Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Watter invloed het die Ooste gehad op die Kaap?
Watter invloed het die Ooste gehad op die Kaap? [boodskap #29720] Vr, 07 April 2000 00:00 na volgende boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
Behalwe nou die normalle invloed van dienskneg wat die kinders opgepas
het en hulle eintlik hulle eerste jare se kultuur gegee is daar nog die
vroedvroue en die ondertrouery.

As voorbeeld van inters trouery kan gebruik word die geval van Olof
Bergh. Hy was van Swede Die manne wat nou brandewyn drink mag dalk weet
van hom. Hy is nou die oom wat die Solera brandewyn begin het. Of
miskien is daar die paar mense wat nou al so bietjie gekyk het na Maak
'n Las. Dis nou gehou op die Olof Berg kelders. Hy het getrou met Anna
de Koning. Anna se ouers was 'n heer de Koning wat getroud was met
Angela van Bengale. Sy staan ook bekend as Anna de Koning van die Kaap
(dus bekend as gemengde bloed). Angela was 'n slaaf afkomstig uit India
(of dan van Bengal in India). Sy staan bekend as die stammoeder van die
Bergh familie. Nie net die Bergh familie nie maar, ook die Bassons.
Angela se tweede huwelik is met Arnoldus Willemsz Basson, die stamvader
van die Basson familie. Daar is talle gevalle van Oosterese introuery.
Nie soveel van die oorspronklike Afrika bewooner nie. Die westerse
bevolking het gedink die 'natives' is aanstootlik en stink. Die manier
van vet in hulle ligame smeer en nooit bad nie het die westerlikes nie
aangestaan nie.

Daar is etlike gevalle soos die Olof Bergh geval. Een van die redes is
dat die vergelyking tussen blanke vroue en blanke mans was maar karig.
Soos byvoorbeeld:
jaar mans vouens
1701 418 242
1718 691 390
1788 3481 2440

So, die Oosterse invloed was baie groter as op die oogaf blyk. Nou party
mag dit snaaks vind dat waar so 'n groot invloed van Ooste en Engelse in
die Kaap en die Ooste voorgekom het dat daar 'n paar is wat meer eens
voel met die Ooste instede van die Weste. Ek, persoonlik, sal dat snaaks
vind as dit nie so was nie.

Ernest
re: watter invloed het die ooste gehad op die kaap [boodskap #29732 is 'n antwoord op boodskap #29720] Sa, 08 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
loes&patrick  is tans af-lyn  loes&patrick
Boodskappe: 239
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Date: Fri, 7 Apr 2000 17:47:05 +0200
From: E Bessinger
Subject: Watter invloed het die Ooste gehad op die Kaap?

'n baie interesant boek oor hierdie onderwerp is:

"GROEP SONDER GRENSE" (die rol en status van die gemengde bevolking aan die
kaap 1652-1795. Deur H.F. Heese senior navorser aan die wes-kaaplandse
insituut vir historiese navorsing van die universiteit van Wes-Kaapland
Bellville 1984.

As jy die boek lees leer jy daar is honderde nou gerespekteerde wit families
wat van slawe of anders gekleurdes afstam. Hierdie boek is baie min verspreid
in die ou tyd van apartheid. Ons moenie verwonder waarom nie eh ?

*stekeldoring*

Behalwe nou die normalle invloed van dienskneg wat die kinders opgepas
het en hulle eintlik hulle eerste jare se kultuur gegee is daar nog die
vroedvroue en die ondertrouery.

As voorbeeld van inters trouery kan gebruik word die geval van Olof
Bergh. Hy was van Swede Die manne wat nou brandewyn drink mag dalk weet
van hom. Hy is nou die oom wat die Solera brandewyn begin het. Of
miskien is daar die paar mense wat nou al so bietjie gekyk het na Maak
'n Las. Dis nou gehou op die Olof Berg kelders. Hy het getrou met Anna
de Koning. Anna se ouers was 'n heer de Koning wat getroud was met
Angela van Bengale. Sy staan ook bekend as Anna de Koning van die Kaap
(dus bekend as gemengde bloed). Angela was 'n slaaf afkomstig uit India
(of dan van Bengal in India). Sy staan bekend as die stammoeder van die
Bergh familie. Nie net die Bergh familie nie maar, ook die Bassons.
Angela se tweede huwelik is met Arnoldus Willemsz Basson, die stamvader
van die Basson familie. Daar is talle gevalle van Oosterese introuery.
Nie soveel van die oorspronklike Afrika bewooner nie. Die westerse
bevolking het gedink die 'natives' is aanstootlik en stink. Die manier
van vet in hulle ligame smeer en nooit bad nie het die westerlikes nie
aangestaan nie.

Daar is etlike gevalle soos die Olof Bergh geval. Een van die redes is
dat die vergelyking tussen blanke vroue en blanke mans was maar karig.
Soos byvoorbeeld:
jaar mans vouens
1701 418 242
1718 691 390
1788 3481 2440

So, die Oosterse invloed was baie groter as op die oogaf blyk. Nou party
mag dit snaaks vind dat waar so 'n groot invloed van Ooste en Engelse in
die Kaap en die Ooste voorgekom het dat daar 'n paar is wat meer eens
voel met die Ooste instede van die Weste. Ek, persoonlik, sal dat snaaks
vind as dit nie so was nie.

Ernest
Re: watter invloed het die ooste gehad op die kaap [boodskap #29744 is 'n antwoord op boodskap #29720] So, 09 April 2000 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 8 Apr 2000 12:43:22 +0000, L&P wrote:

>[/color]

Actually is die boek baie wyd verspreid toe dit in die jare 80 verskyn
het.
Dit was in omtrent alle koerante geresenseer (oor die algemeen is dit
baie posiutief ontvang).
Dit was ook wyd beskikbaar in boekwinkels.
Dit was nie in reuse oplaag gedruk nie, maar een kyk daarna sal jou
dadelik vertel hoekom nie - dit is 'n gepubliseerse DR-tesis. NIE 'n
leesboek nie.
Ek ht my eksemplaar in die jare tagtig op n uitverkoping by Exclusive
Books destyds in Hillbrow gekoop.
Vorige onderwerp: Werk in Ierland?
Volgende onderwerp: Toekoms Advies vir: Paaie vir Afrika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 17:50:57 MGT 2024