mense van Suid Rhodesie. Hy het die burgeroorlog
> moontlik gemaak wat gevolg het. En Mugabe is die gevolg
> van daardie burgeroorlog. As demokrasie sy eie sistematiese
> gang gegaan het, het ons nie 'n Mugabe in Zimbabwe gehad
> en 'n P.W. Botha in SA nie. Ek dink Mugabe en ou PW is
> maar ses van die een en 'n halfdosyn van die ander. Gaan
> lees wees die geskiedenis van daardie jare in SA. Sien hoe
> moeilik dit was vir die Nasionale Party self om van P.W.
> ontslae te raak.


Ek wil jou amper hier gelyk gee, Gloudina. Behalwe. (natuurlik is daar
altyd 'n "maar" of "behalwe"!) Behalwe, Mugabe is nou 20 jaar (sedert 1980)
aan bewind - bykans die helfte van die totale tydperk wat die NP in bewind
was in SA. En hy was die leier wat goedgekeur was deur die wêreld. Wat
het dus in die 20 jaar verander? Ek dink een van die GROOT probleme in die
hele Afrika is dat al die leiers (en ek bedoel ALMAL) al hulle foute en
tekortkominge en probleme op die ou koloniale bestel wil afskuif, in stede
van om so nou en dan die werklikheid in die gesig te staar - dis geriefliker
so, sien. Nou dat ek verder daaroor dink, is dit nie wêreldwye tendens
nie - blameer almal behalwe jouself vir jou probleme, ens? Hier's dalk nog
stof vir 'n goeie thread!

Groete,
Dries
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29552 is 'n antwoord op boodskap #29525] Di, 28 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 27 Mar 2000 21:03:45 +0200, "Dries Venter"
wrote:

Dries, ek kon natuurlik my reaksie op jou pos begin het met iets soos:

"Tipies Dries se hy dat die wit boere in Zimbabwe meer reg op die
grond het as enige swart Zimbabwier. Daarvoor sal hy ten minste tien
uit tien kry dat hy elke keer wit heerskappy sal verkondig en swart
aansprake op geregtigheid sal verkleineer."

Maar ek sal nie. Want ek maak nie of ek weet wat jy dink nie.

Nou wat van jy doen dieselfde met my in die toekoms?

Deur wie? Volgens die geskiedenisbronne wat ek kon vind, het die (blanke)[/color]
> setlaars die plase by Cecil John Rhodes se BSA gekoop vir etlike miljoen
> pond. Siende dat die BSA 'n 'Chartered' company was, het hulle met die
> volle goedkeuring van die Britse regering opgetree - hulle WAS die regering
> aldaar. Sou dit dan beteken dat die grond inderwaarheid van die Britse
> regering gekoop is? >>

Maar was die Britse regering die eienaars? Kon hulle dit verkoop het?

'steel' was, ek dink egter dat daar waarskynlik 'n misverstaan of uitbuitery[/color]
> van die swartes se siening oor erfreg en grondbesitreg was.>>

Soos ek beperkte bronne gelees het, lyk dit of Lobengula bloot
toestemming gegee het dat die BSA op sy gebied kon prospekteer en dat
aan hom verduidelik is hulle wil bloot n groot gat kom grawe en gaan
dan weer padgee.

In elk geval, hier is goed oor die kwessie uit Britannica:

(b. c. 1836, Mosega, Transvaal--d. January 1894, near Bulawayo,
Rhodesia), second and last king of the South African
Ndebele (Matabele) nation. Lobengula, the son of the founder of the
Ndebele kingdom, Mzilikazi, was unable to preserve the
independence of his people in the face of growing pressure from
British and Boer settlers.

Though Mzilikazi died in 1868, Lobengula only succeeded to the throne
in 1870, after a period of serious civil war. Feeling
that his throne was threatened, he attempted to form an alliance with
the British to forestall both internal and external dangers,
granting first farming (1886) and then mineral (1888) concessions to
the British authorities in South Africa and to Cecil
Rhodes's British South Africa Company in Rhodesia. Not satisfied with
these concessions, and anxious to exploit gold fields
near Bulawayo, the company undertook a military expedition that
destroyed the kingdom in October 1893.

----

Two men still stood in the way of Rhodes's plans for developing the
north. One was Kruger, with his policy of "Africa for the
Afrikaners"--the Boers. By the Franchise Law of 1890, he denied
political rights to the Britons and other foreigners
(Uitlanders) who had come to work the gold mines in the Transvaal. He
also tried to extend Boer control to
Mashonaland and Matabeleland. The ruler of the Matabele was King
Lobengula, Rhodes's second obstacle. Kruger
had approached him for a treaty and mining concessions in 1887, and so
had many others. Lobengula, however, though
uneducated, knew that once he let the white men in, he would never see
their backs. The only white men he trusted were
missionaries; and Rhodes duly found in John Moffat, the son of a
famous missionary, a man to serve his purpose.

Once Moffat, as assistant commissioner for the crown colony of
Bechuanaland, had, in February 1888, persuaded Lobengula
to sign an exclusive treaty of friendship, Rhodes sent three of his
trusted agents to obtain a mining concession based on the
treaty. The concession was extracted from the reluctant Lobengula in
October 1888: to the last, he hoped he had only allowed
the white man to dig "a big hole." In fact, however, he had virtually
signed away his kingdom, and Rhodes hastened to press the
British government, through the high commissioner, to grant a charter
to a new company, the British South Africa
Company, to develop the new territory. In October 1889 the charter was
granted, and Lobengula allowed the digging to
begin.

Queen Victoria found Rhodes's imperialism attractive, no less than
his courtly rebuttal of the accusation of being a woman
hater: "How could I dislike a sex to which your Majesty belongs?" The
upshot of his successful propaganda was that the
charter granted by the British government went far beyond what
Lobengula had conceded. There was no northern limit on it;
and Rhodes intended to extend the chartered company's control to
Northern Rhodesia (now Zambia) and Nyasaland (now
Malawi), as well as to the Bechuanaland Protectorate (now in
Botswana).

In 1890 Rhodes's Pioneers began their hazardous march into
Matabeleland and thence to Mashonaland, where they
established a fort in September, to be called Salisbury, after the
British prime minister. In the following year Harry
Johnston took over the administration of Nyasaland in a dual capacity,
as commissioner of the British government and an
employee of the chartered company. Although eventually the
protectorate reverted fully to the British government, Rhodes's
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29553 is 'n antwoord op boodskap #29525] Di, 28 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
> Ek kan en wil nie die probleme van Zimbabwe hier bespreek nie.Maar ek
> pos vir jou as 'n aparte pos 'n stukkie informasie, deur 'n
> Afrikaner-analis, van toestande in die landbou in die afgelope eeu.
> Laat my weet wat jy daarvan dink.
>
> Gloudina
>

Huh? Mar jy was tog groot bek daaroor voorheen!

