Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Werk in Ierland?
Werk in Ierland? [boodskap #29647] So, 02 April 2000 00:00 na volgende boodskap
Doos[1]  is tans af-lyn  Doos[1]
Boodskappe: 143
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Senior Lid
Die Republiek van Suid Ierland (nie Ulster/Northern Ireland nie) ondervind
tans 'n "economic miracle". Eens was sy die "poor man of Europe" maar vandag
voer hulle mense in om hier te werk a.g.v. die "shortage in the services
sector" veral in I.T.

Omtrent elke groot Amerikaanse rekenaar firma
(HP/Intel/Dell/Compaq/Microsoft/Oracle/Sun/Gateway2000) het hulle European
HQ hier, almal rondom Dublin.

Die hoeveelheid werk wat hierdie maatskaapye hierheen gebring het is
ongelooflik en al die firmas vind hulleself nou in 'n posisie waar hulle
mense MOET "relocate" om al die poste te vul. My firma, bv, betaal al die
"reloaction cost", sit jou en jou familie in 'n huis vir 6 weke (sonder
koste aan jou), betaal jou Ł3000 die dag wat jy begin en 'n maand extra
salaris vir die eerste 3 maande. Nuwe beginners begin gewoonlik op so
Ł30,000 - Ł35,000pa

Volgens die "grapevine" is ons 'n suinige maatskappy. Oracle gee bv vir al
hulle "relocated staff" 2 "roundtrip" vliegkaarjies huis toe elke jaar (waar
"huis" ook al mag wees) as deel van hulle incentives.

As jy minstens MCSE (NT4.0/Win2K) of CNE is, e-mail my, ek kan alle verwante
inligting aanstuur.
Re: Werk in Ierland? [boodskap #29695 is 'n antwoord op boodskap #29647] Wo, 05 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

saxcpt wrote:

> Te koud man! Ons sal VREK daar in die winter?
>

Onlangs vra ek vir iemand hier in Kanada hoe sy haar
eerste koue front oorleef.( Sy was baie bekommerd
oor die komende winter en het gewonder hoe sy dit
gaan oorleef hier in Kanada. ) Sy verklaar toe ewe
"I have been colder in Durban." Dit is tipies van mense
wat emigreer na sogenaamde koue lande, waar die
huise sentraal verhit word. Tensy jy buite moet werk,
lewe jy vir die grootste gedeelte van die dag in die
sub-tropiese binnekant van verhitte huise. Jy kan later
nie meer die werklike koue in plekke soos Suid-Afrika
in die winter staan nie. Ek moet self bieg: die koudste
wat ek nog gekry het, was in Natal, sewe myl van
Amanzimtoti af. Ek sien my nou nog in 'n warm bad
inklim met 'n koppie sop, desperaat om warm te word.
Daar was 'n koue wind van die sneeu op die Drakens-
berge, nie meer as 'n paar honderd myl ver nie. En ek
onthou ook die vreeslike koue in Stellenbosch
in die lente, wanneer daar soms nog sneeu is op die
Pieke, nie vreeslik ver van jou af nie, al is daar alreeds
wit bloeisels in die tuine. Ek neem aan in Ierland sal
jy ook in verhitte geboue werk.

Die tannie wie se bloed dun geword het in Kanada.
Die tannie wat nie een trui meer besit nie.
Die tannie wat net onder een kombers slaap as dit
-30 C daarbuite is.
Re: Werk in Ierland? [boodskap #29696 is 'n antwoord op boodskap #29647] Wo, 05 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Doos[1]  is tans af-lyn  Doos[1]
Boodskappe: 143
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Senior Lid
Om die waarheid te praat is dit slegs 'n miete dat dit SO koud word hier.
JHB is BAIE kouer as die plek. Wat rerig die verskil maak is die
VERANDERING. In SA weet jy dit gaan koud wees vir drie maande en jy weet dit
gaan warm wees vir vyf maande. Jy weet wanneer dit gaan reen, jy kan dit
sien kom.
Maar hier, hier sien jy nie die son vir 6 weke op 'n slag nie, altyd bewolk,
dan reen dit sommer vir so twee weke aan mekaar. Nie storm reen soos in SA
somers nie, maar ligte pissie reen wat nie weggaan nie. Dan kom die "somer"
en die son skyn tot 11uur in die aand maar as jy jou oe uitvryf reen dit
alweer en dan is jou braaivleis moertoe.

