Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Die Afrikaner en die Hollander
Re: Die Afrikaner en die Hollander [boodskap #29739] Sa, 08 April 2000 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Alex Koster wrote:

> gans die geestelike
> besit van die stamouers was 17e-eeus Nederlands. Dit was die fondament en
> dit is nog grotendeels die aard van die Afrikanervolk.
>

En hoekom voel ek totaal asof ek 'n vreemdeling is as ek
in Nederland is, iets wat ek nie voel as ek in Engeland of
selfs in Kanada is nie. Nee, ek dink jy is verkeerd as jy
Afrikaners as Nederlands in murg en been sien. Wat wel
waar is, is dat 'n klomp mense van oor die hele Europese
vasteland en die Britse eilande na suidelike Afrika gekom
het en 'n vereenvoudigde vorm van Nederlands begin praat
het.

Gloudina
Re: Die Afrikaner en die Hollander [boodskap #29740 is 'n antwoord op boodskap #29739] Sa, 08 April 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Alex Koster wrote:

> Van die begin af was die Nederlandse stamouers so sterk in die meerderheid
> aan die Kaap, dat hulle meer as die helfte van die stamouers gelewer het van
> diegene wat later bekend sou staan as Afrikaners.

Nee, ek weet nie waar jy jou informasie kry nie, maardit word algemeen aangeneem
dat oor die veertig persent
van die voorvaders van die sogenaamde "Afrikaners" van
Duitse oorsprong was. Selfs was meeste van die Vryburgers
nie van Nederlandse oorsprong nie. Meeste van die Vry-
burgers het op die skepe van die H.O.I.K. oorgekom, maar
was van dieper uit Europa waar daar groot armoede en
ontberings was as gevolg van godsdienstige oorloe. Dit is
hoekom die vanne van "Afrikaners" so anders is as die
deursnee Nederlandse groep vanne. My eie voorvader
aan vaderskant, wat in 1708 oorgekom het, was nie 'n werklike
Hollander nie, al was sy naam vernederlands. En aan moeders-
kant is ek amper heeltemal Frans.

Gloudina
Re: Die Afrikaner en die Hollander [boodskap #29741 is 'n antwoord op boodskap #29739] Sa, 08 April 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

A.S. Pris wrote:

> Wat wo! Dis die dêm 'Ollanders wat Paul
> Kruger oortuig het om te veg. Hy wou nie. As
> hy die diplomatieke opsie gekies het, het
> daardie 26 000 vroue en kinders dalk bly
> leef.
>
> Hulle bloed is aan die 'Ollanders se hande.

Nou wragtie, Leendert, nou praat jy net soos ek.Wanneer het jy tot bekering gekom?

Gloudina
Re: Die Afrikaner en die Hollander [boodskap #29742 is 'n antwoord op boodskap #29739] Sa, 08 April 2000 00:00 Na vorige boodskap
A.S. Pris  is tans af-lyn  A.S. Pris
Boodskappe: 27
Geregistreer: Januarie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Also sprach "Alex Koster" deklamerend:

-> En toe die Afrikanervolk teen die einde van die 19e eeu sy lotsuur
-> binnegegaan het en sienderoë met uitwissing bedreig was, het juis
-> Nederlanders die ondergang kom help besweer en na die bittere afloop van die
-> stryd weer kom help om koers aan te dui die toekoms in.

Wat wo! Dis die dêm 'Ollanders wat Paul
Kruger oortuig het om te veg. Hy wou nie. As
hy die diplomatieke opsie gekies het, het
daardie 26 000 vroue en kinders dalk bly
leef.

Hulle bloed is aan die 'Ollanders se hande.
Vorige onderwerp: Kort storie...
Volgende onderwerp: Re: Let's stay up to date . .
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 00:50:57 MGT 2024