Jy weet seker dat Mugabe die DEMOKRATIESE verkiesing uitgestel het in
Zimbabwe? Dat hy sy eie Hooggeregshof ignoreer wat beveel het dat
onwettige besetters van plase verwyder moet word?
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29554 is 'n antwoord op boodskap #29525] Di, 28 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina antwoord op hierdie stelling:
>> Hierdie selfde ou reken ook dat Mugabe totaal oorhoeks is met sy eie
>> kabinet, hulle wil hê hy moet uittree.

>
> Mugabe is 'n skepsel van ou Ian Smith. As ou Ian Smith nie sy
> eensydigeonafhanklikheid verklaar het, en 'n virtuele apartheid in Rhodesia
> ingevoer
> het nie, sou die normale politieke ontwikkeling in die tweede deel van die
> twintigste eeu die burgeroorlog tussen Smith se wittes en Mugabe en Kie
> se swartes uitgebreek het nie. Dieselfde kan van Suid-Afrika gese word.

Nogtans het Mugabe en kie heel goed weggespring in 1980, en met die volle
onderseuning en goedkeuring van die Weste 'en die destydse USSR. Een van sy
verkiesingsbeloftes was juis dat hy aan almal 'n stukkie grond sou gee. Wat
hy tot nou toe nog nie gedoen het nie. Hy lyk vir my so asof hy ook aan
daardie politieke-siekte ly: magswellus.

Dries Venter
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29566 is 'n antwoord op boodskap #29525] Wo, 29 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Calla  is tans af-lyn  Calla
Boodskappe: 6
Geregistreer: November 1999
Karma: 0
Junior Lid
Hoe ver moet ons terug gaan ( 50 jaar, 100 jaar, 500 jaar). Op een of ander
manier is ons almal (blank en swart) setlaars. Soos ek dit sien, bepaal die
huidige regering van die dag wie waar bly en wat aan wie behoort. Dis nou
maar hoe dit is en julle kan stry tot julle blou is. Geen 1 man een stem
regering was nog ooit regverdig teenoor minderhede nie en geen regering
geregeer deur 'n minderheid was nog ooit regverdig teenoor die meerderheid
nie.

Carel
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29567 is 'n antwoord op boodskap #29525] Wo, 29 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

lou wrote:

> OHOPOHO!!!! Daar was nou ten minste reeds drie "demokratiese"
> verkiesings in Zimbabwe.

So jy gee toe dat die "verkiesings" wat vir P.W. Botha daargestel het,nie
"demokraties" was nie? Reg. Ek stem met jou saam. Maar watter
duiwelse logika bedryf jy nou wat argumenteer: Mugabe is deur
"demokratiese" verkiesings daargestel, dus hy moet sonder foute wees
en perfek regeer, maar omdat P.W. nou ondemokraties daargestel is,
kan hulle onder sy regime maar moor en van trappe afstamp en uit
vliegtuie uitstoot, dit maak nie saak nie, want dit het mos onder 'n
diktatorskap gebeur.

Gloudina
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29568 is 'n antwoord op boodskap #29525] Wo, 29 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
Dis eers toe daardie kreet oor die land begin galm het, dat
> blankes begin besef het dat dit nou nie meer speletjes is nie. Dat as hulle
> hul nie regruk nie, daar volskaalse burgeroorlog sou kom. Die kreet
> "one settler, one bullet" was 'n sielkundige wapen, en myns insiens nogal
> 'n suksesvolle een.
>
> Gloudina
>
Nou soos wat ek dit onthou, het hierdie ding na vore gekom toe Peter Mokaba
sy loopbaan begin bou het (DWS op TV- en dus op 'n plek waar dit moontlik
hierdie invloed op die kiesers sou kon he^). Tannie kan my regstel as my
feite verkeerd het, maar het die Peter Mokaba nie vir die eerste keer in die
kollig gestaan toe die proses van onderhandeling al lankal op dreef was?
Soos wat ek onthou was "one settler, one bullet" iets wat tot vore gekom het
eers na die vrylating van Nelson Mandela, en as ek reg is, dan sal daar
hewig gebuig en gedraai moet word met die feite van die geval om dit by 'n
kousale interpretasie te laat pas, nie so nie?

Waar het Tannie TV gekyk daai tyd? Daar in Kanada, of hier in Suid Afrika?
Soos ons in Meestersvloekerstaal sê, "You're free to have your own
opinions, but you can't have your own facts".

Voor ek gaan. Ja elke af en toe word 'n handjievol Christene en ongelowiges
in 'n periodieke bomontploffing e^rens in die wêreld ontplof, maar dit maak
nie saak nie, want dis net 'n paar van hulle, en dit trek die aandag van die
slapende pers na groter sake as net 'n paar lewens. Lyk vir my die koue van
Kanada kan tot reg in die middel van 'n mens se hart inkruip. (Of behandel
hulle Suid Afrikaners met so veel agterdog dat 'n mens net die ortodokse
aantwoorde tot die vrae moet leer as 'n mens daar as mens wil oorleef?)
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29569 is 'n antwoord op boodskap #29525] Wo, 29 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Dries Venter wrote:

> Behalwe, Mugabe is nou 20 jaar (sedert 1980)
> aan bewind - bykans die helfte van die totale tydperk wat die NP in bewind
> was in SA. En hy was die leier wat goedgekeur was deur die wêreld. Wat
> het dus in die 20 jaar verander?

Wel, om vir 20 jaar aan bewind te wees, is korrupterend. Dit was die
moeilikheid in SA. Dit het 'n werklike diktatorskap geraak, al was daar
"verkiesings" vir een klein deel van die bevolking. En hoe langer daardie
diktatorskap geduur het, hoe meer korrup het dit geraak. Dis daarom dat
ons nou uitvind dat die middel en laat tagtigerjare in SA die mees korrupte
was.
Selfs in 'n sogenaamde demokratiese land soos Kanada waar daar
gereeld verkiesings is, werk mag in die hande van een party vir te lank
korrupterend. Maar dit lyk vir my dat hier in Kanada, as een party op
federale of provinsiale basis so omtrent 12 jaar in bewind bly, hulle vanself
so onpopuler word dat die opposisie hulle maklik verslaan. Ek hou van
die Amerikaanse stelsel, waar die President nie toegelaat word om meer
as twee vierjaar-termyne te beset nie. Ek het dit nooit besef nie, maar
na Rooseveldt het net drie Amerikaanse presidente ag jaar-termyne uitgedien:
Eisenhower, Reagan en Clinton. (Dis nou as Clinton syne hierdie jaar uitdien.)

Gloudina
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29570 is 'n antwoord op boodskap #29525] Wo, 29 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
Dries:

Vir die statistiek, gaan kyk by die Landbouweekblad se web blad (ek het
daardie woodeskat wat weke terug gepos is gaan soek maar dis weg; daar was
'n beter woord hiervoor). Ek weet nie hoe op datum hulle nou is nie, maar
daar is 'n klomp indiepte studies daar wat 'n goeie idee van die aard en
omvang van die probleem gee. Die syfers is skokkend.