"ProPacem" skryf in boodskap news:20000405162746.03020.00001265@ng-cb1.aol.com...
>> @home.com
>
>> Ek moet self bieg: die koudste
>> wat ek nog gekry het, was in Natal, sewe myl van
>> Amanzimtoti af.
>
> Vir my was dit hoog in die sederberge - my eerste hiking trip met 'n
> slaapsakkie vars van hyperama se rakke af. Nodeloos om te se die ding was
> allesbehalwe voldoende. Demmit, maar dit was koud - 'n slaapsak, twee t-hemde,
> 'n langmou sweater, 'n jersey, 'n tracksuit-jacket, drie paar sokkies,
> handskoene, en steeds het ek nie 'n oog geknip nie. Sedertdien het ek darem
> die waarde van 'n goeie slaapsak en gepaste kleding vir die berge geleer.
Re: Werk in Ierland? [boodskap #29697 is 'n antwoord op boodskap #29647] Wo, 05 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> @home.com

> Ek moet self bieg: die koudste
> wat ek nog gekry het, was in Natal, sewe myl van
> Amanzimtoti af.

Vir my was dit hoog in die sederberge - my eerste hiking trip met 'n
slaapsakkie vars van hyperama se rakke af. Nodeloos om te se die ding was
allesbehalwe voldoende. Demmit, maar dit was koud - 'n slaapsak, twee t-hemde,
'n langmou sweater, 'n jersey, 'n tracksuit-jacket, drie paar sokkies,
handskoene, en steeds het ek nie 'n oog geknip nie. Sedertdien het ek darem
die waarde van 'n goeie slaapsak en gepaste kleding vir die berge geleer.
Re: Werk in Ierland? [boodskap #29698 is 'n antwoord op boodskap #29647] Wo, 05 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek het eendag 'n Duitser ontmoet wat by Thaba Nchu gewerk het, en hy't gesê
dat hy nooit in sy lewe so koud gekry het soos wat hy daar was. Om die koue
te ervaar, moet 'n mens in die middel van die winter tot in die middel van
die nag probeer ryloop langs die pad verby Harrismith. Daai wind kou 'n mens
se ore af; maak jou sommer lus en huil soos 'n baba.

skryf in boodskap news:38EB6286.8C05A573@home.com...
> saxcpt wrote:
>
>> Te koud man! Ons sal VREK daar in die winter?
>>
>
> Onlangs vra ek vir iemand hier in Kanada hoe sy haar
> eerste koue front oorleef.( Sy was baie bekommerd
> oor die komende winter en het gewonder hoe sy dit
> gaan oorleef hier in Kanada. ) Sy verklaar toe ewe
> "I have been colder in Durban." Dit is tipies van mense
> wat emigreer na sogenaamde koue lande, waar die
> huise sentraal verhit word. Tensy jy buite moet werk,
> lewe jy vir die grootste gedeelte van die dag in die
> sub-tropiese binnekant van verhitte huise. Jy kan later
> nie meer die werklike koue in plekke soos Suid-Afrika
> in die winter staan nie. Ek moet self bieg: die koudste
> wat ek nog gekry het, was in Natal, sewe myl van
> Amanzimtoti af. Ek sien my nou nog in 'n warm bad
> inklim met 'n koppie sop, desperaat om warm te word.
> Daar was 'n koue wind van die sneeu op die Drakens-
> berge, nie meer as 'n paar honderd myl ver nie. En ek
> onthou ook die vreeslike koue in Stellenbosch
> in die lente, wanneer daar soms nog sneeu is op die
> Pieke, nie vreeslik ver van jou af nie, al is daar alreeds
> wit bloeisels in die tuine. Ek neem aan in Ierland sal
> jy ook in verhitte geboue werk.
>
> Die tannie wie se bloed dun geword het in Kanada.
> Die tannie wat nie een trui meer besit nie.
> Die tannie wat net onder een kombers slaap as dit
> -30 C daarbuite is.
>
Re: Werk in Ierland? [boodskap #29699 is 'n antwoord op boodskap #29647] Wo, 05 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
saxcpt  is tans af-lyn  saxcpt
Boodskappe: 10
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Junior Lid
Te koud man! Ons sal VREK daar in die winter?