Lyk vir my daar's op oulaas 'n regte debat hier aan die gang. My "tikbek" is
al lam "gepraat" hieroor op soc.culture.zimbabwe, so ek vra om verskoning;
ek gaan maar net hier "lurk".

Die verwysing is: http://landbou.com/plaas1a.asp ; As die aantwoorde wat jy
soek nie daar is nie, ek dink 'n e-brief aan die redakteur sal seker die pad
tot die feite toe vir jou oopmaak.

Dries Venter skryf in boodskap news:8br91u$alr$3@ctb-nnrp1.saix.net...
>> Dries Venter wrote:
>>
>>> 2) Watse lyding dink jy gaan die familie en vriende deur van mense wat
> s'o
>>> vermoor word? Ek verwys nou eintlik meer spesifiek na wat in SA gebeur.
>>> Jyself het nog heelwat familie hier in SA. As een van hulle nou so op
> hulle
>>> plaas of in die dorp vermoor word, hoe sal jy dan oor die saak voel?
>>
>> In die dae toe ek nog in SA was, was daar ook moorde op plase.Elke moord
> sal
>> beween moet word. Maar mens weet ook dat daar
>> blatante moorde op swart mense op plase gepleeg is. Mens weet ook
>> dat daar swart mense uit Johannesburg en ander stede geneem is en
>> as amper slawe-hulp op plase aangehou is, bloot omdat hulle nie die
>> nodige papiere op hulle gehad het nie. Mens weet ook dat mense uit
>> vliegtuie oor die see uitgestoot is nadat hulle met vergifte salwe besmeer
>> is. Ek huil dus vir die boere wat op die plase vermoor word, vir die mense
>> wat uit die vliegtuie uitgestoot is, die mense wat van trappe afgestoot is.
>> Het jy al "Country of my Skull" van Antjie Krog gelees? Hoe hulle beskryf
>> het (by die amnestie-aanvrae) hoe hulle mense doodgemaak het, en dan
>> braaivleis gehou het langs die plek waar hulle die dooies verbrand het.
>> Blykbaar,
>> volgens die getuies, brand 'n lyk glo maar stadig, al gooi jy petrol
> daarop. So,
>>
>> Dries, join me in crying for the beloved country.
>>
>
> Inderdaad. Maar sê jy dan nou 'n oog vir 'n oog? Dat "2 wrongs make a
> right"? Die WVK het juis oor versoening ook gegaan. Ons mag waarskynlik
> nooit vergeet nie, maar moet ons (en met "ons" bedoel ek beide wit en swart)
> nie vergeef nie? Vereenselwig jy jou met sommige politici se aandrang op
> "one settler, one bullet"? Ek dink nie ons moet onsself bluf nie, bg is nie
> net 'n slagspreuk nie, daar is al hoe meer aanduidings dat die plaasmoorde
> in SA 'n goed georkestreede, laegraadse oorlog is. Deur wie? Ek weet nie.
> Die mees ooglopende vinger kan na die PAC gewys word, maar wat as dit die
> ANC is, of dalk nog steeds die sinistere "3de mag"? Daar is blykbaar al
> meer mense op die platteland dood na 1994 (6 jaar!) as in die hele sg.
> bosoorlog wat meer as 20 jaar geduur het. Ek wens iemand kan vir ons die
> presiese statistieke hiervan en van dit wat jy hierbo noem, gee. Die een
> moeilikheid is natuurlik dat die polisie nie die statistieke in so 'n
> bruikbare formaat het nie. Te oordeel aan die berigte (ni'e oor SABC se
> senders nie, en baie min in Naspers se koerante) vind plaasaanvalle nou teen
> 'n tempo van omtrent 7/week plaas, waarvan seker 30% nie suksevol is nie.
> In suksesvolle aanvalle (itv moorde) word dikwels twee of meer mense
> vermoor.
>
> Dries
>
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29571 is 'n antwoord op boodskap #29525] Wo, 29 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>
> lou wrote:
>
>> Jy weet seker dat Mugabe die DEMOKRATIESE verkiesing uitgestel het in
>> Zimbabwe? Dat hy sy eie Hooggeregshof ignoreer wat beveel het dat
>> onwettige besetters van plase verwyder moet word?
>
> Moenie met my oor Mugabe praat nie. Hy is daar omdatou Ian Smith so vooraan
> was om sy eie regse wil af te druk
> op die mense van Suid Rhodesie. Hy het die burgeroorlog
> moontlik gemaak wat gevolg het. En Mugabe is die gevolg
> van daardie burgeroorlog. As demokrasie sy eie sistematiese
> gang gegaan het, het ons nie 'n Mugabe in Zimbabwe gehad
> en 'n P.W. Botha in SA nie. Ek dink Mugabe en ou PW is
> maar ses van die een en 'n halfdosyn van die ander. Gaan
> lees wees die geskiedenis van daardie jare in SA. Sien hoe
> moeilik dit was vir die Nasionale Party self om van P.W.
> ontslae te raak.

OHOPOHO!!!! Daar was nou ten minste reeds drie "demokratiese"
verkiesings in Zimbabwe. Mugabe het vir Nkomo en Sithole verslaan in een
van die eerstes. Dit is 'n voorbeeld van demokrasie in Afrika. Maar jy
verstaan nie juis at hier aangaan nie ne?
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29572 is 'n antwoord op boodskap #29525] Wo, 29 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jgdebeer  is tans af-lyn  jgdebeer
Boodskappe: 37
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Volle Lid
Kom ons lees weer Gloudina se oospronklike stelling. Ek sal dit op rekord
hou sodat ons dit van tyd tot tyd weer onder oe kan neem, sodat ons haar
opinies kan verwerp met die minagting wat dit van elke Suid-Afrikaner
verdien .
Julian

Aanhaling volg>
> Dit was nog altyd vir my 'n misterie hoekom hierdie 4, 000 wit boeretoegelaat
> word om soos plakkers op die grond van die miljoene en
> miljoene swart inwoners van Zimbabwe te bly. As ek nou 'n swart
> inwoner van Zimbabwe was, het ek al lankal 'n vryheidsoorlog teen
> daardie wit boere begin. Een setlaar op sy tabakplaas (wat die
> wereld se longe verbrand) een koeel.
>
> Gloudina

skryf in boodskap news:38DFEA24.66342C33@home.com...
> Dries Venter wrote:
>
>> In 'n ander thread het Gloudina so 'n rukkie terug stellings gemaak wat
>> daarop aankom dat sy al die wit plaasboere in Zimbabwe as setlaars beskou en
>> dat dat sy eintlik 'n voorstaander is van die 'one settler, one
>> bullet'-idee.
>
> Ek het my verbasing uitgespreek oor die feit dat die "one settler, one
> bullet"slagspreuk nie ook al in Zimbabwe gebruik is nie, waar daar 'n blatante
> situasie
> is waar 4000 koloniste op een-derde van die land sit.
> Die slagkreet "one settler one bullet" en die effek wat dit op die wit
> bevolking
> van SA gehad het, word geanaliseer deur J.M. Coetzee: Hy verwys daarna dat
> dit nie die dreigement van doodmaak is wat die apartheidsvoorstanders die meeste
>
> kwaadgemaak het nie, maar die feit dat hulle as setlaars beskou word. Hy dui
> daarop
> dat deur die jare in die literatuur die wit nageslagte van die mense uit Europa
> hulself
> as "Christene " "vryburgers" of "voortrekkers" beskryf het, en die swart mense
> van SA
> as "heidene" of "barbare." Om dus as setlaar aangedui te word, was vir hulle
> skokkend,
> meer as die dreigement dat hulle doodgemaak kan word.
> En op die keper beskou, hoeveel setlaars het toe die koeels gekry?. Dit was
> maar
> net 'n skrikmaak-kreet van die P.A.C. Die getal mense wat in die burgeroorlog
> van
> die afgelope dekades in SA doodgemaak is, is nog duisende en duisende aan die
> nie-blanke kant, en in die honderde aan die blanke kant.
>
> Gloudina
>
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29573 is 'n antwoord op boodskap #29525] Wo, 29 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
Dries Venter skryf in boodskap news:8br91s$alr$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Gloudina antwoord op hierdie stelling:
>>> Hierdie selfde ou reken ook dat Mugabe totaal oorhoeks is met sy eie
>>> kabinet, hulle wil hê hy moet uittree.
>
>>
>> Mugabe is 'n skepsel van ou Ian Smith. As ou Ian Smith nie sy
>> eensydigeonafhanklikheid verklaar het, en 'n virtuele apartheid in Rhodesia
>> ingevoer
>> het nie, sou die normale politieke ontwikkeling in die tweede deel van die
>> twintigste eeu die burgeroorlog tussen Smith se wittes en Mugabe en Kie
>> se swartes uitgebreek het nie. Dieselfde kan van Suid-Afrika gese word.
>
>
> Nogtans het Mugabe en kie heel goed weggespring in 1980, en met die volle
> onderseuning en goedkeuring van die Weste 'en die destydse USSR. Een van sy
> verkiesingsbeloftes was juis dat hy aan almal 'n stukkie grond sou gee. Wat
> hy tot nou toe nog nie gedoen het nie. Hy lyk vir my so asof hy ook aan
> daardie politieke-siekte ly: magswellus.
>
> Dries Venter
>
>
Lees Ian Smith se autobiografie, Dries ("The Great Betrayal"). Hy kry 'n
hele klomp goed totaal deurmekaar, en mens moet altyd onthou dat dit die
herinnerings van 'n gelowige is in 'n saak wat lankal teen hom beklink is,
maar een feit is daaruit duidelik. BJ Vorster en ou Pik Botha het die land
vir Mugabe gegee. Die skelm Britte was daar, maar hulle het die samewerking
van Vorster nodig gehad, en hy het dit gegee. (Ter wille van hierdie
"Detente" bedrogspul wat die goed toe probeer verkoop het).
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29574 is 'n antwoord op boodskap #29525] Wo, 29 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>
> Dries Venter wrote:
>
> Behalwe, Mugabe is nou 20 jaar (sedert 1980)
>
>> aan bewind - bykans die helfte van die totale tydperk wat die NP in bewind
>> was in SA. En hy was die leier wat goedgekeur was deur die wêreld. Wat
>> het dus in die 20 jaar verander?
>
> Ek vind dit baie snaaks dat meeste van die politieke gesels in SA nouskielik
> oor Mugabe gaan. Dis asof mense moet kla oor die swart
> swernoters.

Weereens hang jou rassistiese onderrok uit. Zimbabwe se ekonomie is in
die grond in, brandstof is onverkygbaar, die boere wat die hoof uitvoer
produk vir die land produseer word van hul plase verdryf met die
goedkeuring van die regering maar teen die grondwet in. Raai wat gaan
gebeur as hongersnood intree - SA sal 'n grootskaalse invloei van
onwettige immigrante kry (meer as tans) en ons sal maar moet help omdat
Mugabe en sy regering nie demokraties. Dit gaan nie oor swart of wit nie
- miskien moet jy meer kom kuier dan sal jy beter verstaan ... en nie in
1996 vashaak nie.

> Maar nou word dit bietjie uit die mode om oor die ANC
> te kla, nou kla ons maar oor Mugabe. Dis mos ses van die een en half
> dosyn van die ander. Nou, volgens my opinie, is mense wat 'n P.W.
> Botha in hulle agtergrond gehad het in die laaste tien jaar (en let wel,
> sy vel was wit) nie eintlik in 'n baie goeie posisie om die ou krom vingers
> na Mugabe te wys nie. Sover ons weet, stoot hulle nog nie mense
> uit vliegtuie uit nie, probeer verslaaf hulle nie die jeug aan ecstacy nie,
> slag hulle nie bobbejane en hang die fetusse in die biskoppe se tuin
> nie, ens. ens. ens. So kom ons hou ons maar op hierdie SA nuusgroep
> by SA politiek.

Net omdat jy weer jou naam po-po gemaak het moet almal na jou luister?
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29575 is 'n antwoord op boodskap #29525] Wo, 29 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Dries Venter wrote:

> Ek dink juis ons moet al die setlaars hierby insluit. Wanneer hou 'n mens
> op om 'n setlaar vlg jou siening te wees? Byv. Ons familie is alreeds
> sedert 1662 in SA, is ek nou 'n setlaar? Indien wel, waar sou ek my dan
> moet gaan vestig, sou ek uit SA gedryf moet word?

Maar word jy nou gevra om uit SA te verhuis? Mense meng, met opset,
twee verskillende situasies op: onregverdige landsbesit (nog hoofsaaklik
in die hande van wittes) en of hulle "in hulle eie land" welkom is. Niemand
vra jou om die land te verlaat nie. Maar daar word gevra dat daar lands-
hervorming in SA kom, sodat die onterfde 80 persent van die bevolking
meer naastenby tagtig persent van die land kan bewoon en bewerk.