Phatti skryf in boodskap news:orxF4.4501$xA.13220@news.iol.ie...
> Die Republiek van Suid Ierland (nie Ulster/Northern Ireland nie) ondervind
> tans 'n "economic miracle". Eens was sy die "poor man of Europe" maar vandag
> voer hulle mense in om hier te werk a.g.v. die "shortage in the services
> sector" veral in I.T.
>
> Omtrent elke groot Amerikaanse rekenaar firma
> (HP/Intel/Dell/Compaq/Microsoft/Oracle/Sun/Gateway2000) het hulle European
> HQ hier, almal rondom Dublin.
>
> Die hoeveelheid werk wat hierdie maatskaapye hierheen gebring het is
> ongelooflik en al die firmas vind hulleself nou in 'n posisie waar hulle
> mense MOET "relocate" om al die poste te vul. My firma, bv, betaal al die
> "reloaction cost", sit jou en jou familie in 'n huis vir 6 weke (sonder
> koste aan jou), betaal jou Ł3000 die dag wat jy begin en 'n maand extra
> salaris vir die eerste 3 maande. Nuwe beginners begin gewoonlik op so
> Ł30,000 - Ł35,000pa
>
> Volgens die "grapevine" is ons 'n suinige maatskappy. Oracle gee bv vir al
> hulle "relocated staff" 2 "roundtrip" vliegkaarjies huis toe elke jaar (waar
> "huis" ook al mag wees) as deel van hulle incentives.
>
> As jy minstens MCSE (NT4.0/Win2K) of CNE is, e-mail my, ek kan alle verwante
> inligting aanstuur.
>
Re: Werk in Ierland? [boodskap #29713 is 'n antwoord op boodskap #29647] Do, 06 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leswin, ek het ook al n slag gekampeer in die Cederberge, naby
Clanwilliam. Of is dit ander berge daardie, ek vergeet . . .
maar praat van die koudste plek . . . myns insiens is dit
Richmond in die Karoo, oi, maar dit is koud. In Amerika was dit
Harrisburg Virginia.

Pat

ProPacem wrote in article
...
>> @home.com
>
>> Ek moet self bieg: die koudste
>> wat ek nog gekry het, was in Natal, sewe myl van
>> Amanzimtoti af.
>
> Vir my was dit hoog in die sederberge - my eerste hiking trip met 'n
> slaapsakkie vars van hyperama se rakke af. Nodeloos om te se die ding was
> allesbehalwe voldoende. Demmit, maar dit was koud - 'n slaapsak, twee t-hemde,
> 'n langmou sweater, 'n jersey, 'n tracksuit-jacket, drie paar sokkies,
> handskoene, en steeds het ek nie 'n oog geknip nie. Sedertdien het ek darem
> die waarde van 'n goeie slaapsak en gepaste kleding vir die berge geleer.
>
Re: Werk in Ierland? [boodskap #29714 is 'n antwoord op boodskap #29647] Do, 06 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
ProPacem skryf in boodskap news:20000405162746.03020.00001265@ng-cb1.aol.com...
>> @home.com
>
>> Ek moet self bieg: die koudste
>> wat ek nog gekry het, was in Natal, sewe myl van
>> Amanzimtoti af.
>
> Vir my was dit hoog in die sederberge - my eerste hiking trip met 'n
> slaapsakkie vars van hyperama se rakke af. Nodeloos om te se die ding was
> allesbehalwe voldoende. Demmit, maar dit was koud - 'n slaapsak, twee t-hemde,
> 'n langmou sweater, 'n jersey, 'n tracksuit-jacket, drie paar sokkies,
> handskoene, en steeds het ek nie 'n oog geknip nie. Sedertdien het ek darem
> die waarde van 'n goeie slaapsak en gepaste kleding vir die berge geleer.

Soos daai Yankers sê: LOL.
Jy't my herrinner aan 'n soortgelyke geval in die Klein Drakensberge, waar
die ryp amper 'n sekere Bartman amper doodgebyt het. Eina! Ek voel saam met
jou, ou maat.
Re: Werk in Ierland? [boodskap #29728 is 'n antwoord op boodskap #29647] Vr, 07 April 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> "PAT" acron@bcinfo.he

> Leswin, ek het ook al n slag gekampeer in die Cederberge, naby
> Clanwilliam.

Einste. Ek het sedertdien vele kere teruggekeer na die Sederberge en die
omliggende areas (veral Wupperthal). Hierdie gebied het 'n spesiale, mistiese
betekenis vir my - die gebied praat in 'n ou, ou taal en ek het 'n paar
ervaringe gehad hier wat ek as beide geestelik en misties sou klassifiseer.
Dit het my ook opgeval dat ek, as Khoe afstammelling, veral hierdie presence
voel. maar dan weet ek ook dat Langenhoven hier begrawe is en as ek dit nie
mis het nie is Uys krige se stoflike ook hier versprei - punt being dat die
boodskap oor verskeie "verskils-grense" (okay, 'n opgemaakte woord) gehoor
word. Die naaste wat ek aan hierdie ervaring gekom het in die VSA, was in Neeu
Meksiko waar die land ook met 'n ouer wysheid praat en waar dit moontlik is om
die land in jou diepste, diepste wese te voel.

> maar praat van die koudste plek . . . myns insiens is dit
> Richmond in die Karoo

My pa stem saam met jou - ek het grootgeword met stories van hoe hy, as jong
man, in "Richmond, Kaap" (hy't nooit net na Richmond verwys nie - altyd
Richmond, Kaap) gebibber het, hoe die water in die krane vries.

leswin
Re: Werk in Ierland? [boodskap #29781 is 'n antwoord op boodskap #29647] So, 09 April 2000 00:00 Na vorige boodskap
Johan van Zyl  is tans af-lyn  Johan van Zyl
Boodskappe: 14
Geregistreer: Desember 1999
Karma: 0
Junior Lid
ProPacem skryf in boodskap news:20000407121951.28436.00000261@ng-fc1.aol.com...
| >"PAT" acron@bcinfo.he
|
| >Leswin, ek het ook al n slag gekampeer in die Cederberge, naby
| >Clanwilliam.
|
| Einste. Ek het sedertdien vele kere teruggekeer na die Sederberge en die
| omliggende areas (veral Wupperthal). Hierdie gebied het 'n spesiale, mistiese
| betekenis vir my - die gebied praat in 'n ou, ou taal en ek het 'n paar
| ervaringe gehad hier wat ek as beide geestelik en misties sou klassifiseer.
| Dit het my ook opgeval dat ek, as Khoe afstammelling, veral hierdie presence
| voel. maar dan weet ek ook dat Langenhoven hier begrawe is en as ek dit nie
| mis het nie is Uys krige se stoflike ook hier versprei - punt being dat die
| boodskap oor verskeie "verskils-grense" (okay, 'n opgemaakte woord) gehoor
| word. Die naaste wat ek aan hierdie ervaring gekom het in die VSA, was in Neeu
| Meksiko waar die land ook met 'n ouer wysheid praat en waar dit moontlik is om
| die land in jou diepste, diepste wese te voel.
|
| >maar praat van die koudste plek . . . myns insiens is dit
| >Richmond in die Karoo
|
| My pa stem saam met jou - ek het grootgeword met stories van hoe hy, as jong
| man, in "Richmond, Kaap" (hy't nooit net na Richmond verwys nie - altyd
| Richmond, Kaap) gebibber het, hoe die water in die krane vries.
|
| leswin

Dag almal,

Ek het self in die Karoo groot geword, kan goed onthou dat die water in die
krane soms tot 10:30 gevries was. Op pad skool toe in die oggend was al die
poeletjies water gevries, die houtbrug oor die rivier seepglad van die
ryp....

Geniet die dag

--
Johan
Down
Under
Vorige onderwerp: verhalen en gedichten Meander
Volgende onderwerp: Watter invloed het die Ooste gehad op die Kaap?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 20:46:38 MGT 2024