Gloudina
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29576 is 'n antwoord op boodskap #29525] Wo, 29 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina had dit oor die swart boere van 100 jaar vroeër:
> Die informasie van Sampie Terblanche het my geskok: dat swart boere aan die
> einde van die vorige eeu in hulle behoeftes kon voorsien, maar dat
> hulle stuk vir stuk oor die twintigste eeu onterf en verarm is deur
> wetgewing en slinkse politieke manipulasies.
>
Ja, en dat hulle nog meer daaraan onderwerp is in die tuislande, maar
daardie keer was dit toe die Matanzimas en Sebes wat die manipulasies
uitgevoer het om die landbou (wat 'n selfvoersorgingsbestaan verseker het)
so te 'burokratiseer' dat die man op die lappie aarde wat hy(of sy familie)
moes bewerk, nie in staat was om die grond te kon bewerk nie.
Sien dit had so gewerk:
Daar was 'n Landbou Koroprasie (nie ko-operasie nie) van Transkei. Hulle
besit al die trekkers en implemente. As Thabo Nduna sy 2 hektaar wou
bewerk, moes hy na die 'mense' gaan en bespreek en vooruit betaal om op
so-en-so 'n dag sy stukke grond te kom bewerk. Veral ploeg. Die plantwerk
kon hy of die familie self doen. Wat in werklikheid gebeur het is dat die
trekker nooit op die bespreekte dag opgedaag het nie, die grond nie geploeg
kon word nie, en daar dus geen gewasse geplant kon word om die familie mee
te onderhou. Die stelsel van gemeenskaplike grondbesit het bepaal dat as
die grond wat deur die stamowerheid aan die familie toegeken is, vir twee
opeenvolgende jare nie bewerk is nie, dan word daardie grond aan 'n ander
familie toegeken. Dus as Thabo se grondjie vir twee nie geploeg en beplant
is nie, dan was dit hongerly vir die familie.
Dit is een van die redes waarom doe Oos-Kaap in die afgelope 10 - 15 jaar so
vinnig "ontvolk" is van sy landbouers, en daar 'n uittog na die stedelike
gebiede van die Wes-Kaap en Gauteng plaasgevind het.
Ek moet hier kwalifiseer dat ek my nie as 'n kundige oor demografiese
verspreiding of as landbou ekonoom uitgee nie. Ek het dit gesien gebeur oor
'n tydperk van 8 jaar in die era van die sogenaamde 'onafhanklikheid' van
die Transkei. ('77 -'83)
Ek het in daardie tyd elke jaar die Transkei besoek om kontrakwerkers te
werf vir my boerdery in Villiersdorp, en ja Gloudina, ek het hulle goed
behandel. Nie soos die res van my gemeenskap nie. Ek het na 16 jaar nog
kontak met van die amaXhosi wat vir my op die plaas gehelp het. Maar ek kom
nou ook nie meer in die Oos-Kaap nie...

Nouja, my asem was lank, en nou het dit opgeraak.

Thys op Somerset-Wes
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29577 is 'n antwoord op boodskap #29525] Wo, 29 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Dries Venter wrote:

> Inderdaad. Maar sê jy dan nou 'n oog vir 'n oog? Dat "2 wrongs make a
> right"? Die WVK het juis oor versoening ook gegaan. Ons mag waarskynlik
> nooit vergeet nie, maar moet ons (en met "ons" bedoel ek beide wit en swart)
> nie vergeef nie? Vereenselwig jy jou met sommige politici se aandrang op
> "one settler, one bullet"?

Dit is vir my baie snaaks dat nou, na al die dinge wat in die
apartheidsregimeaangegaan het, mense begin aanhaal "Two wrongs don't make a
right."
En almal moet nou vergifnis vra. Dit laat mens lag kry.
Die "one settler, one bullet" het inderwaarheid sy funksie vervul. Vir
lank in die apartheidstydperk was die mense wat dood is, maar altyd nie-
blankes, met net hier en daar 'n handjievol wittes in 'n periodieke bom-
ontploffing. Dis eers toe daardie kreet oor die land begin galm het, dat
blankes begin besef het dat dit nou nie meer speletjes is nie. Dat as hulle
hul nie regruk nie, daar volskaalse burgeroorlog sou kom. Die kreet
"one settler, one bullet" was 'n sielkundige wapen, en myns insiens nogal
'n suksesvolle een.

Gloudina
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29578 is 'n antwoord op boodskap #29525] Wo, 29 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>
> Dries Venter wrote:
>
>> Ek dink juis ons moet al die setlaars hierby insluit. Wanneer hou 'n mens
>> op om 'n setlaar vlg jou siening te wees? Byv. Ons familie is alreeds
>> sedert 1662 in SA, is ek nou 'n setlaar? Indien wel, waar sou ek my dan
>> moet gaan vestig, sou ek uit SA gedryf moet word?
>
> Maar word jy nou gevra om uit SA te verhuis? Mense meng, met opset,
> twee verskillende situasies op: onregverdige landsbesit (nog hoofsaaklik
> in die hande van wittes) en of hulle "in hulle eie land" welkom is. Niemand
> vra jou om die land te verlaat nie. Maar daar word gevra dat daar lands-
> hervorming in SA kom, sodat die onterfde 80 persent van die bevolking
> meer naastenby tagtig persent van die land kan bewoon en bewerk.
>
Definieer onregverdige landsbesit? Sou 'n parlementslid ook onregverdig
grond mag besit?

Kyk bietjie na Mosambiek en Etihopie - 80% van die land kan 80% van die
grond bewoon en bewerk. DUH!!
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29579 is 'n antwoord op boodskap #29525] Wo, 29 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Dries Venter wrote:

Behalwe, Mugabe is nou 20 jaar (sedert 1980)

> aan bewind - bykans die helfte van die totale tydperk wat die NP in bewind
> was in SA. En hy was die leier wat goedgekeur was deur die wêreld. Wat
> het dus in die 20 jaar verander?

Ek vind dit baie snaaks dat meeste van die politieke gesels in SA nouskielik
oor Mugabe gaan. Dis asof mense moet kla oor die swart
swernoters. Maar nou word dit bietjie uit die mode om oor die ANC
te kla, nou kla ons maar oor Mugabe. Dis mos ses van die een en half
dosyn van die ander. Nou, volgens my opinie, is mense wat 'n P.W.
Botha in hulle agtergrond gehad het in die laaste tien jaar (en let wel,
sy vel was wit) nie eintlik in 'n baie goeie posisie om die ou krom vingers
na Mugabe te wys nie. Sover ons weet, stoot hulle nog nie mense
uit vliegtuie uit nie, probeer verslaaf hulle nie die jeug aan ecstacy nie,
slag hulle nie bobbejane en hang die fetusse in die biskoppe se tuin
nie, ens. ens. ens. So kom ons hou ons maar op hierdie SA nuusgroep
by SA politiek.

Gloudina

>
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29580 is 'n antwoord op boodskap #29525] Wo, 29 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Dries Venter wrote:

> En ek sou verkies as jy nie
> die informasie apart aan my sou pos nie, sit dit eerder hier op die NG,
> onder 'n ander thread as jy verkies sodat almal daarin kan deel.
>

Natuurlik het ek nie bedoel dat ek dit aan jou persoonlik gaan
stuur nie. Ek het dit as 'n ander thread geplaas. Ek sien uit na jou
reaksie daarop. En ander mense se reaksie daarop. Die informasie
van Sampie Terblanche het my geskok: dat swart boere aan die
einde van die vorige eeu in hulle behoeftes kon voorsien, maar dat
hulle stuk vir stuk oor die twintigste eeu onterf en verarm is deur
wetgewing en slinkse politieke manipulasies.

Gloudina
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29594 is 'n antwoord op boodskap #29525] Do, 30 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Hier verskil ek skerp met jou. Die hele idee agter die WVK is Waarheid en
VERSOENING. Versoening kan slegs gebeur as dit van beide kante kom. Deur
jou argument te volg, sal geweld in hierdie land NOOIT ophou nie, of eers
ophou as een rasgroep die ander totaal uitgemoor het. Verder, as na die
etniese samestelling van die bevolking gekyk word (nou en in die verlede)
dink ek 'n mens gaan vind dat %-gewys daar nooit meer (of minder) swartes as
blankes geweldadig dood is nie.

Moet ek nou maar finaal aanneem dat jy moord voorstaan? Of dat dit jou nie
sal pla solank dit wittes is wat vermoor word nie? Jou aanname dat "one
settler one bullet" net 'n sielkundige wapen getuig van kinderagtige
eenvoudigheid en uiterste onverantwoordelikheid. Die deursnee-mense wat
hierdie slagspreuk hoor en wat daardeur aangepor word tot aksie sien dit nie
net as 'n slagspreuk nie - hulle sien dit as hulle roeping en opdrag.
Feitlik al die mense wat aan die plaasmoorde met hulle lewe ontkom het,
berig dat daar gedurig aan hulle geskreeu is hoe hulle gehaat is en dat
hulle settlers is wat moet dood en/of weg van die plase af.

Dries Venter

@home.com wrote in message ...
> Dries Venter wrote:
>
>> Inderdaad. Maar sê jy dan nou 'n oog vir 'n oog? Dat "2 wrongs make a
>> right"? Die WVK het juis oor versoening ook gegaan. Ons mag waarskynlik
>> nooit vergeet nie, maar moet ons (en met "ons" bedoel ek beide wit en swart)
>> nie vergeef nie? Vereenselwig jy jou met sommige politici se aandrang op
>> "one settler, one bullet"?
>
> Dit is vir my baie snaaks dat nou, na al die dinge wat in die
> apartheidsregimeaangegaan het, mense begin aanhaal "Two wrongs don't make a
> right."
> En almal moet nou vergifnis vra. Dit laat mens lag kry.
> Die "one settler, one bullet" het inderwaarheid sy funksie vervul. Vir
> lank in die apartheidstydperk was die mense wat dood is, maar altyd nie-
> blankes, met net hier en daar 'n handjievol wittes in 'n periodieke bom-
> ontploffing. Dis eers toe daardie kreet oor die land begin galm het, dat
> blankes begin besef het dat dit nou nie meer speletjes is nie. Dat as hulle
> hul nie regruk nie, daar volskaalse burgeroorlog sou kom. Die kreet
> "one settler, one bullet" was 'n sielkundige wapen, en myns insiens nogal
> 'n suksesvolle een.
Ferdi grawe ou koeie uit die sloot [boodskap #29595 is 'n antwoord op boodskap #29552] Do, 30 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi,

Dit werk amper, behalwe: Ek het nog nooit gesê of impliseer dat hulle ooit
meer reg op die grond het nie. Jy kan maar gaan kyk in die argiewe. Dit is
net so maklik om in die argiewe te gaan kyk dat (a) Jy nog NOOIT kritiek
teen die huidige regering gelewer het nie, (b) jy keer op keer weier om
enigiets negatief raak te sien (c) Jou eerste reaksie teen iemand wat kla
oor dinge hier is om hom te wil wegja uit die land. Dus, nalv "if it walks
like a duck, quacks like a duck, shits like a duck, smells like a duck, it
must be a duck" dink ek dit was 'n redelik van my om aan te neem hoe jy sou
reageer. Jy het natuurlik tot datum nog nie my verkeerd bewys nie, jy het
wel die saak destyds mooi gesystap (terloops, dit was waarvoor jy 10/10
gekry het, die systap)

Maar ek is bereid om my in-die-mond-gelegde woorde onvoorwaardelik terug te
trek, sou jy die moeite wou doen om die sakie van destyds te wou antwoord,
en nie weer te systap nie. BEWYS vir my dat my aanname verkeerd (of reg!)
was.

Jinne, ek het nie gedink jy sou 'n familietwis daarvan maak maak nie! Ek
hoop ons kan darem in die vervolg op redelike vriendlike voet van mekaar
verskil!

Groete,
Dries Venter

Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Mon, 27 Mar 2000 21:03:45 +0200, "Dries Venter"
> wrote:
>
> Dries, ek kon natuurlik my reaksie op jou pos begin het met iets soos:
>
> "Tipies Dries se hy dat die wit boere in Zimbabwe meer reg op die
> grond het as enige swart Zimbabwier. Daarvoor sal hy ten minste tien
> uit tien kry dat hy elke keer wit heerskappy sal verkondig en swart
> aansprake op geregtigheid sal verkleineer."
>
> Maar ek sal nie. Want ek maak nie of ek weet wat jy dink nie.
>
> Nou wat van jy doen dieselfde met my in die toekoms?
>
>
>
> wie?
>> Deur wie? Volgens die geskiedenisbronne wat ek kon vind, het die (blanke)
>> setlaars die plase by Cecil John Rhodes se BSA gekoop vir etlike miljoen
>> pond. Siende dat die BSA 'n 'Chartered' company was, het hulle met die
>> volle goedkeuring van die Britse regering opgetree - hulle WAS die regering
>> aldaar. Sou dit dan beteken dat die grond inderwaarheid van die Britse
>> regering gekoop is? >>
>
> Maar was die Britse regering die eienaars? Kon hulle dit verkoop het?
>
>
> melding van 'n ooreenkoms met Lobengula. >>
>
> Was die ooreenkoms nie met Rhodes en die BSA nie? Voor die Britse
> regering in die ding gekom het?
> En was die ooreenkoms nie bloot dat die BSA in Lobengula se gebied kon
> grawe vir goud nie? Dus NIE om permanent daar te gaan bly en die grond
> te vat nie?
> En was daar nie oor die jare bykomende grond - wat buite enige soort
> ooreenkoms met Lobengula sou val - uitgedeel nie?
> Was Lobengula nie 'n Ndebele nie?
> Is Mugabe nie 'n Shjona nie?
> Dis soos ek dit min of meer onthou? Is ek reg?
> Indien wel, beteken dit dan nie dat watter ooreenkoms ookal tussen
> Rhodes se BSA en Lobengula was, dit nie van toepassing op die Sjona's
> is nie?
> Is die Sjona's dalk die meerderheid in Zimbabwe?
>
> > van die swartes se siening oor erfreg en grondbesitreg was.>>
>
> Soos ek beperkte bronne gelees het, lyk dit of Lobengula bloot
> toestemming gegee het dat die BSA op sy gebied kon prospekteer en dat
> aan hom verduidelik is hulle wil bloot n groot gat kom grawe en gaan
> dan weer padgee.
>
> In elk geval, hier is goed oor die kwessie uit Britannica:
>
> (b. c. 1836, Mosega, Transvaal--d. January 1894, near Bulawayo,
> Rhodesia), second and last king of the South African
> Ndebele (Matabele) nation. Lobengula, the son of the founder of the
> Ndebele kingdom, Mzilikazi, was unable to preserve the
> independence of his people in the face of growing pressure from
> British and Boer settlers.
>
> Though Mzilikazi died in 1868, Lobengula only succeeded to the throne
> in 1870, after a period of serious civil war. Feeling
> that his throne was threatened, he attempted to form an alliance with
> the British to forestall both internal and external dangers,
> granting first farming (1886) and then mineral (1888) concessions to
> the British authorities in South Africa and to Cecil
> Rhodes's British South Africa Company in Rhodesia. Not satisfied with
> these concessions, and anxious to exploit gold fields
> near Bulawayo, the company undertook a military expedition that
> destroyed the kingdom in October 1893.
>
>
> ----
>
> Two men still stood in the way of Rhodes's plans for developing the
> north. One was Kruger, with his policy of "Africa for the
> Afrikaners"--the Boers. By the Franchise Law of 1890, he denied
> political rights to the Britons and other foreigners
> (Uitlanders) who had come to work the gold mines in the Transvaal. He
> also tried to extend Boer control to
> Mashonaland and Matabeleland. The ruler of the Matabele was King
> Lobengula, Rhodes's second obstacle. Kruger
> had approached him for a treaty and mining concessions in 1887, and so
> had many others. Lobengula, however, though
> uneducated, knew that once he let the white men in, he would never see
> their backs. The only white men he trusted were
> missionaries; and Rhodes duly found in John Moffat, the son of a
> famous missionary, a man to serve his purpose.
>
> Once Moffat, as assistant commissioner for the crown colony of
> Bechuanaland, had, in February 1888, persuaded Lobengula
> to sign an exclusive treaty of friendship, Rhodes sent three of his
> trusted agents to obtain a mining concession based on the
> treaty. The concession was extracted from the reluctant Lobengula in
> October 1888: to the last, he hoped he had only allowed
> the white man to dig "a big hole." In fact, however, he had virtually
> signed away his kingdom, and Rhodes hastened to press the
> British government, through the high commissioner, to grant a charter
> to a new company, the British South Africa
> Company, to develop the new territory. In October 1889 the charter was
> granted, and Lobengula allowed the digging to
> begin.
>
> Queen Victoria found Rhodes's imperialism attractive, no less than
> his courtly rebuttal of the accusation of being a woman
> hater: "How could I dislike a sex to which your Majesty belongs?" The
> upshot of his successful propaganda was that the
> charter granted by the British government went far beyond what
> Lobengula had conceded. There was no northern limit on it;
> and Rhodes intended to extend the chartered company's control to
> Northern Rhodesia (now Zambia) and Nyasaland (now
> Malawi), as well as to the Bechuanaland Protectorate (now in
> Botswana).
>
> In 1890 Rhodes's Pioneers began their hazardous march into
> Matabeleland and thence to Mashonaland, where they
> established a fort in September, to be called Salisbury, after the
> British prime minister. In the following year Harry
> Johnston took over the administration of Nyasaland in a dual capacity,
> as commissioner of the British government and an
> employee of the chartered company. Although eventually the
> protectorate reverted fully to the British government, Rhodes's
>
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29609 is 'n antwoord op boodskap #29525] Vr, 31 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
A.S. Pris  is tans af-lyn  A.S. Pris
Boodskappe: 27
Geregistreer: Januarie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Also sprach @home.com
-> Nee, ou Dries, ek staan nie moord voor nie. Maar ek kan verstaan
-> as 'n onderdrukte en onterfde meerderheid later uit desperasie
-> so 'n slagkreet begin gebruik om die wittes wat so vol bravado is
-> bietjie skrik te maak. En ek verseker jou dat die getal wittes wat
-> in die afgelope dekades as gevolg van hierdie slagspreuk dood is,
-> minimaal is teenoor die duisende wat doodgemaak is deur die
-> bendes van veral P.W. Botha.
-> En, ou Dries, hoekom lewer jy nie repliek op daardie pos van
-> my oor wat Sampie Terblanche ('n Afrikaner) gese het oor die
-> stand van die landbou en swart boere in die twintigste eeu nie,
-> soos gerapporteer deur Antjie Krog (ook 'n Afrikaner.) Ek
-> (ook 'n Afrikaner) vra vir jou ('n Afrikaner), wat daarvan, Dries?

Ai, ou antie, jy's g'n Afrikaner nie, jy's 'n
Kanadees. Jy kan nie eens meer ordentlik
Afrikaans skryf nie -- jou "desperasie" en
"bravado" ten spyt.
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29610 is 'n antwoord op boodskap #29525] Vr, 31 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>
> Dries Venter wrote:
>
>> Moet ek nou maar finaal aanneem dat jy moord voorstaan? Of dat dit jou nie
>> sal pla solank dit wittes is wat vermoor word nie?
>
> Nee, ou Dries, ek staan nie moord voor nie. Maar ek kan verstaan
> as 'n onderdrukte en onterfde meerderheid later uit desperasie
> so 'n slagkreet begin gebruik om die wittes wat so vol bravado is
> bietjie skrik te maak. En ek verseker jou dat die getal wittes wat
> in die afgelope dekades as gevolg van hierdie slagspreuk dood is,
> minimaal is teenoor die duisende wat doodgemaak is deur die
> bendes van veral P.W. Botha.
> En, ou Dries, hoekom lewer jy nie repliek op daardie pos van
> my oor wat Sampie Terblanche ('n Afrikaner) gese het oor die
> stand van die landbou en swart boere in die twintigste eeu nie,
> soos gerapporteer deur Antjie Krog (ook 'n Afrikaner.) Ek
> (ook 'n Afrikaner) vra vir jou ('n Afrikaner), wat daarvan, Dries?
>
> Gloudina

En van wanneer af is jy dan nou kwansuis 'n Afrikaner Gloudina? Jy het
dan tot onlangs toe nog die naam Afrikaner verwerp? Jy leer jou kinders
net Engels, praat engels met jou afrikaans gebore man en jy se jy is 'n
afrikaner? Maar kom ons doen dit weer - wat is 'n afrikaner?

EK sou net so terloops nie te veel aan Antjie Krog en Sampie Terblanche
as ikone vashou nie...
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29611 is 'n antwoord op boodskap #29525] Vr, 31 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

lou wrote:

> EK sou net so terloops nie te veel aan Antjie Krog en Sampie Terblanche
> as ikone vashou nie...

Ja, ou Lou, ek kan verstaan dat jy probeer vergeet wat Antjie Krog skryf,en Sampie
Terblanche se, en wat Bram Fischer gedoen het, en waarvoor
Beyers Naude onder huisarres gesit het. Maar hulle was en is
Afrikaners, of julle dit nou wil aanneem of nie. En ek luister liewer na
hulle as na jou en Riaan en Frikkie en ou Eugene Terreblanche.

Gloudina (met eksklusiewe Afrikaner-bloed in my are, en dus
met net soveel reg om haarself 'n Afrikaner te noem as jy. Of
wat is jou beskrywing van 'n Afrikaner?)
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29612 is 'n antwoord op boodskap #29525] Vr, 31 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Dries Venter wrote:

> Moet ek nou maar finaal aanneem dat jy moord voorstaan? Of dat dit jou nie
> sal pla solank dit wittes is wat vermoor word nie?

Nee, ou Dries, ek staan nie moord voor nie. Maar ek kan verstaan
as 'n onderdrukte en onterfde meerderheid later uit desperasie
so 'n slagkreet begin gebruik om die wittes wat so vol bravado is
bietjie skrik te maak. En ek verseker jou dat die getal wittes wat
in die afgelope dekades as gevolg van hierdie slagspreuk dood is,
minimaal is teenoor die duisende wat doodgemaak is deur die
bendes van veral P.W. Botha.
En, ou Dries, hoekom lewer jy nie repliek op daardie pos van
my oor wat Sampie Terblanche ('n Afrikaner) gese het oor die
stand van die landbou en swart boere in die twintigste eeu nie,
soos gerapporteer deur Antjie Krog (ook 'n Afrikaner.) Ek
(ook 'n Afrikaner) vra vir jou ('n Afrikaner), wat daarvan, Dries?

Gloudina
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29613 is 'n antwoord op boodskap #29525] Vr, 31 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>
> Dries Venter wrote:
>
>> Moet ek nou maar finaal aanneem dat jy moord voorstaan? Of dat dit jou nie
>> sal pla solank dit wittes is wat vermoor word nie?
>
> Nee, ou Dries, ek staan nie moord voor nie. Maar ek kan verstaan
> as 'n onderdrukte en onterfde meerderheid later uit desperasie
> so 'n slagkreet begin gebruik om die wittes wat so vol bravado is
> bietjie skrik te maak. En ek verseker jou dat die getal wittes wat
> in die afgelope dekades as gevolg van hierdie slagspreuk dood is,
> minimaal is teenoor die duisende wat doodgemaak is deur die
> bendes van veral P.W. Botha.
> En, ou Dries, hoekom lewer jy nie repliek op daardie pos van
> my oor wat Sampie Terblanche ('n Afrikaner) gese het oor die
> stand van die landbou en swart boere in die twintigste eeu nie,
> soos gerapporteer deur Antjie Krog (ook 'n Afrikaner.) Ek
> (ook 'n Afrikaner) vra vir jou ('n Afrikaner), wat daarvan, Dries?
>
> Gloudina

En ook het dit bekend geword dat die demokratiese regering van Zimbabwe
in di elasste jar 220 regerings plase aan parlements lede en ander part
lede gegee het. So veel so vir die deel van grond
Re: Ferdi grawe ou koeie uit die sloot [boodskap #29614 is 'n antwoord op boodskap #29595] Vr, 31 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 30 Mar 2000 21:00:09 +0200, "Dries Venter"
wrote:

meer reg op die grond het nie. Jy kan maar gaan kyk in die argiewe. Dit is[/color]
> net so maklik om in die argiewe te gaan kyk dat (a) Jy nog NOOIT kritiek
> teen die huidige regering gelewer het nie, (b) jy keer op keer weier om
> enigiets negatief raak te sien (c) Jou eerste reaksie teen iemand wat kla
> oor dinge hier is om hom te wil wegja uit die land. Dus, nalv "if it walks
> like a duck, quacks like a duck, shits like a duck, smells like a duck, it
> must be a duck" dink ek dit was 'n redelik van my om aan te neem hoe jy sou
> reageer. Jy het natuurlik tot datum nog nie my verkeerd bewys nie, jy het
> wel die saak destyds mooi gesystap (terloops, dit was waarvoor jy 10/10
> gekry het, die systap)>>

Daar was geen systap nie. Ek het vir jou gese ek antwoord nie as jy so
optree nie.
Behalwe dat sulke optrede nie die respek van 'n eerlike antwoord
verdien nie, is dit srtupid ook want jy het jou intensie duidelik
gesein met die intrapslag - en dit was nie nie om te wil weet wat ek
dink nie.

Rakend ""kritiek teen die huidige fregering". Ek gaan ook nie in
daardie slaggat trap nie.
Se ek ek het nie, se jy "sien daar!".
Se ek het het, is ons in 'n gesprek oor wat en wanneer ek dit gese
het.

Ek het beginsels waaraan ek optrede oordeel. En ek glo in eerlikheid.
En aan die hand daarvan oordeel ek. Dis nie vir my 'n issue om
negatief of positief oor dit of dat te wees nie.

Rakende jou ander opmerkings oor mense wat landuit loop, wat de hel
het dit te doen met die hele kwessie? Is jy bietjie verward of probeer
jy 'n ander kwessie insleep? Indien wel, wat is die rede daarvoor?

trek, sou jy die moeite wou doen om die sakie van destyds te wou antwoord,[/color]
> en nie weer te systap nie. BEWYS vir my dat my aanname verkeerd (of reg!)
> was.>>

Jy maak die aantyging. Jy moet dit bewys. As jy wil. Ek nie veel
belang by sulke pogings tot bewys nie. Dis bietjie baie soos "slaan jy
dalk jou vrou, indien nie, bewys dit".
Re: Zimbabwe en setlaars [boodskap #29615 is 'n antwoord op boodskap #29525] Vr, 31 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
> En van wanneer af is jy dan nou kwansuis 'n Afrikaner Gloudina? Jy het
> dan tot onlangs toe nog die naam Afrikaner verwerp? Jy leer jou kinders
> net Engels, praat engels met jou afrikaans gebore man en jy se jy is 'n
> afrikaner? Maar kom ons doen dit weer - wat is 'n afrikaner?
>
'n Afrikaner is seker 'n mens wat in Afrikaans dink, of hoe, ou lou?

Of is 'n Afrikaner maar iets waat deur 'n Wet geskep word?
Of is 'n Afrikaner iemand deur jou allewysheid as Afrikaner uitgeken word?
Moet iemand na jou toe kom om behoorlik gesertifiseer word?

Lyk vir my is 'n "Afrikaner" vir jou maar net 'n politieke skopding.

O' die ellende van Oom Jannie Dikderm se toegestopte slukderm ... Weet nie
wat dit bedoel nie. Dis 'n Siener Van Rensburg tiepe ding wat uit my
Afrikaans-wees spruit. Of se jy vir my dat ek nie 'n Afrikaner is nie? (Nou
dat ek daaraan dink, sou dit ook interressant wees om te hoor wat die Tannie
daarvan dink ...)
Vorige onderwerp: Waar's Ferdi Grilling..?
Volgende onderwerp: Zimbabwe en buiten landers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 22:32:22 MGT 2024